Vader Se Sondes
Published by Erika Visagie at Smashwords
Copyright 2015 Erika Visagie
Kopiereg ©2015
Alle regte in hierdie boek word gehou deur die skryfster Erika Visagie . Enige kopieering in enige formaat is verbode sonder die uitsluitlike toestemimg van die skryfster
Biografie van Erika Visagie
Ek is ma van twee pragtige kinders, Yolandi nou 29 en my seun Wynand een en dertig jaar oud. Ek is twee en dertig jaar lank getroud met die dierbaarste man, Markus.
Ons het ook ʼn pragtige kleindogter, Megan, en sy het op die twee en twintigste van Oktober een jaar oud geword.
Om te skryf was nog altyd ʼn droom wat ek wou bewaarheid. Van jongs af het ek gedigte geskryf, en dit maar gebêre vir eendag. In 1990 het ek by die SAPD begin werk, en het in my etenstye begin om kort stories te skryf. So het ek baie stories geskryf, en dit gebêre vir die dag wat ek die moed sou hê om dit na ʼn uitgewer te stuur.
In die tydperk wat ons in Middelburg MP gewoon het, het ek baie met jongmense gewerk. Ek was ʼn jeugleier in ons gemeente, en het met baie gebroke
en seer kindertjies gewerk. Ons het ook met skoolverwisselingskampe kinders van graad sewe vir ʼn week weggeneem na ʼn kampterein, en daar het ons hulle voorberei vir die oorskakeling van laerskool na hoërskool. Maar ons het ook van die geleentheid gebruik gemaak om dan die kinders met die Woord van God te bedien. Daar het ek ook met so baie jong kindertjies gewerk wie soveel seer in hul harte ronddra, en ons het hulle dan geleer hoe om hierdie seer te verwerk. Daar het ek toe aan die idee gekom om die boek – Pa, ek vergewe jou te skryf. Die storie is gebaseer op die waarheid, en die feit dat so baie jongmense deesdae seksueel gemolesteer word, het my genoop om die boek te skryf.
Ek het ook bediening in ons gemeente gedoen, en met gebroke mense te doen gekry. Mense wat nie meer kans gesien het om aan te gaan met hul lewens nie. Wat lewensmaats verloor het – en wat verstrik geraak het met internet verhoudings. Dit het my die idee gegee om dan die opvolg van - Pa, ek vergewe jou – een boek te maak, aangesien die inligting tot hulp vir enige persoon kan wees wat dit oorweeg om in ʼn kletskamer betrokke te raak, en watter gevare dit vir die persoon kan inhou.
Tans is daar nog so baie stories wat ek met die wêreld wil deel! Stories wat lê en stof vergaar.
HOOFSTUK EEN
Anette sit in die hoekie van die badkamer. Haar knieë hoog opgetrek teen haar borskas.
Groot traandruppels rol oor haar wange. Sy trek haar bene nog stywer teen haar vas, en knyp haar oë styf toe.
Die gebeure van ʼn rukkie terug speel weer voor haar geestesoog af. Sy skud haar kop stadig heen en weer … probeer die spinnerakke uit haar kop kry.
Anette staan moeisaam op. Haar liggaam voel gekneus en seer.. Gedweë maak sy die bad se krane oop. Sy klim moeisaam in die bad.
Sy is so … moeg amper lewensmoeg. Maar hoe kan sy so voel as sy dan nog net 'n kind is?
Anette sit stil in die bad en luister. Sy vrees vir die voetstappe in die gang, vrees vir die oomblik wanneer die badkamer deur dalk weer kan oopvlieg. Sy staar na die plafon bo haar. “Hoe lank nog, hoe lank nog gaan hierdie straf aanhou!” Trane van seer rol weereens oor haar wange, en meng met haar badwater.
Anette smeer die waslap en was haar oor en oor. Haar vel is al bloedrooi van al die wassery, maar dit voel of sy nooit weer gaan skoon kom nie. Na ʼn volle uur klim sy uit die bad.
Sy klim in die bed. Haar lyf is nog steeds seer, dink sy met trane in haar oë.
Die slaap sukkel om vanaand te kom. Hoe lank nog? dink sy by haarself. Hoe lank nog moet sy in hierdie hel lewe. Dit voel of sy nie meer 'n ma het wat omgee nie... want anders sou sy nie so baie van die huis af gewees het nie! Dink sy met verwyt aan haar ma. Maar haar pa het haar gewaarsku... praat met iemand hier oor, en julle sit op straat.
Nog nooit is sy gegun om werklik ʼn kind te wees nie. Nie vanaf haar pa se kant af nie! “Ek wil nie meer lewe nie!” snik sy in haar kussing. “Die lewe beteken niks meer vir my nie,” praat sy sag met haarself…
In die vroeë oggendure raak sy eers aan die slaap. Weereens word sy telkens maal wakker geruk deur die ergste nagmerries ooit....
Die vrolike voëltjies se gesange maak haar wakker. Sy lê ʼn rukkie en luister. Dis so mooi, dink sy hartseer. Sy wens sy kan ook so vrolik soos hulle wees... so sorgloos en vry. Anette vee ʼn traan van haar wang af. Sy wonder wat hierdie dag vir haar inhou.
Skielik hoor sy voetstappe buite haar kamerdeur. Anette trek die laken angsbevange tot onder haar ken. Haar hele liggaam bewe van vrees! Sy luister … die sweet pêrel langs haar slape. Dan gaan die voetstappe verby na die kombuis.
Stadig blaas sy haar ingehoue asem uit, en ontspan. Sy dink aan haar ma wat weer op ʼn werksessie is.
Sy verlang so vreeslik na haar! Nog een hele week voordat sy terugkom huistoe. Nog een hele week se hel wat vir haar voorlê. Hoe háát sy dit om alleen by haar pa te wees!
Sy staan op, en gaan na die badkamer. Lank sit sy en kyk na die water wat uit die kraan in die bad loop. Sy loop na die spieël. Lewensloos staar haar beeld terug na haar, haar oë dood, uitdrukkingloos.
Anette klim vir die tweede keer die oggend in die warm bad water. Weer skrop sy haar oor en oor maar sy bly vuil voel. Sy druk haar kop onder die water in … vir ʼn sekonde dink sy om nie weer op te kom nie.
Na ʼn paar sekondes oorval die vrees haar, en vinnig sit sy weer regop in die bad.
Haar vel voel vanoggend teer as gevolg van gisteraand se skroppery, maar weereens was sy haar oor en oor. Haar vel is bloedrooi toe sy uit die bad uitklim. Moeisaam trek sy haar skoolklere aan.
“Anette, jy moet wikkel!” roep haar pa vanaf die kombuis. “Jy moet nog kom ontbyt eet, en ons is amper laat!” Sy skrik haar boeglam vir haar pa se harde stem, en maak vinnig klaar.
Anette loop vinnig die gang af. Sy gaan sit aan by die ontbyttafel. Skielik voel sy die naarheid in haar opstoot, en vat vinnig ʼn groot sluk lemoensap. Sy is nie honger nie. Sy kyk af na haar bord pap, en probeer om haar pa se oë te vermy.
Haar pa kyk haar ondersoekend aan.
“Anette, waarom eet jy nie jou pap nie?” vra hy ergerlik.
“Het ek al die moeite vir jou gedoen en jy wil nie eet nie!?”
Anette skrik. “Ee… nee pa, ek sal nou my pap eet. Ek het maar net aan ma gedink.”
Haar pa lyk tevrede met haar antwoord, en eet verder.
“Anette, jy moenie weer so lank in die oggend bad nie. Jy gaan maak dat ons laat kom.”
“Jammer pa,” antwoord sy sag met haar oë starend na die pap in haar bord.
“Anette, ons gaan laat wees! Wat makeer jou vanoggend? Jy sê nie môre nie, en jy wil nie jou pap eet nie? Wil jy dan nou weer gestraf word omdat jy ongeskik en ongehoorsaam is?”
Anette se kop ruk op en sy staar haar pa ongelowig aan. Na gisteraand vra hy haar of hy haar weer moet straf! Sy sien haar pa se harde oë na haar terugstaar en besluit om nie te baklei nie.
Anette eet langtand aan haar bord pap, en haar pa lyk tevrede.
“Ek gaan gou die motor uittrek Anette. Sorg dat jy vir jou vrugte saamvat vir pouse. Ek sal ook vir jou 'n geldjie gee, dan kan jy iets by die snoepie koop om te eet.”
“Dis regso pa.” antwoord Anette om die vrede te bewaar. Dink hy nou regtig
waar hy kan haar omkoop met snoepiegeld! Sy wens sy hoef nooit ooit weer met hom te praat nie....
Haar pa trek die motor uit die motorhuis.
Hulle ry in stilte voort. By die skool wil sy uit die motor klim, toe haar pa haar terughou.
“Kry ek dan nie ʼn totsiens soen nie … hmm?” Anette se hande is natgesweet.
“Pa die kinders kyk vir ons. Hulle spot my alreeds,” sê sy met ʼn tikkie ongeduld in haar stem. “Hulle sê ek soen nog my pa…”
“Maggies!!” ontplof haar pa.
“Jy is my dogter, en ek sal jou soengroet as ek wil,” bulder hy. Hy maak sy deur oop en wil uitklim.
“Wys my wie die kinders is wat so sê!!” sê hy hard en kwaai. Van die leerlinge staar na hulle.
“Asseblief pa! Ek sal pa ʼn soentjie gee, klim net terug in die motor,” pleit sy by hom. Haar pa klim terug in die motor. Sy gee hom vinnig ʼn piksoentjie op sy wang… Sy voel hoe sy bloos toe sy uit die motor klim.
“Dis beter pampoen … geniet jou dag verder.” Hy vroetel in sy beursie en haal 'n noot uit. “Hier” hy hou die twintigrand noot na haar uit.
“koop vir jou iets lekkers om te eet. Ons kan sommer vanaand ook wegneem etes kry.” rammel hy voort, asof niks sopas gebeur het nie.
Anette sien uit die hoek van haar oog hoe Gertjie vir hulle staan en kyk. Glimlag op sy bakkies, hande oor sy bors gevou.
Sy voel hoe sy bloos. Selfvoldaan lig sy haar ken op, neem die geld by haar pa en maak die motordeur agter haar toe.
Die eerste periode roep juffrou Naude haar na haar tafel toe.
“Anette, is jy siek of wat is fout?” vra sy. “Jy is vanoggend baie bleek. Is jou ma al terug vanaf haar werksessie”?
“Nee juffrou, sy sal eers oor ʼn week tuis wees.”
“Aag my liewe ding” se juffrou Naude.
“ Jy verlang jou seker dood na jou ma. “Ja juffrou, ek mis haar baie.
“Gun wonder jy is so bleek nie. Vandag se mans glo mos as die vrou weg is, is gemorskos die in ding. Ek dink jy moet ʼn bietjie groente in jou liggaam kry. Dit sal weer ʼn bietjie kleur in jou wange sit,” glimlag juffrou Naude. “Miskien moet ek bietjie met jou pa gesels.”
Anette se kop ruk op. “Nee asseblief nie juffrou, ek sal sommer self met hom praat.”
Juffrou Naude frons oor die skielike optrede van Anette. “Nou goed dan Anette, as daar niks fout is nie, kan jy maar weer gaan sit... Maar as daar enige iets is wat ek vir jou kan doen, moet jy net vir my sê.” Anette glimlag vir juffrou Naude. “Dankie Juffrou, ek sal dit onthou.
Die een periode volg op die ander een, en spoedig is dit pouse. Gertjie loop agter Anette en haar vriendin aan tot by die rugbybaan. Sy vriende is saam met hom.
“Sies, kry jy nie skaam om jou pa nog te soen voor al die kinders nie. Ek het gedink jy is nou al mooi groot. Jy is darem al in graad 5.” Lag hy hardop vir haar. Sy vriende skree soos hulle lag.
“Anette is nog ʼn baba,” dreunsang hulle windmakerig.
“Miskien moet ek ook in die ry staan, dan kry ek ook ʼn soen.” Sê Gertjie met ʼn spotlag.
“ O ja!” roep Gertjie vermakerig uit. “Het jou pappa jou twintigrand betaal vir daardie soentjie wat jy vir hom gegee het, of wat?” lag Gertjie hard. “Ek kan jou ook tien rand betaal, dan wil ek twee soene hê! Vyf rand 'n soen!” terg Gertjie haar.
“Gertjie, los my uit, ek wil nie met jou praat nie.”
Sy stap aan.
Die groep seuns volg haar...
“Anette hou daarvan om ouer mans te soen!” spot hulle haar. Elkeen van die seuns bied haar nou geld aan vir 'n soen, en elkeen las net 'n ander bedrag aan.
Anette voel hoe die bloed haar gesig verlaat… Dis alles haar pa se skuld! Dink sy wrang. Hy wil mos nie vir haar luister nie. Gertjie waag dit om voor haar in te loop, en haar in die gesig uit te lag...Sy buk vorentoe, en tel ʼn groot klip op…
“Pasop julle!” roep Gertjie spottend uit, en gee 'n paar tree agteruit. “Nou dink sy ons is bang vir ʼn ou klippie!!”
Sy lig haar hand op. Sy voel snaaks, of dit nie sy is wat daar staan nie…sy voel hoe die klip uit haar hand glip en deur die lig trek.....
“Anette nee!” wil haar enigste vriendin haar nog keer, maar dit is te laat. Die klip
tref Gertjie teen die kant van sy kop. Gertjie slinger, en val op die grond.
“Eina!!” gil hy. Hy vat aan sy kop, en voel die nattigheid onder sy vingers. “Wil jy my doodmaak!!” roep hy huilerig uit.
“Wie is nou die baba?” kners Anette op haar tande. “Ek huil ten minste nie voor my vriende nie.”
Net toe kom juffrou Benade op hulle af.
“Wat gaan hier aan!” vra sy kwaai. “Wie is verantwoordelik hiervoor?” Sy wys na Gertjie se bloeiende wond.
“Sy is!! Sy is!!” roep al die seuns uit met hulle vingers in Anette rigting. Anette kom vorentoe gestap na juffrou Benade.
“Ek is jammer juffrou … maar Gertjie sê lelike dinge van my. Hy wil my nie uitlos nie.”
“Kom Gertjie,” sê juffrou Benade. “Laat ons daardie wond van jou skoon kry. En jy Anette, wag voor die hoof se kantoor vir my.”
Gertjie se wond word in die siekekamer ontsmet.
Anette sit in die hoof se kantoor.
“Hoekom het jy Gertjie so seergemaak Anette?” vra die hoof haar. “Besef jy nie dat dit baie erger kon gewees het nie? Sê nou maar net jy het sy oog uitgegooi!?”
Anette hoor niks.
Dood…? Dink sy. Hoe wens sy nie sy was eerder dood gewees nie…
‘Anette!! Ek praat met jou” hoor sy die hoof se stem ver, ver weg. Sy kyk stadig op. Sy sien dat die hoof nou voor haar kom staan het.
Anette voel hoe haar hande begin sweet. Hy moet net nie nader aan my kom nie! Dink sy angsbevange. Sê nou hy is net soos haar pa!! Anette voel hoe sy bloos.
“Meneer, Gertjie wil my nie uitlos nie. Hy spot my omdat ek my pa … soengroet in die oggende as hy my skooltoe bring. Hy en sy vriende sê hulle sal my betaal vir 'n soen!”
“Nou hoekom maak jy hom so seer oor so ʼn ou klein dingetjie!?” vra die hoof. “Hy maak mos maar net 'n grappie met jou!”
Grappie... dink Anette, net maar 'n grappie!?
Anette antwoord hom nie. Wie sal verstaan… Wie sal ooit verstaan en weet deur watse hel sy moet gaan.
“Anette, dit lyk my nie jy verstaan wat jy aangevang het nie. Ek is verplig om jou pa te bel, en in te lig oor die voorval wat plaasgevind het.”
Sy wil nog by Mnr Hattingh pleit om nie haar pa te skakel nie, maar hy wys haar die deur.
“Gaan terug na jou klas toe Anette, en probeer uit die moeilikheid bly,” raas hy kwaai met haar.
Anette stap kop onderstebo terug na haar klaskamer. Vreemde emosies vloei deur haar gedagtes. Die skuldlas wat sy moet dra is nie meer vreemd vir haar nie. Ek is mos goed vir niks, flits dit deur haar gedagtes.
Haar pa sê dit amper elke dag vir haar. Dis hoekom sy so baie deur hom gestraf word.
Sy voel naar by die gedagte dat die hoof vandag haar pa gaan bel. Anette voel hoe die angs en vrees haar keel toe trek.
Sy is te bang om huistoe te gaan!!
Na skool sit sy by haar lessenaar en huiswerk doen. Anette sit haar pen neer, en
lê op haar arms. Sy dink aan die dag se gebeure. Sy is bang vir wat vanaand gaan gebeur! Haar pa sal nie na haar verduideliking luister nie – hy doen in elkgeval nooit nie. Sy is altyd die verkeerde een.
Ek is ʼn niks, ʼn mislukking vir die samelewing, dink sy by haarself. Hoekom lewe ek dan nog? Ek kan maar net sowel dood wees... niemand gee tog om vir my nie..
Anette word kwaad as sy dink aan Gertjie. Maar sy was seker weereens verkeerd in haar optrede. Sy is mos maar oor die algemeen verkeerd in haar pa se oë. Anette wonder of sy ooit iets goeds in haar pa se oë sal kan doen.
Ek is mos die een wat die klip opgetel het, al het Gertjie my so gespot. Ek moes hom seker nie so seer gemaak het nie.. Die hoof sê mos dit was maar net '’n 'grappie'...
Die aand kom haar pa van die werk af. Hy het vir hulle wegneem etes gebring. Net soos juffrou voorspel het.
Dis stil aan tafel terwyl hulle eet. Sy kan sien haar pa is kwaad, en dit laat haar keel toetrek! Hoe wens sy nie haar ma was nou by die huis gewees nie!
Haar pa onderbreek die stilte.
“Anette, jou skoolhoof het my vandag geskakel. Hy sê daar was vandag ʼn probleem by die skool. Wil jy my daarvan vertel?”
Anette se mond is droog. Sy voel skoon lighoofdig en naar. “Nee pa…. die probleem is opgelos.”
“Hoe het jy die probleem opgelos? Deur iemand met ʼn klip te gooi? Dink jy dit het die probleem opgelos, vra ek jou weer Anette?”
Anette vroetel senuagtig met haar servet.
“Ek het mos vir pa gesê die kinders spot my omdat ek pa in die oggende soengroet... en een van die seuns het die heeltyd met my gesukkel. Selfs genoem pa betaal my
geld vir 'n soen! Hulle het aangebied om my te betaal vir 'n soen – net soos pa dit kamstig doen.. Ek moes myself verdedig pa..”
Sy kyk pleitend na hom. “Asseblief pa, moenie my weer straf nie... ek weet ek was verkeerd, en ek is jammer daaroor! Regtig pa!”
“Miskien moet jy laat hulle jou betaal vir 'n soen Anette. Dink net hoe baie sakgeld jy so kan verdien!” sê hy met 'n vermakerige glimlag om die mond.
“Pa!! ek is nie 'n goedkoop meisie nie! Hoe kan pa so van my praat?!” vra sy deur die trane.
“Dis genoeg Anette! Jy weet as jy verkeerd gedoen het, moet jy gestraf word. En hou op om jou stem so vir my te verhef!”
“Pa ek sal enige iets doen vir die straf. Ek sal pa se motor was. Ek sal elke aand kos maak… pa asseblief!” smeek sy met trane in haar oë.
“Gaan na jou kamer Anette.”
“Pa asseblief!! Ek smeek pa, enige iets anders!” Hy haal sy belt af. “Jy het ʼn swak voorbeeld gestel Anette.”
Hy trek sy hemp uit…. Anette skakel af…..
In die vroeë oggend ure sit sy nog in die bad, besig om haar oor en oor te skrop. Trane loop oor haar wange. Dis my eie skuld! Ek sal nie weer met iemand baklei nie, dink sy stil. Ek sal maar Gertjie se spottery verdra...
Die week gaan traag verby. Genadiglik het die voetstappe elke aand verby haar kamerdeur geloop. Tot die Saterdag voordat haar ma terugkeer van haar kursus af….
“Anette!!” roep haar pa hard.
Anette hoor sy stemtoon en skrik.
“Ek kom, pa!”
Sy hardloop die gang af.
“Ja pa? Anette staan agter haar pa wat op die rusbank sit en sport kyk.
“Kom gee jou deda ʼn soentjie… toe.”
Anette kan sien haar pa is dronk. Sy weet ook as sy nou teë praat, is daar moeilikheid. Sy gaan huiwerig na hom toe, en soen hom op sy wang.
“Nee!!! Wat vir ʼn soen is dit!!” vra hy sleeptong. Sy drankasem walg haar. Anette voel hoe die naarheid opstoot in haar keel.
“Kom hier!” Haar pa ruk haar tot op die rusbank.
“Soen my op my mond!” Hy is duidelik aggressief. Sy soen hom op sy mond.
“Ja! Dit is beter.”
Anette wil opstaan en vlug na die veiligheid van haar kamer, maar haar pa is te
vinnig vir haar. “En waar dink jy gaan jy heen?” vra hy sleeptong.
“Asseblief pa! Moenie my weer seermaak nie,” huil sy.
“Kom hier as ek jou roep, jou merrie!”
Anette sit in haar klerekas. Sy is leeg gehuil. Sy moet darem alles verkeerd doen in haar pa se oë om so gestraf te word, dink sy by haarself. Anette raak in haar kas aan die slaap…
In die vroeë oggendure word sy wakker. Haar lyf is seer van die skeef sit in die kas. Anette tap badwater in die bad. Sy sit lank in die bad en dink. Miskien moet ek wegloop...
“Môre julle!” hoor sy haar ma se stem in die gang. In ʼn rekord tyd het Anette aangetrek, en draf die gang af.
Sy hoor haar ma se stem in die hoofslaapkamer. Anette verstyf. Sy wil nie by haar ma se slaapkamer ingaan nie…
“Anette!” roep haar ma na haar.
Anette het geen keuse om by die slaapkamer in te gaan nie. Haar ma staan op vanaf die bed, en vat Anette se gesig tussen haar hande.
“Ek het só na jou verlang my kind!” roep haar ma uit, en soen haar op haar voorkop.
“En het jy dalk gewig verloor, jonge dame?”
Anette vee ʼn traan van haar wang af. Net vir ʼn oomblik ontmoet haar oë haar pa s’n. Sy sien die waarskuwing in sy oë. Anette kyk vinnig weg. Kan haar ma dan nie sien met watter tipe man sy getroud is nie! Kan sy nie sien hoe sleg hy lyk en ruik na gisteraand se gedrinkery nie!?”
“En die trane my kind?”
Anette snuif. “Ag ma, ek het maar net baie na ma verlang,” sê sy met ʼn klein stemmetjie.
“Ma … ek hoop ma gaan nie gou weer weg nie... dis baie alleen sonder ma by die huis.” vra Anette met kommer in haar stem. “Nie sommer gou weer nie my skat. Gelukkig is jou pa hier om na jou om te sien... dan kan dit mos nie so eensaam wees nie?”
“Ja Anette, ek en jy kom mos goed oor die weg as jou ma nie hier is nie..” praat haar pa vanaf die bed waar hy lê. “Ja pa...” is al wat sy uit kan kry..
Haar ma druk haar styf teen haar vas.
“Ounooi, jy moenie meer gewig verloor nie. Anders gaan jy sleg lyk,” sê haar ma bekommerd.
“Sorg jou pa dan nie vir jou as ek weg is nie,” vra haar ma speels.
Anette dwing ʼn glimlag uit.
“Nee ma, pa sorg goed vir my. Seker maar die verlange na ma, en my eksamens wat voorlê, wat my bietjie laat gewig verloor het.”
“Kom sit hier by jou pa en my op die bed, dan gesels ons bietjie” nooi haar ma haar.
“Eee…. Ek sal gou eers vir julle gaan koffie maak,” maak sy vinnig verskoning.
“Jy kan maar vir my swart koffie bring Anette. Ek is nie lus vir melk vanoggend nie.” Roep haar pa vanuit die kamer.
Ja ek weet hoekom hy nie melk in sy koffie wil hê nie, dink Anette. Hy was mos weer dronk gewees, en het nou seker 'n groot babelas. Anette loop by die gang af.
Sy sal enige iets doen, solank sy nie saam met daardie man in een kamer hoef te
wees nie. Anette voel hoe die haat in haar opstoot teenoor haar pa. Toe haar pa so na haar kyk, het sy sommer siek gevoel… Sy weet nie hoe haar ma by so 'n man kan bly nie. Kan sy dan nie sien watter tipe mens hy is nie? Sy wens sy kan sommer gif in sy koffie gooi!
HOOFSTUK TWEE
Anette voltooi haar laerskool loopbaan. Sy is op die drumpel om die grootmens wêreld te betree.
“Ja my meisiekind, jy is besig om nou vinnig groot te word,” skerts haar ma toe sy haar by die skool kom oplaai.
“Ek sien hoeka al hoe die seuns na jou kyk,” sê haar ma met ʼn glimlaggie om haar mond.
Anette se kop ruk op.
“Ek haat seuns ma, ek wil nooit eendag trou nie.”
Haar ma kyk geskok na haar toe. Sy stop langs die pad en kyk na Anette.
“Hoe nou my kind? Ek en jou pa is dan so gelukkig getroud. En ons stel dan so ʼn mooi voorbeeld vir jou,” sê haar ma seergemaak.
“Is dit iets wat ons verkeerd gedoen het?”
“Nee ma … julle het niks verkeerd gedoen nie.”
Anette kyk by die venster uit. Trane vlak in haar oë.
“Is daar iets wat jou pla Anette?” vra haar ma.
“Nee ma … ma kan nou maar regtig ry. Ek het nog baie huiswerk wat ek moet doen,” probeer sy skerm.
“Jy weet jy kan enige tyd na my toe kom met jou probleme, my kind.”
Anette sluk aan die knop in haar keel. As haar ma maar net geweet het! Maar sy het besluit, sy sal nooit haar ma van haar pa se dinge te vertel nie. Sy is te lief vir haar ma om haar met die dinge seer te maak.
“Dankie ma, ek sal dit onthou.”
Hulle ry in stilte voort.
Graad agt gaan vinnig verby. Alles is rustig by haar ouerhuis. Gelukkig was haar ma nog nie weer op ʼn werksessie nie. Haar pa probeer sy vermy in alle opsigte. Hy het nog nie weer die kans gehad om sy dinge te probeer nie. Sy sien wel hoe hy na haar kyk, en dit laat haar vuil voel.
Graad nege breek aan…
Anette het vandag Biologie. Die les gaan oor ‘Die voortplanting van die mens.’
Terwyl die onderwyser besig is om die onderwerp te bespreek, voel Anette siek. Sy sien flitse van haar pa voor haar verby vlieg! Anette gryp haar mond vas, en hardloop die klaskamer uit.
“Belinda, gaan kyk wat is fout met Anette,” beveel Meneer Beukman met ʼn frons op sy voorkop. Haar vriendin hardloop agterna.
“Wat is verkeerd Anette?” vra Belinda.
“Net bietjie naar, vriendin. Voel nie te lekker nie. Sal jy asseblief verskoning maak by Mnr Beukman. Ek sal in die mediasentrum wees.”
Anette sit in die mediasentrum.
Sy sukkel om te konsentreer op die boek wat sy deurblaai. Haar gedagtes gaan heeltyd terug na die biologieklas… Sy besef nou baie dinge…
Die verlede kom stadig terug na haar. Sy onthou die voetstappe voor haar kamerdeur, wat gedurig voor haar deur tot stilstand gekom het. Anette se keel trek toe. Sy voel verbitterd, seergemaak en vuil.
Boonop voel sy die skuldgevoel wat haar van binne opvreet. Noudat sy van al hierdie dinge leer, daarvan weet… Hoe kon haar eie pa dit aan haar gedoen het!!
Hoe kon haar ma nagelaat het om haar van hierdie dinge te vertel. Hoekom moes sy op hierdie wrede manier leer, en dit by die skool! Sy voel meteens vreeslik eensaam en alleen, en ontsettend hulpeloos.
Haar ma het haar in duister gehou! Dink sy terwyl die trane oor haar wange loop.
Sy kan nog haar ma vergewe, maar haar pa! Wat het hom besiel om sy eie dogter…!
Dit raak al hoe moeiliker om die spesifieke klasse by te woon, maar Anette druk deur.
Een oggend na Biologie keer Meneer Beukman haar voor.
“Anette, wat is verkeerd?”
“Ek sien jy sukkel om te konsentreer in die klas. Dis nou al ʼn geruime tydjie dat ek opmerk jou punte het geval. Interesseer die werk jou nie, of wat is die probleem?”
Anette voel hoe sy bloedrooi bloos.
“Eee… nee meneer, daar is nie fout nie. Dis net…” Anette bly stil.
“Net wat Anette?”
Hy staan nader aan haar.
Anette voel hoe haar handpalms begin sweet.
Asseblief, laat hy net nie nader aan my kom nie! Dink sy benoud.
“Ee… die goeters maak my naar meneer!”
Sy staan ʼn bietjie van hom weg.
“Watter goed praat jy van Anette?”
“Die voortplanting van die mens, meneer” Anette laat sak haar kop en voel hoe sy bloos. “Ek dink ek moet maar eerder net Biologie los, en iets anders in die plek daarvan neem.”
Anette, jy weet tog dis nou onmoontlik om van vakke te verander!”
Meneer Beukman staan nog ʼn tree nader aan haar, en sit sy hand op haar skouer. Sy hand gly van haar skouer af, en hy vee liggies oor haar bo arm tot onder by haar voorarm. Anette staan angsbevange! Wat makeer hierdie man! Dink sy bang.
“Jy weet jy kan enige iets met my bespreek Anette. Vertel my wat dit is wat jou so pla van die vak.”
Anette spring vinnig om, onder sy hand uit, en hardloop die klaskamer uit. Sy is nie eens bewus van die trane wat oor haar wange loop nie. Fronsend staar Meneer Beukman haar agterna.
Die aand terwyl hulle aandete nuttig, hoor Anette weereens dit wat sy die meeste vrees op aarde!
“Anette, ek moet weer op ʼn werksessie gaan. Gelukkig is dit hierdie keer net vir ʼn week. Dit sou oorspronklik drie weke lank gewees het, maar ons gaan beurte maak om mekaar af te los.”
Haar ma merk nie op hoe Anette bleek word nie. Haar ma gesels rustig voort
terwyl hulle eet.
“Gelukkig gaan ʼn week darem vinnig verby my kind.”
“Waar gaan die werksessie wees ma?” vra Anette.
Anette het opgehou om te eet. Sy dink diep.
“Malawi Anette” antwoord haar ma.
“Maar ma, dis mos gevaarlik om na die tuislande te gaan. Veral in vandag se tye.”
“Anette!” roep haar ma uit. “Moet om hemelsnaam nie nou weer begin nie! Jy het elke keer ʼn probleem as ek moet weggaan. Wat is dit met jou?”
Anette sê niks nie. Staar net na haar half klaar bord kos.
“Jan, praat met jou dogter. Dalk kry jy meer as ek uitgerig met haar.” Anette kyk op na haar pa toe, en sien die glimlag om sy mond.
Anette voel hoe sy verstyf. Voordat haar pa kan praat, vra Anette haar ma om verskoning dat sy so opgetree het... maar sy kan ook sien hoe haar pa na haar
kyk! Sy voel hoe die opstand in haar posvat, en wil net skree en skree!!
In die komende week kom sy telkens agter dat Meneer Beukman na haar kyk, en dit laat haar ongemaklik voel. Sê nou maar net hy vra haar weer wat met haar aangaan? dink sy benoud... Sê nou maar net hy vat weer aan haar!? Sy sal met niemand oor haar probleme kan praat nie. Niemand sal haar in elkgeval glo nie, dink sy hartseer.
Hulle het dan destyds eerder na Gertjie se weergawe geluister, voordat enige iemand werklik belang gestel het in haar weergawe van die storie. Veral sal sy nie met Mnr Beukman wil praat nie ... sy voel nie gemaklik in sy klas nie, nog minder om alleen saam met hom in 'n vertrek te wees. Sy voel skoon verlig toe die klok lui en die klas verdaag.
Saterdag breek aan, en haar ma maak aanstaltes om te vertrek. Anette voel angstig. Sy wens so haar ma wil nie so ver van haar af weggaan nie!.
Sy en haar ma is nou alleen in haar ma se kamer, besig om die laaste goed in te pak.“Ma… belowe ma sal oor ʼn week terug wees…”
“Natuurlik my kind! Dis ook nie vir my lekker om my gesin agter te laat nie. Ek gaan baie na jou en jou pa verlang.”
“Kan ek nie maar die week by ouma gaan bly nie ma? Sy is eensaam daar waar sy bly. Ek glo sy sal dit nogal geniet om haar kleinkind vir ʼn rukkie by haar te hê.”
Haar ma kyk op na haar.
“Nou vir wat wil jy nie by jou pa bly nie?” vra haar ma ergerlik.
“Dalk wil pa ook ʼn rukkie alleen wees ma. En … ek wil nie vir hom ʼn oorlas wees nie. Asseblief toe ma!” Smeek Anette.
“Nee Anette! Jou ouma is verswak en kan skaars na haarself omsien. Buitendien is daar ʼn verpleegster wat na ouma kyk.”
‘Ma…”
“Dis nou genoeg Anette, moenie laat ons baklei voordat ek weggaan nie, asseblief?
Anette se ma gaan sit op haar bed en frons.
“Anette … ek verstaan nie. Jou pa sê dan altyd hoe lekker jy en hy saam kuier as ek nie hier is nie. Nou kom dit vir my voor of jy nie by jou pa wil wees nie?” sê haar ma met ʼn frons op haar voorkop. Net toe kom Anette se pa by die deur ingestap.
“En toe my twee mooi meisies” sê hy met ʼn glimlag. Waaroor praat julle dat jou ma so frons?”
“Eee.. dis niks nie pa” sê Anette met ʼn valse glimlag.
“Dis dan reg so ma,” sê Anette gemaak bly. “Ons gaan ma baie mis…”
Anette babbel voort sodat haar ma skoon van die onderwerp vergeet waaroor hulle gepraat het. Bang dat haar pa sal agterkom dat sy nie by hom wil bly nie.
Hulle stap saam tot by die bussie wat Anette se ma kom oplaai.
“Nou ja my vrou, jy moet nie te hard werk nie.” Sê haar pa vir haar ma. Hy soen haar op haar mond, en gee haar ʼn drukkie.
“Toe Anette, groet jou ma” sê haar pa wat agter haar staan.
Anette wip soos sy skrik.
“Totsiens ma” Anette hou haar ma vir ʼn rukkie vas.
Hulle neem afskeid…
Maandag in die Biologie klas hou Meneer Beukman Anette weereens terug.
“Anette, kom hier na my lessenaar. Ek wil jou iets wys.”
Anette loop huiwerig na hom toe. As hy nou weer aan my vat, sal ek nie weer sy klas bywoon nie, dink sy ergerlik.
Hy hou haar toets na haar toe uit.
“Anette, met die punte gaan jy nie die vak deurkom nie. Ek sal werklik dringend met jou ouers in aanraking moet kom. Ons sal die probleem met die vak vandag nog moet oplos, anders gaan jy nie die pyp vorentoe kan rook nie. Ek het na al jou ander vakke se punte gekyk, en die vak is die een wat jy die swakste mee vaar.”
Daar heers ʼn rukkie stilte…
“Jy kan ook nie nou van vakke verander nie, want ons is naby die einde van die jaar. Jy sal net jou sokkies moet optrek.”
“Eeh… Meneer, my ma is op ʼn werksessie, en sal eers volgende week terug wees.
“Maar jou pa is seker beskikbaar Anette?”
“Ja meneer, maar ek sal dit verkies as meneer eerder met my ma hieroor praat.”
“Anette, is daar probleme by jou huis?” vra hy met ʼn frons.
“NEE meneer! Ee… Toemaar.”
“Jammer Anette, maar die probleem is groot. So ek sal maar net met jou pa moet kontak maak vandag.”
Anette voel hoe die trane baie naby is. Sy byt op haar lip.
“Kan ek nou maar gaan meneer?”
“Jy kan maar gaan Anette. Vat hierdie toets saam met jou, en wys dit vanaand vir jou pa. Ek soek sy handtekening daarop.”
Anette vat die toets by hom en loop by die klas uit. Hoe haat sy nie die lewe nie!
Die aand toe haar pa by die huis kom, het sy vir hulle ʼn ete gekook. Haar pa is stil aan tafel. Anette eet ook in stilte voort. Sy wonder of meneer Beukman haar pa gekontak het… Sy weet sy moet die toets vir haar pa gee om geteken te word, maar dalk moet sy tot môre oggend wag... en in die motor vir hom gee om te teken. Ja! Dan gaan hy nie tyd hê om haar te straf nie! Dink sy opgewonde.
Na ete dek sy die tafel af, en was die skottelgoed.
“Pa, as dit reg is met pa, gaan ek nou bad, en dan slaap. Of wil pa dalk koffie hê?”
Haar pa ignoreer haar vraag.
“Anette, meneer Beukman het my vandag geskakel.”
Sy voel hoe sy yskoud word. Haar hande begin sweet. Sy staan versteen voor haar pa.
“Hy sê daar is ʼn probleem met jou Biologie punte. Is dit so?”
“Ja pa…”
“Ek is jammer pa.”
“Maar Anette, dis ʼn belangrike vak om te neem, en jy kan nie nou van rigting verander nie. So… Jy sal net moet harder leer vir die vak.”
Anette knik net en wonder stilweg of dit al gaan wees wat haar pa vir haar gaan sê.
“Anette, wat is dit van die vak wat jou so afsit?”
“Ag pa, dis sommer niks.”
“Anette, ek weet dit gaan oor die voortplanting van die mens. Ek het jou mos nou al mooi geleer hoe dit gedoen word,” sê haar pa met ʼn glimlag om sy mondhoeke.
“Pa! Asseblief!” roep Anette verward uit.
“Anette gaan na jou kamer! Ek sal nie toelaat dat jy so met my praat nie!”
“En ek sal ook nie toelaat dat pa my verder misbruik nie!” roep sy hard uit. “Ek sal ma alles vertel!”
“Probeer dit net juffroutjie!” sis haar pa dreigend.
“Vir wie dink jy sal jou ma glo, jou of vir my?” vra haar pa weereens met ʼn glimlag om sy mond.
“Ek gaan nou vir ma bel en haar alles vertel!!” roep sy snikkend uit.
Haar pa spring so vinnig op, dat sy stoel agteroor val.
“Hoe durf jy so met my praat! Jy en jou ma sal op die straat sit as jy vir haar enige iets vertel!”
“Asseblief pa … ek weet wat pa aan my doen is nie reg nie” smeek sy.
“Nie ʼn woord verder nie!” bulder hy. “Ek het gesê jy moet na jou kamer toe gaan! Of nee wag... bring eers vir my die toets wat ek moet teken Anette. Ek wil sien waar jy verkeerd doen.”
Anette draai om, en loop na haar kamer. As sy maar net nie so magteloos gevoel het nie! Sy maak die kamerdeur agter haar toe. Hoe wens sy nie sy kan die kamerdeur agter haar toesluit nie!
Maar sy weet haar pa sal die deur afbreek as sy dit doen.
Anette gaan sit op haar bed. Sy hou haar kussing styf teen haar vas. Te bang om te beweeg.
Toe hoor sy die voetstappe by die gang af kom. Sy hou haar asem op. Dit stop voor haar kamerdeur…
Haar kamerdeur swaai oop, en haar pa kom ingestap.
“Asseblief pa!” smeek Anette.
“Wie gee jou die reg om so op my te skree Anette?
“Ek is jammer pa, regtig jammer! Ek belowe ek sal nie weer nie!”
“Jy is ongehoorsaam Anette! Ek het gevra dat jy jou toets vir my moet bring. Nou sit jy hier op jou bed en jouself jammer kry! Gee vir my die toets, nou!”
Anette hardloop na haar tas toe en haal die toets uit. Sy gee dit vir haar pa. Hy lees deur die vrae, en blaai om na die teken gedeeltes. “Hoe moeilik is dit om hierdie dinge te verstaan Anette? Moet ek dit dan aan jou verduidelik?” “Nee pa...asseblief nie!” maar haar pa luister nie meer na haar nie...
Hy maak sy belt los… Anette skakel af, sy weet praat en smeek gaan nie help nie…
In die vroeë oggend ure sit sy nog wakker in die bad. Hoe haat sy nie haar pa nie!
Sy haat hom vir dit wat hy aan haar doen. Anette weet sy moet iemand vertel … maar sê nou maar net hulle glo haar nie, sê nou maar net haar pa skop hulle albei uit die huis uit…
Nee, besluit sy. Sy sal maar net harder moet leer aan haar biologie. Sy sal probeer om geen fout in haar pa se oë te maak nie.
Aan die einde van die week skryf hulle weer ʼn biologie toets.
“Baie mooi Anette!” sê meneer Beukman.
“Ek het geweet jy kan beter. Jy het baie goed gedoen met hierdie toets. Ek sal jou pa moet bel, en gelukwens met sy metode van straf.”
“Nee meneer, dis nie nodig nie. Ek sal sommer self vir hom die toets vat. Sal hom graag wil verras daarmee.”
Meneer Beukman frons.
“Nou goed dan Anette, laat hy hom maar net teken.”
“Dankie meneer.”
Sy groet en stap by die deur uit.
Anette gee die aand die toets vir haar pa om te teken. “Nou ja Anette!” roep hy vermakerig uit. Lyk my jy het mooi opgelet in die klas....” Anette vermy
oogkontak, en wag dat hy die toets klaar moet teken.
Die naweek gaan spoedig verby, sonder enige verdere voorvalle. Teen Maandag tweede pouse is haar ma nog nie terug nie.
Anette is bekommerd. Sê nou maar net haar ma het iets oorgekom? Sy wil nie verder daaraan dink nie. Sy sal eerder wegloop as om saam met haar pa alleen in een huis te woon!
Na ʼn rukkie bel sy weer huistoe, en haar ma antwoord die foon.
“Ma!” Anette is in ekstase.
“Ek is só bly om ma se stem te hoor, en dat ma veilig by die huis is!”
“Stadig nou my kind” lag haar ma.
“Ons vlug was met ʼn paar uur vertraag my kind. Dis hoekom ek so laat hier is. Maar ek sal jou vanmiddag by die skool kom haal, en dan gaan eet ons gou ʼn iets.”
“Dis dan reg so ma, dan kry ek ma by die gewone plek vanmiddag.”
Anette lui af, en kan bars van opgewondenheid! Haar ma is by die huis, sug sy verlig.
Anette se ma laai haar voor die skool op. Hulle hou mekaar lank vas en Anette moet keer aan die snikke wat uit haar keel wil ontsnap. Maar tog vee sy ʼn traan af.
“Jitte Anette, dit lyk of jy sommer ʼn paar sentimeters gegroei het vandat ek jou laas gesien het!” lag haar ma.
Anette lag saam met haar ma.
“Ag ma, ma was maar net ʼn week weg gewees,” sê Anette skamerig.
Hulle ry na ʼn koffie winkel toe.
“Vandag kan ons onsself lekker bederf met ʼn groot stuk kaaskoek Anette” skerts haar ma.
“Ma… ma gaan nie weer vinnig op ʼn werksessie nie … nè?”
Haar ma antwoord haar nie dadelik nie. Hulle klim uit by die koffiewinkel, en kies ʼn tafel by die venster.
“Ma, ma het my nog nie geantwoord nie,” herinner Anette haar ma.
“Kom ons bestel eers Anette, dan gesels ons verder.”
Haar ma lyk vir Anette nou baie ernstig.
Hulle plaas hul bestelling, en haar ma frons skielik.
“Anette, wat is dit wat jou so pla dat jy nie wil hê ek moet weggaan op werksessies nie? Is daar dalk iets wat jy my wil vertel my kind?”
“Baklei jy en jou pa met mekaar as ek nie by die huis is nie?” vra haar ma fronsend. “Of wat is dit dan?”
“Ai ma … dis net dat ek ma nodig het. Daar is so baie vrae wat ek ma wil vra, en dit voel maar net vir my dat ma nie daar is vir my nie.”
“Anette!” roep haar ma uit.
“Ek het nooit geweet dis hoe jy daaroor voel nie. Ek is jammer my kind. Maar ons is nou hier, en ons kan nou lekker gesels. So, as jy vrae het, nou is die tyd Anette.”
“Ma … hoekom het ma my nooit van seks vertel nie?” vra Anette skaam. Sy voel hoe sy bloos.
Sy krap met haar vurk in haar bord rond, te skaam om haar ma in die oë te kyk.
Haar ma skuif ongemaklik rond. “Ee … wat wil jy weet van seks Anette? Jy het dan ʼn vak in die skool wat jou daarvan leer.”
“Nee ma, dis nie hoe ek daarvan wou leer nie!” roep Anette uit. Sy kyk weer af in haar bord. Sy voel nou so spyt dat sy haar ma dit gevra het!
“Anette … het iemand met jou gelol my kind?” vra haar ma bekommerd.
“Nee ma, los dit nou maar eerder.”
“Anette praat met my!” se haar ma ʼn bietjie te hard.
“Goed ma, moet asseblief net nie mense se aandag na ons toe trek nie.
Ma, hoekom moes ek in die Biologieklas leer waar babas vandaan kom, as dit ma se plig was om my daaroor in te gelig het,” snik Anette.
“Ek sou dit so waardeer het as ma my self vertel het … ingelig het oor die feite
van die lewe.”
Anette kyk na haar ma. Maar haar ma kyk af op haar bordjie voor haar.
“Anette, ek is werklik jammer daaroor…” Is al wat haar ma kan uitkry.
“Ma... toe ek 'n vrou begin word het, het ek nie geweet wat gaan aan nie. Ek kan nog so goed onthou toe ma my die een dag geroep het, en gevra het of ek my iewers stukkend gekrap het. Ma het geweet wat gaan aan, maar ma het niks vir my gesê nie!
Ma het my na ma se vriendin se dogter toe gestuur om met my te gesels. Watter vernedering was dit nie vir my om by die meisiekind aan te kom, en haar mansvriend was ook by haar nie.
Sy het vir my 'n pak doekies gegee, en vir my gesê ek moet nou wegbly van seuns af, want dit sal elke maand gebeur dat ek die doekies gaan nodig kry. Ek het nie geweet waarom of hoe of hoekom ek die doekies moes gebruik nie! Ek was te skaam om ma te vra waaroor dit alles gaan.... ek het dit maar net gebruik.”
Haar ma vee die trane van haar eie wange af, en kyk in die verte in. “Anette, ek was self so grootgemaak. Jou ouma het my ook nie van sulke dinge vertel nie. Ek moes ook maar op die harde manier leer. Glo my, ek is bitter spyt ek het jou nie self ingelig oor alles nie.
“Sal jy my ooit kan vergewe my kind?”
Sy neem Anette se hande in hare, en kyk smekend in Anette se oë.
“Dis reg ma, dis nou verby, en ek is bly ek kon met ma hieroor gesels het.”
Drie jaar gaan verby, en Anette is nou in graad twaalf. Sy maak hierdie jaar klaar met skool. Sy wil graag na skool gaan studeer. Gelukkig is haar punte goed, en sy sal sekerlik vrystelling kry om verder te gaan studeer. Anette is bly dat sy deurgedruk het met Biologie.
Met die rekord eksamens op hande, sit sy alles in om te leer. En haar ma was nog nie weer op 'n werksessie nie!
Een middag sit sy en leer toe daar ʼn klop aan haar deur is.
“Binne!” roep Anette.
Haar ma kom die kamer in met 'n beker koffie en koekies. “Dankie ma, dis so dierbaar van moeks.” Glimlag Anette. Haar ma gaan sit op haar bed.
“Anette ek het gedink jy kan sommer hier na ons universiteit toe gaan na skool. Dis darem nie so ver van die huis af nie.”
Anette het al hieroor gedink, en het besluit dit sal beter wees om liewer weg van die huis te wees… Vir ingeval haar ma dalk weer besluit om op ʼn werksessie te gaan.
“Ma… ek verkies om eerder in te woon waar ek gaan studeer.” Anette dink aan haar pa. Sy sal hom nie weer die geleentheid gee om naby haar te kom nie, dink sy wrang.
“Hoekom dan Anette?” vra haar ma.
“Hier by die huis is dan alles wat jy nodig het en soveel meer as wat jy in ʼn koshuis gaan kan kry.”
“Ma, dis tyd dat ek leer om op my eie reg te kom. Ma sal my tog gereeld sien” troos Anette haar ma.
Anette merk die hartseer in haar ma se oë, en is baie dankbaar sy het haar nie vertel van haar hartseer en pyn nie. Dat sy stilgebly het oor haar pa se dinge met haar…
Van haar onsekerheid en haar swak selfbeeld wat met die jare net toegeneem het. Sy kyk weg, bang dat haar ma die pyn in haar eie oë sal sien.
Anette slaag matriek met verskeie onderskeidings. Haar ouers is in die wolke. Sy kry ook ʼn beurs om universiteit toe te gaan.
“Geluk my kind!” Haar pa wil haar nog op haar mond soen, dog draai sy haar wang en sy soen land op haar wang.
“Dankie pa” is al wat sy kan uitkry.
HOOFSTUK DRIE
Die nuwe jaar breek aan, en Anette is lekker uitgerus en sien weer kans vir studeer na die lekker lang vakansie.
Haar ma neem haar die komende week na die koshuis, en Anette kry ʼn gerieflike kamer in die koshuis.
“Is jy seker jy wil in die koshuis bly Anette? Ek gaan weer oor twee weke op ʼn werksessie, en jou pa het gesê jy kan dan daar by hom kom bly… Hy moet tog iemand hê om vir hom kos te maak Anette.”
Wat my betref kan hy maar doodgaan van die honger, dink Anette by haarself .
“Ma, ek sal ma in die week kom help, dan maak ons ʼn hele paar geregte wat pa net vir homself kan opwarm in die aand as hy van die werk afkom. Pa weet tog hoe die mikrogolfoond werk.”
So gesê, so gedaan. Anette en haar ma spandeer ʼn hele middag om die geregte voor te berei en te vries. Reg vir haar pa om net op te warm. Solank sy nie naby
haar ouerhuis hoef te kom voordat haar ma nie weer by die huis is nie.
Anette se ma het op die werksessie vertrek, en haar pa het haar aanhoudend gebel om daar te kom bly vir die tydperk wat haar ma nie daar is nie.
Hy het dom verskonings gebruik om haar by die huis te kry, maar Anette het voet by stuk gehou om nie na haar ouerhuis toe te gaan nie. Haar pa het haar tot gedreig om te onterf sou sy nie huistoe kom nie! Maar Anette het net volstrek geweier om na hom te luister.
Anette se eerste semester begin op kampus. Sy dink aan haar ouers. Sy wil so min as moontlik by die huis wees as haar maar nie daar is nie. Sy sal in teendeel sorg dat sy glad nie huistoe gaan as haar ma nie daar is nie.
Anette ontmoet ʼn jongman op die kampus. Wim is 'n aangename jongman, met ordentlike maniere. In haar skoolloopbaan het sy glad nie belang gestel in seuns vriende nie.
Sy het nie eens matriekafskeid toe gegaan nie, al het so baie jongmanne haar gevra om saam met hulle te gaan.
Haar ma was baie ongelukkig hiermee.
“Anette, hier was al so baie seuns wat jou na die matriekafskeid toe gevra het. Hoekom wys jy almal die deur?” sou haar ma haar knaend gevra het.
“Jy is dan so ʼn aantreklike meisie.”
Anette het uit die hoek van haar oog gesien hoe haar pa sit met ʼn glimlag op sy gesig! Vark! Het sy gedink.
“Ma, ek stel nie belang om nou met seuns uit te gaan nie.” Was haar antwoord elke keer.
“Anette… Jy’s nie dalk uh…”
“Dalk wat ma?”
“Ag my kind, is jy nie dalk liewer vir meisies as vir seuns nie?”
“Ma! Wat dink ma van my!”
Anette kan nou maar net glimlag as sy terugdink hoe dit haar ontstel het dat haar ma so iets van haar kon dink. Haar ma het toe maar moed opgegee met haar, en nie meer aan haar gekarring nie.
Nou lê die eerstejaarsdans voor.
Wim het haar een aand uitgeneem fliek toe. Hy het so aan haar gekarring, dat sy
maar later ingegee het, en sy uitnodiging aanvaar het. Daarna het daar ʼn mooi vriendskapsverhouding tussen hulle ontstaan. Hy was die dierbaarheid vanself. Sy het hom gevra om saam met haar na die eerstejaarsdans toe te gaan. Maar eers wou sy hê Wim moet haar ouers ontmoet....
Anette het besluit om eers haar ma te skakel om te hoor of hulle tuis is. Sy het ook genoem dat sy ʼn vriend saambring.
“Ma, asseblief onthou tog net. Wim is net ʼn vriend, en niks meer nie. Ek sal dit waardeer dat julle hom tuis sal laat voel.”
Haar ma was baie ingenome met Wim, dit kon Anette sien. Maar haar pa… Sy kan sien dat hy nie dieselfde voel nie. Hy was maar baie skepties teenoor Wim.
Van die oomblik wat sy hom aan haar pa voorgestel het, kon Wim die vyandskap teenoor hom aanvoel. Wim het gewonder hoekom die oom so teenoor hom voel. Hy het hom dan nou vir die eerste keer ontmoet!
Anette en haar ma is besig in die kombuis.
“Ma, ek gaan saam met Wim na die eerstejaarsdans toe. Ek sal seker ʼn nuwe uitrusting moet kry vir die geleentheid.”
Anette se ma is uit haar vel van blydskap. Sy het al hoeka gewonder of haar dogter nie ʼn oujongnooi gaan word nie.
“Nou dan moet ek en jy Saterdag gaan inkopies doen” stel haar ma voor.
“Ek het reeds so ʼn mooi uitrusting in een van die winkelvensters gesien, en gedink dit sal jou nogal mooi pas” babbel haar ma voort.
Anette en haar ma kom die sitkamer in met die koffie, en vind dat daar ʼn stilte is. Anette voel dadelik die spanning tussen Wim en haar pa, en voel ook teleurgesteld.
Anette kan sien dat die gesprek maar net nie wil vlot nie, al probeer haar ma hoe hard. Na 'n ongemaklike uur, staan Anette op.
“Ons moet seker maar gaan Wim,” sê Anette. “Môre is weer ʼn lang dag op klas.”
Wim en Anette groet haar ouers. Wim sit sy hand onder Anette se elmboog toe hulle uitstap na buite. Anette sien die woedende trek op haar pa se gesig , en word sommer kwaad. Wie dink hy is hy! Sy is niemand se besitting nie!
Hulle ry in stilte voort.
“Anette… Dit lyk nie of jou pa van my hou nie. Ons het nie eens tien woorde met mekaar gepraat nie.”
Anette verstyf in haar sitplek.
“Ek is jammer as ek jou met my pa alleen gelos het Wim, dis net…”
Anette bly stil.
“Dis net wat Anette?”
“Wel… toe ek nog op skool was, kon ek seuns nie voor my oë verdra het nie Wim.”
Daar heers ʼn ongemaklike stilte tussen hulle. “Jy is die eerste manspersoon wat ek regtig huistoe neem om my ouers te ontmoet..”
“En ek dan Anette … kan jy my darem verdra” vra Wim met ʼn frons op sy voorkop.
“Dis anders met jou Wim … jy is anders. Jy is ʼn baie goeie vriend en ek wil jou nie deur hierdie dinge verloor nie.”
“Wel... ek is baie dankbaar dat ek die eer gehad het om eerste jou ouers te ontmoet!” glimlag hy.
Wim frons weer. Beskou sy hom dan net as ʼn vriend, wonder hy. Hy moet erken dat hy nogal omgee vir Anette. Hy wil nie net haar vriend wees nie, besef hy toe
hy skrams na haar loer in die donker.
Hulle ry in stilte voort. Elkeen besig met sy eie gedagtes. Hy kon nou sien sy is baie ontsteld, en ongelukkig.
Anette se bloed kook behoorlik, sy byt hard op haar tande van woede. Hoe kan haar pa jaloers wees op haar mansvriende! Dink hy miskien hy besit haar, is sy eiendom?
Wim stop voor haar koshuis. Toe Anette wil uitklim, keer hy haar. Hy trek haar nader aan hom.
Anette voel hoe haar handpalms begin sweet.
Hy trek haar nog nader aan hom.
“Wim nee … moenie asseblief!?” Pleit sy in ʼn klein stemmetjie.
Sy stoot hom saggies van haar af weg.
Wim is verslae. Hy het gedink sy hou van hom.
Anette maak die motor se deur oop nog voordat hy kan uitklim om vir haar die
deur oop te maak.
Wim klim uit en stap om na haar toe.
“Anette…”
Hy gaan staan voor haar.
Anette voel hoe sy half dronk word van vrees! Sy begin saggies te huil.
“My hemel Anette!” roep Wim uit.
“Jy bewe soos ʼn riet! Is jy siek of wat. Praat met my?”
“Ag Wim, ek is net ontstel oor my pa se optrede. Ek sal nou-nou weer beter voel.”
Wim trek haar weer nader aan hom. Hy voel hoe sy hom wil wegstoot, maar hy druk haar kop saggies teen sy bors vas.
“Dis nie nodig dat jy jou so ontstel oor jou pa nie Anette. Ons sal mos weer daar gaan kuier, en dan gaan ons mekaar beter leer ken. Dit sal tyd neem, maar glo my, dit sal beter gaan.”
Anette skud haar kop net heen en weer, maar sê niks nie. Sy weet dit sal nie beter gaan nie...
Hulle staan so vir ʼn hele ruk.
“Ek moet nou gaan Wim, dit raak laat.”
Wim laat haar gaan.
“Anette … is dit iets wat ek verkeerd gedoen het?” vra Wim.
“Nee Wim … dis ek.” Sy kyk af grond toe.
“Jy het niks verkeerd gedoen nie Wim, ek is maar net moeg.”
Wim frons vir die soveelste keer die aand. Iets is nie pluis nie, hy kan dit aanvoel.
“Dankie dat jy saam met my na my ouers toe gegaan het Wim. En weereens jammer oor my pa se swak optrede. Sien ek jou môre?”
Wim bly stil.
“Wim…?”
“Wil jy my sien Anette?”
“Moet nou nie verspot wees nie Wim! Ek sal jou graag weer wil sien.”
Hy glimlag vir haar.
“In daardie geval sal ek jou graag môre wil sien Anette. En nog 'n ding.... hou op om vir jou pa verskoning te maak. Jy kan mos nie daarvoor help dat hy so optree nie..”
“Dis reg Wim, jy sal hom sekerlik nog beter leer ken..”
“Wim... jy moet asseblief maar geduldig met my wees. Ek het baie wat ek nog in my lewe moet uitsorteer…”
“Anette, as jy daaroor wil praat, ek is hier vir jou. Onthou dit altyd.”
“Dankie Wim” glimlag sy. “Ek sal dit onthou.”
Sy soen hom skrams op sy wang, en stap aan koshuis toe.
“Lekker slaap!” Roep sy oor haar skouer vir hom.
Wim kyk haar agterna. Sy het hom sowaar nie eens kans gegee om saam met haar na die deur van die koshuis toe te stap nie!
Anette maak die kamerdeur agter haar toe. ʼn Snik ontsnap uit haar binneste. Sy val op haar bed neer en huil haar hart uit in haar kussing.
“Hoekom pa! Hoekom het jy my lewe so verwoes? Hoe moet ek nou met my lewe voortgaan!?” skree sy in haar kussing.
So raak sy aan die slaap met haar kussing styf teen haar bors vas gedruk. Sy droom van Wim, sien hoe hy haar wil soen, hoe sy van hom weg hardloop toe sy gesig in haar pa se gesig verander. Lelike drogbeelde laat haar heeltyd uit haar slaap wakker skrik.
Die volgende môre word sy wakker met ʼn kloppende hoofpyn.
Anette kyk vir haarself in die spieël en is sommer kwaad vir haarself! Van al die gehuilery is haar oë vanoggend dik geswel.
Sy gaan stort vinnig, en probeer met haar grimering om iets aan die swelsel onder haar oë te doen. Tevergeefs! Dink sy. Al probeer sy ook wat, die dikheid is duidelik sigbaar.
Terwyl sy aantrek dink sy aan Wim.
Gelukkig sien sy hom eers vanmiddag. Dan sal haar oë sekerlik al beter lyk. ʼn Klop aan haar deur onderbreek haar gedagtes. Sy stap na die deur toe en maak dit oop.
“Wim! Wat maak jy hier? Jy weet mos jy mag nie in die dameskoshuis kom nie!”
“Sê jy my nie eens môre nie,” vra hy met ʼn glimlag om sy mond. “Baklei sommer dadelik met my.”
“Jammer Wim… Môre.”
Hy hou 'n bloedrooi roos na haar toe, en sy glimlag vir hom.
“Dankie Wim, dis regtig dierbaar van jou.”
“Kan ek gou inkom Anette?”
“Eee … eintlik mag ek jou nie hier toelaat nie.”
Wim druk haar liggies binne toe, en maak die deur agter hulle toe.
Hy kom staan voor haar.
Anette se hart klop in haar ore. Dit voel of sy enige tyd gaan omval.
“Anette… ontspan,” se Wim naby haar oor.
Sy voel naar, en haar hele liggaam begin bewe.
“Asseblief Wim!” se sy dringend snikkend… “Moenie..”
Hy hou haar in sy arms vas. Haar hele liggaam bewe.
“Anette my meisie… wat is dit wat jou so ontstel? Hoekom is jy so bang vir my?”
Haar snikke skeur deur die vertrek. Wim se hart pyn vir die meisie wat hy liefgekry het. Hy hou haar nog stywer teen hom vas.
“Nee Wim!” Anette wikkel haar los uit sy omhelsing.
“Ek moet klaar maak vir my klas Wim.” Sê sy in ʼn sagte stem.
“Ek verstaan nie Anette… weet jy hoe baie ek vir jou omgee meisiekind?”
“Ek dink ek weet Wim, maar ek het mooi gevra dat jy moet geduldig wees. My lewe is op die oomblik erg deurmekaar.”
“Anette, dis hoekom ek vanoggend hier by jou is. Ek wil jou weereens my hulp aanbied. Enige iets, jy kan maar net sê.”
Wim kan aan die swelsels onder haar oë sien dat sy gehuil het, en dit maak hom net meer vasberade om agter die kap van die byl te kom.
Hy gaan sit op die rusbank wat in haar kamer is. “Anette, kom sit hier by my.”
Anette kyk huiwerig na die rusbank, en dink hoe baie haar pa haar op die rusbank.... “Uhm, Wim, ek moet regtig klaarmaak vir klas. Ek kan nie bekostig om klasse te mis nie.”
Hy sien die huiwering in haar ou, en staan op vanaf die rusbank. Hy loop na haar toe, en trek haar nader na die rusbank.
“Anette sit, ek wil met jou praat.” Sy gaan sit ewe gedwee op die bank. Wim gaan sit voor haar op sy kniee, en kyk op na haar toe.
“Ek wil jou vandag die versekering gee dat ek niks teen jou wil sal doen nie. Ek sal ook niks op jou afdwing nie.
As jy dalk meer in my drukkie van gisteraand gelees het, dan vra ek verskoning.”
“Ek wil hê jy moet weet dat ek baie vir jou omgee, en jou respekteer vir wie jy is. As ek jou vashou in my arms, is dit net dat ek jou naby my wil hê, niks anders nie.”
Anette is vir 'n rukkie stil. Sy oordink alles wat hy vir haar gesê het, en sy voel baie meer op haar gemak. Sy staan op van die rusbank, en trek hom op vanaf die vloer af. Sy gaan staan in sy omhelsing en rus haar kop teen sy skouer.
Meteens voel sy hoe die kalmte deur haar stroom!
Sy weet sy kan Wim met haar lewe vertrou. Sy voel veilig by hom.
Saggies begin sy met hom praat.
“Jy weet Wim… voordat jy in my lewe gekom het, kon ek nie mansmense verdra het nie. Maar jy het alles verander. Hoe dankbaar is ek dat dit jy is, en nie
iemand anders is nie. Jy is baie kosbaar vir my.”
Wim glimlag net bo haar kop waar sy op sy skouer leun.
Terwyl sy met hom praat, vryf hy met sy een hand oor haar arm.
Anette merk dit op, en dadelik sien sy haar pa en meneer Beukman in haar geestesoog. Sy gril merkbaar.
“En nou ?” vra hy fronsend.
“Het ʼn kat oor jou graf geloop?”
“Ee… nee, ek kry net ʼn bietjie koud” dink sy vinnig ʼn verskoning uit. Hy kan voel hoe gespanne sy nou weer is.
“Ontspan Anette.” Praat hy sag by haar oor.
Wim se stem het ʼn kalmerende uitwerking op haar gemoed. Hy voel hoe sy geleidelik ontspan.
Hoe graag sou hy haar nie wou soen nie, maar hy weet dis nie nou die regte tyd daarvoor nie. Tyd sal leer. Hy vermoed dat sy baie seergekry het in haar lewe.
Hy peins terwyl hy haar saggies vashou. Hy weet hy sal haar vertroue moet wen.
Wim is in sy jaar prakties as mediese dokter. Met die ondervinding wat hy al opgedoen het, het hy ʼn vae vermoede wat haar probleem kan wees.
“Wim…”
“Hmm…?”
“Ek sal nou regtig moet klas toe gaan. Ek is alreeds ʼn bietjie laat.”
Hy laat haar onwillig gaan.
“Wag ek stap sommer saam jou,” sê Wim.
Sy vat haar boeke en saam stap hulle na haar klas.
“Ek sal jou vanmiddag na jou klasse kom oplaai, dan gaan drink ons iewers koffie,” stel Wim voor.
“Dit sal lekker wees, dankie Wim,” glimlag sy vir hom terug.
Die middag na Anette se klasse, wag Wim vir Anette in die parkeer area. Na ʼn rukkie sien hy haar uitkom. Hy wil nog na haar toe stap, toe ʼn man haar skielik voorkeer.
Wim kyk na die twee, en kan dadelik sien Anette is ontsteld. Hy besluit om nader te stap. Net toe klap Anette die man deur sy gesig! Wim draf nou vinnig nader.
“Anette, is hier ʼn probleem? Pla die man jou?”
Anette antwoord hom nie dadelik nie.
Die ander man staan met ʼn glimlag op sy gesig vir haar en kyk.
“Anette, wat is dit?” vra Wim geskok.
Anette is sigbaar bleek. Sy sê nie ʼn woord nie.
Gertjie kyk na haar met ʼn grynslag om sy mond. Hy kyk na Wim, toe terug na Anette.
“Lyk my jy het toe ʼn ouer man gekry om jou te pamperlang” sê hy met spot in sy stem.
“Van laerskooldae af het jy mos van ouer mans gehou,” sê hy spottend.
Trane loop oor Anette se wange.
“Gertjie, jy het nou gesê wat jy wil, so los my nou uit!” sê Anette in 'n hartseer stem.
“Kyk meneer, ek weet nie wie en wat jy is nie, maar ek gaan nie toelaat dat jy so met Anette praat nie!”
Gertjie ignoreer vir Wim.
“Vertel hom Anette, of moet ek hom vertel,” sê Gertjie spottend.
“Wat vertel?” vra Wim uit die veld geslaan.
“Kom Wim,” sê Anette. “Ek het niks vir hierdie man meer te sê nie. Daar is in elk geval niks om te sê nie.”
Gertjie vervies hom omdat hy nie Wim of Anette kon kwaad kry nie.
“Jou flerrie!” snou hy Anette toe. “Het jy jou “boyfriend” vertel hoe jy die seuns geld gevra het vir 'n soen toe jy in die laerskool was?”
Wim swaai om en sy regter vuis tref Gertjie op sy neus. Die inpak van Wim se hou laat Gertjie agteroor steier.
“Jy praat NIE so van Anette nie!! Soos ek gesê het, weet ek nie wie jy is nie, en ek stel ook nie belang om te weet nie.
Al wat ek nou vir jou sê, is om in jou motor te klim en te ry… Anders sal jy my noodsaak om jou nog ʼn opstopper te gee!” bulder Wim.
“Wim, nee! Asseblief los hom net.” Smeek Anette in ʼn huilerige stemmetjie.
Bloed stroom uit Gertjie se neus. “Dis nie die einde van die storie nie Anette. Ek sal jou terugkry vir hierdie bloedneus.”Gelate draai hy om, haal sy sakdoek uit sy broeksak, en hou dit oor sy neus.
“Kyk, ek weet nie wie jy is nie, maar vang ek jou naby Anette, dan kry jy met my te doen, verstaan jy my!!?” sê Wim kwaad. Gertjie is doodstil, en gluur hulle net aan.
“Kom Anette, laat ons ry,” sê Wim ergerlik.
Hy vat Anette aan die arm, en lei haar na sy motor. Hy maak vir haar die deur
oop, en Anette klim gedwee in. Uit die hoek van haar oog sien sy Gertjie wegry. Sy onthou hom as die seuntjie wat haar geterg het op skool.... nou het hy groot en grillerig vet geword. Hy is behang met goue kettings om die nek, en ry 'n duursame motor. Hy is 'n grillerige mannetjie!
Wim sluit die motor aan, maar ry nie dadelik nie.
“Anette… jy hoef nie hieroor te praat as jy nie wil nie, maar ek is hier as jy wil gesels..”
“Ek sal jou ʼn bietjie later alles vertel Wim, ek het nou eers ʼn sterk koppie koffie nodig.”
Wim voel tevrede. Sy gaan hom uiteindelik in sy vertroue neem.
Hulle stop by die koffiekroeg.
Anette drink versigtig aan die warm koppie koffie. Haar hande bewe liggies van al die spanning van ʼn rukkie gelede.
“Gee hier jou koppie Anette,” vra Wim.
Sy kyk hom verbaas aan toe hy die koppie by haar neem. Hy gooi nog ʼn lepel suiker in haar koffie en roer dit.
Wim gee die koppie liefdevol terug vir haar.
“Die ekstra suiker sal help dat jy beter voel.”
Anette vat die koppie by hom en glimlag.
“Ai Wim…. Jy is darem so ʼn dierbare mens.”
Anette begin hom vertel van die voorval jare gelede by die skool. Hoe die hoof haar uitgetrap het. Maar dit is waar sy stop. Sy sal hom nie van haar pa vertel nie. Van al die ‘straf’ wat sy maar net moes verduur het nie…Sy vertel hom ook hoe die seuns haar uitgejou het, en gesê het hulle sal haar betaal vir 'n soen.
“Anette my arme meisie…!”
Anette voel tranerig, maar sy hou dit terug.
Nog nooit het iemand so mooi met haar gepraat nie, wat nog te sê met sulke deernis. Nog minder die teerheid waarmee hy met haar praat nie.
Wim vat haar hand in syne.
“Hoe onregverdig kan die lewe soms nie wees nie. Het die skoolhoof ooit moeite gedoen om met jou ʼn gesprek te voer?”
“Jy sien Wim, Gertjie was onderhoofseun. Sy pa het so baie geld gehad, en het op elke komitee gedien. Hy het net die beste klere gedra, en was seker die rykste kind in die skool. Natuurlik kon hy niks verkeerd gedoen het nie...Daarom was ek verkeerd. Dis hoekom die hoof nie moeite gedoen het om na my te luister nie.”
“Nee Anette, jy was nie alleen verkeerd gewees nie. Gertjie moes ook ʼn les uit die voorval geleer het.”
“Wim, kan ons nou asseblief van die voorval vergeet?” vra Anette half smekend.
Anette voel nie goed nie. Haar verlede is besig om haar vinnig in te haal. Sy het haar pa nog nooit vergewe vir dit wat hy aan haar gedoen het nie.
“Wim, ek gaan Saterdag huistoe, maar sal sekerlik Saterdagaand terug wees. Ek en my ma gaan ʼn bietjie saam inkopies doen.”
“Ag dis te lekker!” glimlag Wim. “Jy gaan seker lekker bederf word.”
“As jou pa meer van my gehou het, sou ek aangebied het om saam met jou huistoe te gaan…” sê Wim. “Maar nou ja … sal maar ʼn ander keer weer saam met jou huistoe gaan.”
Anette antwoord hom nie hierop nie, onseker oor wat om vir hom te sê.
“Ek sal Saterdagaand terug wees, dan kan ons dalk dvd's uitneem, en net lekker voor die TV ontspan,” stel sy voor.
“Mmm … dit kan werk,” glimlag Wim ondeund.
Anette kan nie help om vir hom te lag nie.
“Ai, maar jy kan my lekker laat lag as jy wil,” glimlag sy.
“Dan is ek bly ek is die een wat jou laat lag Anette,” glimlag hy terug.
“Ek sal die pizzas kry,” stel hy voor.
Saterdagoggend vroeg ry Anette na haar ouerhuis. Toe sy voor die huis stop, sien sy haar pa se motor in die rylaan staan. Sy stop langs sy motor. Anette ril sigbaar as sy aan haar pa dink. Sy wonder waar haar ma se motor is.
Anette sit ʼn rukkie in die motor en dink… Hoe veilig was hierdie huis nie vir haar op ʼn stadium nie, tot haar ma op werksessies begin gaan het…
Gaan ek hom ooit kan vergewe vir dit wat hy aan my gedoen het? Wonder sy by
haarself. Sy loop traag na die voordeur. Anette sien daarna uit om haar ma weer te sien, maar dis ʼn ander saak as sy aan haar pa dink.
Sy klop. Haar pa maak die deur te vinnig oop.
Anette gee ʼn tree terug.
“Hallo pa.”
“Hallo Anette.”
“Waar is ma? Kan pa asseblief vir haar sê dat ek hier is. Ons kan maar ry.”
“Vra jy nie eens hoe dit met my gaan nie Anette?” “Hoe gaan dit met pa?” vra sy sarkasties. Hy hoor die sarkasme in haar stem en wil homself eers vererg, maar hy los dit daar.
“Kom in Anette. Jy is mos nie ʼn vreemdeling nie.”
Hy staan terug sodat sy by die deur kan inkom. Anette loop tot in die sitkamer.
“Ma!” roep sy. Geen antwoord nie.
“Jou ma is gou na jou ouma toe. Sy voel blykbaar nie lekker nie.”
“Ai, ma kon my mos net sowel gebel het. Nou het ek al die pad verniet gery.” Sê sy teleurgesteld.
“Maar jy is welkom as jy bietjie by my wil kuier, Anette.”
Anette verstyf merkbaar.
“Ee… Dankie pa, maar ek moet maar liewer weer ry. Ek het nog ʼn paar dingetjies wat ek moet doen. Sê maar vir ma ons maak dit ʼn ander keer.”
Haar pa kom staan voor haar. Anette gee ʼn tree agtertoe…
“Wat moet jy doen wat so dringend is dat jy nie eens ʼn bietjie kan kuier nie Anette.?” “Ma en ek sou gaan inkopies doen het vandag pa, maar as ouma siek is, sal ek alleen gaan inkopies doen.”
“Is dit nie dalk die Wim ou wat jou aandag so van jou ouerhuis aftrek nie? Ek hou nie van hom nie, Anette”
“Ja pa, dit weet ons al klaar. Pa se hele houding het daarvan getuig toe Wim hier gekuier het. Maar kan pa my vertel hoekom pa nie van hom hou nie?”
“Omdat ek kan sien hoe hy na jou kyk Anette!”
“Pa!” roep Anette verontwaardig uit.
“Wim is ʼn baie goeie vriend van my” sê sy hard.
Sy draai om en stap na die deur. Haar pa spring haar voor en gaan staan tussen haar en die deur.
Sy kan ruik dat hy gedrink het, al is dit nog so vroeg in die oggend.
Anette voel hoe die sweet op haar bolip pêrel.
Haar pa gryp haar pols vas. Nou is Anette se hande papnat gesweet.
“Nee! Los my uit!” skree sy hard, en ruk los van sy greep om haar pols.
Hy praat nou sag, sissend naby haar gesig.
“Sê vir my hy het dit nie gedoen nie Anette. Sê dit vir my!”
Anette is bleek geskrik.
“Waarvan praat pa?” vra sy, so asof sy nie weet waarna hy verwys nie.
“Jy weet wat Anette! Het julle saam geslaap!?”
Anette is nou woedend. Sy voel hoe die seerkry van al die jare in haar binneste oopgeruk word. Sy ruk haar ander hand ook los uit sy greep.
“Dit wat pa aan my gedoen het vandat ek verstand begin kry het? Al die verkragtings wat kamstig gedien het as my straf?! Bloedskande?!
Dit wat my beroof het om sorgloos te ontwikkel in ʼn jongmeisie? Dit wat my van selfrespek gestroop het!? Ek sukkel om in enige verhouding aan te pas! Pa het my beroof van my menswees!”
“Pa laat my lag!” sê sy met ʼn wrang trek om haar mondhoeke.
“Luister nou mooi pa, ek is nie meer ʼn klein dogtertjie nie. Ek sal NOOIT weer toelaat dat pa naby my kom nie!” nooit weer nie!”
“En sou dit kom dat ek dalk eendag trou en kinders hê, sal ek pa nooit naby hulle alleen toelaat nie. En wat Wim betref … hy is die enigste een wat my weer laat
mens voel. Hy het my geleer om weer myself te vind. Dis alles wat pa van my ontneem het.”
Trane stroom nou oor haar wange.
“Het pa werklik gedink ek sou nooit uitvind waarmee pa besig was nie? Ek sal pa nooit vergewe vir dit wat pa aan my gedoen het nie…” sê sy sag maar met verwyt in haar stem.
“O ja, kan pa nog onthou hoe baie keer het pa my gevra om van my vriendinne huistoe te bring vir 'n naweek? Kan pa onthou?
Nou weet pa hoekom ek my enigste vriendin nie kon huistoe bring nie! Pa was altyd dronk op 'n naweek, net soos nou, en wat sou pa keer om my vriendin ook te “straf!”
Ek HAAT dit wat pa as straf aan my gedoen het!!!”
Stadig laat sak haar pa sy hande langs sy sye. Anette sien die verbystering op sy gesig.
“Ek sal jou ma sê jy was hier” sê hy met ʼn moeë stem. “En, ek is jammer…”
Anette kyk met ongeloof na haar pa. Dit lyk of hy tien jaar ouer geword het in ʼn kwessie van ʼn paar minute.
“Pa sê pa is jammer! Dit gaan nie my menswees terugbring nie. Dit gaan ook nie my maagdelikheid terugbring nie. Dit verander niks nie pa! Niks nie!”
Sy draai om en stap na haar motor. Hy sê hy is jammer! Roep dit in haar binneste. Dink hy vir een oomblik dit gaan alles sommer netso regmaak? Dink sy verbitterd.
Haar pa staan nog steeds voor die deur. Verbeel sy haar, of het haar pa nou net ʼn traan van sy wang afgevee…
Nee! Hy kan nie huil nie, dink sy verbitterd. Daarvoor is hy 'n te harde mens. Hy gee net vir homself om!
HOOFSTUK VIER
Anette stop voor haar koshuis. Sy is leeg gehuil. Vir ʼn rukkie lê sy met haar kop op die stuurwiel. Na ʼn rukkie wat vir haar soos ʼn ewigheid voel, klim sy uit die motor.
Dis al sterk skemer.
Anette stap na haar kamer. Haar liggaam voel swaar. Miskien moet sy maar vir Wim bel en hulle afspraak kanselleer. Net toe sy haar deur wil oopsluit, gryp iemand haar van agteraf en hou haar hande vas. Sy wil nog skree, dog word haar mond ferm toegedruk deur 'n vet hand.
Anette spartel so al wat sy kan, maar die boef kry die oorhand, en forseer haar om haar deur oop te sluit.
Sy word soos 'n vrot vel teen haar rusbank neergegooi. “Gertjie!!” Skree sy hard. Hy storm op haar af, en druk haar mond weer toe.
“Een woord uit jou mond Anette, en ek spuit jou met hierdie mengsel in.... glo my, jy wil nie hê ek moet dit doen nie.
Dalk sal ek later vanaand vir jou bietjie daarvan inspuit. Dit sal nogals lekker wees om te sien hoe jy op 'n trip gaan. Dan maak ek jou my slaaf! Ek word nie verniet die ‘Godfather’ van die kontrei genoem nie. Ek is dwelms se baas..”
Hy grinnik toe hy die bang uitdrukking op haar gesig sien. “Ek gaan jou nou mooi vra om nie weer te skree nie, en sou jy net probeer om iets snaaks te doen...”
Hy hou die spuitnaald selfvoldaan op in die lug. “Gertjie, waarom doen jy dit aan my? Ek het jou mos niks gedoen nie!”
“Bedaar vroumens! Ek wil weet waar daardie grootbek 'boyfriend' van jou is. Ek wil hom 'n les of twee leer.” “Hy is weg vir die naweek Gertjie. Jy kan my ook nie die hele naweek hier hou nie, my vriendin sal na my kom soek.” O, en 'n ander ding, hou op om my Gertjie te noem. My naam is Gert.”
Anette kyk na die kort ronde mannetjie wat voor haar staan, en gril. Hy het nog leliker geword as wat hy was toe hy nog kind was. Seker al die dwelms wat hom so verniel het.
'Wel, as jou vriendin hier opdaag, kan jy haar voorstel aan jou vriend wat jy jare laas gesien het. Jy moet net onthou, ek kan haar ook seermaak. Van my makkers is hier buite in die straat.
Enige verkeerde beweging van jou, of jou vriendin, en julle is verlede tyd. Nou, vertel my waar is jou boyfriend heen vir die naweek.”
“Hy is na sy ouers in die Vrystaat Gert. Hy kom eers Maandag oggend terug..”
Anette voel sleg om die leuen te vertel, maar sy kan sien Gertjie is op die oorlogspad.
“Nou maar in daardie geval wag ek net hier vir hom. En onthou, ek is 'n goeie vriend van jou. Moenie iets probeer as jou vriende hier kom kuier nie.”
Gertjie steek 'n sigaret aan, en steur hom nie aan Anette se gekerm dat hy nie in haar kamer moet rook nie.
Anette hoor iemand voor haar kamerdeur, en word yskoud. Sy hoop nie dis Wim wat haar kom soek nie. Sy het hom nie laat weet sy is terug nie.
Gertjie loop tot by die deur, en sit die spuitnaald in sy sak. Hy kyk na Anette en wys met sy kop dat sy na die deur toe moet gaan. Sy gehoorsaam, en loop tot voor die deur.
Net toe sy die deur wil oopmaak, is daar 'n klop aan die deur.... Anette weet nie watter kant toe nie! Gertjie wys na haar gesig, en beveel haar om haar gesig met sy sakdoek af te vee. “Maak skoon onder jou oë Anette!” Fluister hy. “Jou grimering het gesmeer met al jou gehuilery.”
Anette neem onwillig die sakdoek by hom, en vee onder haar oë. Gertjie gryp vererg die sakdoek by haar, en vee oor haar wang. “Moenie my toets nie Anette!”
Anette hoor skaars wat Gertjie sê.
As dit Wim is, dan gaan Gertjie hom baie seermaak... Vader, moet asseblief nie dat dit Wim is nie.. bid sy innerlik. Anette maak die deur oop, en haar vriendin kom ingestap. “Sjoe Anette, van wanneer af rook jy!?” vra sy spottend.
Gertjie kom van agter die deur uit, en glimlag breed. “Dis ongelukkig 'n ou gewoonte van my wat ek maar net nie kan afleer nie.”
Marna kyk verbaas na die man wat voor haar staan.
“Ag jammer Marna! Waar is my maniere. Dis... Gert, 'n ou vriend van my skooldae. Hy is in die omgewing, en het gou kom inloer.”
Marna steek haar hand uit, en stel haarself aan Gertjie voor. Marna draai na Anette toe. Ek het nie geweet jy is al terug van jou ouerhuis nie. Jy en jou ma toe lekker inkopies gedoen?”
“Eeh .. nee, my ouma is siek, so my ma en ek sal maar op 'n later stadium winkels toe gaan. My ma is na my ouma toe om haar te versorg.” “En jy en Wim, julle sou mos vanaand video's gekyk het..?”
Anette voel hoe haar bene lam word. “Nee, hy is na sy ouers toe in die Vrystaat. Hy kom eers Maandag oggend terug.” Marna frons kwaai.
“Het hy jou sowaar nie eens voor die tyd gewaarsku dat hy na sy ouers toe gaan nie?”
“Marna, ek en Gert het nog baie waaroor ons wil gesels...” Marna kyk na Anette, en dan terug na Gert....
“Dis dan goed so vriendin, ek sal jou dan eers weer Maandag oggend by die klas sien.
Anette voel of sy gaan huil toe Marna groet.
“Jy kan gerus nog bietjie kuier as jy wil Marna” glimlag Gertjie. Maar Marna wys dit van die hand.
“Nee jong dankie, maar hierdie meisie moet gaan voorberei vir haar toets Dinsdag. Dit was lekker om jou te ontmoet Gert. As Wim weer terug is, moet ons bietjie saam braai.” Gertjie lag lekker.
“Ja, ons sal so maak Marna. Ek sal self Wim wil ontmoet.” Hy knipoog vir Anette....
Anette maak die deur agter haar vriendin toe, en leun teen die deur.. Sy voel algeheel verlore! Wat gaan sy doen om Wim te waarsku?!
“Anette! Kom weg van die deur af!”Bulder Gertjie se stem deur die vertrek. Anette ruk soos sy skrik, en gaan sit op die punt van die rusbank.
Gertjie maak hom tuis in Anette se kamer, en bestel wegneem etes. Anette hou die tyd dop, en vrees dat Wim haar gaan bel.....
“Anette, hoe seker is jy jou 'boyfriend' is uithuisig? Ek het so 'n nare gevoel dat jy vir my leuens vertel.”
Net toe lui Anette se selfoon. Gertjie wil nog daarna gryp om te sien wie dit is, dog Anette is vinniger as hy. Sy sien dis Wim wat bel, en antwoord dadelik.
. “Hallo? Nee, jammer, ek dink jy het die verkeerde nommer mevrou” Anette druk die foon dood. Gertjie is woedend.
“Gee hier jou selfoon! Ek wil SIEN wie jou gebel het!” Anette dink vinnig en laat val haar selfoon in die glas drank wat voor Gertjie staan.
“Is jy nou mal vroumens!” skree Gertjie op haar. Hy gryp haar aan die hare, en sleep haar na die rusbank toe.
“Nou gaan jy daarvoor boet Anette. Nou gaan jy al die soene vir my gee waarvoor ek wou betaal het in die skool! Hy het in tussentyd sy sakdoek in haar mond gedruk dat sy nie 'n geluid kan maak nie.
Anette slaan met haar hande op sy bors toe hy haar probeer vasdruk. Hy ruk haar bloes van haar liggaam af, en lag uit sy maag toe hy die vrees in haar oë sien. Anette huil en baklei maar Gertjie is te sterk vir haar..... Sy ruik sy drankasem en sien haar pa se gesig bo haar.. Gertjie is so besig met sy gemense spel, dat hy nie opmerk toe die deur agter hom oopgaan nie.
Met een ruk haal Wim Gertjie van Anette af.
“Jou lae gemors! Ek het jou gewaarsku om van Anette af weg te bly!” Wim slaan verwoed na Gertjie, terwyl Gertjie probeer om die spuitnaald uit sy sak te haal. Anette ruk die sakdoek uit haar mond. “Pasop Wim! Hy het 'n spuitnaald by hom!” Skree Anette.
Gertjie slaag daarin om die spuitnaald uit sy sak te haal, en swaai wild na Wim.
“Vandag is jy dood 'boyfriend'! Skree Gertjie. Wim gryp Gertjie se hand vas, en gryp die spuitnaald uit sy hand. “Gee terug!” skree Gertjie. Hy gryp wild na die naald, en die volgende oomblik voel hy hoe die naald weg sink in sy hand...... Marna het intussentyd die lawaai gehoor, en die polisie gebel.
Gertjie se bene word lam onder hom, en Wim gryp hom net betyds voordat hy die grond tref. Hy sit hom neer, en hardloop na Anette toe. Sy sit versteen op die bank en staar net voor haar uit. Wim vat 'n kombers, en gooi haar daarmee toe.
Hy skud haar liggies...“Anette, praat met my!” Anette draai haar kop stadig na hom toe. Hy besef sy is in skok! Marna staan by die deur en kan haar oë nie glo nie! Gertjie lê op die grond met 'n spuitnaald in sy hand, en Anette sit in 'n bondeltjie toegemaak met 'n kombers!
“Kry vir Anette 'n glas suikerwater!” beveel Wim Marna.
Na 'n rukkie is die polisie besig om verklarings van almal af te neem. Anette voel nogsteeds 'n bietjie bewerig. Die polisie het die nooddienste laat kom om Gertjie te kom haal. Hy het darem nie teveel van sy eie dwelms ingekry nie. Onder polisie bewaking word Gertjie hospitaal toe geneem.
Wim sit langs Anette, en vou haar toe in sy arms. “Gertjie sal jou nie sommer weer pla nie Anette. Hy word blykbaar al lank deur die polisie gesoek vir handel in dwelms.” Anette sug verlig. Marna is besig om vir hulle koffie te maak.
“Wim... dankie...jy het my beskerm teen 'n baie siek man. Was dit nie vir jou nie...” Anette bly skielik stil. Wim hou haar stywer teen hom vas. “Toe ek jou gebel het, en jy maak of jy my nie ken nie Anette, het ek sommer geweet iets is
verkeerd. Ek het amper van my kop af geraak toe ek weer bel en jou foon is
dood. Ek weet regtig nie hoe ek hier gekom het nie...”
Hy bly vir 'n rukkie stil.
“Ek sal daardie man vermorsel as hy weer naby jou kom!” Anette wys na die glas drank met die selfoon in.
“Gertjie wou die selfoon uit my hand gryp toe jy gebel het... ek het dit toe maar in die glas laat val... Wim, hy wou jou hier ingewag het. Gesê hy wil jou ʼn les of twee leer! Ek was so bang jy kom hier aan, en en.....” Sy bly skielik stil. Sy wil nie eens daaraan dink dat Wim iets oor kon gekom het nie!
“Ek is baie bly jy het dit gedoen Anette, anders sou ek dalk langer gevat het om hierna toe te kom. Onthou net om altyd jou foon, dis nou sekerlik 'n nuwe foon wat jy moet kry, aan te hou. As ek jou nie in die hande kan kry nie, sal ek van my kop af gaan...”
Anette glimlag floutjies vir hom. “Dankie Wim... . dankie dat jy soveel vir my omgee..”
Anette drink haar koffie. “Dis nou verby Wim... dis 'n nagmerrie wat verby is. Wie sou kon dink Gertjie sou so verkeerd uitgedraai het... As jy nie opgedaag het nie Wim...Hy sou my verkrag het!” Wim voel hoe die woede weereens in hom opstoot.
“ Ek hoop hulle sluit hom toe en gooi die sleutel weg!” Marna is verlig om te hoor dinge het nie so ver gegaan met Anette nie. Sy wou nog vir Anette vra of alles reg is, maar gelukkig het Anette haar vraag nou net beantwoord.
Lank nadat almal huistoe is, sit Anette en staar na die sofa voor haar. Marna het aangebied om by haar te bly vir die nag, maar Anette wou niks daarvan weet nie. Sy kyk na die kalmeerpilletjie wat Marna in haar hand gestop het, en wonder of mens nie 'n pilletjie kry wat al die seer van die verlede kan wegvat nie... of dalk 'n pilletjie wat jou kan laat vergeet van die verlede ...
Sy stap na die badkamer en was haar gesig. Lank staar sy na haar eie beeld in die spieël. Haar lewe flits vinnig verby haar … sy sien haarself as dogtertjie … daardie eerste straf wat sy moes verduur het … die seer, die kan nie verstaan waarom nie, speel in haar gedagtes af. Haar kneukels is wit soos sy aan die wasbak vashou.
Sy sien Gertjie se gesig bo haar, sy drank asem...
“Here, hoekom gebeur al hierdie dinge met my?” prewel sy saggies. Anette drink die pilletjie wat Marna vir haar gegee het, en tap vir haar badwater in. Na 'n rukkie in die bad voel sy lomerig, en besluit om liewers uit te klim. Sy droog haar af, en trek haar slaap klere aan. Anette wag vir die slaap om te kom.... sy voel hoe haar oë swaar word, en die nagmerries probeer baie hard om haar nie te laat slaap nie...
Sondag oggend vroeg klop Wim haar wakker. “Jy darem lekker geslaap Anette?
“Ja dankie Wim. Dis net hierdie alewige nagmerries wat my gereeld laat wakker skrik.”
“Wil jy saam met my kerk toe gaan Anette? Dis darem nog vroeg sou jy besluit om saam met my te gaan.”
“Ek sal graag saam met jou wil gaan Wim. Gee my so 'n halfuur, dan is ek met jou.”
Wim maak die deur agter hom toe, sodat sy kan klaar maak vir kerk. Hy gaan stap in die koshuis se tuin. In die verste hoekie van die tuin sien hy 'n bankie, en loop soontoe. Hy raak stil voor sy Skepper, en dra Anette op aan die Liewe Vader.
Anette staan onder die stort, en voel styf en seer... Sy draai om na die spieël, en sien die groot blou kolle op haar rug! Dis seker soos sy teen die rusbank geval het toe Gertjie haar daarteen gegooi het. Sy sal maar by die apteek vir haar 'n spierverslapper kry vir haar seer spiere, dink sy ingedagte.
Sy maak klaar, en ontmoet Wim in die tuin.
“Wow! Jy lyk pragtig Anette!” Hy staar haar behoorlik aan.
Anette bloos, en glimlag vir hom. “Dankie Wim, dis maar net 'n doodgewone rokkie wat ek aan het.”
“Wel... vir my lyk jy regtig pragtig, al sê jy wat.”
Terwyl hulle kerk toe ry, gesels hulle oor die vorige aand se gebeure.
“Ek sien Gertjie is vanoggend voorbladnuus Anette. Die Sondag koerant het alles oor Gertjie uitgeblaker. Daar is nog 'n klomp van sy makkers in hegtenis geneem.
Blykbaar is hy die grootkop agter die grootste dwelm sindikaat in Suid Afrika. Koppe gaan behoorlik rol.”
“Ek is bly hulle het hom gevang Wim.... hy hoort nie op straat nie. Sulke mense is gevoelloos, en dink nie aan hoeveel lewens hulle verwoes met dwelms nie.”
Hulle stop by die kerk, en Wim hou vir haar die deur oop om uit te klim. Hy vat haar om die skouers, maar sy kreun hard toe hy dit doen.
Wim tree 'n tree agtertoe. “Wat is verkeerd Anette? het jy seer of wat?
Uhm... ag net bietjie rugpyn. Eintlik voel dit of 'n trein my getrap het. Maar dis nie so ernstig nie... Hou nou op om jou te bekommer. Wim frons bekommerd.
“Het Gertjie jou aangerand Anette!?” Anette antwoord nie terug nie. Wim gaan staan doodstil. “Voordat ons by die kerk ingaan, wil ek weet of Gertjie jou seergemaak het Anette!”
“Hy het my net teen die bank gegooi Wim, maar ek sal na kerk vir my iets by die apteek gaan kry vir die pyn.” “Nee Anette, ek vat jou na 'n goeie doktersvriend van my.
Ek wil hê hy moet jou deeglik ondersoek.”
Sy wil nog protesteer, maar hy luister nie.
Na kerk ry hy na sy doktersvriend toe. Hy stel Anette aan hom voor, en vertel hom kortliks wat gebeur het.
“Ja nee, daardie boef het Anette lelik gekneus” antwoord Riaan toe hy by die kamer uitstap nadat hy Anette ondersoek het.
“Jy sê hulle het hom toegesluit Wim? Want so 'n persoon hoort nie op straat nie. Hy is 'n gevaar vir die samelewing. Weet jy of hy enige familie het? Dalk 'n vrou en kinders?”
“Nee Riaan, ek ken hom glad nie, maar ek glo die polisie sal hom daaroor uitvra. Is Anette ernstig, of wat?” vra hy bekommerd.
“Sy het 'n paar lelike blou kolle agter op haar rug... maar dit lyk nie of sy enige ribbes gebreek het nie. Sy is eintlik baie gelukkig jy het op die regte tyd daar opgedaag.... ek wil nie eens dink wat hy met haar sou aanvang nie.” Wim kners op sy tande. Hy sal nooit weer laat iemand naby Anette kom om haar so seer te
maak nie, nooit weer nie.... dink hy wrang.
“Ek het haar 'n inspuiting gegee om die spiere bietjie te laat ontspan, en dan gaan ek vir haar 'n voorskrif gee wat jy asseblief vir haar moet kry. Dis baie belangrik dat sy al die pille drink wat ek vir haar voorskryf..... en dan dink ek dis nodig dat jy haar by iemand kry... 'n sielkundige, of iemand met wie sy kan praat oor die trauma waardeur sy moes gaan.”
Anette kom ook nou die vertrek binne. “Sjoe, ek voel skoon lighoofdig van daardie inspuiting wat jy my gegee het Riaan...” Sy gaan sit langs Wim op die rusbank.
“Ons moet ry Anette, Riaan het vir jou 'n voorskrif gegee, en ons moet dit gou by die apteek gaan kry.”
Riaan stap saam met hulle na Wim se motor. “Jy moet nou lekker rus vandag Anette, en as dit nodig is, laat weet my, dan gee ek vir jou 'n sieknota vir 'n paar dae. Jy sal regtig nou eers 'n rukkie moet stil wees.”
Anette knik haar kop, en klim in die motor. “Dankie Riaan, ek sal laat weet. Ek wil in elkgeval nou net slaap....”
Wim stop by die apteek, en los Anette in die motor. Na 'n rukkie wonder Anette wat Wim so laat draai. Sy het ook nou nie eens meer 'n selfoon om hom te bel om te hoor waar hy is nie!.
Na 'n rukkie sluimer sy in, en skrik behoorlik toe Wim in die motor klim. “Ek het gedink jy het al van my vergeet ” spot sy met hom.
Hy glimlag vir haar. “Ek sal in my lewe dit nooit aan jou doen nie Anette...”
Hy haal haar pille uit, en hou dit vir haar met 'n botteltjie water. “Drink dit Anette, ek sal sommer vir ons iets kry om te eet. Dan kan ons na my plek toe gaan, en die beloofde dvd's kyk wat ons gisteraand sou gekyk het.. Ek glo nie jy is nou baie lus om na jou plekkie terug te gaan nie.”Anette is maar te dankbaar sy hoef nie dadelik na haar kamer terug te gaan nie. Sy is ook nie bang om na Wim se plek toe te gaan nie..... sy vertrou hom tenvolle...
Wim kry vir hulle middagete, en 'n paar video's.
By sy huis aangekom, maak hy haar gemaklik, en skep vir hulle kos in. “Dankie Wim, jy doen soveel om alles vir my so gemaklik te maak.... ek waardeer dit so baie.”
“Vir jou sal ek kaalvoet oor die Drakensberge loop Anette..”
Terwyl hulle eet, vra Wim of hulle nie haar ma moet laat weet wat gebeur het nie.
“Anette se kop ruk op. “Nee! Nooit nie! Sy sal wil hê ek moet huistoe gaan... en daarvoor sien ek nou nie kans nie...” Hy sien die hartseer op haar gesig.
“Dis reg Anette, ons sal haar nie laat weet nie... wees jy nou maar net rustig.” Wim het intussentyd gereël dat Anette se kamer skoongemaak word. Hy het vir Marna gevra om al haar vensters oop te maak, sodat die sigaret reuk uit die kamer kan gaan.
Gelukkig het die opsigter van die koshuis die kamer gaan oopsluit vir die skoonmakers. Hy onthou gisteraand het hy nie eens 'n verduideliking aan die opsigter gegee hoekom hy Anette se duplikaat sleutel van die deur wil hê nie. Hy het hom net uit sy hand gegryp en gehardloop. Hy kon darem vanoggend verskonning vra vir sy gedrag, en die opsigter was net vol lof vir Wim se optrede.... Voordat hy Anette huistoe vat die aand, haal hy 'n pakkie uit die motor en gee dit vir haar.
“Wat is dit Wim?”
Maak dit oop Anette, dan sal jy mos weet” glimlag hy.
Anette haal die splinternuwe selfoon uit die sakkie....
wim! Dit was glad nie nodig nie! Ek wou nog môre oggend vir my 'n nuwe foon gaan koop het.”
“Dink jy nou regtig ek sal laat jy sonder 'n selfoon deur die nag gaan... jy moet heel eerste my foon nommer op jou spoednommers sit.
“Dankie Wim...” Sy soen hom vol op die mond. “Mmm... jy sal laat ek vir jou
nog 'n selfoon koop meisiekind!”
Anette lag vir hom. “Dis mos nie dat ek jou nooit 'n soentjie gee nie Wim..”
“Ek weet Anette... ek weet.”
Die aand sukkel sy weereens om aan die slaap te raak. Sy is bang vir die nagmerries wat haar maar net nie kan los nie... hulle jaag haar oor velde en afgronde.. drogbeelde van haar pa wat haar jaag.... Twee uur die oggend sit sy haar bedlampie aan, en kyk na die pille wat voor haar bed staan.
Riaan het vir haar 'n slaappil voorgeskryf, maar sy is maar lugtig vir die goed. Sy maak die botteltjie oop, en neem een uit die bottel. Een sal my sekerlik nie verslaaf maak nie... dink sy by haarself. Sy drink die pilletjie, en verval in 'n diep rustige slaap.
HOOFSTUK VYF
Die volgende oggend sukkel sy om wakker te word. Anette kyk by haar kamervenster uit. Sy hoor hoe die voëltjies sing. Sy voel ʼn borreling in haar binneste!
Anette trek vinnig aan, en gaan na die tuin. Die gras is nog nat onder haar voete van die vroeë oggend dou.
Sy gaan sit op die verste bankie in die tuin.
ʼn Spinnerak hier naby haar vertoon die mooiste kleure van die reënboog in sy web.
Anette word stil voor haar Skepper. Lank praat sy met Hom wat groter is as al haar probleme.
“Vergewe hom Vader, vir dit wat hy aan my gedoen het … ek vergewe hom in Jesus Naam” prewel sy saggies.
Vergewe ook vir Gertjie Jesus, ek vergewe hom in Jesus se Naam......Anette voel hoe ʼn warm gevoel van haar besit neem. Sy maak haar oë oop.
Skielik lyk alles vir haar helderder as ooit tevore! Die gras is groener as wat sy dit ooit in haar lewe gesien het. Sy hoor die sonbesies sing, en meteens is die lofprysing in haar hart oorweldigend.
Anette luister na die wind wat deur die takke waai, en saggies, baie saggies hoor sy die woorde asof deur ʼn fluistering van die wind… Genade onbeskryflik groot, het U aan my bewys…
Sy maak weer haar oë toe. Hierdie keer met blydskap in haar hart. Sy het haar pa vergewe!
Die uitbarsting wat sy eergister teenoor haar pa gehad het, en die feit dat hy haar om verskoning gevra het, het die ding gedoen.
Anette besef sy moes al lankal met haar pa gepraat het. Sy is bevry van die skuldgevoel wat sy teenoor hom gevoel het. Die haat wat soos ʼn swaar jas oor haar skouers gehang het, is weg!
“Dankie Here!” kom dit saggies oor haar lippe…
Anette hoor voetstappe na haar toe aangestap kom. Sy maak haar oë oop.
Wim staan voor haar. Stadig staan sy op met ʼn glimlag om haar mond.
“More Wim” groet sy vriendelik.
Wim kyk haar ondersoekend aan.
“Anette is alles in orde met jou?” vra hy sonder om terug te groet.
“Ja Wim, alles is reg, dankie.”
“Nou hoekom lyk jy vanoggend so … vreemd, so anders? Is dit die pille wat Riaan vir jou voorgeskryf het, of wat?” vra hy onseker.
Anette glimlag net vir hom.
Hy vat haar gesig tussen sy hande, en kyk diep in haar oë. Haar oë vonkel terug in syne.
“Wim, ek het vanoggend ʼn lewensles geleer. Vergifnis maak mens vry.”
Wim kyk haar vraend, maar dankbaar aan. Iets wonderliks moes met haar gebeur het. Wat kon haar so laat verander het?
Hy is verheug om te sien dat daar lewe in haar oë is, en dit maak haar nog meer aantreklik.
“Wim, ek moet vanoggend iets gaan doen wat ek al jare terug reeds moes gedoen het. Ek gaan gou my skoene aantrek, dan moet jy my asseblief polisiestasie toe neem.”
Wim kyk haar vraend aan terwyl sy voor hom loop. Hy verstaan glad nie wat aangaan nie, maar vertrou dat sy weet wat sy wil doen. Hy wonder of dit iets met Gertjie te doen het...
Hulle ry in stilte voort.
Hulle stap die polisiestasie binne.
“More sersant. Die sersant kyk op en glimlag vir haar. Juffrou, ek was gister op die toneel by jou koshuiskamer. Is daar iets wat jy by jou verklaring wou gevoeg het?”
“Nee sersant.... ek wil asseblief ʼn saak van kindermolestering en verkragting rapporteer.”
Die polisieman se mond hang oop. “Net so 'n oomblik juffrou, ek gaan kry gou iemand wat jou kan help, verkieslik 'n vroue lid van die mag.”
Wim voel die beklemming om sy hart. Dan is dit wat hy vermoed het tog waar…
Wim hou vir Anette die motordeur oop. Hulle ry in stilte voort. Hy stop sy motor langs die pad en draai na Anette.
Hy kon sy ore nie glo oor al die goed wat Anette vir die polisievrou vertel het nie!
Hoe kan 'n pa dit aan sy eie dogter gedoen het, en dit ook nog op so 'n jong ouderdom!. Hy wou die vertrek verlaat het toe Anette begin praat het, maar sy het aangedring dat hy daar sal bly... haar nie een minuut alleen sal los nie.
Hy het saam met Anette gehuil toe sy in trane uitgebars het.. die polisievrou het
ook swaar gesluk aan die knop in haar keel.
Nou verstaan hy hoekom sy hom elke keer weggestoot het as hy net sou waag om haar 'n drukkie te gee.. tot die dag wat hy gesê het sy kan hom maar vertrou. Hy self weet nie hoe sy dit reg gekry het om oor al die dinge te praat wat met haar gebeur het nie.. en toe nog Gertjie! Mag hy verrot in die tronk! Dink hy wrang.
“Anette … ek wil net sê dat dit wat jy vandag gedoen het, die regte ding was om te doen. Ek bewonder jou oor die moed wat jy het om nie stil te bly oor so ʼn groot ding wat met jou gebeur het nie.”
Anette kyk anderpad. Bang hy sien die trane in haar oë... Wim kan sien sy is hartseer, en praat nie verder nie.
Na 'n rukkie van stilte, antwoord Anette hom.
“Wim..... baie dankie dat jy saam met my was vandag. Dankie dat jy geluister het, want nou weet ek jy verstaan waardeur ek gegaan het. Ek het nou wel my pa vergewe, maar ek kan nie dat hy hiermee wegkom nie. Ek is weer mens na al die jare van seerkry en geen selfbeeld nie… Die vrees sal altyd daar wees dat my pa dieselfde aan my kinders kan doen.
Hy moet nou gehelp word, voordat iemand anders dalk kan seerkry.
Ek het ook besluit om professionele hulp te kry sodat ek ook van binne kan
heel… Maar ek weet ook dit gaan tyd neem, baie trane gaan nog vloei.”
Wim hoor die seer in haar stem, en trek haar nader aan hom.
“Anette, onthou net, ek is bereid om saam met jou hierdie pad te loop, en ja, ek dink dis baie verstandig van jou om ook iemand te gaan spreek wat jou deur al hierdie dinge kan help.”
Wim ry tot by die strand. Hulle klim uit.
Hy neem haar hand in syne, en saam stap hulle ʼn lang end langs die strand.
Skielik stop Wim en draai na Anette.
“Anette… Ek is lief vir jou. Van die eerste dag wat ek jou gesien het, het ek geweet jy gaan nog my vrou word.”
Anette glimlag net. Sy wil hierdie oomblik indrink…. Nooit daarvan vergeet nie…
“En ek wil jou die versekering gee dat al hierdie nare dinge wat met jou gebeur het, niks aan my liefde vir jou doen nie. Inteendeel, het ek die grootste respek vir jou.
Jy kon net sowel stilgebly het, en die res van jou lewe met die geheim geloop het.”
“Ek het jou ook lief Wim,” antwoord Anette in ʼn sagte stem.
Hy trek haar nader aan hom en soek saggies haar lippe op. Hy soen haar teer. Hierdie keer stoot sy hom nie weg nie…
Terug by die koshuis wag haar ma vir haar.
Anette skrik toe sy haar ma sien. Dit lyk of haar ma ʼn spook gesien het!
“Anette…” snik haar ma toe sy haar sien.
“Wat is dit ma!? Is ouma dood of wat?” vra Anette angstig.
Anette loop na haar ma, en hou haar styf teen haar vas. “Nee Anette, ouma makeer niks…”
“Anette my kind hoekom het jy al die jare stilgebly?” snik haar ma in haar arms.
Anette voel hoe die warm trane oor haar eie wange loop. Haar keel voel te dik om haar ma te antwoord.
“Nou weet ek hoekom jy nooit alleen saam met jou pa wou bly toe ek op my werksessies gegaan het nie. Hoe kon hy dit aan sy eie dogter gedoen het! Ek voel so skuldig my kind, ek moes geweet het iets is aan die gang met jou.... veral omdat jy die laaste keer by jou ouma wou gaan bly het toe ek weg is op 'n werksessie.”
Wim vat hulle albei aan die arm, en lei hulle na Anette se kamer.
Anette kyk na haar ma, en die verlede speel voor haar af.
“Ma … ek is so jammer!” Snik Anette.
“Nee my kind! Ek is die een wat so jammer is dat ek jou in sy sorg gelaat het. As ek maar net geweet het, sou ek lankal al van hom geskei het.”
“Ma... pa het altyd gedreig dat niemand my sal glo as ek hulle vertel wat hy aan my doen nie.
Hy het ook gesê hy sal laat ons op straat sit, ons uit die huis skop as ek enige iets vir ma vertel. Daarom was ek bang om ma te vertel. Ek wou ook nie gehad het ma moes seerkry nie, veral toe ek bewus geword het wat hy werklik aan my doen nie.
ʼn Harde klop aan Anette se deur ruk haar terug na die werklikheid.
Wim maak die deur oop.
“Mej. Marx?”
ʼn Polisieman staan voor haar.
Anette voel hoe ʼn lamheid van haar besit neem.
“Ja … ek is Mej. Marx, waarmee kan ek jou help sersant?”
“Uhm … juffrou, daar was ʼn ongeluk.”
“Wie … wat het gebeur?” frons Anette.
“Juffrou, jou vader was in ʼn ongeluk. Ons wou jou vader vir ondervraging na die polisiestasie toe neem, toe jou pa besluit om weg te hardloop. Hy het reg voor ʼn aankomende motor beland. Ons vermoed hy was....... besope.”
Anette voel lighoofdig. Sy sien haar ma het op die rand van haar bed gaan sit.
“U kan hom by die privaat hospitaal besoek juffrou,” antwoord die sersant.
“Maar ek dink julle sal gou moet maak, want dinge lyk nie goed nie.”
“Dankie sersant,” antwoord Wim. “Ons is nou op pad na hom toe.”
Hulle ry in stilte na die hospitaal. Al wat hoorbaar is, is haar ma se sagte snikke agter in die motor.
By die hospitaal doen Wim navrae oor waar om Anette se pa te besoek.
Hulle word na die intensiewe eenheid geneem.
Anette skrik toe sy haar pa sien. Pypies is orals aan sy liggaam gekoppel. Dit voel vir Anette of sy in ʼn trans is, of sy in ʼn droom vasgekeer is.
Sy loop tot by die koppenent van die bed. Haar pa se oë fladder stadig oop. Hy fluister iets. Haar ma kom ook nou stadig nader na sy bed.
Anette hou haar oor by haar pa se mond.
“Anette… Vergewe … my … asseb…lief!?” Sy oë gaan weer stadig toe.
“Pa! asseblief, praat met my!” Praat Anette snikkend maar dringend met haar pa.
Weer fladder sy oë stadig oop.
“Ek … kan nie … gaan … voordat ek … jou … vergi …fnis … het nie … Anette. Jou ...ma s'n ook..”
Trane stroom oor Anette se wange.
“Ek het pappa al vanoggend vergewe.”
“Dankie..my kind.. ek is.. jammer!” rou snikke skeur deur die vertrek soos haar pa huil. Anette se ma kom nader en hou hom styf vas.
Hy kyk pleitend na Anette se ma.
“Ek vergewe jou…” Sê sy met ʼn swaar gemoed.
Sy oë fladder weer stadig toe. Met ʼn sagte amper onhoorbare stem fluister hy “dankie … ek … is … lief vir … julle. Jammer.. ek het julle ….. so seer...gemaak ”
Saggies blaas hy sy laaste asem uit.
Anette en haar ma omhels mekaar, en albei huil hulle harte uit…
Wim kom die kamer binne, en sien dat Anette se pa oorlede is. Hy gee hulle kans om afskeid te neem.
HOOFSTUK SES
Na die verassingsdiens drink Anette en haar ma koffie. Anette sien dat al hierdie slegte dinge wat gebeur het, haar ma ʼn lelike knou gegee het. Miskien moet sy en haar ma maar 'n rukkie weggaan, dalk vir 'n paar dae kus toe gaan. Maar sy weet haar ma is nie baie lief vir die see nie, dalk moet hulle maar Wildtuin toe gaan. Sy weet haar ouers het gereeld Wildtuin toe gegaan.
“Ma, sal ma 'n paar dae kan afvat by die werk? Dan kan ons dalk 'n bietjie Wildtuin toe gaan.” Haar ma kyk na haar met trane sigbaar in haar oë..... “Ek weet nie of ek nou kans sien vir die Wildtuin nie my kind... Jou pa en ek..” Sy bly stil.
“As ma nie kans sien nie, kan ons na enige ander plek toe gaan waar ma wil gaan. Tot haar verbasing sê haar ma sy sal graag see toe wil gaan.
“Is daar dalk 'n spesifieke plek waarheen ma wil gaan?”
“Ja my kind... ek wil jou pa se as oor die see gaan strooi. Dit was nog altyd jou pa se wens as hy die dag nie meer met ons is nie, dan moet ek sy as by die rotse gaan strooi waar hy so lief was om vis te vang.”
Anette sluk swaar aan die knop in haar keel as sy dink aan die tye wat hulle wel see toe gegaan het met vakansies. Daar was darem goeie tye ook wat sy van haar pa kan onthou. Sy weet hy was so lief vir sy visvang.... Hy het haar wel baie seergemaak, maar dis nou verby. Nou lê die lang pad van genesing vir haar en haar ma voor.
Wim wil niks daarvan weet dat Anette en haar ma alleen kus toe ry nie. “Anette ek sal baie graag saam met wil gaan. Dis glad nie veilig vir julle twee om so lang pad alleen te ry nie. Veral na alles wat met julle gebeur het nie. Ek sal nie in julle pad wees nie..... ek sal julle jul ruimte gee. Ek wil net daar wees vir jou..”
Anette glimlag vir Wim. “En wie het gesê ons gaan met die motor ry Wim... ons kan dalk besluit om te vlieg, en dan 'n motor by die kus te huur.”
“Dan vlieg ons as julle dit so wil hê Anette.” Glimlag hy terug vir haar.
Anette en haar ma is besig met reëlings tref voordat hulle see toe vertrek. Hulle het besluit dis beter om maar te vlieg en by die lughawe 'n motor te huur vir die tyd wat hulle daar sal wees. Anette is in die stilligheid baie bly Wim het aangebied om saam met hulle te gaan. Sy wil nie nou alleen wees nie... veral nie met haar ma nie. Sy weet haar ma is baie af, en somtyds kry sy haar ma waar sy net voor haar uitstaar...
Wim het klaar gepak, en hy laai Anette op. “Sjoe meisiekind, het jy vir 'n hele jaar gepak” spot hy haar.
“Ag Wim! My tassie is klein in vergelyking met jou tas! Lag sy toe hy die kattebak oopmaak. Hulle lag lekker saam, want eintlik is hulle tasse ewe groot. Wim stop voor haar ma se huis. Hulle stap tot by die deur, en haar ma maak die deur oop. Anette sien die donker kringe onder haar ma se oë, en haar hart pyn vir haar ma. Hulle groet mekaar, en Wim sluit die huis agter haar ma.
“Ek hoop nie tannie se tas is so groot soos tannie se dogter s'n nie! Sy het vir 'n hele maand gepak! Spot hy om die atmosfeer bietjie ligter te kry. “Nee wat, ek het maar 'n klein tassie Wim. Ons moet net hierdie as van die oom mooi vaspak sodat die houer nie breek nie...” Anette voel aardig om te dink haar pa se as... liggaam is saam met hulle in die motor. Hulle ry lughawe toe.
Haar ma is besonders stil... en Anette kan verstaan hoekom. Sy weet haar ma gaan die finale afskeid van haar pa by die see doen... Anette sit met gemengde gevoelens by die venster en uitkyk. Sy weet nie hoe sy moet voel nie. Sy het al so baie in haar kinderjare haar pa dood gewens.... en nou IS hy dood! Maar dit voel anders nou... nie soos die tyd toe sy hom dood gewens het nie. Toe hy haar liggaamlik seergemaak het, en deel van haar jeug heeltemal van haar ontneem het.
Toe was haar haat groot... Maar dit wat sy nou voel is jammerte. Jammerte vir haar arme moeder wat eers moes hoor haar eie man het haar dogter seksueel aangerand – gemolesteer, en nou sy dood. Sy weet nie eens van die geval van Gertjie nie. Sy het haar ma dit gespaar.
Wim soek vir hulle parkering waar hy sy motor kan stoor vir die paar dae wat hulle kus toe gaan.. Hy kry vir hulle 'n trollie en laai al die bagasie daarop.
“Anette, jy moet net onthou waar ons geparkeer het. Ek het al menigte kere my motor hier gesoek wanneer ek van kursusse af gekom het,” Anette lag vir hom.
“Toemaar, ons sal onthou waar jy geparkeer het. Ek is darem goed met sulke dinge.”
Hulle bagasie word geweeg en ingegee, en hulle gaan soek 'n plekkie om koffie te drink.
“Is julle lus om ietsie saam met die koffie te eet tannie?” vra Wim terwyl hy deur die spyskaart gaan. “Nie vir my nie, dankie Wim,” antwoord tannie Retha hom.
“Ek het vanoggend beskuit saam met my koffie geëet. Maar kry maar gerus vir Anette, sy is net vel en been.”
Anette kyk na haar ma, en lag toe sy die uitdrukking in haar ma se oë sien. “Ma! Ek is nie te maer nie... en ma weet mos ek wil graag my tweestuk op die strand aantrek..Dis mos al waar ons bietjie gaan kan sonbrand...” Hulle almal is nou in 'n ligter luim.
Hulle vlug word aangekondig, en hulle beweeg deur na die vliegtuig toe. Haar ma se sitplek is langs die vliegtuig venstertjie, dan sit Anette, en dan Wim.
Anette hou haar ma se haar hand vas toe die vliegtuig begin opstyg. Sy weet hoe bang haar ma vir vlieg is. Anette kyk skrams na haar ma, en sien sy het haar oë toegemaak, en lê agteroor in haar sitplek, sy is baie gespanne. Anette raak hartseer as sy dink hoe haar ma al hierdie dinge nou alleen moet verwerk. Haar pa was altyd daar om haar hand op die vliegtuig vas te hou. Of haar vriendin wat altyd op die werksessies saam met haar ma gereis het, het dit vir haar gedoen.
Nou begin 'n heeltemal nuwe lewe vir haar ma. Sy sal vir een moet leer kook.. alleen op 'n dubbelbed moet slaap... alleen inkopies moet gaan doen. En om alleen te wees, was nog nooit haar ma se sterkste punt nie. Sy sal haar ma maar gereeld gaan besoek. Na 'n rukkie land hulle in Durban, en Anette los haar ma se hand. “Nou kan moeder bietjie ontspan, ons het veilig geland.”
Anette se ma bloos liggies, maar laat gaan van Anette se hand.
Wim het intussentyd vir hulle 'n motor gaan kry, terwyl Anette en haar ma hulle bagasie gaan kry het.
“Anette, ek dink Wim is 'n baie oulike mannetjie. Hy het goeie maniere, en hy praat so mooi met my, maar ook met jou. Jy kan sien hy respekteer mense om hom.”
“Ja ma... hy is baie kosbaar vir my, veral die tyd toe al die lelike dinge aan die lug gekom het, was hy daar vir my...”
“Is jy lief vir hom my kind...”
Anette bly 'n oomblik stil. “'Ja ma, ek is lief vir Wim, en ek is regtig bly hy het aangebied om saam met ons te kom vir 'n paar dae. Retha gee haar dogter 'n drukkie, en hou haar so 'n entjie van haar af weg. “Ek is so bly jy kon iemand liefkry na alles wat met jou gebeur het my kind....”
Wim bel Anette op haar selfoon, en laat weet hy staan buite en wag vir hulle. Sy
en haar ma verlaat die lughawe gebou, en ontmoet Wim buite. Hy laai hulle bagasie, en hulle ry na hul bestemming.
Die see lyk soos 'n groot blou spieël. Daar is geen windjie wat waai nie.... dis 'n bedompige dag. Anette hulle kom by hulle bestemming aan. Hulle woonstel is reg op die strand, en mens kan die rotse sien waar haar pa altyd visgevang het. Hulle pak hulle bagasie uit, en gaan sit buite op die veranda. Gelukkig is daar genoeg koelte om hul koel te hou. Wim bring vir hul elkeen 'n glasie rooiwyn.... Anette wil dit eers weier, maar neem dit tog by Wim.
“Anette, om 'n glasie wyn te drink, beteken nie jy is 'n alkoholis nie. Jy weet mos waar om op te hou.” Anette se ma knik instemmend in.
“Wanneer wil ma die as gaan strooi...” vra Anette.
“Ag my kind, ons is vir 'n paar dae hier... ek sal maar nog besluit wanneer om dit te doen.”
“Ma... as ma alleen wil wees as ma dit doen, moet ma dit vir my sê... Dan sal ons op 'n afstand wees, maar ons sal hier wees vir ma..”
“Nee my kind, julle is welkom om dit saam met my te doen...” sê haar ma hartseer.
Anette wens so sy kan hierdie seer vir haar ma ligter maak.. maar sy weet ook dit vat tyd om te genees. “ Dis dan reg so moeks, ma kan maar net sê wanneer ma
reg is daarvoor.
Wim het hulle die aand na 'n lekker eetplekkie toe geneem, en hulle het heerlik gesmul aan die seekos wat daar bedien word. Die volgende môre vroeg het tannie Retha langs die strand gaan stap. Anette en Wim sit met hulle koppie koffie op die stoep en kyk na die groot dam voor hulle. Anette wonder hoeveel mense se as is al so in die see gestrooi..
“En wat dink jy so diep my meisiekind?” Anette wip soos sy skrik toe Wim so skielik hier langs haar praat. “Uhm... ag ek dink maar aan al die mense wat se as al hier gestrooi is... ek wonder maar net hoeveel mense doen dit met hulle geliefdes se as...”
“En jy Anette, wil jy ook eendag veras word, of hoe sal jy dit wil hê..” vra hy op 'n ernstige toon. “Ag ja wat Wim... ek dink dis beter om veras te word. Ons as gesin het dit al lankal bespreek toe my pa nog gelewe het. Ek het ook maar 'n spesifieke plekkie waar ek my as gestrooi wil hê” antwoord Anette.
“Dis goed as jy so besluit het Anette. Mens moet jou laaste wense respekteer. Waar sal jy jou as gestrooi wil hê Anette..”
“Ek sal jou nog gaan wys waar ek dit gedoen wil hê Wim... maar sê my eers wat sal jy graag wou hê met jou afsterwe. Verassing, of begrawe?” “Ek glo ook ek wil liewers verassing wil laat doen Anette... solank my as naby jou as gestrooi kan word..”
Anette glimlag hartseer na hom. “Laat ons nou van sulke diep dinge gesels. Dit maak mens skoon hartseer... Maar dis maar ons elkeen se paadjie wat ons moet
loop. Elke tree wat ons gee, is nader aan ons eie dood..”
Wim en Anette besluit om ook 'n entjie op die strand te gaan stap. “Onthou jou sonhoed Anette... die sonnetjie is al vroeg warm vanoggend. Dalk moet jy jou ma se sonhoed ook saam met jou vat, sou ons haar dalk raakloop.”
Anette vat haar ma se sonhoed, en hulle stap af strand toe. Sy geniet die sagte see sand onder haar voete, maar die water is bietjie te koud. Anette kyk oor die see, en haar blik val op die figuur wat op die rotse 'n entjie voor hulle sit. Sy kan sien dis haar ma wat daar sit...
“Wim... dink jy ons moet na my ma toe gaan, of moet ons haar maar alleen laat? Dalk het sy my nodig.”
Wim gaan sit op die sand en trek haar af saam met hom. “Nee, ek dink ons moet haar eers 'n bietjie alleen laat, maar ons sit hier en hou maar net 'n ogie oor haar.”
Wim trek die sonhoed deeglik oor Anette se kop, sodat sy skaars voor haar kan sien. “Wat doen jy Wim!!? Nou kan ek skaars oor die see uitkyk!” lag sy.
“Ek keer maar net dat my meisie se gesig bloedrooi brand in hierdie warm son” glimlag hy.
“Mmmm... jy sê jou meisie” grap sy terug. Jy moet my aan haar voorstel.”
Hy trek haar sonhoed nou heeltemal oor haar gesig, sodat sy niks voor haar kan sien nie. “Jy sukkel mos nou met my Anette!” Hulle altwee lag lekker toe sy sukkel om die hoed van haar kop af te kry.
Hy gaan sit voor haar en kyk ernstig in haar oë.... “Anette... sal jy my meisie wees.”
Anette glimlag vir hom.... ek het gedink ek is al lankal jou meisie Wim...” Hy trek haar nader aan hom, en soen haar saggies op haar lippe.
Na 'n rukkie sien hulle Anette se ma het opgestaan vanaf die rotse, en loop na hulle kant toe. Anette gee vir haar ma haar sonhoed. “Ma moet hom maar opsit. Ek sien ma se gesig is al bietjie rooi van hierdie warm sonnetjie.”
“Dankie my kind... ek gaan maar na die woonstel, dan maak ek vir ons ontbyt.” “Tannie hoef regtig nie moeite te doen nie, ons kan sommer ontbyt iewers gaan eet” stel Wim voor. “Dankie Wim, ek weet jy bedoel dit goed, maar ek is lus om julle bietjie te bederf.”
Retha was haar gesig toe sy by die woonstel aankom. Sy kyk in die spieël.... dit voel vir haar of sy tien jaar ouer geword het in 'n kwessie van 'n paar dae... Sy wil môre oggend haar man se as by die rotse gaan strooi, dan wil sy nie sommer weer na die plek toe kom nie. Vanoggend was al klaar teveel vir haar gewees. Sy weet haar man het sy foute gehad.... maar sy voel so verskriklik eensaam sonder hom.... Môre sal sy finaal afskeid van hom neem... maar gaan sy ooit vergeet wat hy aan sy dogter gedoen het, wonder sy hartseer.
Sy begin met die ontbyt, en 'n rukkie daarna kom Anette en Wim ook terug
woonstel toe.
“Mmm... iets ruik baie lekker!” Skimp Wim. Tannie Retha lag. “Ja, ek het al vergeet die seelug gee mens 'n lekker aptyt!” Anette dek vir hulle tafel buite op die stoepie, en Wim skink vir hulle lemoensap. Anette se ma het regtig moeite gedoen met ontbyt. Alles lyk smaaklik, en Wim lê weg in al die lekker kos.
Na ontbyt, sit hulle en koffie drink. “Anette.... ek het gedink om môre oggend vroeg, as die sonnetjie uitkom, jou pa se as te gaan strooi... Julle is baie welkom om saam te gaan, dis as julle wil.” Sê haar ma.
Daar is 'n rukkie stilte....
“Dis reg ma... ons, ek sal graag wil saamgaan.”
“As tannie nie omgee nie, sal ek graag by julle wil aansluit.
“Dis reg Wim, jy is meer as welkom om saam met ons rotse toe te gaan... ”
Hulle besluit om die dag bietjie rond te ry, en al die bekende plekkies weer op te soek waar hulle altyd heen gekom het met vakansie tye. Die aand voordat hulle gaan slaap, kom sit Anette se ma by haar op haar bed.
“Anette... ek sal graag môre na ons jou pa se as gestrooi het, wil huistoe gaan. Dis nie meer dieselfde hier sonder jou pa nie...”
“Dis goed so ma, ons het gedink ma kan dalk so voel, daarom het Wim vir ons vliegtuigkaartjies terug huistoe geboek vir môre middag...”
Retha glimlag dankbaar. “Dankie my kind.... dankie dat julle my hierheen gebring het. Ek weet nie wat ek sonder julle twee sou gedoen het nie.” Anette gaan lê met haar kop op haar ma se skoot. “Moeks moet onthou – ek sal ma nooit verwyt oor wat gebeur het nie. Dis alles van die verlede. Ons het mos gesê ons vergewe pa... en ma moet onthou ek sal altyd daar wees vir ma.”
Lank sit Retha en vryf oor Anette se hare. Sy luister na die see, en dink aan die goeie ou dae... die dae wat sy en Anette se pa so na die see sit en luister het. Weer pak die eensaamheid haar, en sy vee die trane wat vrylik oor haar wang loop, af. Sy besef dis 'n moeilike tyd wat vir haar voorlê... nie net vir haar nie, maar ook vir Anette. Sy is net so dankbaar dat Wim in hulle lewens is. Anette haal rustig asem, en Retha weet sy is vas aan die slaap. Sy sit die bedlampie af, en sit in die donker in en staar.....
“Ma... moeks!” roep Anette saggies.
Retha ruk soos sy skrik. “Wat is dit Anette!”
“Jammer ma, ek wou ma nie so laat skrik het nie... maar ma het hier op my bed aan die slaap geraak. Dis al amper dagbreek ma....”
Traag staan Retha vanaf Anette se bed op.
“Ek sal vir ons koffie gaan maak Anette, dan kan jy solank vir Wim wakker gaan maak...”
Anette kry haar ma so bitter jammer! Sy sien die trane se spore op haar ma se wange.... en weet dit gaan 'n baie hartseer dag wees vandag...
Saam stap die drie af na die rotse. Retha hou die houertjie met haar man se as styf teen haar vas. Hulle loop tot op die punt van die rotse. Dis laagwater, en die see is baie kalm.... so of die see asem ophou vir die seer van die gebroke vrou wat voor hom staan. Anette se ma maak die houertjie oop.... en net toe sy die as strooi, skyn die eerste strale oor die see... 'n seemeeu vlieg oor hulle, en 'n dolfyn spring reg voor Retha uit die seewater uit. Verbeel sy haar of het die dolfyn vir haar geglimlag....
“Rus sag my man... rus in vrede. Wag vir my.... want ons sal eendag weer ontmoet.” Anette kan haar trane nie meer bedwing nie, en huil saggies in Wim se arms.
Wim staan ook nader aan Anette se ma, en sit sy ander arm om haar skouer. Hy voel hoe sy saggies huil. Hy praat innerlik met Jesus en vra Hom om hierdie twee mensies te help genees van hulle seer... woorde is nou van min waarde.. daarom sê hy niks. Net die idee dat hy daar is vir hulle, is genoeg.
Vissermanne het ook nou op die rotse begin visvang, en steur hulle nie veel aan die drie nie. Hulle sien gereeld hoe mense se as hier gestrooi word. Vir hulle is dit niks nuuts meer nie...
Hulle klim van die rotse af, en loop terug na die woonstel. Niemand sê 'n woord nie. Wim voel net so hartseer oor alles wat gebeur het. Hy dink aan sy ouers wat so gelukkig getroud is. Hy wil Anette spoedig aan hulle gaan voorstel as hulle eers terug by die huis is. Anette en haar ma pak hulle tasse, en hul besluit om sommer op die lughawe iets te eet .... nie dat een van hulle regtig honger is nie.
Die vliegtuig styg op, en dit voel vir Retha of 'n stukkie van haar hart op die rotse daar ver onder hulle agter gebly het..
Wim is besig met sy eie gedagtes. Hy wou al lankal Anette se ouers gevra het of hy met haar kan trou.... en hy wonder of dit nou die regte tyd sal wees om dit te doen.
Hy sal maar al sy moed bymekaar skraap, en vir Anette se ma vra of hy met Anette kan trou. Dalk net so 'n paar dae wag todat alles net weer in plek val by die huis. Hy is regtig lief vir Anette, en wil juis nou daar vir haar wees. Sy moet nooit weer voel of sy alleen is nie.
HOOFSTUK SEWE
Terug by die huis is alles sommer deurmekaar. Anette wonder of sy nie maar vir 'n paar dae by haar ma moet gaan bly nie. Sy wil haar nie nou alleen los nie. Maar net die gedagte om weer in daardie huis te slaap, laat haar gril. Sy sal maar net verby al die dinge moet kyk, en haar ma bystaan. Haar ma dink daaraan om hulle huis te verkoop, en 'n plekkie nader aan Anette te kry. Dis darem een groot troos vir haar. Dis eintlik jammer, want haar ouerhuis is ruim en gerieflik.... maar dis waar dit stop. Sy self sal nooit weer daar kan woon nie, al moes sy die huis ge- erf het.
“Ma kan gou saam met my koshuis toe gaan, dan kry ek my motor en skoon klere. Ek sal graag 'n paar dae by ma wil kom bly.” Retha se gesig straal van dankbaarheid.
“Dankie my kind, jy hoef net 'n paar dae oor te bly.... ek sal spoedig gewoond raak aan die.... om alleen te wees. Jy kan nie jou hele lewe lank by my woon nie. Ek moet leer om weer my eie ding te doen..”
“As julle my nodig gaan kry, kan ek ook 'n paar dae kom oornag” glimlag Wim. Anette glimlag vir hom. “Jy is nou net weer te lui om vir jouself kos te maak meneertjie!”
“Nou hoe sou jy geraai het Anette..? Ek het mos nou alklaar 'n voorsmakie van jou ma se kos gehad.” Hy knipoog vir tannie Retha. Sy lag vir hom. “Jy kan Woensdagaand kom oornag Wim, dan kook ek vir ons 'n lekker ete..”
“Dankie tannie, ek sal so maak.
Wim laai Anette en haar ma by die koshuis af en help hulle met hul bagasie indra. “So ja. Dan sien ek jou môre middag vir koffie Anette? “Dis reg Wim, ek sal jou laat weet hoe laat ek klaar is met my klasse.”
“Wim.... baie dankie dat jy saam met ons was in hierdie afgelope tydjie. Dankie dat jy saam met ons afskeid geneem het van die oom daar op die rotse. Jy voel al klaar vir my soos die seun wat ek nog altyd wou gehad het...” Sy gee Wim 'n drukkie. “Dis 'n groot plesier my tannie. Onthou, ek is net 'n telefoonoproep ver as julle my nodig kry.”
Retha los die twee alleen om te groet. Wim loop na Anette toe en vou haar toe in sy arms. “Sjoe meisiekind, ek gaan jou mos baie mis vanaand.” “En ek vir jou my ou groot beer..” Hy glimlag vir haar, en soen haar nag.
Sy en haar ma kry gou Anette se klere, en ry terug na Anette se ouerhuis toe. Sy pak haar klere in haar ou kamer uit... Sy kyk rond in die kamer, en so baie spoke van die verlede vlieg verby haar geestesoog.
Later die aand sit sy en haar ma en gesels op die stoep.
“Ma, ek is so jammer oor alles! As ek net geweet het ek kon maar met iemand hieroor gepraat het.”
“Nee my kind, ek is netso skuldig soos jou pa. Ek moes jou vroeg al vertel het wat jy veronderstel was om te weet. Toe moes jy dit op die ergste moontlike manier uitvind.”
“Ma, toe ma na my koshuis toe gekom het daardie dag… hoe het ma geweet van al hierdie dinge?
Haar ma tuur in die verte in… “Jou pa het my die middag toe ek by die huis kom van jou ouma af …. alles vertel Anette. Hy het gesê jy was daar by die huis.
Ek moes so gou as moontlik na jou ouma toe gegaan, en vergeet om jou te laat weet ek gaan nie by die huis wees nie.... Jou pa wou dieselfde dag nog vir jou
gevra het om hom te vergewe oor dit wat hy alles aan jou gedoen het…”
Anette sit ʼn rukkie en peins. Haar ma frons. “Wat is dit my kind?”
“Ek het maar net gesit en wonder of ma nie een môre vroeg saam met my na die koshuis toe kan gaan nie...”
“Wat is dit wat jy vir my wil wys Anette...” vra haar ma versigtig.
Anette glimlag vir haar ma. “Niks om ma oor te bekommer nie, en as ek nou vir ma daarvan gaan vertel, wel, dan is dit nie meer dieselfde nie.”
“Dan maak ons so my kind, jy moet maar net laat weet wanneer ek saam met jou moet kom.” Retha is nie 'n nuuskierige mens nie, maar wonder tog wat dit is wat Anette in die mou voer.
Woensdag breek aan, en Retha het al vroeg die skaapboud in die oond gesteek. Sy het dit eers deeglik met knoffel gestop, en toe lekker met kruie, vars uit haar tuin gesmeer. Sy het die boud met olyfolie ingevryf. Die geure wat deur die huis trek, is watertand. Sy sit die pampoen op om te kook, en bewerk die geelrys. Die aartappels sit sy saam met die boud in die oond, sodat dit goudbruin kan bak. Laaste bak sy lekker bruinpoeding met vla sous. Anette kom van haar klas af, en toe sy by die deur inkom, begroet die heerlikste reuke haar!
Sy voel vir 'n oomlik tuis, en dink met heimwee aan die tye toe sy nog gelukkig was in hierdie huis. Toe haar pa nog vir haar stories vir haar gelees het met
slaaptyd.... hulle lekker skaapboud en groente op 'n Sondag geëet het... Sy staan vir 'n oomblik stil en wonder wat het so verkeerd geloop dat haar pa haar begin molesteer het... Sy sal sekerlik nooit weet hoekom nie...
“Sjoe moeks! Dit ruik en lyk te heerlik!” Sy soengroet haar ma wat besig is voor die stoof.
“Dankie my kind... Dis maar net om vir jou en Wim dankie te sê vir wat julle vir my beteken... en wat julle alles vir my gedoen het.”
“Ma sal maak dat Wim elke aand hier wil kom eet!” Anette druk haar vinger in die vla pot wat eenkant staan, en proe daaraan. “Mmm.... niemand kan vla soos my moeks maak nie.” Retha lag vir haar dogter. “Ek is bly jy dink so my kind!”
Anette weet nie dat Wim haar ma deur die week kom besoek het nie....
Anette en Retha sit op die stoep toe Wim voor die huis stop. Hy klim uit die motor, en lyk sommer aantreklik met die rooi hemp en denim broek wat hy aan het. Hy haal 'n bottel vonkelwyn en 'n mooi bos blomme uit die motor.
“Naand tannie Retha, hallo Anette.” Hy drukkie Anette se ma, en soen Anette op haar voorkop.
“En wat vier ons met die vonkelwyn” spot Anette.
“Ek hoor ons eet vanaand in 'n vyfster hotel Anette, daarom die vonkelwyn. En die blomme, dis vir die vrou wat die heeldag agter die kospotte gestaan het om ons magies vol te maak!”
Hy hou die bos blomme na Anette se ma toe uit.
“Baie dankie Wim, maar dit was nou regtig nie nodig gewees nie..” Anette glimlag toe sy die dankbaarheid op haar ma se gesig sien, en weet sommer Wim is die man vir haar.
Hulle stap in eetkamer toe en gaan sit by 'n mooi gedekte tafel. Wim maak keel skoon, en kyk na Anette se ma.
“Anette, ek het in die week met jou ma kom gesels...” Hy staan op van sy stoel af, en kom staan voor Anette. Hy trek haar op en kyk diep in haar oë. Dit voel of Anette se hart in haar ore klop! Kan dit wees!? Wonder sy opgewonde...
“Anette, ek staan voor jou, en nie op my knieë soos dit gebruiklik is om te doen nie. Die rede is dat ek wil hê jy moet altyd onthou dat ek vir jou sal opstaan, maak nie saak waar dit is nie. Sal jy met my trou Anette....”
Anette se ma vee 'n lastige traan van haar wang af. Sy is so bly Anette het so 'n dierbare man ontmoet. Sy weet sommer hy sal baie mooi na haar kyk.
“Ek sal graag met jou wil trou Wim...” antwoord Anette deur die trane. Wim haal die dosie met die verloofring uit sy sak, en steek dit aan haar vinger.
“Dis pragtig Wim!” Anette verkyk haar aan die vorm van die ring.. “Ek het dit spesiaal vir jou laat maak Anette..” Anette se ma staan langs hulle en wens hulle albei geluk. “Ek weet jy gaan mooi na my dogter kyk Wim, jy is 'n goeie mens.”
“Dankie vir die vertroue wat tante in my stel, ek sal mooi na Anette kyk.”
Wim maak die vonkelwyn oop, en skink hulle glase vol. Wim stel 'n heildronk in.....“Op my toekomstige bruid!”
Anette antwoord hom terug. “Op my toekomstige man!”
Hulle gaan sit weer aan, en geniet 'n heerlike ete.
Na ete sit hulle in die voorkamer en eet nagereg.
“Ek weet nie wanneer laas ek so lekker geëet het nie” sê Wim. “Baie dankie tannie Retha.
Dit laat my terug verlang na my ouerhuis. Ek wil juis by my ouers hoor wanneer dit hulle sal pas, dan kan ons vir 'n naweek na hulle toe gaan. Ek moet hulle gaan voorstel aan my toekomstige vrou...” glimlag hy breed. “Ek tannie moet asseblief saam met ons kom. My ouers is dierbare mense, en sal glad nie omgee om tannie ook daar te hê nie... die plaashuis is lekker ruim.”
“Wim dis dierbaar van jou om my ma saam te nooi. Jy moet by jou ouers hoor wanneer ons kan gaan kuier.”
“Dankie Wim, dit sal goed wees om jou ouers te ontmoet” antwoord Anette se ma.
Donderdagaand vra Anette haar ma of sy die volgende oggend saam met haar sal koshuis toe gaan.
“Dan maak ons so my kind” antwoord haar ma haar gedwee.
Stil dink Anette aan haar voorstel aan haar ma. Sy bid nou alreeds dat dit wat die Liewe Heer vir haar wat Anette is, gegee het, Hy dit ook vir haar moeder sal gee.
Genade onbeskryflik groot – vergifnis, en bevryding!
Vrydag oggend breek aan.... en Anette se ma is al vroeg op. Sy wonder waaroor Anette haar so vroeg by die koshuis wil sien. Sy loop badkamer toe, en tap vir haar badwater in. Sy sak weg in die heerlike warm borrelbad.
Retha ruk soos sy skrik toe haar foon langs haar lui. “Retha, goeie môre..” antwoord sy vinnig sonder om na die foon se skerm te kyk om te sien wie dit is.
“Môre my moeder! Ma al op en wakker?”
Retha glimlag. “Môre my meisiekind, ja ek bad net gou, dan is ek by jou.”
“Goed dan sien ek ma oor 'n rukkie..”
Retha frons toe sy uit die bad klim. Haar kind tree so snaaks op...
Retha stap haar ma tegemoet, en soengroet haar.
“Moeks darem lekker geslaap?” “Ja dankie my kind, is maar nog vreemd .... om so alleen te slaap, maar ek raak gewoond daaraan.”
Anette hak by haar ma in, en saam stap hul na die koshuis se tuin. “Anette, waarheen vat jy my nou..?” vra Retha onseker.
“Ma... ek wil ma vanoggend iets wys wat net die Here alleen aan my kon gegee het...” Retha volg gedwee haar dogter dieper die tuin in. Hulle stap na die verste hoek van die tuin, en Anette gaan sit op die bankie. Haar ma gaan sit langs haar. Retha voel die kalmte en rustigheid dadelik aan.
“Ma.... op hierdie bankie het ek 'n paar maande terug weer mens geword. Kon ek weer sien hoe groen die gras is, die sonbessies hoor sing.... die voёlgesange weer geniet...
Ek wil so graag hê ma moet vir 'n rukkie net ma se oё toemaak.... en net na alles rondom ma luister. Vergeet van alle ander dinge.... Praat met ons Skepper my dierbare moeder, en gee Hom al ma se seer.” Anette merk die traan wat oor haar ma se wang loop, en voel so jammer vir haar! Retha voel die knop in haar keel, en kan nie 'n woord uitkry nie. “Ek sal 'n entjie gaan stap, as ma dit so wil hê..”
“Nee my kind, bly asseblief net hier by my, ek wil nie nou alleen wees nie!” sê sy tussen deur haar trane deur. Anette voel die trane agter haar ooglede brand, maar weet sy moet nou eers sterk wees vir haar ma. “Ek is hier vir ma.....” Sy gee vir haar ma 'n sneesdoekie.
Retha wonder hoe haar kind geweet het dat sy hierdie afsondering so nodig gehad het. Sy wou al lankal stil geword het voor haar Skepper, Hy wat weet van almal se seerkry. Sy wou al in haar eie tuin gaan sit en stil word het, maar hier – hier is dit so anders.... 'n kalmte sak oor haar toe sy weereens haar oë toemaak. Sy luister na die sonbessies en die voёltjies wat so vrolik sing. Retha praat met haar Skepper... trane stroom oor haar wange, en Anette sit haar arm om haar ma se skouer. Retha snik hard, en Anette voel hoe haar eie trane ook nou loop. Sy huil vir haar ma se seerkry.... nie vir die dinge wat verby is nie. Sy kan net nie haar ma so seer sien nie!
Na 'n rukkie word Retha rustig. Sy maak haar oë stadig oop. Retha is so geweldig bly om haar dogter hier langs haar te hê. “Anette.... baie dankie my kind... dankie jy het my gehelp om gemoedsrus te kry.
Ek kon my hart uitpraat voor ons Here... ek het myself en jou pa vergewe vir dit wat ons aan jou gedoen het... Anette, kan jy dit in jou hart vind om my ook te vergewe..?”
“Ma!!” roep Anette ontsteld uit.
“Ma het mos niks verkeerd gedoen nie.... ma was mos maar net baie van die huis af weg.”
“Dis juis my kind, ek moes die gevaartekens raakgesien het, maar ek was te besig met my eie lewe. Toe jy by jou ouma wou gaan bly het - toe ek weereens op een van my werksessies gegaan het – toe moes ek al geweet het iets is nie pluis nie. Jy het op 'n stadium so baie gewig verloor!!” haar ma snik en kan nie 'n woord verder uitkry nie. Die hartseer druk te swaar op haar hart.
“My liefste, liefste moeder! Dis alles nou verby, en die lewe gaan aan ma.”
“Anette.... ek het myself nou vergewe, en vergifnis by Jesus gekry... sal jy asseblief net sê jy vergewe my ook..?”
“Ma... ek het die dag toe ek op hierdie bankie alleen gesit het met my hartseer voor Jesus, pa vergewe..... ek het ook ma vergewe..Nie dat dit nodig was om ma te vergewe nie, want ma het mos nie geweet wat aangaan nie..”
“Dankie my dierbare kind! Nou kan ek weer asem haal... vergifnis maak mens vry...”
“Ma... dink ma nie ook hierdie tuin doen wondere aan 'n mens se siel nie...?”
“Ja my kind, ek ervaar vrede, ek het lanklaas so lig gevoel.... en verlig dat ons oor hierdie dinge kon gesels het,”
Anette glimlag vir haar ma.
“Ma... ma weet ons moet nogsteeds vir berading gaan.”
“Ja my kind, ek weet nou dis nodig om aan te gaan met berading..”
HOOFSTUK AGT
Anette en haar ma besoek gereeld hulle berader, en dinge begin in plek val vir ma en dogter. Anette is so dankbaar daarvoor. Dis nou al 'n paar maande en 'n hele klomp beradings sessies agter die rug, en sy kan voel daar is 'n groot verandering in haar eie lewe. Sy kan ook sien haar ma lyk weer lus vir die lewe.
Anette en Wim sit by 'n koffiewinkel en drink koffie. “Wim, kan jy al 'n verandering by my ma sien na al die beradings sessies wat sy al gedoen het? Daar volg 'n stilte.... “Ja Anette, ek kan die verandering by jou en jou ma duidelik sien, maar jy weet julle kan nie nou net stop met die sessies nie..”
“O nee Wim, ons het nog 'n paar sessies om by te woon, en ek maak seker dat ons nie een van die sessies misloop nie, en ek is so bly ek het my ma na die tuin by ons koshuis geneem. Al het sy baie gehuil, het sy haar hart voor Jesus skoongemaak.”
“Ja my engel, ek is bly jy het jou ma na die tuin toe geneem. As daardie tuinbankie kon praat....”
Anette voel gelukkig. Sy en haar ma het op die selfde plek in die koshuis se tuin ontslae geraak van hulle verlede.
“God is goed vir ons Wim” sê Anette met ‘n gelukkige glimlaggie om haar mondhoeke.
“Anette, het jy werklikwaar jou ma en pa vergewe vir dit wat hulle aan jou gedoen het? Want dit vat baie moed om dit te kan doen... ek bewonder jou regtig.”
“Wim, kom ek sê vir jou – om te vergewe is nie altyd maklik nie, maar ek het albei my ouers vergewe, veral my pa vir dit wat hy aan my gedoen het. En die feit dat hy vir my jammer gesê het, beteken vir my baie. Aan die anderkant, my ma het nie deel gehad aan sy bose dade nie... Daarom was dit veel makliker om my ma te vergewe vir die tye wat sy nie by die huis was nie. En sy het my bloot nie ingelig oor die feite van die lewe nie. Dis 'n baie belangrike deel van ouerskap, om jou kinders in te lig oor al hierdie nare dinge wat met hulle kan gebeur. Baie mense sê mos, om te vergewe is maklik, maar vergeet, nooit nie... Maar ek werk daaraan.”
Wim is besig met sy eie gedagtes. Hy weet van die hel wat sy in die begin van die beradingsessies moes deurmaak. Sy het aangedring dat hy by van die sessies sal insit, en sy hart het gebreek toe hy moes aanhoor wat haar pa alles met haar aangevang het. En haar nog laat glo het dit was haar eie skuld!! Dan haar te verkrag vir die 'foute' wat sy kamstig in die lewe gemaak het. Hy onthou hoe die woede in hom opgestoot het, en homself moes bedwing om nie sy vuis deur die muur te slaan nie. Wim voel hoe sy hartklop vinniger word, en kry warm.
“Wim, wat is verkeerd, jy lyk so kwaad! Ek..ons moenie oor hierdie dinge praat as dit jou so ontstel nie..” sê sy afgehaal.
Wim haal diep asem, en glimlag vir haar. “Alles is in orde Anette, dis net moeilik om te dink die vrou wat ek so liefhet, moes deur al die dinge in haar lewe gegaan het, en nee, ons MOET oor hierdie dinge praat. Dit moet uit jou sisteem.”
Wim besef maar alte goed hy sal ook hierdie dinge wat met Anette gebeur het, self moet verwerk. Hy kan nie elke keer so ontsteld raak as sy oor haar verlede praat nie. Hy wil haar in elke opsig bystaan.
“Ek het jou nog nie vertel nie Wim, my ma het 'n mansvriend ... hulle het mekaar op die internet ontmoet. Blykbaar een of ander internet kletskamer.”
Wim kyk haar verslae aan.
“Jou ma is dan so 'n skaam persoon Anette, ek het nooit kon dink dat sy op so 'n manier iemand sou ontmoet het nie.”
“Nee Wim, hulle het mekaar nog nie fisies ontmoet nie, gesels blykbaar net oor die foon, en dan op die internet.”
“Jou ma sal baie versigtig moet wees Anette, mens weet niks van so 'n persoon af nie. Veral as mens kyk hoe mans weduwees onbeskaamd besteel en bedrieg.”
Hy lyk nou erg bekommerd, so dat Anette begin lag.
“My ma sal nooit iets doms doen nie Wim! Sy sal hom eers mooi leer ken voordat sy sommer met hom sal uitgaan op 'n ontmoeting. Sy het alreeds vir my gesê dis te vinnig na my pa se dood, en sy wil nie nou al in 'n verhouding betrokke raak nie. My pa is nou maar net ʼn paar maande terug oorlede...”
Wim glimlag. “Ja, amper onderskat ek jou ma... ek weet sy sal versigtig wees.”
Hy roep die kelner nader, en bestel nog koffie. Hy bestel 'n stuk kaaskoek by die koffie. “Nee dankie Wim, nie vir my nie.” keer sy vinnig. “Goed dan, dan bestel ons net een stukkie koek, maar jy deel hom saam met my.”
Sy wil nog protesteer, maar Wim druk saggies sy vinger op haar mond. “Ons lewe net eenkeer my skat, kom ons geniet die stukkie koek saam.”
“En dit sal jou nie vet maak nie,” glimag hy speels vir haar. “Jy eet mos soos 'n voëltjie. Pik 'n bietjie hier, en pik 'n bietjie daar..”
“Is nie Wim! Jy weet ek eet regtig baie die dag as ek wil..”
Die kaaskoek word voor hom neergesit, met twee koekvurkies. Hy skep 'n stukkie van die koek en hou dit uit na haar mond. “Maak groot oop vir oom dokter!”
Anette lag so dat sy skaars haar mond kan oophou.
“Daars hy!” roep hy uit. “Dit was mos nou lekker Anette...”
“Ja dankie Wim, maar ek sal nou self verder eet.”
Terwyl hulle eet, gesels hulle oor Anette se ma.
“Miskien moet ons bietjie by my huis braai Anette, dan nooi ons jou ma en haar nuwe vriend ook oor. Dis ideale geleendheid om hom te ontmoet.”
“Dis 'n puik voorstel Wim, ek sal net eers by my ma moet hoor wanneer dit vir hulle geleë is. Ek het mos genoem hulle het mekaar nog nie persoonlik ontmoet nie.”
“Dan is dit nou die tyd om hom oor te nooi Anette. Dan kan ons sommer self sien watter tipe persoon hy is.”
Anette lag. “Jy is baie bekommerd oor my ma Wim, sy is mooi groot en kan na haarself omsien.”
“Verkies jy dat sy op haar eerste aand met die man uitgaan en ons weet niks van hom af nie Anette? Hy kan.... enige iemand wees. Ons weet nie eens wat sy van is nie, of watter tipe werk hy doen nie. Inteendeel, ons weet niks van hom af nie. Sê nou maar net hy verdwyn met jou ma, of iets van daardie aard?”
Anette hoor die erns in sy stem, en besef hy is werklik bekommerd oor haar ma. Sy voel sleg omdat sy alles so ligterlik opgeneem het.
“Dis waar Wim, ons moet probeer om hulle eerste afspraak so te laat gebeur dat hulle nie alleen is nie. Ek sal gou my ma bel en hoor of hulle die naweek wil braai.”
Anette bel haar ma, maar haar foon bly beset.
“Ek wonder met wie praat my ma so lank op die foon... ek het nou al 'n paar keer gebel, sonder sukses.
Sy probeer weer, en haar ma se foon lui...
“Hallo my kind..”
Hallo moeks, sjoe, ons het nou amper na ma toe gery om te sien of alles reg is met ma. Ek bel en bel, maar ma se foon is knaend beset.” Retha lag verleë.
“Uhm... dit was oom Dirk wat gebel het... ek het al hoeka vir hom gesê om nie so lank op die foon te kuier nie. Ek wil nie eens weet wat sy foon rekening in 'n maand is nie.”
“Ma... ma hoef regtig nie te verduidelik nie. Ek is net dankbaar daar is iemand in ma se lewe wat die eensaamheid bietjie verlig.”
Daar heers 'n rukkie stilte – want nie een weet wat om hierop te antwoord nie...
“Uhm” breek Retha die stilte.. “Wim het gevra of ma en oom Dirk nie die naweek by sy huis wil kom braai nie. Dan kan ons sommer ook die oom ontmoet.”
“Sjoe my kind, ek weet darem maar nie. Ek het homself nog nie eens persoonlik self ontmoet nie. Dalk hou julle nie van hom nie...”
“Nee ma, dit gaan nie daaroor of ons van hom hou nie, dis immers ma se geluk wat op die spel is. Ons het maar net gedink dit sal makliker vir ma wees as julle mekaar so tussen... kennisse kan ontmoet. Dalk gaan ma net meer op ma se gemak wees en....” Sy bly vir 'n oomblik stil. “En wat Anette?”
“Ag ma, ons is maar net bekommerd, want ons weet niks van die man af nie. Sê nou maar net hy doen ma leed aan of so iets?”
Retha dink 'n rukkie na.
“Ek sal jou laat weet my kind...”
“Praat dan maar eers met oom Dirk, en hoor of die naweek vir julle reg sal wees.
Sal ma my asseblief laat weet?”
“Ek maak so my kind, ek sal by hom hoor.”
Hulle gesels nog so 'n rukkie toe Anette aflui.
“Wim... my ma is bang en so onseker! Ek kry haar so jammer... Sy dink dis nog te vroeg om oom Dirk nou al te ontmoet. Maar ek het vir haar gesê hoe gouer sy hom ontmoet, hoe beter. Anders gesels sy met 'n totale vreemdeling op die internet wat sy van geen kant af ken nie, en nie weet watter tipe mens hy regtig het nie..”
“Mmm.. ek stem saam Anette, hoe gouer ons hom ontmoet, hoe beter. Jou ma is al deur diep waters, sy het nie nou iemand nodig wat haar gaan leed aandoen nie.”
“Dan braai ons die naweek by jou my skat. Ek sal 'n paar slaaie maak.”
“Dis reg, dankie Anette, jy kan die slaaie maak en ek sal die vleis kry. Ons moet net by jou ma hoor wat oom Dirk drink sodat ek dit kan aankoop.”
Wim vra vir die rekening, en hulle stap die koffiewinkel uit.
“Ek sien nogals daarna uit om die oom Dirk te ontmoet Wim. Ek hoop regtigwaar nie hy is die tipe wat my ma gaan seermaak nie.”
“Ja Anette, so is die lewe. Ek dink dis veral moeilik vir jou ma om weer in 'n verhouding te moet gaan na 'n lang getroude lewe. Sy was so gewoond aan jou pa se manier van dink en doen. Nou kom 'n totale vreemdeling, en sy moet van vooraf weer die persoon leer ken.”
“Ek wonder of die oom enige kinders het.. of hy geskei of wewenaar is..” peins Anette.
“Ek sien 'n ding kom Anette! Wil jy weet of die oom dalk 'n oulike seun het of wat?”
Anette lag vir hom. “Is jy nou laf! Ek het jou lief, en sal jou vir niks in hierdie wêreld verruil nie.!”
Wim glimlag so mooi dat jy die kuiltjies diep in sy wange kan sien. “Ek is ook lief vir jou Anette – jy is my droomvrou.”
Oppad koshuis toe maak hulle planne vir die aand. Hulle besluit om tuis te bly en DVD’S te kyk.
HOOFSTUK NEGE
Retha is half op haar senuwees. Sy sal Dirk moet ontmoet voordat sy hom aan die kinders voorstel.... maar hy is nog nie geskei nie!
Sy en Anette het nou al 'n paar maande die pad met 'n geestelike berader gestap, en sy voel al heelwat beter oor haar verlede. Sy weet ook Anette maak goeie vordering.
Sy wil nie nou alles loop omver gooi nie...
Sy aarsel nog 'n rukkie... en wonder weereens of sy die regte ding doen...... sy druk die enter knoppie, sonder om weer daaroor na te dink. Sy wag 'n rukkie, en glimlag skamerig toe daar 'n boodskap vir haar deurkom. Hy gesels so lekker met haar, en sy hou sommer baie van hom.
Retha het na die foto's gekyk wat hy vir haar gestuur het, en hy is nogals aantreklik.
Hulle gesels lekker, en kort voor lank vergeet Retha van die tyd. Dis al laat skemer toe sy opstaan om vir haar 'n koppie tee te gaan maak.
“Hallo....... waar het jy nou heen verdwyn!!”
Sy hoor die boodskappie deurkom vanaf die kombuis waar sy staan en tee maak, en haas haar terug na die rekenaar.
“Ek is net gou besig om vir my tee te maak, ek is nou weer by jou.”
“Maak maar 'n ekstra koppie vir my ook..” kom die volgende boodskappie deur.
Retha glimlag as sy aan die man dink wat haar so besig hou op die rekenaar. Sy doen mos niks verkeerd nie. Die man het gesê hy en sy vrou is vervreemd van mekaar, en gaan binnekort skei. Hoekom sal sy dan nou bekommerd wees? .. sy is maar net eensaam nadat haar man oorlede is.
“Hallo, ek is terug Dirk..”
“Sjoe, ek het gedink jy wil nie verder met my gesels nie..”
“Nou hoekom sal ek dit wil doen Dirk, ons gesels dan so lekker.”
Hy maak 'n glimlag gesiggie vir haar, en gesels verder.
“Dirk, wanneer is jou egskeiding afgehandel.? Ek wil nie die ander vrou wees wat jou huwelik opgebreek het nie...”
“Retha, ek het jou mos gesê ons is al lankal nie meer saam nie. Die egskeiding sal seker so oor 'n maand afgehandel wees. Sulke goed vat mos maar tyd. En sy en ek was al lankal van mekaar vervreemd. .. jy was nog nie eens in die prentjie gewees toe ons uitmekaar is nie, en ek en jy gesels nou al ʼn hele ruk op die internet..”
Daar heers 'n rukkie van stilte.
“Retha, wanneer kan ek jou ontmoet..?”
“Dirk.., ek wou jou eers na jou egskeiding ontmoet het, maar my dogter wil jou ontmoet – die naweek al. Hulle het ons genooi vir 'n braai by my aanstaande skoonseun se huis...Maar, hulle weet nie jy is nog nie geskei nie... kan ons dit so hou asseblief? Hulle moet dink jy is geskei.”
“Dit sal lekker wees om jou dogter en almal te ontmoet Retha...en nee, ek sal nie vir hulle die waarheid vertel nie.”
“Dankie Dirk, ek waardeer dit..”
“Dirk.... kan ons nie in die week ontmoet en ietsie gaan eet nie. Dan gaan dit nie so moeilik wees as wat ons Saterdag vir die eerste keer ontmoet nie..”
“Dis in die haak Retha.. ek verkies dit ook om jou eers voor die tyd te sien.”
“Is jy bang jy word teleurgestel Dirk..” vra sy met 'n glimlag.
“O nee Retha, ek glo nie ek kan in jou teleurgestel word nie.. jou stem klink soos 'n engel op die foon, en ek glo ook jy is 'n engel in lewende lywe...”
Hulle spreek af wanneer om te ontmoet, en Retha voel soos 'n skooldogtertjie
wat vir die eerste keer op 'n eerste afspraak uitgaan!
Retha sit voor haar spieëltafel.
Sy het nie vir die kinders gesê sy ontmoet vanaand vir Dirk nie. Sy wil hom eers ontmoet voordat sy hom aan haar kinders voorstel.... sy wil haar nie skaam as sy hom Saterdag na Wim se huis toe neem nie.
Haar gedagtes gaan terug na die dag wat sy Dirk in die een kletskamer ontmoet het.
Hulle het ure aanmekaar met mekaar gesels. Dit voel eintlik vir haar of sy hom al so goed ken. Sy sit sorgvuldig haar grimering aan. Retha vat 'n slukkie water, haar keel voel skielik droog.
Sy besef sy is maar 'n bietjie skrikkerig om vanaand alleen met die man uit te gaan... maar hoe anders moet sy maak? Duisende ander vrouens moet dit doen, wat maak haar nou die uitsondering..
“Ek sal hierdie aand oorleef,” sê sy vir haar beeld wat terugkyk uit die spieёl.
Maar vyf minute het skaars verby gegaan, of sy begin weer te twyfel... moet sy maar nie die afspraak kanselleer nie? Sy sit vir 'n rukkie met haar foon in haar hand, gereed om Dirk te bel. Of dalk moet sy net haar meisiekind laat weet sy gaan uit vir die aand..
Sy is nie seker wat sy moet doen nie. Hulle gesels al so lank met mekaar, maar om hom van aangesig tot aangesig te ontmoet, is mos maar anders as net gesels op die internet. Sê nou maar hy is nie wat hy homself voorgee om te wees nie.? Sê nou maar... “Nee!” raak sy hardop met haarself.
“Wie nie waag nie, sal nie wen nie!” Sy besef sy sal nooit weet hoe dit was voordat sy dit nie probeer het nie. Retha kyk op haar horlosie, net toe is daar 'n klop aan haar voordeur.
Retha voel gespanne, en haar maag gee ʼn draai! Sy stap na die voordeur, en maak die deur oop.
Voor haar staan 'n korterige man – ligte hare en blou oë met 'n glimlag op sy gesig.
“Retha?”
“Naand Dirk.”
Hy hou 'n bos blomme na haar uit.
“Dankie Dirk...” glimlag sy. “Kom gerus binne.”
Hy stap tot in die sitkamer en Retha wys hom om te gaan sit.
“Dankie... Sjoe Retha, jy is mooi op jou foto's... maar om jou so voor my te sien staan... jy is 'n pragtige beeldskone vrou.”
Retha voel hoe sy bloos.
“Dankie vir die kompliment en die blomme Dirk... ek wil net gou die blomme in 'n vaas gaan sit.”
“Jy het 'n pragtige huis Retha.. bietjie groot vir een persoon om in te woon..”
“Dankie Dirk.. ek het al daaraan gedink om die plek te verkoop. Dit is te groot vir my. Maar, ek weet nie of ek sommer sal verkoop nie. Verskoon my gou..”
Maar Dirk gaan sit nie, en volg haar na die kombuis waar sy 'n vaas vir die blomme uithaal. Sy rangskik die blomme vinnig en sit dit op die eetkamertafel.
“Wil jy iets drink voordat ons gaan eet Dirk? Ek het sap in die yskas, of wil jy eerder 'n koppie koffie drink?
“Um... het jy nie ietsie sterkers as dit nie Retha?”
“Jammer Dirk, ek het net die wyn wat ek mee kook.. ek het glad nie ander drank in die huis nie. Ek glo nie jy wil die wyn drink waarmee ek kook nie?”
Sy sien hy aarsel 'n bietjie...
“Nee wat, kom ons ry dan maar. Ek sal iets by die restaurant drink.”
“Goed.. ek kry net gou my handsak, dan kan ons maar ry.
Dirk bly in die eetkamer agter. Hy verkyk hom aan al die pragtige meubels in die vertrek. Hy wonder hoe die res van die huis moet lyk as net een vertrek so lyk...
Retha loop na die voordeur en wag vir Dirk om uit te loop. Sy sit die alarm aan, en sluit die deur agter haar.
“Gee jy om as ons met jou motor ry Retha... my motor maak 'n baie snaakse geluid. Wil hom môre reeds invat laat hulle na hom vir my kyk.
“Dis in die hak Dirk. Hier is die sleutels... bestuur jy sommer.”
Sy maak die motorhuis oop, en Dirk verkyk hom alweer aan alles wat in die motorhuis staan. Hy sien nog 'n motor en wonder wie s'n dit kan wees. Hy sien ook die sleepwaentjie en 'n vierwiel wat toe gegooi is onder 'n seil.
Hy trek die motor uit die motorhuis, en Retha wag dat hy vir haar die deur moet oopmaak... maar hy maak die deur sommer so van binne af vir haar oop.
Sy is bietjie uit die veld geslaan, maar klim in. “Les nommer een” dink sy by haarself – moenie sommer net verwag 'n man gaan vir jou die motor se deur oopmaak nie...
Hulle ry in 'n ongemaklike stilte. Sy weet nie wat om vir die man te sê nie! Sy is so gewoond aan haar man wat maar altyd die motor bestuur het, dat sy skoon hartseer raak om te sien daar sit 'n ander man agter die stuur..Sy is ook gewoond sy en Dirk gesels oor die internet... maar so naby mekaar.... dit voel so eienaardig!
Dirk onderbreek die stilte.
“Ek het nou nie vir ons plek bespreek nie Retha, ons kan sekerlik na enige plekkie toe gaan om iets te eet. Sommer 'n braai restaurant, as dit reg is met jou?”
Hy loer na haar kant toe, en kom agter sy is baie stil.
“Is iets fout Retha?
“Nee, Dirk niks is verkeerd nie. Ons kan by enige plek eet."
Hy begin gesels, en spoedig gesels hulle lekker saam.
Dirk stop voor die braai restaurant en sluit die motor af.
Retha besluit maar om nie vir hom te wag om die deur oop te maak nie, en klim self uit... sy besef sy moet ophou lewe in die verlede. Sy kan nie Dirk met haar oorlede man vergelyk nie.
Hulle stap by die eetplekkie in, en Dirk is al klaar bekommerd dat hy dalk nie genoeg geld gaan hê om vir die ete te betaal nie. Hy wil haar graag beïndruk, maar wat gemaak as die geld maar skraps is.
Hulle gaan sit teenoor mekaar by die tafel.
“So ja Retha, nou kan ons mekaar 'n bietjie beter leer ken.. wil jy iets drink saam met jou ete?”
Jong, ek wil net eers sien wat ek wil eet, dan sal ek daarvolgens bestel.”
Dirk besef hy het hier te doen met 'n 'dame' en sal mooi in sy spore moet trap...
“Goed dan, gee jy om as ek vir my 'n bier bestel voor ete?”
“Nee glad nie Dirk, ek self drink glad nie bier nie, eerder 'n glasie wyn.”
Die kelner kom neem hul bestelling, en Dirk bestel vir hom 'n bier en vir haar 'n glasie wit wyn. Retha wil nog keer, dog die kelner het klaar geloop.
“Dirk, ek hou nie van witwyn nie..... ek verkies rooiwyn.... en ek wil nie regtig iets voor ete drink nie.”
“Ag jammer Retha, maar toemaar, ek sal jou wyn drink as jy dit nie wil hê nie..” glimlag hy vir haar. “Kom ek vra jou so Retha, waarvan hou jy om te drink – dis nou alkoholiese drankies.”
“Ek is nie mal oor alkohol nie Dirk, ek verkies om eerder koeldrank of sap te drink..”
“Wat!! drink jy nie eens 'n lekker Sjerrie in die winter nie Retha! Daar is niks wat jou liggaam so vinnig warm maak in die winter as 'n lekker glas sjerrie nie.”
Retha kyk na haar hande.. en is vir 'n oomblik stil. Sy kan onthou hoe haar oorle man oor naweke gedrink het, en sy het elke oomblik daarvan gehaat.
“Ek het baie lanklaas regtig sjerrie gedrink Dirk. Maar ek het daarteen besluit om dit weer te drink. Dit gee my net kopseer.”
En jy Dirk, geniet jy darem af en toe 'n bier?”
“Ja wel, naweke geniet ek my drankie saam met my rugby en braai. Ons is maar
altyd 'n paar pelle wat saam kuier op 'n naweek. Maar ek is darem nie 'n alkoholis nie” glimlag hy vir haar.
Die kelner bring hulle bestelling, en Dirk keer hom voordat hy loop. “Bring asseblief vir my 'n glasie sjerrie saam met die ete. Retha, sal ek vir jou ook een bestel?”
“Ek sal graag 'n glasie rooiwyn drink, dankie."
Die kelner kyk fronsend na Dirk, want hy weet nie wat om met die glas witwyn te maak nie.
Dirk glimlag vir die kelner. Sit maar net die glas wyn hier by my neer, dan bring jy vir ons 'n glasie rooiwyn, asseblief."
"Nee wag nou Dirk, laat ek nou eers kyk watter rooiwyn beskikbaar is."
Retha gaan deur die spyskaart, en bestel vir haar rooiwyn.
“Vertel my bietjie meer oor jouself Dirk. Ek weet ons het baie oor die internet gesels, maar nou kan ons alles breedvoerig bespreek..” glimlag sy vir hom. “Kom ons begin by jouself... hoe lank is jy en jou vrou nou van mekaar vervreemd Dirk?
Dirk neem 'n slukkie van sy bier.
“Dit gaan nou in vir die sesde maand Retha... ons kinders is gelukkig al groot, en uit die huis.
Hy bly vir 'n rukkie stil. Hy sal maar nie vir haar vertel van sy eerste huwelik nie, want dis waaruit die kinders gebore is. Sy tweede huwelik is kinderloos..
“Uhm... Dirk .. as jy nie hieroor wil praat nie, dan kan ons oor iets anders gesels.”
“Nee Retha, dit pla my nie om oor my mislukte huwelik te praat nie. My vrou het my in elkgeval nie goed behandel nie. Ek het altyd soos 'n vloerlap gevoel... ek kon nie meer haar beskuldigings vat nie... sy het my alewig uitgeskel dat ek op haar verneuk, wat ek nie gedoen het nie.”
“Ek is so jammer Dirk! Ek glo nie dit kon maklik in so 'n huwelik gewees het nie... Maar gelukkig kan jy nou weer met jou lewe aangaan. Van vooraf begin, en die seer van die lewe probeer vergeet.”
Hy glimlag vir haar.
“Net as jy my help om van die verlede te vergeet Retha...”
Sy glimlag vir hom, en haar hart voel sommer so lig en.... die vlinders in haar maag wil maar net nie bedaar nie.
“Enige tyd Dirk.... jou egskeiding moet nou net deurkom, want op hierdie oomblik voel ek baie skuldig om met jou uit te gaan. Dit voel nie reg nie, want ek weet jy is eintlik nog getroud.”
“Maar Retha, jy hoef nie so te voel nie.. ek het mos gesê ek gaan van haar skei.”
Retha frons. “Dirk, wanneer het jy haar gedagvaar vir 'n egskeiding?”
Dirk huiwer vir 'n oomblik....
“Kom ek wees nou eerlik met jou, want ek wil hê ons verhouding...uhm vriendskap moet van die begin af sonder leuns wees. Ek het vir haar gesê ek wil 'n egskeiding hê, maar het nog nie die egskeiding begin nie.. maar, asseblief! Moenie nou vir my kwaad wees nie. Ek belowe ek sal môre oggend eerste ding die prokureur gaan sien, en die egskeiding begin!”
Retha voel hoe die bloed haar gesig verlaat!
“Dirk! Hoe kon jy so vir my gelieg het! Ek voel soos 'n goedkoop vrou... Die ander vrou!”
“Nee, dis glad nie so nie Retha! Ek en my vrou is regtigwaar al lankal nie meer bymekaar nie. Jy kan maar kom kyk waar ek woon, en jy kan al my vriende vra. Daar is geen ander vrou in my lewe nie.” Dirk hoop van harte sy besluit nie om te gaan kyk waar hy bly nie, aangesien hy nog by sy vrou bly!
Dirk voel soos 'n hond, maar hy wil haar nie verloor nie. Hy weet daar kan mooi dinge uit hierdie vriendskap kom..... Hy het immers gesien wat hy wou. Hy het gesien wat in haar motorhuis staan, en hy weet sy is kwesbaar, want sy is eensaam. Hy weet ook haar man is oorlede, en hy wat Dirk is, sukkel om 'n werk te hou..... maar dit hoef Retha nie te weet nie.
“Dirk... ek dink nie dis reg dat jy saam met my na my kinders toe gaan nie... ek sal nooit op my gemak wees voordat ek nie jou egskeidings brief sien nie.”
Die kelner bring hulle ete, en dis stil tussen hulle.
Dirk onderbreek die stilte.
'Retha, wees nou redelik. Ons ontmoet mekaar nou vanaand vir die eerste keer, en ons is mos nou openlik met mekaar. Dis hoekom ek hierdie dinge met jou gedeel het. Ek hou van jou, en wil nie al die eerste ontmoeting alles bederf nie. Ek sal regtig baie graag jou dogter en aanstaande skoonseun wil ontmoet.”
“Dirk, jy weet my man is oorlede, en ek is baie eensaam... maar ek gaan nie toelaat dat enige man my misbruik nie.”
“Genade Retha! Wat laat jou dink ek wil jou misbruik?”Sy kan sien sy het hom seergemaak met haar uitlating, en vra verskonning.
“Dirk... dit was nie my bedoeling om jou seer te maak nie, ek het maar net gesê
hoe ek voel.”
Sy glimlag toe sy die verligting op sy gesig sien.
“Kan ons nou asseblief in vrede eet?” vra hy met 'n glimlag.
Retha lag. “Ja jong, laat ons dan maar eet. Ons kan seker verder so deur die ete gesels.”
“Solank jy nie weer met my baklei nie.” glimlag hy na haar kant toe.
“Nee, ek het nie baklei nie, ek wil jou maar net beter leer ken.”
“Werk jy nog voltyds Retha, of wat doen jy om jou deur die dag besig te hou?”
“Ja, ek werk nog in die oggende, maar dink daaraan om te gaan toer. Ek sal graag meer van ons land wil sien. So, ek sal sekerlik een of andertyd moet ophou werk...”
“Sjoe, dis lekker. Julle vrouens kan so maklik sê julle wil ophou werk. Ons arme mans moet sekerlik die res van ons lewens werk.”
Hy kom nie agter dat sy na hom kyk terwyl hy weglê aan die bord kos voor hom
nie.
“Meneer, ek verdien om op te hou werk. Ek werk my hele lewe lank... en my man het my darem goed nagelaat om op te hou werk..”
Hy kyk op vanaf sy bord, in haar mooi blou oë, en sy hart vermuwe toe hy die glimlag in haar oë sien.
“Sekerlik mevrou, jy mag maar ophou werk. Ek sal ook graag vir jou wil sorg.” Hy lig sy glas op om 'n heildronk daarop in te stel.
Sy lig haar glasie wyn, en glimlag vir hom. “Dankie meneer Dirk, ek sal die aanbod aanvaar!” Hulle lag lekker saam, en die atmosfeer is weer gemoedelik tussen hulle.
Retha hou van Dirk en sy geselskap. Hy is eintlik 'n aangename man, dink sy. Hy moet nou net wikkel met sy egskeiding... want sy wil nooit die ander vrou wees nie, ook nie die oorsaak wees van 'n egskeiding nie.. Dirk stoot sy leë bord terug, en sit agteroor.
“Mmm... dit was nou heerlik, dankie.”
Retha neem haar laaste happie vanaf haar bord.
“Dirk, ek wou jou nog gevra het... watter tipe werk doen jy?
“Uhm.. ek werk vir myself, is my eie baas Retha..”
Net toe is die kelner weer by hulle tafel.
“Sal daar nog iets wees meneer?”
“Nee dankie, nie vir my nie. Retha, wil jy dalk nagereg gehad het?”
“O nee dankie Dirk. Ek is werklik versadig.”
Dirk knoop doelbewus 'n gesprek met die kelner aan, om so Retha te verhoed om hom uit te vra oor sy werk.
Die kelner stap na 'n rukkie weg, en Retha glimlag vir hom.
“Dit was so dierbaar van jou om hom uit te vra oor sy werk Dirk. Siestog, mens kon sien hy waardeer elke kompliment wat jy vir hom gegee het.
“Ja Retha, hulle het ook nie die maklikste werk nie....”
“Sjoe, nou raak jy baie diep Dirk...”
Haar oë vonkel, want sy hou waarvan sy sien. Hy is 'n diep persoon, en mens kry dit nie meer sommer in vandag se lewe nie.
Hy staan op en vat die rekening. Hy trek haar stoel vir haar uit, en loer vinnig na die rekening. Hy het net genoeg om die ete te betaal! Hy sal maar vir Retha moet vra of sy 'n fooitjie vir die kelner sal kan gee.
Hy krap in sy beursie rond, en maak of hy na kleingeld soek.. “Uhm... Retha, kan jy asseblief vir die kelner 'n fooitjie gee, dan betaal ek die rekening. Ek glo nie ek het nou genoeg by my nie, maar ek sal dit vir jou terug gee.”
“Sekerlik Dirk! Nee man, ek het ook mos saam geëet. Ek doen dit met liefde.”
Sy haal 'n noot uit haar beursie, en Dirk kan sy oë nie glo nie! Hy het self nog nooit 'n kelner so 'n groot fooitjie gegee nie... Hy voel sommer lus om die noot by haar te vat.... hy het dit nodig vir petrol!”
Hulle stap motor toe, en Dirk klim weereens in die motor sonder om vir haar die deur oop te maak. Retha glimlag en klim in die motor.
“Dankie Dirk, die ete was heerlik, en so ook jou geselskap. Ek het lanklaas so lekker gekuier...”
“Dankie ook vir jou Retha... en jammer oor die fooitjie. Ek sal jou nog daarvoor vergoed.”
“Moenie bekommer oor die fooitjie nie Dirk, hierdie mense werk hard, en verdien om 'n goeie fooi te kry, ek het mos aangebied om dit te betaal.”
Hy sluit die motor aan, en hulle ry na haar huistoe. “Jy sê jy het net die een dogter Retha?
“Ja Dirk, en ek is onsettend lief vir haar. Sy is my beste vriendin... en sy het 'n pragtige verloofde. Ek is so dankbaar sy het so 'n goeie man gekry... Sy verdien net die beste in die lewe. Sy het dit nie maklik gehad as kind nie...”
“Nou hoe so Retha.”
“Ag... dis 'n lang storie. Ek sal jou nog eendag daarvan vertel, nou is nie die regte tyd daarvoor nie.”
Hulle stop voor haar huis, en Dirk trek die motor In die motorhuis. Hy verkyk hom weereens aan al die luukshede in die plek.
Retha sluit die huis oop, en skakel die ketel aan.
“Gaan jy saam met my 'n koppie tee drink, of wil jy liewers koffie hê Dirk?
“Uhm... as jy nie omgee nie, sal ek 'n glasie van jou wyn drink..”
Retha kyk hom verward aan...
“Maar ek het mos gesê ek het nie drank in die huis nie Dirk.?”
“Jou kookwyn sal ook die ding doen Retha...” glimlag hy.
Retha skud haar kop en kan nie help om vir hom te lag nie. “Daar onder in die kas is die bottel wyn, en bo jou in die kas is die wynglase.”
Sy maak vir haar 'n koppie tee, en hy skink vir hom 'n glasie wyn.
Hulle gaan sit in die sitkamer.
“Is jou kinders al getroud Dirk?
“Nee, my dogter is in 'n verhouding, maar my seun vry nog in die bondel. En jy Retha, het jy nog nie 'n kleinkind nie?”
'Nee genade Dirk, my dogter wil eers trou. En ek dink ek is nog te jonk om ouma te wees.” Sy glimlag vir hom en knipoog toe sy dit sê.
“Ja wel, ek dink ook jy is te jonk om nou al 'n ouma te wees. Jy lyk baie goed vir jou ouderdom Retha.. Jy is regtig 'n pragtige vrou.”
“Dankie Dirk.. My dogter trou later in die jaar, so dis nou trou reëlings, beplanning ensovoorts... Dis maar 'n duur storie.”
“Ja Retha, hulle moet net seker maak dis die regte ding wat hulle wil doen, om te skei in nie 'n lekker storie nie.”
“Dirk... as ek mag vra.... voel jy nog iets vir jou vrou..?”
Dirk se kop ruk op. “Nee glad nie! Sy het my aaklig behandel! Ek wil nie naby daardie vrou kom nie. Hoekom vra jy my so ʼn vraag Retha?”
“Want dis maar net vir my belangrik om dit te weet Dirk.”
Hy moes baie seergekry het, dink Retha. Mens kan die hartseer in sy blou oë sien.
“Jong, Anette en Wim is al so lank ʼn paartjie Dirk, hulle doen alles saam. Ek glo nie ek kon vir 'n beter skoonseun gevra het nie. Hulle is werklik al deur diep waters, en is lief vir mekaar..”
Dirk staan op vanaf die stoel waar hy gesit het, en kom sit langs haar op die bank.
“En nou Dirk?” vra Retha.
“Gee jy om as ek langs die mooiste vrou in die hele wêreld kom sit?” hy glimlag liefies vir haar, en haar hart word sommer sag toe sy die sagte blik in sy oë sien.
“Jy is welkom Dirk.... maar ek kan nie te laat op bly nie.. ek werk môre oggend.”
Hy wikkel homself nog nader, en wil sy arm om haar sit, dog sy staan vinnig op.
Hy lyk skoon afgehaal toe Retha na hom kyk.
“Dirk... ek is jammer, maar kom ons vat dit stadig. Ons ken mekaar nog nie so goed om so ernstig te raak nie.” sê sy half benoud.
“Retha... ons is grootmense. Jou kind staan al op trou, en myne is ook al uit die huis. Ek wou jou maar net gesoen het, niks meer nie..”
“Dirk... ek is jammer, dis.... net vir my moeilik. Na my man se dood is jy die eerste man wat ek weer ontmoet. Ek glo jy sal ook my rede insien, en verstaan hoe ek voel.”
“Nee Retha, ek verstaan nie heeltemal nie, want dis eintlik so eenvoudig. Gaan aan met jou lewe, dis wat ek gedoen het.”
Retha ontspan nou 'n bietjie, en besef sy hou nogals van hom, en wil nie laat hul vriendskap na die eerste aand al skipbreuk ly nie.
Sy skuif nader aan hom, en hy trek haar nog nader in 'n omhelsing. Sy lippe vind hare, en saam vertrek hulle na 'n land van fantasie. Sy dink aan niks, en voel hoe sy meegesleep word in 'n draaikolk van gemengde emosies. Emosies wat sy lank terug saam met... “NEE!” Berispe sy haarself. Ek bou nou 'n brug, en sal oor al hierdie gedagtes van my gewese man kom! Sy gee haar oor in Dirk se omhelsing.... hy is besig om haar bloes se knope los te maak, dog Retha stoot hom ferm weg..
“Dirk... nee wag nou... laat ons nie 'n mooi aand bederf nie.”
“Hemel Retha!” Roep hy driftig uit.
“Wat is fout met jou?”
Retha kyk in totale verbasing na hom toe. “Hoekom is jy so driftig Dirk?”
“Retha, ek is jammer, ek wou nie op jou skree nie... maar ek is ook maar net 'n man … met behoeftes.”
Retha kyk anderpad. “ Dirk.. jy moet my kans gee, ek kan nie nou al so ver gaan nie!”
“Maar wanneer dan Retha? Gaan jy ooit oor jou oorlede man kom? Of gaan jy dit elke keer as verskoning gebruik as ek jou soen?”
“Nou is jy onredelik Dirk! Jy weet ek het dit nie so bedoel nie, maar jy is heeltemal te haastig met hierdie verhouding. Dit raak ook nou laat, en ek moet in die bed kom... En jy moet sekerlik self môre ook gaan werk.”
Dirk sien sy besef nie sy het gesê “hierdie verhouding” nie, en voel verlig dat sy hulle vriendskap al klaar sien as 'n verhouding!
“Ek kan sekerlik hier oornag Retha...”
“Nee, ek is jammer Dirk, daar stem ek nie met jou saam nie.”
Sy staan op, en wag dat hy dieselfde moet doen.. dog hy bly sit.
“Regtig! Retha! Ek het nou net gedink ons is volwassenes, maar lyk my ek was verkeerd. Ek sal in 'n ander kamer slaap as jy my dan nie naby jou vertrou jou nie.”
“Dirk, ek moet eers weer gewoond raak aan... die gevryery. Jy moet besef ek was lank getroud gewees, en gewoond aan net een man. So, as jy my respekteer, sal jy wag tot die tyd ryp is.”
Dirk staan half vererg op vanaf die bank waar hy gesit het.
“Dan moet ek seker maar my ry kry.”
“Dirk, moet nou nie vir my kwaad wees nie... asseblief?”
Hy trek haar weer nader aan hom, en soen haar weer hartstogtelik. Na 'n Rukkie maak sy haar los uit sy omhelsing. “Dirk, dit raak nou baie laat....”
Hy glimlag vir haar. “Ek wou nog vir jou gesê het, as ek kwaad was vir jou Retha, sou ek jou nie nou gesoen het nie.... en ek verstaan hoe jy voel, en sal jou daarvoor respekteer.”
“Is dit reg as ek môre aand na werk vir jou kom kuier Retha.?”
Retha gloei van geluk.
“Natuurlik is jy welkom Dirk! Jy hoef nie eens te vra nie...”
Sy loop saam met hom tot by sy motor, en hy moet homself inhou om haar nie weer in sy arms te neem nie. Hy wil ook nie nou alles staan en bederf nie.
HOOFSTUK TIEN
Retha maak die deur agter haar toe, en giggel soos 'n tienerdogter! Sy het Dirk vanaand vir die eerste keer regtig ontmoet, maar sy dink sy is al klaar verlief op hom.
Dirk is besig met sy eie gedagtes. Hy hou van Retha, en sal haar regtig beter wil leer ken.... maar nou moet hy sy vrou gaan konfronteer vir 'n egskeiding..
Hy is in elkgeval nie meer lief vir haar nie. Sy kla gereeld oor sy drinkery, maar hy weet hy oordoen dit nie. Dis net sy wat oor reageer. Soms voel hy om haar mond te snoer as sy so tekere gaan oor sy drinkery. Hy weet hy het haar al bietjie hardhandig hanteer.... maar sy het dit verdien. Dis ook sy vrou se eie skuld dat hy betrokke geraak het met ander vroue. Sy is mos te besig vir hom. En dan is daar die ander vrou wat hy ook op die internet ontmoet het.
Hy wonder of hy nou moet kies tussen Retha en Mary, of moet hy maar eers kyk waarheen hierdie vriendskap hom gaan neem. Hy besluit daarteen om nou al te kies, Sê nou maar sy vriendskap werk nie uit met Retha nie, dan het hy darem nog vir Mary.
Hy stop voor sy huis, en sit vir 'n rukkie in die motor. Hy is nie lus om hier in te gaan nie. Hy weet hy het 'n leun aan Retha vertel om te sê hy en sy vrou bly nie meer saam nie.... Maar vanaand moet hy vir sy vrou sê hy wil skei.
Dirk stap by die huis in... sy vrou sit in die sitkamer en tv kyk.
“Wat is haar naam die keer Dirk! Of wil jy nou weer vir my sê jy het tot die tyd
van die aand werk gesoek!?”
“Ag, moenie nou weer begin met jou ge sanik nie, Delia. Ek is so siek vir jou gedurige bakleiery! Ek wil 'n egskeiding hê!” Skree hy terug na haar kant toe.
Delia lag uit haar maag vir hom.
“En WIE gaan jou dan onderhou...mmm Dirk? Of het jy alklaar vir jou 'n ander vrou gekry om jou te onderhou! O ja, hoe lank onderhou ek jou nou al? Vandat jou eerste vrou jou geskei het Dirk!! Dis hoe lank ek jou al onderhou. Jy werk 'n bietjie hier, dan 'n bietjie daar. Dink jy ek gaan vir die egskeiding betaal? Wel ek het 'n verrassing vir jou..... ek gaan NIE van jou skei nie! As jy die egskeiding wil begin, doen dit gerus. Maar ek gaan nie my geld mors om dit te doen nie.
Hierdie keer sal jy die egskeiding begin. En glo my..... niks, maar niks in hierdie huis is joune nie. Vandat ek en jy getroud is, het jy nog nie een meubelstuk in hierdie huis gekoop nie. Dis nou in die vier jaar wat ons getroud is. Gelukkig was ek slimmer as jou vorige vrou.... en is buite gemeenskap van goedere met jou getroud. G'n wonder jy het so baklei die dag toe ek jou na my prokureur toe geneem het om die kontrak te teken nie.... jy het geweet jou oë dwaal, en het toe al besluit jy gaan nie aan my getrou wees nie.”
“Vroumens!! hou jou mond! Het jy nie nou genoeg gesê nie! Jy skree soos 'n besetene, maar ek staan hier voor jou!” kap Dirk haar terug.
Delia is woedend toe sy die drank aan hom ruik. En sy kan ook pafuum aan sy klere ruik. Dis 'n duursame pafuum, daarvan is sy seker.
Hy stap na die kombuis, en gooi vir hom 'n drankie.
Delia kan sien dis 'n baie sterk drankie wat hy vir homself gegooi het, want sy kan sien aan die manier wat hy die eerste sluk neem.
“Het jy nie genoeg gedrink by die flerrie waar jy was nie Dirk!? Ek HAAT jou gedrinkery, hoor jy my! Hoe vinniger jy met jou egskeiding begin, hoe vinniger kan ek van jou ontslae raak.”
Dirk gaan sit op die ander bank regoor haar. Hy glimlag dat jy net tande sien. “Wel my ding.... dan moet jy maar dink om van MY te skei, want sien, ek is werkloos, en het nie die geld om van jou te skei nie. Ons het geen kinders nie, so, dit sal vinnig wees sonder te veel pyn. Jy vat mos alles in die huis. En... ek sal wel iemand kry wie haar oor my sal ontferm.”
“Soos die goedkoop vrou wat jy vanaand gaan besoek het Dirk? Sal sy darem vir jou kan sorg?”
Dirk is nou woedend. Hy sal nie toelaat dat sy so van Retha praat nie, al ken sy haar nie. Retha is 'n baie ordentlike vrou.
Delia lag toe sy die woede op sy gesig sien.
“Jaaa nê, slaan ek die spyker op die kop! Sy is toe 'n goedkoop flerrie!”
Dirk spring op, en gryp haar aan die hare.
“Ja, daar is 'n ander vrou” sis hy in haar oor. “En daarom sal ek nie toelaat dat jy so van haar praat nie!”
“Eina! Jy maak my seer! Los my hare!” roep Delia uit.
Hy laat los haar hare, en vat haar kakebeen in sy hand en druk dit.
Sy drankasem walg haar, en sy probeer van hom af wegkom.
“Dirk!! jy maak my seer!” huil sy.
“Ek soek 'n egskeiding, en jy sal dit vir my gee Delia.”
Hy laat los haar en sy steier agteroor.
“Jy is mal! 'n dronklap, nikswerd mansmens! Net môre sal ek my prokureur gaan sien, en ek wil jou so gou as moontlik uit my lewe hê!”
Dirk storm weer op haar af, dog sy vlug na haar kamer, en sluit die deur agter
haar. Sy sak teen die deur af, en huil haar hart uit. Sy moes geweet het hierdie huwelik gaan nie hou nie....
Hy het dan sy vorige vrou met haar verneuk.. Sy het haar geluk op ander se ongeluk gebou! Tog het sy so lief vir hom geraak, en hy het sulke mooi drome vir hulle gehad. Maar sy hart was net nog nooit in hierdie huwelik nie. Sy besluit om net die volgende dag haar prokureur te gaan sien. Sy moet 'n einde aan hierdie huwelik maak... Sy kry die ander vrou bitter jammer, want sy weet nie waarvoor sy haar inlaat nie.
Na 'n hele ruk hoor sy Dirk snork in die sitkamer.
Sy maak versigtig die kamerdeur oop, en loop tot in die sitkamer. Daar lê hy op die bank... beneweld deur die drank het hy aan die slaap geraak. Sy loop tot voor hom, en kry hom eintlik so jammer. Hy gooi sy hele lewe weg met sy drinkery... en dan natuurlik sy alewige dwalende oog. Hulle kon so gelukkig gewees het, as hy maar net wou verander het. Maar hy dink die fout lê net by haar.
Sy tap vir haar badwater in, en vat 'n lang warm bad. Sy weet dis verby – verby om mooi te praat en te smeek... nooit weer sal sy 'n man smeek om haar lief te hê nie, die huwelik was net 'n klug gewees.
Hy wou nie werk nie, sy moes hom altyd onderhou het. Sy het 'n goeie werk, en verdien 'n goeie salaris, maar is moeg om te voorsien in brandstof vir sy motor net om rond te gaan loop, en nie werk te gaan soek nie. Sy moet sorg vir kos in die huis, en al die rekeninge wat moet betaal word. En dan moet sy nog vir hom geld gee vir drank. “Nee, ek wil nie meer nie....” praat sy saggies met haarself.
Sy wonder nogsteeds wie die ander vrou is.... Delia maak op haar tyd klaar in die badkamer, want sy weet Dirk sal eers môre oggend wakker word met 'n lelike kopseer en 'n groot dors.
Dirk word inderdaad eers die volgende oggend wakker met 'n lelike kopseer. Hy is sommer vies vir homself. En hy is nie 'n oggend mens nie!
Gelukkig is Delia al vroeg uit die huis, en hy kan nie met haar moeilikheid soek nie.
Sy selfoon lui, en hy antwoord vererg die foon.
“Sjoe maar jy is in 'n lelike bui Dirk!” hoor hy Retha se stem aan die anderkant.
“Nee … uhm.. jammer Retha, ek was net besig om met iemand te praat wat my lelik omgekrap het hier by die werk. Maar ek voel beter noudat ek jou stem gehoor het...”
Retha glimlag tevrede. “Wel, dan is ek bly ek het jou so vroeg gebel. Is jy dan al by jou werk dat jy so vroeg besig is om mense uit te trap..?”
“Ja, maar ek sal later weer met jou gesels, ek wil net gou hier met my mense gesels.”
“Ag ek is so jammer as ek jou nou gepla het Dirk! Ek sal dan later weer met jou
gesels. Geniet jou dag..”
“Nee jy pla nie Retha, maar dis reg, ons praat later.”
Dirk groet en druk verlig die foon dood. Hy vee met sy hand oor sy gesig. Vandag moet hy vir hom werk gaan soek. Wat gaan hy vir Retha sê as sy hom weer uitvra oor sy werk. Hy het alreeds vir haar gejok om te sê hy werk vir homself.
Hy loop na die slaapkamer, en mis nie eens vir Delia nie.. Hy kan nie veel van die vorige aand onthou nie, maar hy weet hy het haar om 'n egskeiding gevra. Dit kan hy darem vir Retha met eerlikheid sê.
Hy skeer en bad gou, oorgehaal om vandag 'n werk te kry. Hy dink aan Delia.... hy kan onthou hy het haar vertel dat daar 'n ander vrou is! Hy stamp homself teen die kop met sy vuis. Hoe kon ek so dom gewees het! Nou kan sy my uit die huis gooi, en waarheen gaan hy dan..?
HOOFSTUK ELF
Delia sit in haar prokureur se kantoor. Sy is so hartseer, maar vasberade om voort te gaan met die egskeiding. Sy sal nie weer toelaat dat hy sy hande vir haar lig, of haar fisies aanrand of seermaak nie!
“Hoe lank gaan dit neem voor die egskeiding afgehandel is Pieter?” Pieter skuif ongemaklik rond op sy stoel. “Delia, is jy doodseker jy wil van Dirk skei?”
“Pieter.... jy weet nie wat in ons huis aangaan nie. Jy weet nie van die fisiese aanranding en die alewige drankmisbruik nie... Ek kan nie meer so aangaan nie!”
“Delia... daar was 'n tyd toe ek jou teen hierdie einste man gewaarsku het.. maar jy wou nie vir my luister nie.”
“Pieter, asseblief, dis nie nou tyd vir beskuldigings nie, ek kry dit genoeg by die huis. Ek het nou jou hulp nodig, voordat Dirk my vermoor.. en glo my, hy is instaat om dit te doen!”
“Jammer Delia, ek het nie bedoel om jou om te krap nie.. en ek het nie geweet hierdie man rand jou aan nie! Ek gaan onmiddellik 'n beskermingsbevel vir jou kry sodat hy nie naby jou of jou huis mag kom nie!”
“Dis reg met my Pieter” Antwoord Delia moeg. “Kan ons net nou begin met die egskeiding.”
Pieter bestel vir hulle koffie, en begin met die voorbereiding van die egskeiding. Hy maak ook 'n paar oproepe na vriende om te reël vir die beskermingsbevel teen Dirk...
Retha se dag het sommer lekker begin. Sy voel so opgewonde oor die lewe, en kan nie wag om met Anette te praat oor Dirk nie! Hy het haar voete onder haar uitgeslaan.
Sy kyk op haar horlosie, en sien dis amper half tien. Sy bel gou vir Anette.
“More my dierbare moeder!” groet Anette haar in 'n ligte luim.
“More my meisiekind, jy lekker geslaap?”
“Ja, dankie moeks, en hoe klink ma so opgewonde vanoggend?”
Retha glimlag. “Ek het gisteraand Dirk ontmoet Anette...”
“Oo...” antwoord Anette afgehaal.
“Anette, wat is nou verkeerd met jou? Het ek iets verkeerd gedoen, of wat?
“Nee ma, ek het gedink julle gaan mekaar by Wim se huis ontmoet vir die eerste keer. Dis mos wat ons afgespreek het..”
“Ja... ek weet my kind, maar ek wou eers self sien of die man homself kan gedra voordat ek hom na julle toe bring.”
“En......?” vra Anette nuuskierig.
“Wel.... ek hou baie van hom.”
“Ag ma! Moet ek nou alles uit ma trek!”
Retha hoor die lag in Anette se stem, en weet sommer haar kind is gelukkig vir haar part.
“Ons kom Saterdag by julle braai, dan kan jy maar self besluit of jy van hom hou Anette..”
Dirk klim vinnig uit die bad en trek 'n stel skoon klere aan. Hy weet nie regtig waar om te begin werk soek nie. Hy het 'n ambag, en sal maar orals probeer.... dalk moet hy 'n agentskap gaan sien. Ja, dis net wat hy gaan doen. Hy krap eers in een van Delia se laaie, en haal die note wat in een van haar beursies is, uit. Hy het petrol nodig. Sy het ook so baie geld, sy sal nie eers agterkom van die note is uit haar beursie uit weg nie. Hy sluit die huis agter hom toe, sonder om eers op te ruim waar hy gesit en drink het die vorige aand....
Hy gaan sien 'n paar agentskappe, en daar is genoeg werk vir hom. Hy lag toe hy in die motor klim. Hy kon al lankal vir hom 'n werk gekry het... Hy sien nou eers die aanvraag is groot na die tipe werk wat hy kan doen. Sy eerste onderhoud is oor 'n uur..... Maar hy is so lus vir 'n yskoue bier.
Hy kry maar vir hom koeldrank vir die groot dors wat hom van vanoggend af beetgekry het. Dirk sit in sy motor en wag dat die tyd moet verbygaan vir sy eerste werksonderhoud... Hy dink aan Retha. Sy is soos 'n vars briesie in sy lewe. So anders as Delia wat net die heeltyd wil sanik! Hy moet aan 'n plan dink wat om vir haar te sê as hy die naweek saam met Retha en haar kinders gaan
deurbring. Maar hy hoef nie eintlik nie, want sy weet mos nou daar is 'n ander vrou in sy lewe..
Dis tyd vir sy onderhoud, en Dirk voel half op sy senuwees. Hy het so lanklaas gewerk, dat dit vir hom vreemd voel om in die netjiese kantoor in te stap. Delia het hom maar meer en deels onderhou.. Maar hy het darem af en toe gewerk, en hy kan nie help as sy werk net nooit goed genoeg vir die werkgewers was nie.
Dirk se onderhoud begin, en alles verloop seepglad.
“Ons sal meneer dan deur die dag laat weet of u die pos het of nie.”
Dirk ry terug huistoe. Hy voel in sy skik, want hy glo hy gaan die werk kry.
Hy stop voor hulle huis, dog 'n Polisiemotor staan voor die huis geparkeer. Hy frons, en wonder wat aangaan.
Hy stap na die voordeur, maar 'n polisieman keer hom om in die huis in te gaan.
“Wat dink jy doen jy!?” vra hy vererg aan die konstabel wat voor hom staan.
“Meneer de Wet?
“Ja, ek is meneer de Wet, wat is hier aan die gang? Ek woon hier, en jy wil my nie toelaat om in my eie woning in te gaan nie!?”
“Meneer de Wet, u vrou het 'n beskermingsbevel teen u uitgereik. U mag in die huis gaan om u klere te kry, maar dis al. U sal op hoogte gehou word wanneer u egskeidingspapiere geteken moet word. Is dit u telefoon nommer die?” Die polisieman lees Dirk se nommer, en hy knik instemmend. Hy is heeltemal uit die veld geslaan!
Het sy so wragtig begin met 'n egskeiding – en intussentyd gooi sy hom op straat! Hy sal haar mos iets aandoen! Dink hy wrang.
“Nou kan ek dan in die huis kom, jy staan die hele deur vol!” praat hy nukkerig met die polisieman.
Die polisieman staan eenkant toe sodat Dirk kan ingaan.
Dirk stap kombuis toe, en wil die bottels drank vat wat op die kombuistafel staan.
“Jammer meneer, dis nie jou eiendom nie.” Keer die konstabel hom.
“Maar my magtig! Ek het die drank met my eie geld gekoop!!” snou hy die polisieman toe.
“As jy my 'n koopstrokie kan wys dat jy vir die drank betaal het, dan kan jy dit met graagte neem meneer de Wet.”
Nou is Dirk eers woedend! Hy sal haar nog terugkry vir hierdie vernedering! Dink hy kwaad.
Hy los die bottels net so op die tafel, en gaan haal 'n tas uit die gangkas.
“Jy hoef regtig nie my op te pas asof ek 'n baba is nie konstabel! Gee my asseblief 'n bietjie ruimte!”
“Ek voer net my pligte uit meneer de Wet. Ek moet ongelukkig orals wees waar jy is in die huis.”
Dirk loop na hulle kamer, en begin sy klere in die tas in te gooi. Hy trek haar laai oop waarin haar beursie lê, is en vat dit saam met 'n paar kouse vas en druk dit in sy tas.
“Jammer meneer, maar is dit nie jou vrou se laai waarin jy nou besig is nie?” sê vra die konstabel.
“Sien, jy weet nie wat in hierdie huis aangaan nie konstabel! Dan wil jy nog jou neus in my sake steek! Ja, dit is haar laai, maar die bediende pak my kouse en onderbroeke gereeld in die verkeerde laai. Ek moet sekerlik my onderklere uit die laai kry, of wil jy dit vir my doen?” vra hy sarkasties.
“Meneer de Wet, ek moet jou waarsku... jy was nou meer as eenkeer ongeskik met my. Niks verhoed my om jou in hegtenis te neem nie.”
Dirk gaan aan met die pakkery, en sê nie 'n woord verder nie. Hy het sy klere klaar gepak, en gaan badkamer toe om sy toiletware te pak. Die konstabel volg hom orals waar hy loop, en dit irriteer hom grensloos.
“Ek mag sekerlik vir my 'n kombers en 'n kussing saamvat, want ek sal van nou af in my motor moet bly.”
Die konstabel knik instemmend.
Hy klim in sy motor. Hy is kwaad vir Delia, nee, eintlik woedend! Waar dink sy moet hy nou bly? En waar slaap hy vanaand!
Hy bel haar op haar selfoon, maar stel sy foon op anoniem.
“Dink jy miskien jy gaan met hierdie dinge my weghou van my huis af Delia! As ek die kans kry, SAL ek jou 'n goeie les of twee kom leer. Slaap maar met jou een oog oop liewe Delia, want nog nooit het iemand my so verneder soos jy vandag aan my gedoen het nie.” Voordat sy enige iets kan sê, druk hy die foon in haar oor dood.
Hy blaai deur die beursie wat hy in haar laai gekry het, en haal haar een bankkaartjie uit. “BINGO!” Roep hy uit, en ry vinnig tot by die naaste bank. Hy ken haar bank pin nommer, want sy het hom al voorheen met die kaartjie gestuur
om vir haar inkopies te gaan doen. Hy trek 'n staat van die rekening, en sien daar is nog 'n paar duisend in haar bankrekening! Nou moet hy vinnig speel! Hy onttrek haar daaglikse limiet, en glimlag van oor tot oor. As sy dan dom genoeg is om nie haar rekening na vandag te blok nie, dan is dit haar eie skuld! Dink hy laggend by homself. Daar was ook darem 'n paar tweehonderd note in haar beursie wat hy gevat het uit haar laai.
Delia hoor die sms op haar foon, en kyk gou wie na haar soek. Sy sien die groot bedrag wat uit haar rekening getrek is, en weet dadelik dis Dirk wat dit gedoen het!.
Sy skakel vinnig die bank, en blok haar kaart.
“Mevrou, wil u enige diefstal klag indien teen u man oor die som geld wat hy van u gevat het sonder u toestemming?” Hoor sy die operateur aan die anderkant van die foon vra..
“Nee.... ek sal dit self uitsorteer, dankie meneer.” groet sy die klerk, en sit die foon neer.
Sy het geweet hy kan laag daal, maar kan nie glo dat hy haar so besteel nie! Ook maar goed sy is besig om van hom te skei... maar sy dink ook aan sy dreigement, en gril sigbaar. Sê nou maar net hy kom in die huis terwyl sy slaap, en maak haar.... dalk dood!? Hy is tot moord instaat, dit het sy in sy oë gesien as hy so dronk raak en haar aanrand.
Haar gewese man het haar goed nagelaat toe hy gesterf het. Dalk moet sy maar net bedank, en na 'n ander dorp toe trek. Maar sy werk al so lank by die firma, en
sy beklee 'n goeie bestuursposisie... hoekom sal sy dit nou wil prysgee vir 'n man wat eintlik 'n nikswerd dronklap is nie?
Sy tel die foon op, en bel een van haar speurdersvriende.
“Middag Johan..”
“My tyd Delia! Dis goed om weer van jou te hoor. Vandat jy getroud is aan daardie.... uhm.. vandat jy getroud is, ken jy my mos nie meer nie.”
Delia lag. “Dis darem nie heeltemal waar nie Johan, ons sien mekaar dan gereeld by die supermark deur die week, en dan groet ons mekaar.”
“Dis nie dieselfde soos in die ou dae nie Delia... toe jy en jou .. oorle man saam met ons gekuier het nie.”
“Jaaaa.... ek weet Johan, maar ek wil nie nou verwyte hoor nie, toe? Ek het jou hulp nodig Johan..”
Johan ken Delia al 'n hele paar jaar. Hulle was huisvriende voordat sy Dirk ontmoet het.... en hy dink nog altyd sy het 'n fout gemaak deur met hom te trou.
“Jy klink ernstig Delia... wat is die probleem?
“Johan.... Dirk.. gee my bietjie probleme.”
“Moenie vir my se hy lig sy hande vir jou nie Delia!”
Delia ignoreer die vraag.
“Johan, ek gaan van hom skei, en het intussen 'n interdik teen hom gekry om nie naby my te kom nie.. maar ek het nou net 'n oproep van hom gekry.”
“Johan sit regop in sy stoel.
“En wat wil die knaap van jou hê Delia?”
“Wel.... hy het my gedreig.”
“Met die dood Delia, of wat?”
“Nee, nie in soveel woorde nie, maar hy het gesê hy sal my terugkry omdat ek hom uit die huis laat sit het.”
“Is jy nou alleen in die aande Delia, of is daar nog iemand wat saam met jou bly buiten Dirk.”
“Nee, ek is alleen Johan... maar ek het in elkgeval weer die alarmsisteem geaktiveer in die huis. Hy was 'n hele ruk nie in werking nie, want Dirk het gesê dis geld mors. Maar hy is nou weer aktief.”
“Dis 'n goeie besluit Delia. Ek sal in elkgeval gereeld by jou kom inloer, en as daar enige probleme is, bel my dadelik!”
“Wil jy hê ek moet hom bietjie gaan skrikmaak Delia? Dalk skrik hy so groot as ons met hom klaar is, dat hy jou gaan smeek vir 'n dringende egskeiding..”
Delia lag. “Nee, dit sal nie nodig wees nie, maar ek sal jou heel eerste bel as daar ʼn probleem is.”
Johan hoor die lag in haar stem, en hy verlang sommer weer terug na die dae wat hulle saam kaart gespeel het. Sy en haar man was so gelukkig – todat die kanker hom getref het, en hy die stryd gewone gegee het.
“Maar ek gaan jou nou eers groet Johan, kom drink gerus koffie as jy naby my huis is. Ons is mos nog altyd vriende.”
“Ek maak so Delia, en onthou, sodra daardie man jou weer bel, of net naby jou kom, laat weet jy my dadelik.”
Delia groet, en voel sommer verlig. Sy kon nog altyd op Johan se knoppie gedruk het... maar besluit om hom bietjie later te vra om saam met haar huistoe
te gaan, sodat sy 'n oornagtassie kan pak. Sy sal haar eerder in 'n gastehuis gaan inboek, as om met hierdie vrees saam te lewe...
Die oproep kom waarvoor Dirk al die hele middag gewag het. Hy het die werk gekry! En hy moet môre oggend sesuur al begin.
Hy raak weer verbitterd as hy aan Delia dink. Nou moet hy sukkel om iewers in te gaan boek, want sy het hom mos uit die huis uitgeskop! Hy glimlag toe hy sy motor aanskakel. Maar hy sal met haar geld in 'n Hotel gaan in boek, vergeet van 'n gastehuis... Dirk boek hom in die hotel vir 'n paar dae, en wil net rustig in sy kamer raak, toe sy foon lui. Hy sien dis Retha.
“Middag my pragtige vrou.” Smeer hy die heuningkwas.
“Hallo Dirk, ai jy is sommer laf met jou mooi praatjies.” glimlag sy.
“En hoe was jou dag gewees Retha... het jy al jou bedanking ingesit?”
“Nee, Dirk, dit sal eers moet wag tot na my kind se troue.. miskien sal ek in die Nuwejaar ophou werk. Hoekom vra jy? Wil jy graag vir my sorg?” vra sy met 'n gelukkige laggie.
“Dis net wat ek wou voorstel Retha, maar aangesien jy eers wil wag tot na jou kind se troue, kan ek ook maar seker 'n bietjie wag.”
“Dirk... ek wil jou nie eintlik hiermee pla nie.. maar het jy toe met jou vrou gepraat oor die egskeiding..?” vra sy versigtig.
“Ja ek het Retha... sy het besluit om die egskeiding te begin. Haar prokureur het gesê hy sal my op hoogte hou van sake...”
“Dan is ek bly vir jou Dirk...”
“Nee Retha, ek is bly vir ons...”
Retha hou haar oë toe terwyl sy met hom praat. Sy is werklik tot haar ore toe verlief op hierdie man! En hy hou ook van haar! Wat meer kan sy vra....
Hulle gesels nog 'n rukkie, en Dirk geniet sy drankie terwyl hy met haar praat.
“Retha, ek sal ongelukkig nie vanaand na jou toe kan kom nie. Ons het na werk ʼn vergadering, en ek weet nie hoe laat ek gaan loskom nie.”
“Ek verstaan Dirk. Siestog, jy verkeer so onder druk met jou vrou se dinge, en dan is jy hardwerkend ook.”
Anette maak verskonning, want haar landlyn lui. “Jammer Dirk, ek moet ongelukkig die ander oproep beantwoord. Ons gesels weer.” Sy lui af.
Die volgende oggend staan Dirk met 'n lelike kopseer op. Hy draai die stort oop en stap onder die water in. “Ooo.... brandewyn laat my staan!” sing hy kliphard in die stort terwyl hy hom vinnig was. Hy het weer te diep in die bottel gekyk voordat hy gaan slaap het! Dink hy vererg. Hy borsel sy tande sommer twee keer – bang dat iemand dalk sal ruik hy het gedrink.
Dirk sit die leë drankbottels in 'n sak, en los die sak sommer in die hysbak toe hy na sy motor toe stap. Hy sit sy sonbril op, want die son is vanoggend heeltemal te skerp vir sy seer oë... en die alewige dors! Hy stop by die petrolstasie, en koop vir hom 'n paar botteltjies gebottelde water. Hy sal dit maar eers in sy motor los, want hy weet nie wat die eerste dag vir hom inhou nie.
“Mmm... dalk is daar 'n oulike poppie wat saam met my werk” grynslag hy hardop... Net toe lui sy selfoon. Hy sien dis Delia wat bel. Hy is nie lus om nou met haar te praat nie, en druk die foon dood. Na 'n rukkie lui die foon weer, en Dirk besef Delia gaan nie ophou bel voordat hy geantwoord het nie. Sy is nou eenmaal so. Gee nie maklik op nie! Hy is bang sy bel terwyl hy by sy nuwe werk is, en antwoord die foon.
“Jy het baie om te verduidelik Dirk!” Hoor hy haar kwaai stem aan die anderkant van die foon.
“Nee Delia, ek het niks aan jou te verduidelik nie! Jy is die een wat my uit die huis uit gegooi het. Waar dink jy moes ek gisteraand slaap? En ek het nie 'n sent op my naam nie. Haat jy my so dat jy nie eens omgee waar ek slaap en wat ek eet nie?” Hy probeer op haar gevoel speel, maar hierdie keer val sy nie daarvoor nie.
“Jy het geld uit my rekening gesteel Dirk. Jy het ook my beursie in my laai gesteel met al my ander kaarte daarin. As jy dit nie voor vanaand aan my
terugbesorg nie, sal ek 'n saak van diefstal teen jou oopmaak.”
Dirk weet sy sal dit doen, en belowe om dit by haar huis te kom aflaai. “En ek hoop jy bring die kontant saam wat jy uit my rekening getrek het Dirk. Dis MY geld.”
“Delia, wees nou redelik! Ek moes by 'n hotel inboek vir 'n paar dae, en ek het die geld daarvoor gebruik!”
“Dis nie goed genoeg nie Dirk, hoekom het jy nie by een van jou goedkoop flerries gaan slaap nie! Nou boek jy sommer by 'n hotel in! En dit met my geld.”
“Delia, ek begin vanoggend te werk. Ek sal jou elke sent terugbetaal sodra ek my eerste salaris gekry het.... ek belowe jou.”
Delia lag hard in sy oor. “En vir hoe lank gaan jy hierdie keer jou werk hou Dirk? Todat jy jou eerste bottel brandewyn kan koop? Nee, dis regso, betaal my terug wanneer jy kan. En, geniet jou eerste dag by die werk.” Hy hoor die spot in haar stem, en raak erg omgekrap. Hulle groet en Dirk slaan met sy vuis teen die stuurwiel.
“Hierdie vroumens soek my, en sy sal my kry! Ek sal vanaand haar beursie vir haar terugvat, maar nie voordat ek en sy 'n paar woorde gesels het nie.” Praat hy met homself. Intussentyd bel Delia vir Johan...
“Johan, wil jy nie vanaand 'n bietjie oorkom na my huis toe nie, asseblief? Dirk
moet vir my iets by my huis kom aflaai, en ek wil nie graag alleen saam met hom wees nie.”
“Ek maak so Delia... hoe laat wil jy hê moet ek oorkom?”
“Johan, ek dink dit sal goed wees as jy so vyfuur se kant kan oorkom.. net ingeval hy dalk so vroeg hier opdaag.”
“Delia.... jy weet jy gaan nie altyd vir hom kan weghardloop nie. Jy sal een of andertyd teen hom moet optree.”
“Maar ek het mos nou 'n beskermingsbevel teen hom gekry Johan... wat meer kan ek doen?
“Ek sê jou wat Delia. Ek kan vir 'n rukkie in een van jou ander kamers kom intrek, net todat die egskeiding verby is. Ons is mos nou al lank vriende, en jy ken my al baie lank.”
Delia dink 'n bietjie hieroor.. en stem toe in.
“Ek sal beter slaap om te weet hier is iemand wat my kan beskerm Johan. Dankie, jy is meer as welkom om sommer vanaand in een van die kamers in te trek. Maar Johan, is daar nie ʼn meisie of iemand wat gaan omgee dat jy hier by my intrek nie?”
Johan lag saggies. “Nee Delia, my trou vrou het nog nie opgedaag nie. Ek het haar amper eendag gehad, maar toe kom sy weg, en trou met ʼn ander man....”Delia bly vir ʼn oomblik stil. Is dit nou van haar wat hy praat, of wat? Wonder sy, maar laat dit daar.
Johan is eintlik bly hy kan by Delia intrek en haar beskerming bied. Hy het haar man belowe hy sal mooi na sy vrou kyk.... en toe trou sy halsoorkop met hierdie pierewaaier.
HOOFSTUK TWAALF
Dirk stop voor sy nuwe werk. Hy sal Delia wys hy is nie so sleg soos sy hom maak nie! Hy sal 'n sukses van hierdie werk maak.
Hy stap by die kantore in, en word voorgestel aan al sy nuwe kollegas. Hy word ingelig oor wat hy moet doen, en word na 'n kantoor geneem waar hy wag vir sy nuwe baas.
Hy is heel ingenome met die mense wat saam met hom werk. Hy het 'n paar oulike meisies gesien... Hy glimlag selfvoldaan...Nee wat, hier gaan dit nog lekker word.
Sy baas kom die kantoor ingestap, en hy stel homself voor as Regard.
“Ek hoop jy gaan gelukkig wees hier by ons Dirk, as daar dinge is wat jy nie weet nie, moet jy vra. 'n Ander ding is, hier word elke oggend getoets vir
alkohol. Al die personeel moet elke oggend blaas, en as jy van die perseel af beweeg en jy moet weer by die hekke inkom, blaas jy weer.”
Dirk frons gevaarlik.
“Hoe dan so Regard? Is hier mense wat drankprobleme het, of wat?
“ Die tipe werk wat hier gedoen word, vereis algehele helderheid. Ons kan nie bekostig om mense lewens in gevaar te stel deur ander wat onverantwoordelik optree nie.
Ons het al sulke gevalle gehad wat - veral mans wat getoets was vir drank, en is op die plek afgedank omdat hulle alkoholinhoud te hoog was om te kom werk. Dis nou maar ons beleid by hierdie Maatskappy Dirk.... As jy nie daarvoor kans sien nie, of as jy nie met die beleid saamstem nie, kan ons jou ongelukkig nie aanstel nie.”
“Nee.. uhm, dis in die hak.” Antwoord Dirk. “Ek glo julle moet streng wees met sulke goed... ek meen, veiligheid kom altyd eerste.”
“Dan is ek bly jy verstaan Dirk” glimlag Regard.
Jy kan nou na my persoonlike assistent toe gaan, sy sal jou al die dokumente gee wat jy moet invul en onderteken. Jou kontrak is ook by haar. 'n Laaste ding Dirk... ek sien op jou aansoekvorm jy het nie genoem of jy getroud is, of verbind is tot iemand nie?”
“Nee, ek is in die proses om van my vrou te skei..”
“Dan is ek jammer Dirk, sterkte.”
Dirk loop by sy baas se kantoor uit, en sien die oulike donkerkop meisie agter haar lessenaar besig met 'n oproep. Dis sy baas se persoonlike assistent. Mmmm... hy sal graag saam met haar wil laat werk. Dink hy met 'n glimlag om sy lippe.
“Meneer de Wet?”
“Dis reg Juffrou, maar noem my sommer Dirk. Ons gaan mos tog saamwerk.
Sy nooi hom om te sit, en sit 'n pak dokumente voor hom neer. “Voltooi asseblief die dokumente, en probeer om elke vraag te beantwoord wat daar aan jou gevra word. As iets vir jou onduidelik is, vra gerus.” Glimlag sy liefies vir hom.
Die lewe is 'n lied! Dink hy amper hardop. So 'n oulike poppie, en sy is tog te vriendelik met hom. En om te dink hy gaan haar elke dag sien. Dirk is druk besig om die vorms in te vul, toe sy selfoon lui. Hy sien dis Retha wat bel, en druk die foon dood. Hy kan nie nou met haar gesels nie. Hy sien hoe die PI vir hom sit en kyk, en hy glimlag vir haar. Hy gaan aan om die vorms te voltooi, dog sy foon lui weer. Hy vervies hom toe hy sien dis weer Retha, en sit sy foon af.
“Jy kan maar jou foon antwoord” hoor hy die donkerkop meisiekind met hom
praat.
“Eeh... nee wat, dis nie ernstig nie.”
“Dalk is dit jou vrou of iemand wat jou soek.”
“Nee wat, my gewese vrou sal my nie soek nie. Ons het niks om oor te gesels nie.”
“O, is jy geskei?”
“Nee, maar ek is besig om van my vrou te skei.”
Sy sit 'n skinkbord voor hom neer, en skink vir hom koffie in.
“Melk, suiker?”
“Ja asseblief, melk en drie suiker.”
Sy hou die koppie na hom toe uit.
“As jy klaar is, kan ons jou gou stuur vir jou medies. Vandaar kan jy maar huistoe gaan. Onthou net om ook na die kantoor toe te gaan waar jy vanoggend ingekom het.
Hulle sal jou klok kaart vir jou uitreik. Sonder hom sal jy nie môre oggend kan aanmeld vir diens nie.”
Sy glimlag weer liefies vir hom, en hy voel skoon lam. Kan so 'n mooi meisie in hom belangstel, en sy lyk nog of sy op die skoolbanke moet wees...
Hy hou die dokumente na haar uit, en maak nie aanstaltes om te loop nie.
Sy kyk op vanaf die papierwerk in haar hande, en sien die glimlag om sy lippe.
“Dit sal al wees vir nou Dirk. Jy kan maar vir jou medies gaan.”
Dirk voel afgehaal. Hy het gehoop hulle kan nog so 'n rukkie gesels, maar hy loop maar druipstert by die deur uit.
Hy onthou van sy foon wat hy afgesit het, en skakel hom gou weer aan. Hy sien nie enige boodskappe of oproepe wat weer deurgekom het nie, en bel maar self vir Retha.
“Hallo my liefling..” hoor sy Dirk se stem in haar ore toe sy die foon antwoord.
“Middag Dirk.... ek het jou vanoggend geskakel, maar jy was seker maar besig gewees.”
Hy kan hoor sy klink bietjie kwaai, en besluit om die heuningkwas te smeer.
“Jammer Retha, ek was in 'n vergadering... gewoonlik skakel ek my foon voor die vergaderings af, maar vanoggend het ek skoon vergeet. Ons grootbase was hier vir 'n vergadering, en jong, hulle kan goed de hel in raak as 'n selfoon lui. Hulle beboet jou sommer.”
“Dis reg Dirk, ek verstaan. Jy hoef nie te verduidelik nie.... as jy besig is, is jy besig.”
“Kan ek maar vanaand bietjie by jou kom kuier Retha.?”
Retha voel sommer weer opgeruimd met die wete dat hy vanaand weer by haar gaan kom kuier..
“Dis in die hak Dirk, sien jou dan 'n bietjie later.”
“Maar hoekom wil jy nou aflui Retha? Ek wil nog met jou gesels.”
“Ek is besig Dirk, en ek werk met syfers. As ek hier 'n fout maak, kan ek my
werk verloor. Maar ons kan vanaand lekker gesels as jy by my kom kuier.”
Dirk groet onwillig. Hy is lus om met iemand te gesels... veral nadat hy die mooi meisie in die kantoor ontmoet het.
Hy doen sy medies, en gaan terug hotel toe.
Retha sit en staar in die verte. Dirk het gesê hy werk vir homself.. maar waarom het hy vandag gesê die grootbase was by sy werk gewees? Iets klop nie. Sy gaan aan met haar werk.
Dirk het 'n bottel brandewyn gekoop, en kuier by homself. Hy sal 'n bietjie later voor hy na Retha toe gaan, vir Delia haar beursie terugvat.... maar hy sal eers bietjie met haar gesels. Niemand gooi hom sommer uit sy huis nie!
Hy neem 'n groot sluk uit sy glas, en skink vir homself nog 'n drankie. Net voordat hy na Retha toe gaan, ry hy eers by Delia se huis om – om haar beursie vir haar te gee.
Dirk stop voor haar huis. Hy is hoeka in 'n bakleierige bui.
Net toe hy aan die deur se knop wil draai, maak Johan die deur oop.
Dirk neem een tree agtertoe, want hy het hom nie daar verwag nie.
“En wat maak JY hier by my vrou? Ek is skaars uit die huis gegooi, of sy het weer 'n nuwe “lover”!
Johan kan ruik Dirk het gedrink, en probeer hard om nie die man te lyf te gaan nie.
“Dirk, jy weet jy oortree die wet om na hier na Delia se huis toe te kom.... so, doen wat jy moet doen, en gee pad voordat ek jou hier weghelp.”
“Hahaa... jy en WIE gaan my van my eie huis af wegjaag!” skree Dirk in Johan se gesig.
Delia sien hoe Johan vorentoe tree, en kom staan tussen hulle twee.
“Ek soek nie 'n bakleiery by my huis nie Dirk. Gee net my beursie, dan kan jy maar gaan. Jy sal een van die dae jou dokumente van my prokureur kry wat jy moet teken.”
“So, in tussentyd is jy besig om egbreuk te pleeg Delia! Kyk hoe gemaklik is hierdie mannetjie aangetrek! Mens sal sweer hy bly nou by jou!”
Delia stoot hom saggie by die deur uit.
“Jy het niks hier verloor nie Dirk, en wat my doen en late betref, het jy ook niks mee te doen nie. Gaan nou asseblief...”
Dirk ruk haar hand van sy arm af, en kyk skoorsoekend na Johan se kant toe. “Jy kan baie bly wees jy het vanaand 'n ‘babysitter’ Delia!” Johan kom staan in die voordeur. “Is dit 'n dreigement Dirk?”
“Asseblief Dirk! Ry nou net!” roep Delia benoud.
Dirk loop na sy motor, en sit eers vir 'n rukkie agter die stuurwiel. Hy draai sy venster oop.... “Hier is jou beursie flerrie, kom haal dit as jy dit wil hê!” Hy hou die beursie by die venster uit.
Delia en Johan loop na sy motor toe. “Ek het nie met jou gepraat nie Johan! Jy kan maar gerus bly waar jy is.” Maar Johan luister nie na Dirk nie, en stap saam met Delia. “Dirk, as jy nie nou jou ry kry nie, laat ek jou toesluit vir bestuur onder die invloed van drank!” dreig Johan.
Dirk gooi die beursie met 'n boog oor die grasperk dat jy net bankkaartjies sien trek. “Daar is jou beursie Delia.” Hy lag uit sy maag, en ry weg.
“Ek kan nie verstaan hoe kon jy met so 'n man getrou het nie Delia! Hy is 'n dronklap nikswerd vent. En die vermetelheid om jou goed sommer so oor die grasperk te gooi! Jy laat my dadelik weet as hy naby jou kom Delia..... Hy is moeilikheid. Ek verstaan nou hoekom jy nie alleen wil bly nie.... maar ek sal jou beskerm waar ek ookal kan.”
Delia sê nie ʼn woord nie, sy is besig om haar bank kaartjies van die grasperk op te tel.... sy kry so skaam vir Dirk se gedrag! Sy moes nooit met Dirk getrou het nie.
“Delia? Jy sê niks nie? Het jy die dreigement in sy stem gehoor toe hy gesê het jy kan bly wees hier was iemand by jou... jy sal BAIE versigtig moet wees waar jy ookal gaan. En wat doen hy met jou beursie by hom?”
“Hy het die beursie per ongeluk saam met sy goed ingepak Johan, maar ek is net bly al my kaarte is nog in die beursie.... en Ja Johan.... ek het dit gehoor. Ek is al so gewoond aan sy uitbarstings, dat hierdie een my nie eintlik skok nie. Ek kry net skaam dat jy hierdie dinge moes sien gebeur. En, jy is mos nou hier om my te beskerm” glimlag sy dapper na sy kant toe.
Dirk jaag by die straat af.
“Johan van alle mense! Hy kon nie sy kans afwag om by Delia uit te kom nie!” skree hy hardop. Hy dink aan die dag toe hy en Johan ontmoet het. Hy kon sien Johan hou nie van hom nie, maar het hom min aan hom gesteur. Hy het met Delia getrou, en niemand kon hom keer nie! Sy selfoon lui en hy sien dis Retha wat bel.
“Hallo my mooiste meisiekind! Hoe het jy geweet ek dink nou net aan jou?”
Retha lag. Nee, ek het net gewonder of jy nog oorkom na my toe. Dit raak al laat.”
“Ek is oppad my engel, ek is so oor vyf minute by jou huis.”
Retha frons toe sy die foon neersit. Hoekom klink hy so vrolik.... en van wanneer af noem hy haar sulke troetelname..... maar sy gee nie om nie, dit laat haar goed voel.
Dirk vat van die kougom wat hy vroeër gekoop het, en prop sy mond vol daarvan. Hy kou vir ʼn vale. Dalk sal sy nie ruik hy het gedrink nie.
Hy stop voor haar huis, en pluk 'n roos uit haar tuin. Sy wag by die deur vir hom.
“Sjoe maar jy is darem maar 'n mooi vrou Retha...” begroet hy haar by die deur. Hy soen haar sag op haar mond, en Retha ruik die drank aan hom.
“En waar het jy so lekker gekuier Dirk?” vra sy hom terwyl hulle die huis instap.
“Jong, die base het ons na werk gevat om ietsie te drink. Dan kan mens mos nie nee sê nie.”
“Dirk, wat ek nie kan verstaan nie, is dat jy gesê het jy werk vir jouself... waar kom die base dan nou in?”
Nou moet Dirk vinnig dink....
“Ek het eintlik bedoel ek is 'n voorman, en so werk ek vir myself. Jy weet mos wat ek bedoel my engel.”
“Mmm..... nie eintlik nie. Jy bedoel seker jy het meer tyd om rond te beweeg, want jy is die voorman.” glimlag sy vir hom.
“Dis net soos jy daar sê Retha! Ek werk nogsteeds vir 'n baas, maar my werk laat toe dat ek meer tyd op hande het... byvoorbeeld om jou te bel... en somtyds weg te
glip as ek moet..” hy knik vir haar oog terwyl hy haar nader aan hom trek.
Retha glimlag en kom staan in sy arms. Hy soek haar mond op, en soen haar lank en innig.
Retha stoot hom saggies weg. “Asemskep my liewe mens!” lag sy.
“As ek by jou is, is jy my suurstof begeerlike vroumens.”
Retha se oë rek groot toe hy haar so noem. “Sies vir jou Dirk! Ek trek nie so aan dat jy my moet begeerlik vind nie..”
“Nee, jy neem dit verkeerd op Retha... jou lippe... jou nabyheid, die geur van jou pafuum maak my mal. Ek is mal oor jou!”
Retha blom behoorlik! Hy voel net soos sy... sy is ook mal oor hom!
Hy stap na die kas waar haar kookwyn staan, en skink vir hom 'n glasie wyn. “Kan ek ook vir jou skink Retha?”
“Dirk! Dis my kookwyn!” Sê sy laggend.
“Nee dankie, ek wil regtig nie nou wyn drink nie... dis in elkgeval te laat om alkohol te drink.”
Hy sluk die glas wyn en skink vir hom nog 'n glasie.
Retha sit die ketel aan, en maak vir haar 'n koppie tee.
'En hoe was jou dag gewees Dirk. Jy het maar besig geklink met die wat jou foon so baie af was.”
“Ek was maar besig gewees, maar nie meer as ander dae nie. En jy Retha..?” vra hy vinnig voordat sy meer uitvra oor sy werk.
Hulle stap na die sitkamer toe, en Dirk kom sit langs haar op die bank.
“Ag, ek is maar altyd besig. Ek is hoof van finansies, daarom moet my werk altyd stiptelik wees. En ek moet konsentreer op wat ek doen, anders word verkeerde mense betaal aan die einde van die maand!”
“Mmm... en dit wil ons nie hê nie...” sê hy saggies terwyl hy haar nader trek. “Dirk, jy gaan mors met die glas wyn in jou hand...” sy sien hoe skeef hou hy die glas vas, en vat dit uit sy hand en sit dit op die koffietafel voor hom neer.
“Nee man my engel, ek sal mos nie op jou duur meubels mors nie!”
Hy trek haar nader, maar sy asem walg haar. Sy wens hy het liewers nie gedrink nie.
Hy frons toe sy nie eintlik sy soen begroet nie.
“En nou Retha, hoekom soen jy my nie terug nie..?” vra hy verslae.
“Dirk... om eerlik te wees, ek hou nie van jou drankasem nie..”
Dirk leun vorentoe en neem die laaste sluk uit sy glas.
“Ek is jammer Retha, ek moes dalk nie oorgekom het vanaand nie. Die ouens by die werk het my nou in die moeilikheid by jou.”
“Moenie nou aanstoot neem nie, Dirk! Ek wil jou graag hier hê.... kom ek stel dit so vir jou... my oorlede man het baie gedrink, en ek wil nie weer so 'n lewe hê nie.... dis maar al.” sê sy skaars hoorbaar.
Hy trek haar nader aan hom, en druk haar kop teen sy skouer.
“Dan is ek jammer Retha, ek sal my gedra.”
“Nee Dirk, daar gaan jy weer. Dit gaan nie daaroor dat jy jou nie kan gedra nie, ek wil net nie weer dieselfde hel deurgaan wat ek in die verlede deurgegaan het nie..”
“Retha, ek het maar net 'n stresvolle dag gehad, en toe saam met die manne iets gaan drink. Maar ek sal dit nie weer doen as jy nie daarvan hou nie.”
Retha besef dit gaan nie help om verder te argumenteer daaroor nie, en probeer die onderwerp te vermy.
“Is alles nog reg met jou vir die naweek Dirk? Die kinders het reeds gevra ek moet uitvind wat jy drink – Wim sal voorsiening daarvoor maak.”
“Ja my engel, die afspraak sal ek vir niks mis nie. Dit gaan so lekker wees om jou dogter en aanstaande skoonseun te ontmoet.”
Hulle spreek af wat hulle die aand gaan drink, en dit pla Retha dat Dirk nie eens aanbied om iets saam te neem om te drink nie. Hy neem net aan Wim sal voorsien. Sy weet Wim het gesê hy sal daarvoor sorg – maar mens daag nie leë hande by 'n braai op nie.... of so het sy en haar oorlede man altyd gedoen. Maar... hy is nie haar oorlede man nie,...“Ek moet seker moet aanstaltes maak Retha, ek
werk vroeg môre oggend..... of tensy ek hier by jou kan oornag...”
“Dirk.... jy het niks hier nie, nie eens 'n tandeborsel nie...”
“Ek het nie een nodig nie Retha, want voordat jy môre oggend behoorlik wakker is, is ek sekerlik al by die werk. Ek gaan mos eers by my huis om – om te gaan stort en skoon aan te trek.” Sy hoef mos nie te weet hy bly in die hotel nie, dink hy.
Retha weet nie of hy moet oorslaap of nie...
Hy sien dat sy twyfel, en dis 'n goeie teken vir hom! Want dan wil sy eintlik hê hy moet daar oorslaap...
Hy maak of hy wil opstaan, dog sy trek hom terug op die bank langs haar.
“Ek moet nou ry my engel, anders kom ek nie môre oggend op nie.” Sê hy met 'n glimlag op sy lippe.... hy weet hy het hierdie rondte gewen..
“Dirk.... jy kan hier oornag, maar moenie te veel van my verwag nie.”
Hy trek haar weereens nader, en soen haar innig.... Retha geniet sy aanraking, ten spyte van die drankreuk.... sy geniet sy sagte vol lippe.. en word weg gevoer na '’n ander dimensie..Hy druk sy arm onder haar middellyf in, en tel haar op in sy arms. Hy loop na haar slaapkamer, en sit haar teer op die bed neer.
“Dirk....” fluister sy sag.. soekend na asem.
“Ons ken mekaar nie goed genoeg om … so ver te gaan nie Dirk!”
Dirk praat nie terug nie, maar soek weer haar lippe op, en smoor die woorde wat nog oor haar lippe wil kom...
Retha voel sy hande op haar liggaam, en snak na haar asem! Hoe begeer sy nie hierdie man nie... al weet sy dis so verkeerd.
Vroeg die volgende oggend maak Dirk haar wakker.
“Het jy nie vir my 'n kopseerpil of iets wat hierdie erge kopseer sal weg toor nie?” Vra hy.
Retha glimlag vir hom.
“Môre vir jou ook Dirk...”
“Môre my engel... jammer, maar die kop van my is so seer, ek het aan niks anders gedink as iets wat dit sal verlig nie... Het jy darem lekker geslaap?” vra hy haar met 'n ondeunde glimlag.
Retha voel half skaam as hy so na haar kyk.
“Ja Dirk, dankie, ek het lekker geslaap..”
“Mmm.... dalk kan ons vanaand weer so maak my engel..?” glimlag hy liefies vir haar.
“Ek gee jou die pinkie, nou vat jy die hele hand Dirk!” glimlag sy vir hom.
“Dis net dat ek so eensaam voel Retha... en jy is ook eensaam... en dan het jy natuurlik hierdie groot huis tot jou beskikking.... met so baie kamers wat oopstaan.
Watter verskil gaan dit nou maak as ek hier by jou kom intrek?” Retha se oë rek groot toe hy van intrek praat.
“Dirk! Wat dink jy gaan die kinders van my dink? Ek is ook nie 'n los vrou wat saam met 'n man bly nie...”
Hy neem die pille wat sy vir hom aangee, en sluk dit met 'n glas water af.
“Wel, ek het die voorstel gemaak, en ek is mal oor jou Retha. Dink daaroor, en laat weet my deur die dag.... Dit kos my baie petrol om van my huis na jou toe te
ry in die aande, waar ek net sowel by jou kan kom intrek.”
Hy staan op vanaf die bed, en loop badkamer toe.
“Kyk daar in die kassie in die badkamer is 'n nuwe tandeborsel Dirk, jy kan hom maar gebruik as jy wil.”
“Dankie!” roep hy terug vanaf die badkamer.
Hy kom met 'n breë glimlag terug in die kamer.
“Nou hoekom sal jy 'n ekstra tandeborsel in jou badkamer hê my engel?”
“Ek hou maar altyd 'n spaar een as my dogter dalk kom oorslaap en sy het vergeet om hare in te pak Dirk.”
“Ek moet amper ry Retha... sal jy dit oorweeg, en my laat weet?”
“Dirk.... kom ons wag tot na die naweek, dan gesels ons weer.”
“O! wil jy kyk of ek goed genoeg is vir jou kinders?” vra hy heel omgekrap.
Retha is verslae oor sy optrede.
“Nee Dirk, ek wil net tot die naweek wag, en dis finaal. En jy hoef jou nie so op te ruk met my nie.”
Dirk kan sien sy is ontsteld, en gee haar 'n piksoentjie op haar voorkop.
“Ek moet nou ry, ek sal jou deur die dag bel my engel... en onthou, ek is lief vir jou.”
Sy wil nog iets sê, maar hy is al klaar by die deur uit.
Sy is sprakeloos! Het hy regtig vir haar gesê hy het haar lief? Of verbeel sy haarself? Hy het gisteraand ook vir haar gesê hy is lief vir haar...
Sy staan op om te gaan stort.
Sy was haar hare, en voel so gelukkig! Vrolik neurie sy saam met die liedjie wat oor die radio speel. Sy gaan maak vir haar koffie, en sit voor die spieëltafel.
Sy kyk na haar gesig, en sien haar wange is sommer so rooi. Retha glimlag vir haarself in die spieël. Sy is lief vir Dirk!
HOOFSTUK DERTIEN
Anette se foon lui.
Sy sien dis Anette wat bel, en antwoord vrolik.
“Sjoe! Maar ma is in 'n goeie bui vandag!” lag Anette.
“Wel, ek is mos altyd in 'n goeie bui my kind...”
“Alles nog reg vir die naweek se braai moeder?”
“Ja my kind, oom Dirk en ek het gisteraand weer daaroor gesels. Hy kan nie wag om julle te ontmoet nie.
“O, het oom Dirk vir ma kom kuier gisteraand?”
“Eeh... ja my kind. En ek hou regtig baie van hom. Ek glo julle sal ook van hom hou.”
Hulle gesels nog so 'n rukkie, en Retha lui af.
Sy sien in die spieël hoe rooi haar gesig is! Sy bloos sowaar oor die feit dat Dirk gisteraand by haar oornag het, en sy was onverhoeds betrap toe Anette haar nog uitgevra het oor Dirk! Sy trek vinnig aan, en maak haar kamer aan die kant. Sy ruik nog Dirk in die vertrek..... Sy voel so gelukkig om weer 'n manspersoon in haar lewe te hê. Iemand vir wie sy lief is. Hy het haar gisteraand verseker van sy liefde vir haar... en daarom sal sy nie twyfel of hy haar ook liefhet nie. En dit is so.... sy kan nie wag om Dirk aan haar kinders voor te stel nie.
Dirk stop by die winkel, en koop sommer twee energie drankies wat hy vinnig wegslaan. Dis sy eerste werksdag, en hy staan op met 'n babalaas! Hy klim in sy motor, en net toe hy wil ry, lui sy selfoon. Hy sien dis Mary wat hom soek. Hy is nie nou lus vir haar geselskap nie, maar hy weet ook hy moet haar in die prentjie hou. As Retha moeg raak vir hom, kan hy altyd na Mary toe gaan. “Hallo my skattebol!” Antwoord hy sy foon.
“Hallo my engel” antwoord Mary hom in 'n swaar Engelse aksent.
“Hoekom bel jy my nie meer nie Dirk? Dis nou al dae wat ek nie van jou hoor nie. Gaan jy die naweek bietjie vir my kom kuier? Ek mis jou.”
“Jong... ek werk ongelukkig die hele naweek my poplap, anders sou ek vir jou kom kuier het. Maar ek sal in volgende week plan maak om een aand na werk vir jou te kom kuier.” Probeer hy haar troos.
“Nee! Dis nie goed genoeg nie!” kerm sy met 'n klein stemmetjie in sy ore. Hy hou die selfoon 'n bietjie van sy oor af, want haar stem skeur deur sy kop!
“Luister my engeltjie, as ek nie werk nie, wie gaan vir my sorg, hmmm?” vra hy
ergerlik.
“Jy kan altyd by my kom intrek Dirk. Ons het mos al daaroor gepraat.”
“Jong ek sien verkeerspolisie daar voor in die pad, ek sal jou later weer bel.”
Hy weet as hy nie die leun vertel nie, sal sy aanhou praat, todat hy ingee om by haar in te trek. So dom sal hy ook nie nou wees nie. Hy kan mos sien hoe verlief Retha op hom is.... en sy het baie waardevolle artikels in en om haar huis. Wat beteken sy is nie arm nie. Hy glimlag breed toe hy aan die ander motor in haar motorhuis dink. Hy gaan haar nog oorreed dat hy met die motor kan ry. Sal sê syne is stukkend – of iets in daardie lyn.
By die werk aangekom, word hy eers getoets vir drank. Gelukkig vir hom kan hy deurgaan by die hek. Tot sy spyt kom die oulike poppie van gister nie dieselfde tyd as hy werk toe nie, so hy sal haar maar baie min sien. Dis te sê as hy haar enigsins gaan sien. Hy dink aan Mary. Sy is 'n pragtige vroumens, maar hy wil nie nou te betrokke by haar word nie. Sy is ook 'n los meisie, en hy weet sy slaap rond.... daarom dat hy hom nie tot haar op die oomblik wil verbind nie – dalk later. Hy sal haar maar net gelukkig hou, en hou as 'n spaarwiel. En die voordeel is dat sy ook skatryk is!
Dirk werk redelik hard op sy eerste dag by die werk. Hy kan voel hy het lanklaas gewerk, want hy is skoon pootuit toe die klok eenuur slaan. Hy sit en drink 'n koeldrank. 'n Koue biertjie sou nou baie lekkerder gesmaak het, dink hy by homself. Hy kyk na die kleingeld in sy hand, en besef sy geld is besig om op te raak. Of die geld wat hy by Delia gevat het. Hy bel vir Retha.
“En hoe gaan dit met die enigste vrou in my lewe?
Retha lag gelukkig.
“Ai Dirk, jy maak my dag.”
“My engel, onthou net, dit wat ek gisteraand en vanoggend gesê het, bedoel ek uit my hart.... ek is lief vir jou...” smeer Dirk die heiningkwas.
“Dirk.... ek is ook lief vir jou..” sê sy huiwerig. Bang sy mag dalk 'n fout maak.
“Engel, bedoel jy dit!” roep Dirk uit.
“Ja Dirk, ek is ook lief vir jou... dis net..”
Dirk raak koud waar hy onder die boom sit en rus.
“Maar net wat my engel?”
“Alles gebeur so gou. Ek is net bang ons druk dinge te vinnig.”
“My engel, ek het lanklaas oor 'n vrou gevoel soos ek oor jou voel. Moet asseblief nie my hart breek nie.”
“Nou hoekom sal ek dit aan jou doen Dirk!?
“Jy klink so onseker my engel, en ek wil jou nie verloor nie.”
Retha glimlag gelukkig. Jy sal my nie verloor nie Dirk, ek het mos gesê ek is lief vir jou.”
Dirk glimlag gelukkig. Hy is bly oor die woorde.
“So.... ek kan maar vanaand oorkom Retha?”
“Dirk, ons het mos nou daaroor gepraat. Laat ons net die naweek agter die rug kry, dan praat ons weer.”
“Goed dan my engel, dis darem môre Vrydag. Dan sien ek jou in elkgeval môre aand. Dis immers Vrydag!”
“Ja Dirk, jy is welkom om môre aand te kom kuier....”
Dirk weet hy het weereens die rondte gewen... want hy gaan sorg dat hy daar by
haar oorslaap.
Delia dink vandag aan Dirk. Sy wonder waar in die lewe hy is, en waar hy werk. Sy weet sy kan hom enige tyd bel, maar wat sê sy vir hom? Sy is eintlik bang vir hom. Sy kry net die arme vrou jammer wat nou met hom opgeskeep sit. Maar sy weet hy is goed met vrouens, en praat hulle maklik 'n gat in die kop.... Dis immers wat hy ook met haar gedoen het. Hy is 'n baie gevaarlike mannetjie! Hy het wel gesê hy het 'n werk gekry, maar sy wonder vir hoe lank hy die werk gaan hou. Sy weet hy hou 'n werk net vir 'n paar maande, dan drink hy homself in 'n koma. As sy nog getwyfel het om van hom te skei, is hierdie laaste gedagte die koeël deur die kerk. Sy is moeg vir sy dronkenskap, en alewige mishandeling.... fisies sowel as geestelik... Sy tel haar foon op, en skakel haar prokureur.. Hy moet die skeisaak so gou as moontlik afhandel.
Dirk stop by die naaste kroeg toe hy van die werk af kom. As hy nie nou 'n bier inkry nie, gaan hy nie hierdie dag oorleef nie! Hy bestel 'n yskoue bier, en sluk dit vinnig af. Hy bestel sommer nog een. Hy sal maar vanaand nog Hotel toe gaan, en daar gaan slaap. Maar môre aand sal hy verseker by Retha oorslaap. Of wag, dalk moet hy 'n draai by Mary maak.....
Hy drink sy bier klaar en ry hotel toe om te stort.
Vanaand sal hy Mary gaan verras, en mooi aan haar verduidelik dat hy nie nou by haar kan intrek nie. En môre aand is dit Retha! Hy glimlag ingenome waar hy onder die stort staan. Hoe gelukkig kan een man wees om so 'n haan onder die henne te wees. En al die vrouens wat hy ken, is ryk!
"Die lewe is een groot plesier!" neurie hy terwyl hy aantrek.
Dirk stop voor Mary se woonstel. Hy het vir hulle iets gekoop om te drink. Nie dat dit nodig is nie, want Mary het altyd iets te drinke. En dis darem nie kookwyn nie!
Hy klop aan haar deur.
"My engel!" roep sy verras uit.
"Dis nou 'n lekker verassing. Waar is jou bagasie? vra sy in daardie swaar Engelse aksent wat Dirk so aantreklik vind.
"Nee Mary, ek het net vanaand vir jou kom hallo sê. Ek het gedink ek skeep jou teveel af, en besluit toe om te kom kuier."
Mary trek hom die woonstel in, en maak die deur agter haar toe.
Hy neem haar in sy arms en soen haar innig. Mary soen met oorgawe terug, en gee glad nie om toe Dirk haar japon begin uittrek nie. Sy het net uit die bad geklim, en nog nie haar nagklere aangetrek nie.
Na 'n rukkie sit Dirk regop in haar bed. "Gaan jy ietsie saam met my drink?" Vra hy Mary wat na hom loer met 'n stoute glimlag om haar mondhoeke.
"Jy kan maar skink Dirk, ek is nou heeltemal te lui om op te staan.
Dirk skink vir hul elkeen 'n glasie wyn, maar sluk syne gou, en skink nog 'n glasie vir hom.
"Wanneer trek jy nou by my in Dirk?" vra sy met 'n pruilmondjie.
"Mary, daar waar ek nou bly, het ek kontrak geteken, en dis nog 'n rukkie voordat die kontrak verby is. As ek nou my goed vat ek trek, kan hulle my dagvaar vir kontrakbreuk."
Mary lyk nie gelukkig nie maar aanvaar dat hy nie nou dadelik by haar kan intrek nie.
"Goed dan Dirk, maar dan wil ek jou meer gereeld sien. Of sien jy ander meisies ook?" vra sy nukkerig.
"Nee my engel! Wat laat jou dink daar is ander meisies in my lewe? Ek is 'n hard werkende man, en daarom het ek min tyd om te kuier."
"Sal jy dan vanaand by my oornag Dirk...mmm?
Dis net waarvoor hy gewag het, en antwoord sommer dadelik daarop.
"Natuurlik my skat! Daarom dan dat ek jou kom verras het met vanaand se kuier.
Hulle drink verder van die wyn, en spoedig is hulle weer in 'n vuurwarm omhelsing.
Die volgende oggend skrik Dirk homself boeglam toe hy op sy horlosie kyk en sien dis al amper tyd om te begin werk. "Mary, hoekom het jy nie jou alarm gestel om my wakker te maak nie!" raas hy vererg. "Nou is ek amper laat vir werk, en ek moet nog gaan stort ook."
"Ek is jammer my engel...maar jy kan gou hier by my stort." Sy weet hy kan sy humeur lelik verloor, en is nie nou lus vir 'n bakleiery nie. Sy voel in elkgeval dat dit nie haar plig was om hom wakker te maak nie. En sy kan sien hy het 'n lelike babalaas aan hom.
"Ek het nie eens skoon klere hier nie Mary!" antwoord hy vererg. Hoe kan ek vuil klere aantrek na ek klaar by jou gestort het?!!"
"Ja wel, as jy nou hier gebly het, soos ek voorgestel het, sou jy nie nou gesukkel het met skoon klere nie." Antwoord sy hom vererg.
Dirk byt hard op sy tande om haar nie iets leliks toe te snou nie. Sal die vroumens nou aanhou karring dat hy daar moet kom bly! Hy is sommer lus en gee haar 'n oorveeg sodat sy net haar mond kan hou!
Hy trek vinnig aan, en groet van die deur af.
"Lekker werk my skat, en dankie vir die lekker aand!" Roep sy hom agterna.
"Dirk is so haastig dat hy haar skaars hoor. Hy storm by die deur uit en jaag Hotel toe. Hy sal nou moet wikkel, anders is hy laat vir werk. Hy is sommer vies vir homself. Hoekom het hy nou weer so baie gedrink! Nou voel hy weer so siek vanoggend. In 'n rekord tyd maak hy klaar en ry werk toe.
HOOFSTUK VEERTIEN
Gelukkig vir hom toets hy weereens skoon toe hy getoets word vir drank. Maar hy voel nie wel nie, en is glad nie lus vir die dag nie. Sy selfoon lui, en hy antwoord toe hy sien dis Retha wat bel.
"More my engel," antwoord hy sy foon.
"Wat is verkeerd Dirk? Voel jy siek of wat?" vra Retha bekommerd.
"Nee my engel, ek het sleg geslaap. Ek kon nie aan die slaap raak nie. Ek het jou gemis langs my in die bed. Nou sit ek met hierdie erge kopseer van die min slaap."
Antwoord hy half nors.
Retha kan nie help om te glimlag nie. Dat hy haar nou so kon mis dat hy nie kon slaap nie!
"Ag toemaar Dirk, ek sien jou darem vanaand na werk. Gelukkig is dit Vrydag, en môre aand gaan ons lekker by my dogter hulle braai.
"Ek moet jou groet Retha, die werk staan stil. Dan sien ek jou vanaand."
Retha voel bietjie afgehaal toe hy aflui. Sy het hom gemis, en hy antwoord haar so kortaf. Sy sal hom maar ekstra meer pamperlang die naweek, sodat hy kan sien hoeveel sy vir hom omgee....
Die dag gaan maar baie stadig om vir Dirk. Hy smag na 'n regmaker, en is glad nie lus om te werk nie. Hy sal ook nog met 'n ekstra paar uur se slaap kon doen.
Toe hy vieruur by die maatskappy se hekke uitry, kan hy skaars wag om by die Hotel uit te kom. Hy moet nou iets drink, anders gaan hy nie lekker by Retha kuier vanaand nie. Maar hy weet ook hy kan nie teveel drink nie, want sy het genoem sy haat 'n drank asem.
Dirk bestel vir hom 'n koue bier, en sluk dit vinnig af. Hy voel sommer klaar beter toe hy na sy hotelkamer toe gaan. Hy sal sy kaarte mooi moet speel, want hy kan nie langer in die hotel bly nie. Sy finansies lyk nie goed nie. Daarom sal hy so gou as moontlik by Retha, of Mary moet intrek.
Hy stort vinnig en maak reg om na Retha toe te gaan. Langs die pad stop hy eers om vir haar 'n bos blomme te koop. Hy moet darem 'n goeie indruk skep! dink hy met 'n glimlag om die mond.
Retha glimlag van oor tot oor toe sy die deur oopmaak en in 'n bos blomme vaskyk. Dirk loer om die bos blomme, en glimlag vir haar.
"Naand my liefste engel. Ek het so na jou verlang!" Smeer hy die heuningkwas.
Sy vat die blomme by hom, en sit dit op die tafel neer.
"Dankie Dirk, die blomme is pragtig!"
Hy trek haar nader, en soek haar lippe op. Sy gee oor aan sy omhelsing...
Retha kan haar verkyk aan Dirk se gesig soos hy ingesluimer het in haar arms op die bank. Hy lyk uitgeput, en sy wil hom nie wakker maak nie. Siestog, dink sy by haarself. Hy werk seker so hard. En dan moet hy nog deur die trauma van 'n egskeiding gaan!
Dirk word wakker, en sien hoe sy na hom kyk.
Hy glimlag vir haar.
"En waaraan dink jy so diep my engel?"
"Ek het maar net gedink hoe hard jy moet werk dat jy so moeg lyk. Jy kan maar nog 'n bietjie so lê. Ek sal bietjie later vir ons ietsie maak om te eet. Of nog beter, ons bestel sommer iets om te eet."
"Wie wil nou eet as hy so 'n aantreklike vrou aan sy - sy het? vra Dirk.
Retha lag. "Ja toe, mens kan nie net van koue water en liefde alleen leef nie."
Dirk sit nou regop.
"My engel.... weet jy hoe lief ek jou het? Ek wil jou nooit verloor nie. Ek wil altyd daar vir jou wees, maak nie saak wat nie. Ek wil vir jou sorg, en jou koester, al die dae van my lewe."
Retha voel hoe haar maag draai met hierdie mooi woorde, en kyk hom reguit in die oë.
"Dirk, ek het jou ook lief... en sal baie graag wil hê hierdie verhouding moet nooit stop nie."
"Retha, ek sal jou graag wil vra om te trou...
Retha snak na haar asem! Sy sal wat wil gee om met hom te trou, maar hy sal eers van sy vrou moet skei.
"Dirk, skei jy nou eers van jou vorige vrou, dan kan jy my gerus weer vra." glimlag sy vir hom.
"Sal jy dit werklik oorweeg om met my te trou!" vra hy met verbasing.
"Ja Dirk, ek mag dit heel moontlik oorweeg.."
Dirk gryp haar aan haar hand en trek haar teen hom op.
"Jy sal my die gelukkigste man in die hele wêreld maak my engel!"
Hy soen haar en sy lippe beweeg af na haar nek. Retha sug, en haar kop draai behoorlik van die heerlike gevoel wat oor haar spoel. Sy weet sy moet een of andertyd halt roep, maar dis basies onmoontlik! Sy geniet sy aanraking, en liefkoos hom terug. Dirk soen haar kuiltjie in haar nek.... sy lippe raak aan haar skouer.... Haar rok se bandjie val van haar skouer af..
Dirk tel haar op en dra haar na die slaapkamer. Retha voel magteloos. Sy wil keer, maar is heeltemal weggevoer in sy vurige omhelsing..
Vroeg Saterdag oggend word Retha in Dirk se arms wakker. Sy dink aan die aand wat verby is, en glimlag. Sy sal haar lewe saam met hierdie man kan voorstel. Hy moet nou net van sy vrou skei, sodat hulle kan aangaan met hul lewens. Dirk word ook nou wakker, en kyk om hom rond. Vir 'n oomblik het hy nie geweet waar hy is nie!
"Mmm.... môre my engel."
"More Dirk..."
Retha wil opstaan om vir hulle koffie te gaan maak, dog Dirk trek haar terug in die bed.
Retha lag toe sy langs hom neerval.
"Dirk, ons het nie eens gisteraand geëet nie. Ek wil gou vir jou ontbyt maak."
"Ons kan bietjie later eet my engel. Kom lê nog so 'n bietjie hier by my.
Retha gaan lê in sy arms.
"So.... vanmiddag ontmoet ek jou dogter en jou aanstaande skoonseun."
"Ja Dirk, maar ek glo jy sal baie van hulle hou. Wim is 'n skoonseun so na my hart."
"Ek kan nie wag om hulle te ontmoet nie my engel. Ek hoop net hulle hou so
baie van my soos jy van my hou."
Retha lag vir Dirk. "Nee, op die manier wat ek van jou hou, sal hulle nie van jou hou nie! Maar hulle sal van jou hou as vriend van hulle ma.
Dirk hou van wat hy hoor, en draai hom na haar toe.
"En op watter manier hou jy van my, my engel? Mmm?"
Retha voel hoe sy bloos, en wil haar nog uit sy omhelsing loswikkel, maar hy hou haar styf vas.
"Wys my op watter manier hou jy van my... fluister hy in haar oor."
Retha soen hom liggies op sy mond.
"Dit kan nie al wees nie my engel, fluister hy sag in haar oor.
Sy soen hom innig en Dirk se hart jubel!
Dirk staan onder die stort en dink na oor die aand wat verby is. Hy het Retha so geniet, en hy is werklik lief vir haar. Sê nou maar net haar kinders hou nie van hom nie. Maar hy sal baklei vir haar, want hy weet ook hoe sy oor hom voel. Hy
sal maar Sondagaand met haar gesels oor die feit dat hy by haar wil intrek. Hy sal homself nou net moet gedra by die braai vandag, en homself nie aan drank oorgee nie. Hy kan mos nou ook nie help hy geniet sy drankie nie.
Dirk stap die kombuis binne, en die heerlikste reuke begroet hom. Hy ruik die moerkoffie, spek en eiers.
"Mmm... dit ruik te heerlik!"
Retha glimlag vir hom, en skink vir hom koffie.
"Jy moet oppas Retha, ek kan gewoond raak aan hierdie bederf!"
Retha het vir hulle buite onder die groot wilgerboom tafel gedek, en alles lyk sprokies mooi.
Dirk voel in 'n mate skuldig omdat hy die vorige aand by Mary oorgeslaap het. Hy kan sien Retha gee vir hom om, en hy wil haar nie graag seermaak nie. Hy besluit om sy bes te doen om nie weer so baie te drink, of by ander vrouens te slaap nie.
Retha bel gou vir Anette om die laaste reëlings vir later se braai te reël.
Na ontbyt ruim hulle saam die kombuis op, en Retha maak verskonning om gou te gaan bad.
Dirk geniet die groot huis, en stap van vertrek tot vertrek terwyl Retha in die bad is. Hy verkyk hom aan die mooi meubels in elke kamer, en stop by die studeerkamer. Hy loop tot by die groot lessenaar, en kan sien dis 'n antieke tafel. Hy sien ook die rekenaar waarop hy Retha ontmoet het. Hy gaan sit ager die lessenaar en skakel die rekenaar aan...
Anette voel so gelukkig. Sy het hierdie dierbare man ontmoet wat haar so gelukkig maak. Sy glo haar kinders sal van Dirk hou. Wie kan nie van hom hou nie. Hy is alles wat sy in 'n man soek. Sy dink ook terug aan wat Anette vir haar gesê het. Hulle was so bekommerd oor haar gewees. Bang sy ontmoet die verkeerde persoon. En hier kry sy die eerste man wat sy ontmoet op die internet, en sy dink al daaraan om met hom te trou!
Dirk geniet homself op Retha se rekenaar. Sy het nie uitgeteken op haar bankbesonderhede nie. Sy was sekerlik besig om fondse oor te dra, of rekeninge te betaal, want die interverbinding bladsy is nog oop. Hy sien hoeveel geld sy in haar rekening het, en kyk ook na haar ander bank rekenings wat aan haar bank gekoppel is. "Hier wil ek bly!" Fluister hy saggies en ingenome met homself. Hy wip soos hy skrik toe hy Retha se haardroër hoor. Hy maak seker hy los alles soos dit was toe hy voor die rekenaar kom sit het, en stap na haar kamer toe.
Retha is besig om haar hare droog te maak. Hy kom staan agter haar, en sien die blos op haar wange. Hy vat haar hare weg, en soen haar sag in haar nek. Sy ruik soos lentebloeisels, skoon en vars. Retha giggel, en blaas hom in die gesig met die haardroër.
"Wag nou Dirk! Ek wil klaarmaak. Ons moet gou winkels toe gaan, ek wil 'n paar goedjies gaan kry voordat ons na Anette hulle toe gaan."
"Dis baie moeilik om so aantreklike dame sommer netso te los my engel!" Maar ek sal solank jou motor uit gaan trek.
"O... goed dan. Ek het gedink ons ry sommer met jou motor Dirk. Maar jy kan maar my motor uit gaan trek."
Retha, die ding is, my motor is nog nie heeltemal betroubaar om mee te ry nie. Joune vertrou ek meer as myne!" Hy knip oog vir haar.
Sy glimlag vir hom.
"Ek wil ook nie regtig in die middel van die dorp gaan staan met motor probleme nie Dirk. So, laat ons maar liewers dan met my motor ry."
Dirk neem haar motorsleutels en maak die motorhuis oop. Sy motor lyk maar vaal teen al die prag in Retha se motorhuis. Hy trek haar motor met 'n swaar hart uit die motorhuis. Hoekom moet ander mense altyd meer as hy hê? Wonder hy by homself.
Retha doen 'n paar inkopies vir die huis, en kry 'n paar peuselhappies vir die braai by Anette hulle. Sy kan wil nie met leë hande by hulle aankom nie. By die betaalpunt betaal sy met haar kaart. Dirk bied nie aan om te help betaal vir die inkopies nie, maar hy bied wel aan om vir hulle drankies te koop.
"Dirk, dis nie nodig dat jy drank koop nie. Wim het alreeds vir jou iets gekoop om te drink."
"Ek verstaan Retha, ek kry maar hierdie dan kan ons dit by jou huis hou. Ek is nie lus om weer jou kookwyn te drink nie." Hulle lag saam. Dan is dit reg Dirk. Ek hou mos nie self drank in die huis aan nie, want ek drink dit nie."
Hulle pak gou die pakkies uit toe hulle by die huis kom, en maak reg om na Anette hulle toe te gaan. Dirk is so lus vir 'n drankie, hy kan sy lag nie hou nie. Maar hy sal maar sy beste voetjie neersit voor Retha se kinders. Hy wil nie 'n slegte indruk op hulle maak nie. Retha sluit die huis agter hulle, en hulle ry na Anette hulle toe.
Retha stel Dirk aan Anette en Wim voor.
"Middag oom!! Groet Wim Dirk met 'n ferm handdruk.
Anette kom stel haarself ook aan Dirk voor. Sy hou van wat sy sien.
Dirk en Wim raak besig by die vuur, en Anette en haar ma is in die kombuis besig.
"Sjoe ma! Ek het ma lanklaas so gelukkig gesien!" Glimlag Anette tevrede.
"Ja my kind, ek hou baie van oom Dirk. Ek dink hy is met 'n doel op my pad gesit."
Anette sien die blos op haar ma se wange, en glimlag breed.
"Ma?"
Anette kyk op vanaf die bak slaai wat sy besig is om voor te berei.
"Wat Anette? "vra haar ma verbaas.
"Ma kan dit nie vir my wegsteek nie! Ma is verlief!"
Retha lag nou lekker. "Ja my kind, ek is tot en met my ore verlief op oom Dirk! Hy is alles wat ek graag wou gehad het. En julle was verniet bekommerd gewees."Anette gryp haar ma om die lyf en gee haar 'n stywe drukkie.
"Ek is so bly vir moeder! Ma verdien om weer gelukkig te wees, en ek kan ook sien oom Dirk is lief vir ma."
"Anette, ons het nie gepraat van liefde nie, maar wel verliefdheid."
"Ja ja ma, en daar is 'n man op die maan! Ek kan mos sien hoe julle vir mekaar kyk, en ek is bly vir julle."
Retha glimlag vir haar kind. Sy is lief vir Dirk, en sy weet dis nie net
verliefdheid nie. Sy is so dankbaar die kinders hou ook van hom. Alles sal nou beter gaan, want sy wou eers geweet het of haar kinders vir Dirk gaan aanvaar.
Hulle geniet die braaivleis, en geniet mekaar se geselskap.
Later die aand sit hulle by die braaivleis vuurtjie, en geniet die stilte rondom hulle. Dirk bied aan om vir hulle 'n laaste drankie te gaan skink voordat hulle huistoe ry.
Wim stap saam met Dirk kombuis toe.
"Ma..."
"Ja my kind" vra Retha Anette toe sy stilbly.
"Waar bly oom Dirk? Bly hy ook in die dorp, of wat?"
Retha is bly dis donker sodat Anette nie kan sien hoe sy bloos nie.
"Hy is geskei my kind, en woon en werk hier op ons dorp."
"Ma, ek wil nie hê ma moet seerkry nie. Ma het al deur so baie dinge in die lewe gegaan. Al wat ek ma vra is om nie te oorhastig op te tree nie."
"Wat bedoel jy nou my kind? Hou jy nie van oom Dirk nie, of het jy iets gesien wat ek nie gesien het nie?"
"Nee ma, ek hou van oom Dirk, maar ma moet net kyk na sy drinkgewoontes. Onthou, pa het ook baie gedrink, en het ma al die hel op aarde gegee."
"Ek doen my kind, ek doen. Ek het vir hom gesê ek hou nie van drank nie."
"En hy ma, hoeveel weet ma van hom af?"
"Hy het gesê hy drink 'n drankie saam met sy vriende op naweke as hulle saam rugby kyk, en dis al my kind."
"Dan is dit goed so ma. Wees maar net versigtig."
"Nou moet ek hom eerder laat gaan Anette?
"Nee ma, ek meen maar net ma moet oplet na sy drankgewoontes. Al was dit 'n ander man, sou ek ma gewaarsku het daarteen. Ontspan nou, ek hou van oom Dirk."
Net toe kom Dirk en Wim by die deur uit.
"Het ek dalk my naam gehoor?" vra Dirk met 'n glimlag.
"Ja, ons het lekker van oom Dirk geskinder!" grap Anette.
Retha hulle maak aanstaltes om te ry.
"Baie dankie vir 'n heerlike aand Wim." Groet Dirk vir Wim.
"Dit was 'n voorreg om julle tweetjies uiteindelik te kon ontmoet."
"Dankie dat oom hulle kom braai het. Ons moet weer so maak." Antwoord Dirk hom terug.
Retha hulle groet, en vertrek.
Anette sit nog by die vuurtjie. Sy is diep ingedagte.
"En nou my meisiekind? Hoekom so ernstig?" Vra Dirk aan Anette.
"Wim, ek hou van oom Dirk. Ek glo hy is die regte man vir my ma. Is net sy drankgewoontes wat my bietjie afsit."
"Weet jy Anette, ek het agter gekom hy drink sy drankies te vinnig.... en dit het my ook gepla. Maar dalk was dit maar net sy senuwees om ons te ontmoet. Ons moet maar daarna kyk as ons weer saam kuier.
Dirk trek die motor in die motorhuis, en Retha sluit die huis oop.
Dirk neem Retha in sy arms, en gee haar 'n drukkie.
"Dankie vir 'n heerlike aand my engel. Dit was so heerlik om jou kinders te ontmoet. Jy het 'n pragtige dogter."
"Ek moet vir jou dankie sê Dirk. My kinders hou van jou."
Hy los haar en stap kombuis toe.
"Wil jy nou iets saam met my drink Retha?"
"Nee dankie Dirk, het jy nie ook nou al genoeg gehad vir die aand nie?"
Hy wil hom vir haar vererg, maar hou homself in.
"Ek gaan net een drankie drink my engel. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is nie 'n alkoholis nie."
Retha voel die kommer in haar hart....
Sy sit die TV aan, en gaan sit op die bank. Hy kom sit langs haar, en hou haar hand vas.
"Het jy darem die aand geniet my skat?" vra hy.
"Ja Dirk, dit was aangenaam. As die kinders nie van jou gehou het nie, sou hulle nie gesê het ons moet weer so maak nie. Ek ken Wim te goed daarvoor."
Dirk glimlag.
"Dan kan ek sekerlik vanaand hier oornag my engel? Of nog beter, wanneer kan ek nou by jou kom bly?"
"Dirk.... ek wil graag hê jy moet hier by my kom bly, maar wat gaan die kinders van my dink?"
"Jou kind is al groot en weet hoe die liefde werk Retha. Ek glo hulle sal verstaan. En ek is lief vir jou Retha! Ek het gisteraand soos 'n babatjie geslaap, want ek was by jou gewees. Ek sukkel om sonder jou te slaap."
Retha glimlag. "Dirk, my liewe Dirk, jy vra so mooi. Ons kan môre jou klere gaan haal, dan kom bly jy hier by my."
Dirk is oorstelp van vreugde! Maar dink ook vinnig wat hy moet sê hoekom hy in 'n hotelkamer bly.
"Retha, daar is iets wat ek vir jou moet sê."
Retha word koud op die bank waar sy sit.
"Wat is dit Dirk?"
"Wel, my gewese vrou het my uit die huis gegooi, en self daar ingetrek. So ek bly in 'n hotelkamer."
"Is dit al Dirk? Of is daar nog goed wat ek moet weet?"
"Dis al my engel..." antwoord hy verleë.
Retha lag sommer van verligting!
Dirk staar na haar, en wonder hoekom sy vir hom lag.
"My liewe Dirk, ek het gedink jy wil my iets veel ergers vertel! Dan is dit mos nou die regte tyd om by my in te trek."
Dirk sug verligting. Hy het werklikwaar gedink sy gaan nie verstaan nie, en hom dalk wegjaag. Hy besef al hoe meer wat 'n juweel van 'n vrou hy het.
"Dan is jy nie vir my kwaad nie my engel?"
"Nee glad nie Dirk, ek kry jou eintlik baie jammer. Hoekom het jy nie al lankal vir my gesê jy bly in 'n hotelkamer nie?
"Ek wou nie my probleme jou probleem maak nie my engel. Maar baie dankie dat ek hier kan intrek. Die hotelkamer het my 'n fortuin gekos."
Retha verskoon haarself en noem dat sy gou wil gaan stort.
"Kan ek maar saam kom stort my engel?" vra Dirk met 'n glimlag om sy mond.
"Jong! ek gee die pinkie, dan wil jy die hele hand hê!" lag sy vir hom. "Nee, ek stort alleen, dalk 'n volgende keer my skat." Sy knipoog vir hom, en hy voel goed oor homself.
Retha staan onder die lekker warm stort, en geniet die warm water wat oor haar liggaam stroom. Sy dink aan Dirk, en voel so gelukkig. Sy weet die kinders gaan dit dalk nie goedkeur dat Dirk by haar kom woon nie, maar sy is mos 'n volwasse vrou, en het nie ander mense se toestemming nodig nie. En sy en Dirk is lief vir mekaar. Retha is so besig met haar eie gedagtes, dat sy nie eens hoor toe Dirk die stort se deur oop trek nie. Sy lippe raak aan haar skouer... Retha kyk verbaas om, en kyk diep in Dirk se laggende oë.
"Dirk! ek het dan gesê jy..." maar sy kom nie verder met haar sin nie, want Dirk soek haar lippe op en smoor die res van haar sin. Hy staan saam met haar onder die warm water wat nou oor hulle stroom.
HOOFSTUK VYFTIEN
Vroeg Sondag oggend word Retha wakker. Sy sien Dirk staan voor die kamervenster. Hy is diep in gedagte. Retha staan saggies op, en gaan staan agter hom en sit haar arms om sy middel.
"En waaroor is jy so diep ingedagte my skat?"
Dirk glimlag en draai na Retha toe.
"Ek het maar net gestaan en dink hoe gelukkig is ek om jou te ken. Jy het my hele lewe verander. Ek wil vir jou die beste man ooit wees Retha."
Retha vat hom aan die hand, en saam stap hulle kombuis toe.
"Kom ek maak gou vir ons koffie, dan maak ons klaar, sodat ons jou goed by die hotel kan gaan haal." Stel Retha voor.
"Ek sal dit waardeer my engel, die hotel raak nou hopeloos te duur vir my om in te bly."
Dirk en Retha stop voor sy hotel. "Ek het nie veel goedjies om te kry nie Retha. Net alles in my tas pak, dan kan ons maar ry."
Retha stap saam met hom na sy hotelkamer. Sy voel so jammer vir hom! Om te dink hy dra sy hele lewe in 'n tas rond. Hy het geen ander besittings nie, niks wat hy kan sê dis myne nie. Sy vrou moes darem maar baie gewetenloos gewees het! Sy voel sommer kwaad vir sy amper gewese vrou.
Hulle loop na ontvangs toe om sy sleutel van die kamer in te gee.
"Meneer, daar is 'n uitstaande bedrag wat nog deur u vereffen moet word." praat die man agter die toonbank met hom.
"Dis heeltemal onmoontlik! Ek het dan vooruit op die kamer betaal!" Antwoord Dirk vererg.
"Meneer, dis vir die alkohol wat na u kamer toe bestel is. Alles is op u rekening geplaas."
"Maar ek kry eers die einde van die maand geld, dan kan ek julle eers betaal!"
"Ek is jammer meneer, maar u moet die rekening vereffen voordat u die hotel kan verlaat."
Retha haal haar kredietkaart uit, en betaal die rekening.
"Ai, dankie Retha, ek sal met jou regmaak sodra ek my salaris ontvang." Antwoord Dirk verleë.
"Dis geen probleem nie Dirk. Jy hoef dit nie terug te betaal nie. Ek is lief vir jou, en wil dit graag vir jou betaal. Kom ons los dit nou maar?"
Dirk soen haar vol op haar mond.
"Dankie my liefste engel!"
Retha is diep ingedagte toe hulle terugry na haar huis toe. Sy wonder of sy die regte ding doen. Moet hy maar eers in een van die gaste kamers intrek, of moet hy in haar kamer intrek? Sy glimlag. Sy het vanoggend gesien hy vat nie sommer nee as 'n antwoord nie! So, of sy hom nou in 'n ander kamer laat trek of nie, hy sal wel by haar in die bed kom klim!
Hulle stop by haar huis, en Retha vra dat hy nie die motor moet intrek in die motorhuis nie.
"Wou jy dan nog iewers heen gery het my engel?" vra Dirk.
"Ek het gedink ons pak gou jou klere uit, dan gaan eet ons ietsie. Ek is tog nie lus om vandag kos te maak nie."
Dirk is vir 'n oomblik stil. "Engel, jy weet ek is op hierdie oomblik platsak..."
"Maar my!, ek het mos gesê ek vat ons uit vir ete Dirk. Ek wil hê jy moet nou ophou bekommer oor geld en verblyf. Jy moet maar gewoond raak aan die bederf, want ek is lief daarvoor om die liefde in my lewe lekker te bederf!"
Sy dink hoe swaar hy by sy vrou moes kry...
"Dankie my engel. Dan gaan ek gou uitpak."
"Wil jy hê ek moet jou kom help daarmee Dirk?"
"Nee dankie my skat, ek sal regkom. Jy moet net vir my sê watter kas ek moet gebruik."
Retha glimlag en stap na die spaarkamer toe. "Jy kan maar hierdie kamer gebruik, en daar is jou kaste." Sy wys met haar hand na die kaste en die bed.
Dirk kyk haar met groot oë aan. Hy sê nie 'n woord nie.
"Dirk?"
Sy kan haar lag nie hou nie, en begin giggel.
Dirk wil homself eers vervies, maar sien sy is besig om sy been te trek.
"Amper het jy my gevang Retha! Ek sal mos nooit alleen op daardie groot bed kan slaap, en weet jy is in die kamer langsaan nie!"
Retha lag nou lekker. "Ja ek weet. Ek wou maar net jou reaksie toets as ek jou die spaarkamer wys."
Hulle stap na die hoofslaapkamer, en Retha wys hom watter kaste hy kan gebruik. Sy sien sy klere is maar min, en besluit om sommer vandag vir hom 'n paar stukkies klere te gaan koop.
Nadat Dirk sy klere uitgepak het, ry hulle dorp toe. Retha stel voor dat hulle eers deur die winkels loop, voordat hulle gaan eet. Sy stap by 'n deftige klere winkel in, en kies 'n paar netjiese hemde en broeke vir hom.
"Retha! Jy hoef regtig nie al hierdie dinge vir my te doen nie!"
"En wie gaan my keer om dit te doen?" vra sy vermakerig.
Dirk glimlag vir haar, en begin die bederf te geniet.
Met hulle hande vol pakkies en skoendose, verlaat hulle die klere winkel.
"Ek is nou dood honger Dirk. Sal ons nou iets gaan eet?"
"Dis reg met my engel. Wil jy hê ek moet eers die pakkies in die motor gaan sit?"
"Dit sal gaaf wees as jy dit kan gaan bêre my skat. Ek sal vir jou by hierdie restaurant wag."
"Sal ek solank vir jou iets bestel om te drink Dirk?"
"Asseblief my engel, ek is nou terug."
Retha is lus om hom 'n streep te trek en net vir hom 'n koeldrank te bestel. Sy
wonder hoe hy sal hy optree as sy dit doen....
Sy bestel egter vir hom sy bier waarvoor hy so lief is, en tee vir haar.
Na 'n rukkie sluit hy weer by haar aan. Hy glimlag breed toe hy die bier voor hom sien staan. "Jy leer vinnig my skat!"
Delia en haar vriendin is toevallig ook in die restaurant waar Retha en Dirk eet. Delia sien hoe haar vriendin na iemand staar, en sy volg haar blik.
"Wat!" Roep sy half gedemp uit toe sy Dirk sien. "Kan jy nou glo Maryke, hier sit Dirk en eet saam met een of ander flerrie, terwyl ek my verknies of hy slaapplek het of nie! En kyk net hoe uitgevat is hy! Dis voorwaar nie goedkoop klere wat hy aanhet nie..."
"Delia, jy is nie meer lief vir Dirk nie. En jy is besig om van hom te skei. Moenie dat die man jou so ontstel nie!" Antwoord Maryke.
Maar Delia het haar eetlus verloor, en volg elke liewe beweging wat Dirk maak. Sy kan sien die vrou saam met wie hy is, is welaf. Sy wonder of die 'ander' vrou besef met wie sy deurmekaar is! "Maryke, doen my 'n guns toe! Probeer 'n foto neem van hulle saam, en veral van die vrou wat by Dirk sit."
Ai vriendin, ek sê mos vir jou om dit nou te los. Wil jy ons nou in die moeilikheid kry as ek foto's van hulle neem?"
"Nee, ek wil maar net uitvind wie die vrou is... haar miskien waarsku teen Dirk."
Maryke maak of sy 'n foto van Delia neem, maar neem 'n foto op die oomblik wat Dirk Retha 'n soentjie gee! Sy het hulle mooi in die prentjie vasgevang.
Dirk is glad nie eens bewus van Delia se teenwoordigheid nie. Hy is te verdiep in Retha se gesprek, en kan skaars sy hande van Retha af hou.
Hulle bestel en Dirk lê weg in 'n groot biefstuk.
Delia kyk na die foto wat haar vriendin van die twee tortelduifies geneem het, en voel hoe die woede in haar opstoot! Hy is nog nie eens geskei nie, en is al klaar weer by 'n ander vrou betrokke! Sy is lus en dagvaar die vrou vir troubreuk!"
"Delia? Delia! kyk vir my!" Raas Maryke. "Kom ons loop eerder voordat jy moeilikheid maak. Ek het gedink jy is oor Dirk, maar duidelik is jy NIE! Hy verdien jou nie vriendin!"
"Nee jy is verkeerd Maryke, ek voel niks meer vir hom nie. Ek dink net aan alles wat hy aan my gedoen het. Die geld wat hy by my gesteel het. Die mishandeling wat ek moes deurmaak met hom! En dit laat my hom net meer haat!"
"Kom dan Delia, laat ons nou loop. Onthou, jy het gesê jy wil nog gaan fliek, en dis amper tyd om die kaartjies te gaan koop."
"Goed dan Maryke, ons kan maar gaan."
Hulle staan op, maar Delia loop na Dirk se tafel toe.
"Goeie dag Dirk." Groet Delia hom.
Dirk verstik amper aan sy bier toe hy haar stem hoor.
"Delia! Wat maak jy hier?!"
"Ek het hier geëet, of moet ek jou toestemming kry om dit te doen?" vra sy boos.
Delia kyk na Retha, en glimlag wrang. "So, jy is die ander 'vrou'.
Retha voel hoe die bloed haar gesig verlaat, en kyk anderpad.
"Delia, ek vra jou om ons uit te los. Ek het niks vir jou te sê nie."
Maar Delia is lank nog nie klaar gepraat nie.
"Jy weet natuurlik nie waarvoor jy jou inlaat nie mevrou, of is dit juffrou?"
Retha kyk Delia nou vol in die oë.
"Kyk mevrou, ek het niks met jou en Dirk se geskille uit te waai nie. Ek het hom ontmoet toe julle alklaar vervreemd was."
"Vervreemd!!! haha!"Sy kyk na Dirk en lag.
"Is dit wat jy die arme vrou vertel het Dirk? Wanneer was ons vervreemd Dirk?” vra sy geskok.
Dirk staan nou op en trek Delia dreigend vanaf hulle tafel af weg. “Wat nou Dirk, gaan jy my aanrand hier voor jou liefie? Toe doen dit dat sy kan sien met wie en wat sy te doen het!”
Die bestuurder van die restaurant kom na hulle toe aangeloop.
"Is hier dalk 'n probleem meneer?" vra hy vir Dirk.
"Ja meneer, hierdie vrou pla my en my vriendin. Kan u haar asseblief vra om ons met rus te laat?"
Die bestuurder draai na Delia toe. "Mevrou, as dit die geval is, sal ek u moet vra om die restaurant te verlaat.
Delia lag hard en kyk weer na Retha.
"Ek kry jou baie jammer. Kom uit hierdie verhouding voordat jy eindig waar ek nou is. Hy gaan jou net so behandel soos hy my behandel het. En al die vroue voor my."
Maryke vat Delia aan haar arm, en saam stap hulle die restaurant uit.
"Voel jy nou beter Delia?" vra Maryke saggies.
"Ja dankie vriendin. Ek weet ek het bietjie handuit geruk, maar ek moes iets sê om hom ook seer te maak."
"So.... dit het jou seergemaak om hom saam met 'n ander vrou te sien Delia."
"Nee, nie seer nie, ek voel net so verskriklik jammer vir die arme vrou wat hy nou weer lieg en bedrieg. Ek wens net ek kan alleen met haar gesels het. Haar gewaarsku het teen hom. Maar tyd sal leer. Ek hoop nie ek loop hom ooit weer raak nie."
Retha is bleek in haar gesig. Sy het nog nooit so verneder gevoel nie! Die restaurant is vol mense, en almal het gesien wat gebeur het. Die kos word dik in haar mond, en sy stoot haar bord eenkant toe.
"My engel!! ek is jammer jy moes deur al hierdie dinge gaan. Kan jy nou sien deur watter hel ek elke dag moes gaan?"
Retha antwoord hom nie. Sy roep hulle kelner, en vra die rekening.
"Retha? Asseblief, moenie vir my kwaad wees nie! Ek het mos nie geweet sy gaan ook in dieselfde eetplek as ons wees nie."
"Ek is nie kwaad vir jou nie Dirk, ek wil net uit hierdie plek uit kom.
Dirk is woedend vir Delia. Hy is lus en ry na haar huis toe en leer haar 'n goeie les of twee! Hoe durf sy so met Retha praat!
Hulle ry in stilte terug na Retha se huis toe.
"Dirk, ons moet praat."
Dirk voel die koue beklemming om sy hart, en vrees vir die ergste.
"Dis reg my engel, ons kan oor enige iets praat. Ek sal eerlik met jou wees."
"Jou gewese vrou het genoem dat julle nie vervreemd was nie, is dit so? Of het jy net uit die huwelik gestap toe jy my ontmoet het?"
"Retha, ek sal nie vir jou leuns vertel nie! Delia kan dit nie verdra om my saam met 'n ander vrou te sien nie. Sy sal enige iets doen om my verhouding met jou te laat skipbreuk lei."
"Jy het nog nie my vraag beantwoord nie Dirk.."
"Ja, ons was vervreemd my engel, asseblief, glo my net!"
"Jy wil hê ek moet jou glo Dirk, hoekom sal ek jou glo en nie jou vrou nie."
"Want jy weet ek is lief vir jou, en jy vir my. Hoekom sal ek dan nou vir jou lieg?" vra hy moedeloos.
"Dirk, sy het ook genoem van vorige verhoudings, en ... ag jy weet wat sy alles gesê het."
"Sy sê net al hierdie dinge om moeilikheid tussen ons te maak my engel!! Kan jy dit dan nie sien nie? Sy is nog altyd glad met haar mond, en skroom nie om 'n leun te vertel nie. Maar as jy my nie wil glo nie, dan sal ek maar eerder terugtrek hotel toe. Ek kan nie sien hoe ek en jy oor die weg gaan kom as jy my nie glo en vertrou nie."
"Dalk moet jy maar net môre hoor hoe ver die egskeiding is Dirk. Sodat ons kan aangaan met ons lewens."
"Soo..... jy gaan my nie wegjaag nie Retha."
"Nee Dirk, ek is lief vir jou, en ek glo jou as jy sê jy sal nie vir my leuns vertel nie.
"My engel, ek kan nie genoeg dankie sê vir alles wat jy vir my doen nie! Ek sal jou nie teleurstel nie, jy sal sien ek is nie soos Delia my beskryf nie."
"Dirk, ek doen dit vir jou omdat ek in jou glo, en jou liefhet. Ek wil hê jy moet gelukkig wees hier by my."
"Ek het jou ook lief my engel, en sal jou nooit seermaak nie." Sê Dirk.
Dirk en Retha gaan vroeg bed toe. Die dag se gebeure het Retha 'n behoorlike hoofpyn gegee. Sy het medikasie geneem, en voel half lomerig toe sy in die bed klim. Sy wens hierdie dag het nooit gebeur nie! Sy het so sleg gevoel toe Delia vir haar vra of sy nou die 'ander' vrou is! Nooit kon sy dink dat so iets met haar sal gebeur nie. Dirk hou haar styf vas in sy arms, en soen haar saggies op haar slape.
"Jammer oor die kopseer wat ek veroorsaak het my liefling. Môre voel jy weer beter, en ek sal uitvind hoe ver die egskeiding is."
"Mmm... "is al wat Retha sê. Haar kop is te seer om nou nog met Dirk te gesels.
"Ek sê maar nag my skat. Ek weet nie wanneer die medisyne my heeltemal uitsit nie."
"Nag my engel..... soet drome, en ek hoop jou kopseer is môre oggend beter."
Dirk wag todat Retha vas slaap, en stap na die sitkamer toe. Hy skakel Delia se nommer.
Voordat Delia kan antwoord, bulder Dirk se stem in haar ore.
"Ek waarsku jou Delia! bly weg van Retha af! Sy is 'n ordentlike vrou, en het nie al hierdie nonsens in haar lewe nodig nie! Hierdie egskeiding is tussen jou en my. Ek sê weer.... los ons uit of jy sal dit berou! Of moet ek 'n bietjie vir jou kom kuier, hmmm?"
Hy druk die telefoon dood voordat sy enige iets kan sê.
'n Paar maande gaan verby, en Dirk en Delia is uiteindelik geskei. Anette en Wim het nou al berus by die feit dat Retha en Dirk saamwoon. Hulle kan sien Dirk is goed vir Retha, en dis al wat hulle wil hê.
Anette het nog so ewe in 'n grap vir haar ma gevra of hulle nie dalk 'n dubbeltroue saam met hulle wil hou nie! Maar Retha het net gelag oor die voorstel.
Anette se troue is om die draai, en hulle almal werk hard aan die beplanning en voorbereiding vir die troue.
"Anette, ek wil graag jou ma en oom Dirk aan my ouers gaan voorstel. Jy het al my ouers ontmoet, en my ouers is gaande oor jou."
"Ek is netso lief vir jou ouers Wim. Jy het ook die dierbaarste ouma en oupa! Wanneer wil jy my ouers na julle plaas toe neem?"
"So gou as moontlik my engel. Die troue is oor 'n paar maande, en dis nodig dat jou ma my ouers ontmoet."
"Goed, ek sal by my ma hoor wanneer dit hulle sal pas."
Anette bel haar ma en vertel haar van Wim se voorstel.
"My kind, julle gee die datum en ons is beskikbaar."
Wim hulle besluit op 'n datum wat sy ouers en Retha hulle sal pas. Anette is opgewonde. Hulle het besluit om sommer die komende naweek na Wim se ouers toe te gaan. Dit gaan so lekker wees om net bietjie uit die huis uit te kom, en dan ook om nuwe mense te ontmoet. Wim en Anette is al so lank 'n paartjie, en sy het nog net goeie dinge van Wim se ouers gehoor. Nou sal sy hulle uiteindelik ontmoet.
"Word ek darem ook saam genooi?" vra Dirk vir Retha.
"Ai Dirk! hoekom vra jy nog? Ek het mos al aan jou genoem dat ons Wim se ouers gaan ontmoet."
Dirk is nie lus om saam met hulle plaas toe te gaan nie. Hy is veel eerder lus om bietjie by Mary te gaan kuier. Hy is ook vies omdat hy nie kan drink soos hy wil nie, want Retha het 'n stokkie daarvoor gesteek. Dis ook seker 'n klomp hooghartige mense, en hy is nie lus vir die hele spul nie.
"Miskien moet ek maar hier by die huis bly en 'n bietjie tuin maak Retha. Ek is nie regtig deel van die gesin nie. En dis nou jou tyd wat jy die aanstaande skoonfamilie moet gaan ontmoet. Ek kan by 'n later geleendheid met hulle kennis maak."
Retha kyk fronsend na hom toe. "Dirk, is daar iets wat jou pla? Jy is die afgelope tyd baie stil..."
"Nee my engel, ek is maar net moeg gewerk. Daarom sal die naweek goed wees as ek net bietjie in die tuin kan werk, plantjies in die grond kan sit, en my rugby geniet."
"Ek weet nie so mooi daaroor nie Dirk. Wat gaan die kinders daarvan dink as jy nie wil saamgaan nie? "
"Ag my engel, ek weet jy sal aan iets kan dink om vir hulle te sê. Asseblief, ek sal 'n volgende keer saam met jou gaan."
"Nou goed dan Dirk, as dit is wat jy wil hê."
Dirk voel of hy in die lig kan spring van blydskap! Die hele naweek net vir homself, en hy kan doen net wat hy wil. Hy is sommer lus en bring Mary na Retha se huis toe. Sy sal mos nie weet nie.
HOOFSTUK SESTIEN
Die naweek breek aan, en Retha het klaar gepak. Sy wag vir Anette hulle om haar te kom oplaai.
"Dirk, jy kan maar my motor gebruik vir die naweek. Ek dink jy moet jou motor inboek vir 'n diens. Ek hoor in die oggende hoe jy sukkel om hom aan die gang te kry."
"My engel, baie dankie, maar ek sal moet wag vir die einde van die maand voordat ek my motor kan inboek vir 'n diens. Ek het nie nou geld daarvoor nie."
"Neem hom in, ek sal betaal, en dan kan jy later met my regmaak my skat. Ek wil nie hê jy moet so sukkel met vervoer nie."
Dirk stem in, maar voel ook 'n bietjie skuldig daaroor. Hy dink om vir Mary te
gaan kuier die naweek, en nou is Retha so goed vir hom!
"Dankie my engel, ek sal so maak. En moenie oor my bekommer die naweek nie, ek sal nie jou huis afbreek terwyl jy nie hier is nie." Glimlag hy vir haar.
"Ek weet jy sal nie Dirk, ek ken jou ook darem nou al so 'n rukkie om te weet jy sal nie iets doms doen nie." Sy knipoog vir hom.
Retha se selfoon lui.
"Ma, ons is so oor 'n halfuur by ma se huis. Is ma klaar?"
"Ja my kind, ek is klaar, ek wag net vir julle."
"Ma, en oom Dirk, gaan hy dan nie saam plaas toe nie?"
"Nee my kind, hy het 'n paar dingetjies wat hy moet doen, maar sal met 'n volgende keer jou aanstaande skoonfamilie ontmoet."
Anette lui af. Sy voel nie baie gelukkig hieroor nie. Haar arme ma! Nou moet sy alleen saamgaan plaas toe, en sy het so daarna uitgesien dat oom Dirk saam met haar moes gaan.
Dirk trek Retha nader, en soek haar lippe op. Hy soen haar lank en innig.
"Jy moet elke oomblik geniet my engel, en moenie teveel na my verlang nie."
"Gaan jy ooit na my verlang my skat?" vra Retha met 'n glimlag.
"Ek wens eerder jy het nie weggegaan nie Retha. Die huis gaan leeg wees sonder jou." Hy wil haar weer nader trek om te soen, dog Anette klop aan die deur.
"Uhm, ek kom my kind!" Roep Retha blosend.
Retha gaan maak die deur oop, en groet haar dogter. Anette sien die blos op haar ma se wange, en glimlag. "Is ma seker ma gaan nie teveel na oom Dirk verlang nie?"
Net toe kom Dirk ook na die deur toe aangestap.
"Middag oom Dirk." groet Anette.
"Middag Anette, jy moet jou ma asseblief mooi oppas. Ek is baie lief vir haar, en haat dit as sy weg van my is."
"Ek sal so maak oom. Maar niks keer oom om nog saam met ons te gaan nie."
"Dankie Anette, maar 'n volgende keer sal meer geskik wees. Ek het so paar dingetjies wat ek graag wil doen."
"Dan kan ons maar ry ma."
Dirk neem Retha se naweektassie en dra dit na Wim se motor toe. Wim klim uit en groet vir Dirk.
"Dis jammer oom kan nie saamkom nie. Oom sou van die plaas gehou het."
"Ek sal nie die volgende keer mis nie Wim, maar ek moet net 'n paar dingetjies doen die naweek."
"Dan groet ons maar oom Dirk. Veilig wees, en sien dan Sondag weer."
Dirk neem Wim se hand en groet hom, en drukkie vir Anette.
Hy soen Retha liggies op haar lippe.
"Pas jouself mooi op, en moenie my verneuk met ander mans nie!" grap hy.
Retha lag. "Jy is die een wat my nie moet verneuk nie Dirk. Op die plaas is daar nie ander mans nie."
Hulle groet en vertrek....
Dirk ry gou bottelstoor toe, en koop vir hom 'n bottel brandewyn. Hy smag al na 'n drankie, en is moeg vir die glasie wyn wat hy elke aand mag drink. Hy is sommer vies. Retha behandel hom soos 'n kind! Hy sal dit nie meer toelaat nie. Hy sal sy drankie in die aand geniet. Hy werk hard genoeg daarvoor. Hy glimlag toe hy vir hom sy eerste drankie gooi. Dis die langste wat hy nog 'n werk gehou het! Te danke aan Retha.
Dirk spring gou onder 'n stort, en trek vinnig aan. Hy bel gou vir Mary.
"Naand my pragtige vrou!" praat hy met Mary.
"Dirk! waar is jy in die lewe?" vra sy met haar swaar Engelse aksent.
"Ek het jou so lanklaas gesien, en gewonder of jy al getroud is of wat."
"Nee Mary, ek werk hard, en kry nie veel tyd vir myself nie. Maar as jy wil, kan ek vanaand bietjie by jou kom kuier."
"O" is al wat Mary sê.
"Mary, wil jy nie hê ek moet vir jou kom kuier nie, of wat is die probleem?"
"Jy sien Dirk, hier kom vanaand iemand vir my kuier."
Dirk is sommer dadelik kwaad.
"Wie is dit Mary!! 'n Ander man!!?"
Dirk, moenie kwaad wees nie, maar ek kan nie altyd vir jou wag nie. Toe ek niks meer van jou hoor nie, het ek maar begin uitgaan en hierdie man ontmoet. Jy het nie eens meer jou foon geantwoord as ek jou gebel het nie Dirk."
"Mary.... ek waarsku jou. Ek is nou oppad na jou toe, en as ek 'n ander man daar kry, smyt ek hom persoonlik self daar uit! Het jy my gehoor en verstaan jy my!!" skree hy in haar oor.
Mary word yskoud toe sy die woede in sy stem hoor. Sy weet hoe kwaad hy kan raak, en het al 'n paar houe by hom gekry.
"Dirk, asseblief, verstaan tog nou!!" smeek Mary.
Dirk druk die foon dood, en klim in Retha se motor. Hy sal Mary 'n ding of twee wys! Hy ry na haar woonstel toe.
"Dirk, wat maak jy hier?!" Vra Mary benoud toe sy die deur vir hom oopmaak.
"Kry vir jou 'n baadjie my engel, ek wil jou iets gaan wys."
Mary gehoorsaam hom, en kry vir haar 'n baadjie. Saam stap hulle na die motor.
"Jy het 'n ander motor gekoop Dirk. Dis baie mooier as die vorige een."
Hy maak vir haar die deur oop. "Klim in Mary."
"Dirk, waarheen wil jy gaan," vra sy voordat hy haar behoorlik dwing om in die motor te klim.
"Ons gaan so 'n entjie ry my engel. Ek wil jou iets gaan wys."
Mary bly maar stil, en dink aan haar vriend wat voor 'n dooie mans deur gaan kom. Sy wonder wat Dirk in die mou voer.
Dirk ry na Retha se huis toe, en trek die motor in die motorhuis.
"En nou Dirk, wie se huis is dit?" vra Mary onseker.
"Dit my liewe engel, is my huis. Ek wou dit al lankal vir jou kom wys het, maar het vir die regte tyd gewag."
"Ek verstaan nie Dirk, jy het gesê jy kan nie uit jou kontrak kom by jou vorige woning nie..... nou bly jy in 'n ander huis?"
"Ag dis 'n lang storie Mary. Ek sal jou later alles vertel."
Hy sluit die huis se deur oop, en Mary stap binne.
"Sjoe, jy het ongelooflike goeie smaak Dirk!" Roep sy verbaas uit toe sy al die weelde in die huis sien.
"Dankie Mary, dis hoekom ek so hard werk, anders sal ek nie al hierdie dinge kan bekostig nie. Sy weet nie van sy motor wat agter die huis geparkeer staan nie. Hy sal hom môre invat vir 'n diens.
Dirk skink vir hulle elkeen 'n stewige drankie.
Hy gaan sit op die bank en wys vir haar om by hom te kom sit.
Sy gaan sit heel onwillig langs hom op die bank.
"Dirk, ek kan nie te laat hier kuier nie.... ek verwag kuiermense.”
Dirk sit sy glas hard op die tafeltjie langs hom neer, en draai vinnig na haar toe.
"Luister nou mooi Mary, ek wil hê jy moet vanaand hier oorslaap! Ek gaan jou NIE terugneem huistoe nie! Wie ookal by jou wil kom kuier, kan maar so maak op 'n ander tyd."
Sy kyk hom smekend aan.
"Dirk, asseblief, moet nou nie so moeilik wees nie! Jy het my nie voor die tyd gewaarsku dat ek hier gaan oornag nie. Ek het niks by my nie. Nie eens my toiletware nie!"
Dirk luister nie verder na haar nie, en trek haar stewig teen hom vas. So hard dat sy dink haar mond bloei van die harde stamp teen sy bors. Hy soen haar driftig, en Mary se weerstand teen hom hou nie lank voordat sy haar oorgee in sy omhelsing nie. Dirk soen haar met oorgawe, en is besig om van haar klein mini rokkie ontslae te raak.
"Dirk! Ek het jou so gemis!" kreun Mary onder sy soekende hande.
Dirk behandel haar rof, maar Mary is al gewoond daaraan, en kla glad nie.
Mary sit-lê op die bank toe Dirk vir hulle nog 'n drankie gaan skink.
"Ek neem aan jy wil nou vanaand hier by my oornag Mary?" hy glimlag toe hy na haar kyk, en haar oë op sy kaal bors vang.
"Jy weet ook net hoe om 'n vrou te behandel Dirk! Natuurlik sal ek by jou oornag."
Dirk kan duidelik sien Mary is half besope, en dit pas hom. Hy hou van sy vrouens dronk!
Hulle kuier tot laataand voordat hy Mary tot by die stort neem. Hy maak die krane oop, en saam klim hulle onder die stort. Hy moet haar behoorlik vashou dat sy nie
moet omval nie. Dirk neem sy kans waar en misbruik haar. Hy dink aan Retha... hoe hy saam met haar onder die einste stort geklim het, en verlang skielik na haar skoon reuk. Sy sal nooit so besope soos Mary raak nie.... sy is te veel van 'n dame.
Saam raak hulle op Retha se bed aan die slaap.
Retha voel omgekrap. Sy probeer al die hele aand om Dirk in die hande te kry! Sy foon bly oorgaan na 'n antwoordmasjien. Sy moes nooit dat hy alleen agter gebly het nie, dink sy vies. Die huis se foon bly ook beset! Hy moes dit sekerlik van die mikkie af gestamp het sonder om bewus daarvan te wees.
Anette kan sien haar ma is omgekrap, maar vra nie vrae nie. Sy het gesien haar ma is besig op haar foon. Dalk sukkel sy om oom Dirk in die hande te kry...
Die Saterdagoggend vroeg probeer Retha weer om Dirk op sy selfoon te bel. Uiteindelik lui sy foon!
Dirk skrik wakker, en antwoord die foon half deurmekaar. Hy sien Mary is ook nou besig om wakker te word.
Hy spring vinnig op toe hy hoor dis Retha wat bel. Hy draai gou 'n handdoek om hom, en hardloop na die motorhuis. "More my enigste engel!" groet hy Retha vriendelik.
"Hallo Dirk. Wat gaan aan met jou selfoon? Ek probeer al die hele aand om jou in die hande te kry, en die huis se foon bly beset lui!"
"Ag ek is so jammer my engel! Maar my foon was pap, en ek het 'n fliek op TV gekyk. Toe het ek hom sekerlik te sag gestel. Maar ek kan nie onthou dat die huis foon gelui het nie my engel. Dalk is daar iets fout met die huis foon se lyn. Ek sal nou as ek opstaan gaan kyk of hy nie dalk van die mikkie af is of iets nie."
Dirk voel benoud. Hy is bang Mary kom soek hom, en sy kan so 'n bohaai opskop as sy na hom soek! Hy dink vinnig.
"Maar ek is so bly om jou stem te hoor, my engel! Ek mis jou vreeslik baie!”
Dirk hoor Mary is in die kombuis, en maak gou verskoning by Retha.
"My enigste engel, ek sal jou nou weer terugbel. Ek moet dringend by die toilet uitkom."
Retha lag gelukkig.
"Goed dan Dirk, ek wil nie hê jy moet 'n glipsie hê nie! En asseblief, gaan kyk net wat is fout met die huis se foon. Ek wil nie weer sukkel om jou in die hande te kry nie."
Sy lui af, net toe Mary by die motorhuis ingestap kom.
"En met wie gesels jy so lekker hmmmm?" vra sy smeulend vir Dirk.
"Sommer iemand wat iets aan my wou verkoop. Hulle aanvaar mos nooit die woord - Nee dankie - nie!"
"Is jy seker dit was nie 'n ander vrou nie?" vra sy met 'n tuitmondjie.
"Nee my skat! ek sal mos nou nie met 'n ander vrou gesels terwyl ek weet jy is hier by my nie." Hy glimlag stilletjies toe sy tevrede omdraai en die kombuis instap.
"Nou hoekom gesels jy in die motorhuis Dirk?" vang sy hom onkant.
"Ek wou jou nie wakker maak nie Mary. Ons het mos tot vroeg vanoggend gekuier... en daarom wou ek hê jy moes bietjie laat slaap."
"Mmm.. nou is jy nog 'n gentleman ook. Maar Dirk, ek moet vanoggend na my woonstel toe gaan. Ek wil gaan skoon aantrek, en ek het inkopies wat ek moet doen."
"Ek trek net gou aan Mary, dan vat ek jou huistoe."
Mary stap van vertrek tot vertrek terwyl Dirk gou aantrek. Sy het nie eens gisteraand tyd gehad om alles mooi deur te kyk nie. Maar haar kop pyn so van die vorige aand se kuier, dat sy na die hoofslaapkamer toe stap, om te kyk of daar nie hoofpynpille is nie. Sy maak die medisyne kassie ook, en snak na haar asem!
"Dirk!!!"Roep sy hard na hom.
Dirk wat net oppad was om die motor uit die motorhuis te gaan trek, draai in sy spore om en hardloop na binne.
"Wat is dit Mary!?" roep hy benoud uit.
"Het jy geval of iets?"
Hy kry haar waar sy in die badkamer staan met die badkamerkassie wyd oop. Retha se grimering is ook in die kassie! So ook van haar duur parfuum!"
"En wat as ek mag vra gaan hier aan Dirk!!? jy laat nie toe dat ek ander mans sien nie, en hier kry ek 'n hele badkamerkassie vol van 'n ander vrou se grimering en parfuum!?" Sy gryp die parfuum en ruik daaraan.
"En as ek dit nie mis het nie, kos hierdie parfuum 'n fortuin!" Sy vat die bottel en gooi dit stukkend op badkamervloer.
"Is jy nou heeltemal van jou kop af vroumens!" Roep hy hard uit.
Hy gryp haar swaaiende arms vas, en probeer haar kalmeer.
"Jy is 'n slegte mens Dirk! Jy is besig om met vrouens se harte te speel! Vat my nou dadelik huistoe!" Sy mik om die grimering ook uit die kassie te gooi, dog Dirk ruk haar hard aan haar hare uit die badkamer.
"Is jy mal vroumens! Ruk jou reg of ek help jou vinnig om tot bedaring te kom!"Dirk hou haar nogsteeds aan haar hare vas, en trek haar verder die gang af. Sy wil nog losruk, toe sy vuis haar hard op haar oog tref!
"Eina Dirk!! Hou asseblief op! Jy maak my seer!" Pleit sy by hom. Dirk steur
hom nie aan haar pleitdooie nie, want hy is woedend omdat sy gekrap het waar dit nie jeuk nie.
"Dit sal jou leer om in ander mense se goed te krap flerrie!" Hy mik weer om haar te slaan, maar Mary ruk los uit sy greep, en hardloop na buite. Sy begin histeries te skree, en Dirk storm agter haar aan.
"Wil jy hê die hele buurt moet jou hoor vroumens!"Hy vang haar voordat sy by die hek kan uithardloop, en druk sy hand oor haar mond. Gelukkig vir hom is die mure nogals hoog, so buitestanders kan nie in die erf sien nie. Nie op die punt waar hulle nou staan nie. Hy trek haar terug in die huis, waarop Mary hom hard aan sy vinger byt!
"Jou verdomde vroumens! Nou sal jy dit berou!!!" Hy gryp na sy hand, waar die bloed nou uit sy vinger loop. Mary skrik groot toe sy die bloed sien, en gryp na 'n handdoek wat op die bank lê.
"Ek is so jammer Dirk!" huil Mary. "Ek het nie bedoel om jou so seer te maak nie!"
Dirk byt hard op sy tande en moet homself behoorlik terughou. Dit voel of hy haar aan die keel kan gryp en wurg tot daar geen asem meer uit haar kom nie!
"Mary, kry jou goed bymekaar sodat ek jou kan huistoe vat. En kyk in die vrieskas, daar is 'n sakkie gevriesde ertjies. Sit dit op jou oog."
Mary besef nou eens hoe seer haar oog is. Haar hele wang is seer! Sy gaan badkamer toe, en sien in die spieël hoe geswel haar oog alklaar is. Sy begin half histeries huil, en Dirk storm die badkamer in. "Wat gaan aan met jou Mary! Hoekom huil jy so?!"
"Dirk, kyk hoe het jy my verniel! Kyk hoe lyk my gesig! Hoe moet ek ander mense in die oë kyk as ek so lyk? En jy sê nie eens vir my dat jy jammer is nie!"
"Goed Mary, ek is jammer dat ek jou per ongeluk geslaan het..... maar jy het daarna gesoek. Kom om ons ry nou in hemels naam!" Jaag hy haar aan.
Mary dink vinnig. Hy is seker bang die ander vrou daag hier op, daarom dat hy so vinnig van haar ontslae wil raak!
"Dirk, ek wil gou die toilet gebruik. Ek is nou by jou, dan kan ons ry."
"Mary, ek waarsku jou, moet nou nie weer in goed krap wat nie joune is nie. Jy het gesien wat gebeur as jy dit doen."
"Ja Dirk, ek verstaan." Hy maak die badkamerdeur agter haar toe, en gaan wag in die sitkamer vir haar. Na 'n hele rukkie gaan kyk Dirk waar Mary is. Hy wil die deur oopmaak, maar sy het die deur gesluit! "Mary! maak nou oop hierdie deur!" roep hy hard. Geen antwoord nie. "Mary, ek waarsku jou, as jy nie NOU hierdie deur oopsluit nie, breek ek hom af, en dan kan jy maar seker wees van nog 'n blou oog!" dreig hy.
"Is jy bang die ander vrou daag hier op Dirk! Wel, ek gaan net hier binne bly todat sy opdaag, dan wil ek haar wys met watter tipe man sy deurmekaar is!" Dirk hoor hoe sy met haarself praat. Hy kan hoor sy is besig in die medisyne kassie.
"Het ek nie gesê jy moet uit ander mense se goed bly nie Mary! Maak oop hierdie deur!" Hy hoor hoe sy besig is met Retha se medisyne, en weet daar is slaappille en ander sterk medikasie in die kassie. Dirk stamp hard teen die deur met sy skouer. "Ek gaan hierdie deur afbreek Mary, en JY sal vir die skade betaal, hoor jy my!"
Hy stamp weer hard teen die deur. Mary skrik, en steier agteroor. Sy laat die botteltjie met slaappille op die grond val, en Dirk hoor hoe glas breek. Hy stamp hard teen die deur, en met die geweld wat hy die deur tref, spring die deur oop. Hy sien Mary op die vloer sit, met pille wat rondom haar gestrooi lê.
"Het jy gedink om selfmoord te pleeg Mary! Wel, kom ek sê vir jou, dit sou beter gewees het as jy hierdie pille gesluk het, want nou gaan jy met my te doen kry!" Mary se oë rek groot toe sy sien hy haal sy belt af.
"Dirk!! Nee! asseblief, ek is werklik jammer oor alles! Ek sal hier skoonmaak en ek sal betaal vir die deur wat gebreek is, maar asseblief! moet my nie seermaak nie!"
Dirk slaan haar hard oor haar rug met die belt, en Mary trek ineen van die pyn. Net toe lui Dirk se selfoon. Hy gryp daarna, en sien dis Retha wat hom bel. Hy gryp Mary stewig vas, en druk 'n kous wat daar rondgelê het, in haar mond. "Nie 'n woord uit jou mond nie Mary! My geduld is op met jou!" Hy antwoord nie dadelik sy foon nie, en laat dit nog 'n rukkie lui.
"Hallo my enigste engel!"Groet hy Retha vriendelik. Mary skud haar kop heen en weer. Die trane loop oor haar wange! Weet hierdie vrou met watse monster sy mee te doen het!"
Hy kyk na Mary en glimlag vir haar.
"Ek is besig in die tuin om plante in die grond te sit my engel, daarom kon ek nie dadelik jou oproep beantwoord nie."
Mary kan haar oë nie glo nie! Hoe dom was sy om hom te glo. Hoe naïef was sy gewees om te dink hy is opreg met haar. Sy wonder of sy lewendig uit hierdie huis gaan kom. Mary luister na Dirk se gesprek, en kry hom eintlik baie jammer. Hy is 'n siek man!
Dirk koer in Retha se oor, en kyk vermakerig na Mary. Hy lui af, en kyk vir homself in die spieël. "Hierdie man het die boerpot geslaan my meisie!" praat hy met Mary.
"Net omdat jy so stil was tydens my gesprek met my toekomstige vrou, sal ek jou nou na jou woonstel toe vat. En as jy mooi soet is, kan jy nog 'n totsiens soentjie ook kry."
Mary kyk met afgryse na Dirk. Hy haal die kous uit haar mond.
"Dirk, ek is jammer oor alles, kan ons nou net ry?. Ek wil iets op my oog gaan
sit, dis baie seer." Sy probeer so al wat sy kan om hom nie weer kwaad te maak nie.
"Kom ons ry Mary, voordat ek van besluit verander, en jou maak om hier skoon te maak."
Hulle ry in stilte terug na Mary se woonstel toe.
"Sit hierdie sonbril op Mary, jy lyk sleg. Ek wonder wie kon jou so hard geslaan het."
Mary byt haar lip vas, en voel die trane agter haar ooglede brand, maar sy sal hom nie die satisfaksie gee om te huil nie! Sy is stil en praat nie met hom nie.
"Mary, dit help nie jy gaan Polisie toe met jou blou oog nie. Jy het geen bewyse dat dit ek is wat jou geslaan het nie, so moenie eens probeer nie."Waarsku hy haar.
"Dirk, ek sal nie Polisie toe gaan nie. Ek wil net by my huis kom en in 'n bad klim. My liggaam is seer."
"O ja, dis jou eie skuld Mary. Jy wou mos gisteraand so wild tekere gegaan het! Mens sou sweer seks gaan uit die mode soos jy aangegaan het." Hy lag nou kliphard vir haar.
"Dirk, jy weet goed dit gaan nie daaroor nie."
Gelukkig is hulle nou naby Mary se woonstel, en sy wil so min as moontlik met hom praat. Dalk besluit hy net om terug te draai en haar weer na sy huis toe te neem.
"Wil jy nou vir my sê een hou met 'n belt maak jou hele liggaam seer Mary!"
"Nee Dirk, dis seker die val op die grond toe jy die deur oopgestamp het. Dis glad nie jy gewees nie.."
"So van die deur gepraat Mary, jy skuld my. Ek sal 'n nuwe slot vir daardie deur moet gaan kry, en jy gaan daarvoor betaal."
Mary kyk af na haar hande en antwoord hom gedemp dat sy vir hom die slot se geld sal gee. Hulle stop voor haar woonplek, en Mary kan nie vinnig genoeg by sy motor uitklim nie. Hy stap saam met haar en sy gee vir hom die geld vir die slot. "Dirk, jy moet nou gaan asseblief. Ek wil 'n bietjie gaan rus. "
"Jaag jy my weg Mary!"
"Nee Dirk! moenie alles so persoonlik opneem nie. Ek het mos gesê ek is moeg en wil 'n bietjie gaan rus..... en iets neem vir my seer lyf." Hy wil haar nader trek, maar sy stoot hom ferm weg.
"Gaan ek nie eens 'n soentjie kry voordat ek ry nie Mary?" vra hy met spot in sy stem.
"Nee Dirk, nie vandag nie. My mond is seer, so ook my hele wang." Hy grynslag vir haar. "Dit sal jou leer om vir my te luister. Sien jou weer Mary!" Met die laaste groet draai hy om en klim in sy motor. Mary kyk hom met haat agterna. Hy sal nie weer die eer hê om naby haar te kom nie, daarvan sal sy seker maak!
Mary bel een van haar vriendinne om haar apteek toe te van vir pyn medikasie. Sy self wil nie nou ry nie, sy voel te ellendig. Haar vriendin snak na haar asem toe sy Mary sien.
"Wat het met jou gebeur vriendin!? Het iemand jou aangerand of wat?" vra Ann geskok.
"Ja Ann, ek is beroof toe ek winkels toe was. Iemand het my van agteraf gegryp, en ek het probeer om myself te verdedig. Dis waar die blou oog en seer liggaam vandaan kom." Mary kyk grond toe terwyl sy die hele verhaal aan Ann vertel.
Ann staan sprakeloos voor Mary. "Ons woon in 'n siek wêreld Mary! Het jy dit al by die Polisie gaan aanmeld?"
"Nee Ann, en ek gaan ook nie. Dis dinge wat elke dag gebeur, en ek kan nie eens mooi onthou hoe die aanvaller gelyk het nie. Ek het te groot geskrik."
"My arme vriendin!" troos Ann vir Mary. "Is jy seker ek moet jou nie
Polisiestasie toe neem nie Mary?"
"Nee wat Ann, hy het net kontant gevra, en gelukkig het ek my motor se sleutels diep in my handsak weg gebêre. So, hy kon nie veel uit my kry nie.."
Dirk gaan by die winkels om, en koop 'n slot vir Retha se badkamerdeur. Hy stop ook by die plantepark en kry 'n paar struike vir die tuin. Hy sal nou moet wikkel, want hy moet nog die plante geplant kry, en die huis gaan skoonmaak voor Retha Môre huistoe kom. Hy moes eintlik dat Mary die badkamer skoon gemaak het! Dink hy vies. Maar hy het darem 'n lekker tyd saam met haar gehad, daarom sal hy haar hierdie keer oorsien.
Dirk is klaar met die badkamerdeur, en ruim gou die badkamer op. Hy tel al die verskillende pille op, en sorteer dit in hul regte houertjies in. Hy het darem al voorheen opgemerk watter pille in watter houer moet kom. Nou vir die tuin! Dink hy vies. Hy het mos vir Retha gesê hy het plante geplant, so hy sal dit maar net moet doen. Hy gooi vir hom 'n drankie, en stap tuin toe. Na 'n rukkie is al die plante en struike geplant. Hy vee moeg oor sy gesig. Hoe dom was hy nie gewees nie! Dink hy by homself. Hy kon net sowel iemand van die straat af gekry het om die werk vir hom te doen!
Hy stort gou, en gaan sit moeg op die rusbank met 'n derde drankie in sy hand. Hy skakel sy rugby aan. "Iets kort" praat hy met homself.
"Aaah... ek kan sekerlik 'n vriend of twee oornooi om saam met my rugby te kom kyk!"
Hy skakel vir Koos sy een vriend, en later raak hulle lekker gesellig voor die
televisie.
"Lyk my jy het hierdie keer vir jou 'n wenner gekry my vriend!" lag Koos.
"Ja wel, wat meer kan ek sê!" lag Dirk. "Ek kan nie help die ryk vrouens vind my onweerstaanbaar en aantreklik nie! Maar Koos, ek moet jou sê, Retha is 'n beeldskone vrou. Ek sal graag eendag met haar wil trou."
"Maar jy het die al voorheen reg gekry Dirk, niks keer jou om met haar te trou nie? Of is daar iets wat jou keer?"
"Sy het 'n baie mooi dogter, en 'n slim skoonseun. Ek is net bang hulle sien deur my planne."
"Lekker man!" Roep Koos uit. "Een van die dae kan jy weer jou werk los, sodat vroulief vir jou kan sorg!" Spot hy Dirk.
Dirk lag saam met Koos. "Dit mag net gebeur my vriend. Maar wat van jou liefdeslewe? Jy nog nie iemand spesiaals ontmoet nie Koos?"
"Nee nie regtig nie, maar ek ken hierdie meisie wat baie oulik is, en as jy wil, kan ek haar laat weet, dan kom kuier sy en 'n vriendin hier by ons vanaand!"
"Nie 'n slegte idee nie Koos! Jy is 'n staatmaker! Bel haar sommer gou hier van my selfoon af. Maar onthou, môre oggend vroeg moet julle weg, want ek weet
glad nie hoe laat Retha terug sal wees vanaf haar kuier op die plaas nie."
"Hoe ken jy my, my maat? Ons kuier mos nou al lankal saam!"
Koos bel sy vriendin, en sy stem dadelik in om te kom kuier. Sy sal ook 'n vriendin saambring. Hulle besluit om vleis te braai na hulle die rugby op televisie klaar gekyk het.
Terwyl Koos en die meisies by die vuur staan, skink Dirk vir die meisies drankies. Dirk kan sy oë nie van die jong Bella meisiekind afhou nie. Dis nou sy meisie vir die aand.... sy lyk soos 'n Griekse godin! Lang donker hare pragtige donker oë, en 'n fietse lyfie. Hy wil haar graag beter leer ken.
"Sjoe Dirk!" Bella trek 'n skewe gesig toe sy aan haar drankie proe. "Wil jy ons doodmaak met hierdie drankie, of wil jy ons dronk maak!" Sy knipoog vir hom.
"Bella, ek kan vir jou nog koeldrank by jou drankie gooi as dit te sterk is." Bied Dirk aan.
Bella glimlag vir hom. "Nee dit sal nie nodig wees nie, dankie. Jy het mos ys in die drankie gegooi. So, dit sal die drankie ook beter laat smaak." Dirk glimlag tevrede. 'n Meisie na sy hart! Hy dink vir 'n oomblik aan Retha en hoe sy glad nie van drankies hou nie. Hoe kan hy nou Retha met hierdie beeldskone meisie vergelyk!
Die drankies vloei, en die meisies giggel al harder. Dirk stel voor dat hulle na
binne gaan. Hy is bang die bure sien dalk hoe hulle kuier.
Bella gaan sit op die rusbank, en Dirk kom sit langs haar. Hy het musiek aangesit, en Koos trek sy meisie nader en dans met haar in die middel van die sitkamer. Dirk kyk na die dansende paartjie en sien dit as 'n geleendheid om ook met Bella te dans. Hy staan weer op en trek Bella op vanaf die rusbank.
"Kom dans met my jou mooie meisiekind!"
"Bella giggel en val amper oor haar voete toe hy haar optrek.... maar dis nie dat sy gestruikel het nie, sy is erg aangeklam. Hy druk haar styf teen hom vas, en Bella sit nie teë nie. Koos en sy meisie het in een van die kamers in verdwyn, en Dirk dink daaraan om Bella na die hoofslaapkamer toe te neem. Terwyl hulle dans, soen hy haar sag in haar nek. Bella geniet elke oomblik. Hy tel haar in sy arms op en dra haar na die slaapkamer.
"Dirk!" Dirk skrik so groot toe hy Koos se stem hoor, dat hy byna van sy bed afval.
"Is jy nou heeltemal van jou kop af om my so wakker te skree!" praat hy hard met Koos.
"Dirk dis al byna halftien! en jy het dinge wat jy nog vandag moet doen!"
Dirk vang die skimp, en maak Bella langs hom wakker.
"Kom slaapkous, julle moet klaarmaak en ry. Ek het 'n afspraak, en mag dit nie mis nie."
Almal help gou om op te ruim, en Koos en die meisies vertrek saam.
Dirk gaan sit op die rusbank, en hou sy kop vas. Watter rowwe naweek was dit nie! Hy gaan kombuis toe, en drink 'n paar pynpille vir sy kopseer. Hy gaan deur elke vertrek om te sien of alles reg is, en soos Retha dit gelos het. Dirk ry gou winkels toe, en koop 'n groot bos blomme en sjokolade vir Retha.
By die huis gekom, bel hy gou vir Retha.
"More my engel.... het jy darem lekker geslaap?" vra hy haar.
"Môre my skat, jaaa, ek het maar gesukkel om te slaap. Ek verlang teveel na jou."
"Ek verlang net soveel na jou my mooiste engel. Hoe laat kom jy huistoe?"
"Ons sal sekerlik net na middagete ry. So jy kan maar vir jou ietsie maak om te eet, of sommer iets bestel om te eet Dirk."
"Ek is eintlik nie honger nie my engel, ek sal maar vir jou wag, en dan ietsie maak om te eet. Ek gaan maar 'n rukkie skuins lê, hopelik gaan die tyd vinnig verby totdat jy hier is."
Hulle lui af, en Retha sit met 'n lied in haar hart! Hy is so dierbaar vir haar. Sê sulke mooi dinge vir haar. En sy vertrou hom heeltemal. Sy weet hy is lief vir haar, en sal haar nie seermaak nie. Sy kan nie wag om hom weer vanmiddag te sien nie!
Dirk val op sy bed neer, en raak amper dadelik aan die slaap. Die naweek het hom behoorlik uitgeput.
HOOFSTUK SEWENTIEN
Laat middag maak Retha Dirk wakker wat nogsteeds lê en slaap.
"My engel!" roep hy uit toe hy haar sien.
Retha lag klokhelder, en voel so gelukkig! Wanneer laas het iemand haar so terug verwelkom...
"Jy gaan dit nie weer regkry om alleen by die huis te bly as ek iewers heen gaan nie meneertjie! Ek het heeltemal teveel na jou verlang."
Hy trek haar langs hom neer, en soen haar teer.
"Ek glo ook nie ek wil alleen wees nie my skat. Dit was so eensaam en alleen
sonder jou hier in die huis. Het jy darem jou kuiertjie geniet?"
"O ja Dirk, Wim se ouers is werklik aangename mense. Daar was ander kuiergaste ook gewees. Wim se oom was ook daar. Hy is al so lank 'n wewenaar. Sy vrou is al jare lank oorlede."
Dirk voel dadelik omgekrap.
"En?"
"En wat Dirk?" vra sy met 'n frons.
"Het jy en die oom dit darem saam geniet?"
"Dirk! jy is nou onredelik... of maak jy net 'n grap?"
Maar sy kan sien Dirk is regtig omgekrap oor iets.
"Dirk, wat is dit nou met jou? Het ek iets verkeerd gesê, of gedoen dat jy nou so lelik is met my?"
Hy bly vir 'n rukkie stil.
"Hoekom het jy nie vir my gesê daar gaan ander mans ook wees nie Retha? Dan sou ek heel moontlik saam met jou gegaan het!"
"My liewe engel! wil jy nou regtig vir my sê jy is 'n bietjie jaloers?" Sy glimlag vir hom.
"Ja, ek is jaloers Retha, en voel nie gemaklik met die idee dat jy daar was saam met 'n ander man nie."
"Ek was mos nie saam met 'n ander man nie Dirk. Hy was ook maar net 'n kuiergas. Maar weet jy Dirk, as jy my nie vertrou nie, gaan dit 'n probleem word. Ek is lief vir jou, en daarom sal ek jou nooit seermaak nie. Ek kyk nie eens vir 'n ander man nie."
Sy sit nou regop langs hom, en voel seergemaak. Sy het so daarna uitgesien om hom weer te sien, en nou dit!
Sy staan op, en loop kombuis toe.
"Wag Retha! ek het nie bedoel om lelik met jou te wees nie. Ek wil jou net nie verloor nie." Hy staan op en loop agter haar aan kombuis toe. Sy sit die ketel aan en maak vir haar tee. "Wou jy ook tee gehad het Dirk?"
"Nee dankie my engel, ek sal vir my water kry."
Hulle gaan sit in die sitkamer. Dirk sien Retha gaan sit op die plek waar Bella gisteraand gesit het, en glimlag skelm.
"Dirk, het jy gister gedrink?"
Dirk skrik. "Wat laat jou so dink my engel?" vra hy ligtig.
"Ek verbeel my seker maar net, maar jy ruik na drank."
Dirk lag. "Nee my engel, ek het hoesmedisyne gedrink. My keel is seer, en my bors voel nie te lekker nie, dis al."
Retha voel aan sy voorkop. "Is jy besig om siek te word?"
"Dis seker maar die tuinmaak van gister my engel. Ek het baie gesweet, en die wind het gewaai. ek het seker maar net bietjie van 'n bors verkoue."
"Dan moet ons jou maar dokter my skat. Maar kom wys my nou eers hoe die tuin lyk."
Dirk is SO bly hy het die plante en struike in die tuin geplant! Wat sou sy gedoen het as hy niks geplant het nie..
"Dit lyk pragtig, baie dankie Dirk! Die tuin lyk sommer anders. Maar ek wil gou in die bad gaan klim, en dan moet ons vir jou medisyne gaan kry."
Dirk is maar skrikkerig toe sy na haar badkamer toe loop. Sê nou maar net sy kom op iets af wat nie daar moet wees nie, of nog erger, dalk die bloed van Mary wat hy nie mooi afgewas het nie! Hy hoor hoe sy die krane oopdraai, maar hou nogsteeds asem op. Hy sal tevrede wees as sy klaar gebad het, en die ligte is afgeskakel. Maar nou voel dit of sy senuwees dit nie gaan hou nie!
Hy hoor sy klim in die bad, en klop saggies aan die badkamerdeur. "Kan ek maar jou rug kom was my engel?"
Retha lag. "Ja Dirk, jy is welkom om my rug te kom was." Dirk smeer die waslap vol seep, en was haar rug. Intussentyd kyk hy rond of daar nie dalk iets kan wees wat hom gaan weggee nie....
"Dirk? hoekom lyk jy so gespanne?"
"Nee my engel! Ek is glad nie gespanne nie." Skerm Dirk.
"My spiere is maar net seer van die werk in die tuin."
"Mmm... lyk my ek moet jou maar mooi dokter vanaand. Jy het 'n seer bors, en dan is jou spiere ook nog seer." Sy glimlag vir hom, en hy voel skielik baie skaam oor die dinge wat hy die naweek aangevang het!
"Ag my engel, ek is net so bly jy is by die huis, dit maak alles sommer beter. Kan ek vir jou nog 'n koppie tee gaan maak?"
"Nee dankie Dirk, ek wil gou uitklim, sodat ons vir jou iets by die apteek kan gaan kry voordat dit toemaak."
Dirk loop die gang af, en verwyt homself oor die dinge van die naweek. Retha is so 'n dierbare mens, en sy sal hom verseker uit haar huis uit skop as sy weet wat hy alles die naweek in haar huis gedoen het!
Later die aand nadat Retha vir Dirk medikasie gaan koop het, lê hulle rustig in die bed. Retha lê in Dirk se arm, en Dirk streel liefdevol oor haar hare.
"My engel... is dit te vinnig om verder te gaan met ons verhouding?" vra Dirk.
"Bedoelende wat Dirk?" Sy hou haar dom, want sy weet hy wil ernstig raak met die verhouding en dit maak haar ongelooflik opgewonde!
Dirk is stil, en antwoord haar nie. Hy wil haar vra om aan haar verloof te raak, maar sal eers 'n ring moet gaan koop.
"Dirk? Jy is anders vanaand. Jy is baie stil.
Hy weet hy moet nou vinnig iets doen, anders gaan sy aanhou met haar neulery dat hy anders is.
Hy trek sy arm onder haar kop uit, en neem haar gesig in sy hande. Hulle kyk diep in mekaar se oë. "My engel, ek is so lief vir jou, en het net hierdie naweek besef ek kan en wil nie sonder jou lewe nie. Dis hoekom ek dalk bietjie stil is. Ek het tyd gehad om oor ons te dink."
Retha se maag draai nou behoorlik! Hy trek haar nader, en soek haar lippe op. Hy soen haar teer, en met tyd raak sy soen meer innig. Hy soen haar skouer, en liefkoos haar nek. Retha voel magteloos onder sy bekoring, en laat hom begaan.
Maandag oggend vroeg maak Dirk klaar om te gaan werk. Hy dink nogsteeds waar hy kan geld leen om vir Retha 'n verloofring te koop. Hy wil haar so gou as moontlik vra om met hom te trou. Hy dink terug aan die naweek, en die feit dat daar 'n ander man op die plaas was saam met haar, en wat 'n wewenaar is, maak hom rasend! Netnou raap iemand haar voor sy neus weg, en daarvoor sien hy nie kans nie. Oppad werk toe bel hy gou vir Koos.
"Môre môre!" groet hy vir Koos.
"Môre Dirk, het jy darem Sondag oorleef?"
"Haha! net net my vriend. Gelukkig het julle my gehelp om skoon te maak, anders was ek regtig in die knyp gewees. Ek was doodmoeg, en het die hele Sondag middag geslaap. Retha het my wakker gemaak toe sy by die huis kom."
"Het sy niks vermoed nie Dirk? Want ons het vergeet om by die braai area skoon te maak!"
Dirk word sommer yskoud toe Koos dit aan hom noem! Hy het ook sowaar vergeet om behoorlik by die braaier op te ruim.
"O my hemel!" antwoord Koos op die stilte van Dirk se kant af. Jy sal maar moet hoop en bid Retha sien nie iets wat jou in die moeilikheid gaan bring nie."
Dirk lui vinnig af, en bel gou vir Retha.
"Sjoe my skat, maar dis lekker om so vroeg van jou 'n oproep te kry!" Hoor hy Retha se vrolike stem. Hy sug van verligting! Dan het sy nog niks agter gekom nie.
"My engel, ek wil net vir jou sê hoe lief ek jou het, en jy moet 'n heerlike dag hê."
Retha glimlag gelukkig. "Jy ook dankie my skat. Ek is nou amper by die werk. Ek het besluit om maar bietjie vroeër in te gaan werk toe, want die verkeer is soveel erger as ek later in die oggend kantoor toe ry."
Dirk is so bly om hierdie woorde te hoor. Maar daar is nog die kwessie van sy motor wat hy toe nie ingeneem het vir 'n diens nie. Hy sal nog aan 'n storie moet dink om vir haar te vertel hoekom hy nie die motor ingeneem het vir die diens nie. Maar sy het ook vanoggend gehoor hy ry met sy motor, en het niks genoem
toe hy haar nou gebel het nie. Dirk dink weer aan Koos. Hy het skoon vergeet wat die rede was hoekom hy eintlik vir Koos gebel het, en bel hom gou weer.
"Nee, dit lyk darem nie of ek in die moeilikheid met my liefie is nie Koos. Nou net met haar gepraat, en sy is so mak soos 'n lammetjie!" glimlag hy selfvoldaan.
'Koos, hoekom ek jou eintlik gesoek het, jy weet nie waar ek geld kan leen vir 'n verloofring vir Retha nie?"
Koos lag nou te lekker. "Wil jy nou rerig met die vrou trou Dirk! Jy is nog nie eens behoorlik van jou vorige vrou ontslae nie, en jy wil alweer jou kop in 'n byenes insteek. En jy het jou aand saam met Bella geniet. Sy vra hoeka wanneer ons weer by jou gaan kom kuier."
Dirk verstik amper in sy eie spoeg toe hy Bella se naam hoor.
"Koos! jy weet jy kan hulle nie weer na my huis toe bring nie!"
"Ek grap net met jou Dirk. Maar kom ek sê jou wat. Kom in jou etenstyd hier na my toe, ek het 'n ring wat jy dalk kan gebruik."
"'n verloofring Koos?"
"Ja Dirk, en hy is nogals mooi ook. Dink hy kan iets werd wees."
"Waar kry jy die ring Koos?"
"Uhm... ek was mos al voorheen verloof gewees. Wel, sy het pad gevat, en vir my die ring gelos. Soos sy in die briefie wat sy vir my gelos het geskryf het "Dis nou 'n skoon breuk. Ons skuld mekaar niks nie." So, jy kan die ring maar kry, en my later iets daarvoor gee."
"Ek sien jou in my etensuur, dan maak ek gou 'n draai. Ek wil net sien hoe die ring lyk."
"Goed my maat, dan sien ek jou later." Hulle lui af, en Dirk klok by die werk in.
Later die dag maak Dirk gou by Koos 'n draai. "Het jy die ring by jou Koos?"
Koos haal die dosie uit sy broeksak en gee dit vir Dirk. Dirk maak die dosie oop, en is verbaas oor die goeie smaak wat Koos het.
"Ek sal dit graag van jou wil oorneem Koos! Die ring is pragtig, en ek glo Retha sal daarvan hou. Jy moet net sê wat ek jou skuld."
"Jy kan die einde van die maand met my regmaak Dirk. Wie het nou eintlik hierdie tyd van die maand nog geld..... behalwe nou die ryk vrou by wie jy nou bly!"
Hulle groet, en Dirk ry terug kantoor toe. Hy is so opgewonde! Hy dink nou aan 'n spesiale geleentheid om haar te vra om met hom te trou. Hy wil dit op 'n romantiese manier doen, maar hoe? Hy is glad nie goed met sulke dinge nie.
HOOFSTUK AGTIEN
Toe Dirk by die huis kom na werk, sorg hy gou dat die braaiplek skoon is, en strooi solank die roosblare wat hy gekoop het, in die badkamer rond. Hy het sjampanje gekoop, en sit die op ys in die badkamer. Hy wil hê alles moet perfek wees as sy by die huis instap. Hy weet watter tyd sy gewoontlik by die huis kom, en begin solank om vir haar badwater in te tap. Hy gooi haar gunsteling badolie in die lopende water. Retha stap by die voordeur in, en Dirk wag haar met 'n groot glimlag om sy mond in.
"Naand my engel" groet hy haar.
Retha soen hom op sy wang. "Naand my skat, en wat ruik so lekker?"
"Mmm.... ek weet nie, jy sal maar in die slaapkamer moet gaan kyk."
Dirk het orals gegeurde kerse in die kamer aangesteek, en dit ruik hemels.
Retha stap na haar kamer toe, en snak na haar asem!
"Wow Dirk! wat gaan hier aan?"
Sy sien die roosblare op hulle bed in die vorm van 'n hartjie, en haar mond hang behoorlik oop toe sy al die kerse sien. Sy stap na die badkamer toe, en sien die sjampanje, en die bad vol water. "Is dit vir my, my skat?"
Hy loop tot voor haar, en gaan op sy een knie staan. Hy haal die dosie uit sy sak, en hou dit na haar toe uit.
"Retha, ek het nie veel wat ek jou kan bied nie, maar ek kan my liefde vir jou verseker. Ek het jou lief, en wil jou graag my vrou maak. Sal jy met my trou?"
Retha het nie woorde nie! Het hy my nou sowaar gevra om met hom te trou!?
"Retha?" vra Dirk benoud toe Retha niks sê nie.
"Ja Dirk, duisend maal ja! ek sal graag met jou wil trou." Sy vee 'n traantjie af toe hy die verloofring aan haar vinger steek.
"Dankie Dirk! Dis pragtig! Dit moes jou 'n fortuin gekos het my skat." Sy hou haar hand voor haar uit, en die ring pas haar perfek.
"Ek is so bly jy hou van die ring my engel. Ek het nie geweet watter een sal jy van hou nie. Maar toe ek hierdie ring sien, het ek sommer geweet jy gaan van hom hou."
Dirk voel nie eens 'n bietjie skuldig dat hy vir haar 'n leun vertel nie. 'n Ring is mos maar 'n ring! Dink hy by homself....
Hy trek haar nader, en soen haar innig. Retha beantwoord sy soen, en geniet elke oomblik saam met hom.
Hy maak die knope van haar bloes los, en help haar om haar bloes uit te trek.
"My engel, nou gaan ons sjampanje in die bad sit en drink.!" Stel Dirk voor.
Retha kan eintlik nie wag om Anette te vertel van hulle verlowing nie! Sy is so gelukkig om Dirk in haar lewe te kan hê.
Dirk skink vir hul elkeen 'n glasie sjampanje.
"Op ons toekoms saam my engel!"
Retha se beker van genot loop oor!
"Op ons toekoms saam my skat. Dirk.... dankie dat jy in my lewe is. Dankie dat jy vir my lief is. En meeste van alles, dankie dat ek jou kan vertrou. Ek weet jy sal my nie seermaak nie."
Dirk kyk vinnig weg toe hy hierdie woorde hoor. Hy voel in 'n mate skuldig dat hy op haar verkul, maar kan ook nie help dat hy so is nie. Jong meisies was maar altyd vir hom 'n versoeking.
"Ek moet vir jou dankie sê my engel. Jy het my in jou huis geneem, en jou oor my ontferm. Jy is die dierbaarste mens wat ek ken. En met my ring aan jou vinger, weet ek geen ander man sal dit waag om eers na jou te kyk nie!"
Retha kyk hom verbaas aan. Dirk, ek is niemand se besitting nie.... ek bly nog altyd my eie baas."
"Dis nie wat ek bedoel het nie my engel! Ek bedoel net dat ek nie nou nie meer vrees dat iemand jou van my kan steel nie. Soos byvoorbeeld die naweek wat verby is. Sê nou maar net die wewenaar wat op die plaas saam met julle daar was, het dalk probeer om jou van my af te vry?"
"Dirk! Ek is mos nie meer 'n skooldogtertjie nie jong. Ek weet mos ek is in 'n verhouding met jou, en ek sal nooit op jou verneuk nie, want ek glo nie daaraan nie. Sou ek jou dalk net eendag vang dat jy op my kul, sal ek nie een oomblik skroom om jou te laat gaan nie."
"Selfs as ons getroud is Retha"? vra hy tergend.
"Ja Dirk, selfs as ons getroud is sal ek nie huiwer om jou te los nie."
Dirk kan sien dat sy dood ernstig is, en besef weereens dat hy baie versigtig met
sy ander verhoudings moet wees.
"Ons moet nou nie hierdie mooi aandjie bederf nie my engel. Ek is lief vir jou, en sal getrou aan jou wees."
Retha glimlag gelukkig. "Ek weet my skat, ek weet jy sal getrou aan my wees."
Retha kan nie wag dat Dirk die volgende oggend ry sodat sy Anette kan bel nie.
Sy bel gou vir Anette.
"More my engelkind. Hoe gaan dit met jou?"
"More my liefste moeder! Gaan goed dankie. En as ma so vroeg bel. Is daar iets fout?"
"Nee my kind... ek wou maar net vir jou die goeie nuus gegee het."
"Goeie nuus ma?"
"Ja my kind. Oom Dirk het my gevra om met hom te trou!"
"Ai ek is bly vir ma hulle!" antwoord Anette haar ma.
"Gaan ons dit sommer 'n dubbel troue maak ma?"
"Nee my liewe kind, jy trou op jou eie. Dis jou spesiale dag, en daarom sal ons trou sodra die tyd ryp is."
Dirk bel vir Koos. "Dankie jou doring! Dit het gewerk! Retha hou vreeslik baie van die ring, en glo dat dit baie duur is!" Hy gee 'n snorkgeluid deur sy neus. "Lyk my alles val net mooi in plek vir my."
"Baie geluk Dirk! So, jy het haar sommer gisteraand gevra om met jou te trou. Wat sê haar dogter hiervan?"
"Dankie Koos, nee, ek weet nie, ek dink sy het eers vanoggend vir haar dogter daarvan gesê. Maar die koeël is nou deur die kerk, en nou moet ons net 'n troudatum vasmaak. Maar ek glo sy wil eers na haar dogter se troue trou. Of, dalk kan ons dit nog 'n dubbeltoue maak!"
Koos lag. "Nou is jy sommer goedkoop ook Dirk. Twee troues vir die koste van een!"
"Ja ja, jy sal nog sien trou is nie perdekoop nie Koos. Dink jy nog nie aan trou nie?"
"Nee wat Dirk, ek los maar die troues vir jou. As ek sien hoe jy deur huwelike gaan, bly ek maar eerder saam. Of nog beter, ek vry in die bondel!" Hulle groet mekaar, en lui af.
Hy is lus vir 'n drankie vanaand, en weet nie of Retha daarvan gaan hou of nie, maar hy gaan vir hom iets koop om te drink as hy huistoe gaan. "Ek is mos nie meer 'n kind nie. En ek het mos ook 'n sê in my eie lewe!" Praat hy met homself.
Na werk stop hy by die drankwinkel, en koop vir hom 'n bottel Whiskey. Dalk drink sy 'n drankie saam met hom, dink hy ingedagte.
By die huis gekom, gooi hy dadelik vir hom 'n drankie. Retha is oppad huistoe, en hy haal solank vleis uit vir vanaand se ete. Hy kyk rond in die diepvries, en is verbaas oor hoeveel verskeidenheid vleise daar in die vrieskas is! Dis net luukshede waar jy kyk, en van die beste vleis snedes.
Retha stap by die kombuis in, en sien Dirk oor die vrieskas hang. Sy lag kliphard toe hy te vinnig opstaan, en sy kop teen die vrieskas se deur stamp. "Eina!" Roep hy uit. Retha lag nogsteeds, en gryp hom van agter af om sy middellyf. "En wat hang jy so rond in die vrieskas my skat! Kry jy warm en koel bietjie af in die vrieskas."
"Hallo my engel! Neeee, ek haal vir ons vleis uit vir vanaand. Ek het gedink ons kan 'n vleisie braai. Dis nou as jy nie omgee nie my engel."
Retha kan ruik hy het gedrink, en voel dadelik ongelukkig, maar sê niks nie. Dis hoekom hy seker wil braai. Hy is lus om te kuier.
Dirk vryf aan sy kop waar hy hom teen die vrieskas gestamp het. "Ek dink ek het nou 'n reuse knop op my kop my engel! Jy moenie my weer so skrikmaak nie!"
Retha glimlag vir hom. "My ou groot baba! Ek het jou nie skrik gemaak nie my skat. Jy moes my gehoor inkom het by die deur. Jy was sekerlik net ingedagte gewees."
Hulle loop hand om die lyf na die sitkamer, en gaan op die bank sit.
"En hoe was jou dag gewees my engel?" vra hy aan Retha. Hou die mense darem van jou ring?"
Sy straal nou behoorlik. "Ja my skat, almal is bly vir ons. Anette het ook gesê ek moet vir jou vra wanneer ons dit dan nou amptelik vier!"
"Ons kan hulle seker een aand nooi vir 'n braai, dan kan ons die verlowing behoorlik vier my engel."
"Dit pas my, my skat, maar ek gaan nou eers vir my 'n koppie tee maak."
Hy stap saam met haar kombuis toe.
"Retha, ek weet jy hou nie van drank nie, maar wil jy nie eens een drankie saam met my drink nie, toe, Asseblief? Net een drankie sal jou nie doodmaak nie."
"Dirk.... ek hou nie van die smaak van drank nie!"
"Ag toe my engel, net een klein drankie. Ek sal dit vir jou lekker maak. Of wag, laat ons dan 'n drankie drink op ons verlowing my engel." Hy probeer nou enige iets dat sy net saam met hom iets moet drink.
"Goed dan Dirk, maar net een drankie. Ons het dan gisteraand sjampanje gedrink. Hoekom die verlowing nou weer vier?"
"My engel, as jy maar net weet hoe bly is ek dat jy my vrou gaan word, sal ek dit elke aand wil vier!" Hy glimlag vir haar, en gooi vir hul elkeen 'n drankie.
Retha proe aan die drankie, en is nie mal daaroor nie. Sy was nog nooit lief vir Whiskey gewees nie.
Hulle gaan sit buite by die braai area. Dirk is besig om vuur te maak.
"My skat, ek hoop nie jy is ernstig dat jy ons verlowing elke aand wil vier nie.. Jy weet ek hou nie van drank in die huis nie."
"Nee my engel! ek bedoel dit nie so nie. Ek sal dit mos nie aan jou doen nie. Ek weet hoe jy oor drank voel. Dirk se foon lui, en hy antwoord vinnig.
"Dirk, ek weet waar jy bly ..." Hoor hy Mary se stem.
Dirk word lam toe hy haar stem hoor.
"Nee dame, ek ken jou nie, jy het seker 'n verkeerde nommer geskakel." Hy druk die foon dood.
"En nou my skat, wie was dit?
"Iemand wat seker die verkeerde nommer gebel het my engel." Hy voel half bang, want hy weet Mary het 'n paar rowwe mansvriende. Sy foon lui weer, en hierdie keer druk hy dit dood, en sit die foon af.
"Dirk?" Retha frons toe sy Dirk se reaksie op die foon oproep sien.
"Is dit iemand wat jou pla, of wie is dit?"
"Ek sê dan vir jou ek weet nie wie dit is nie Retha!" Antwoord hy vererg.
Hy sien die verbasing op Retha se gesig, en besef hy het nie mooi met haar gepraat nie.
"Ek is jammer my engel, ek het nie bedoel om so met jou te praat nie. Maar die verkoopsmense, jy weet, telefoonverkope ensovoorts, maak my gek! Hulle sal my die hele dag bel met onnodige dinge wat ek nie nodig het nie."
Retha kyk na die vuur, en is vir 'n oomblik stil.
"Dirk, sit aan jou foon, en dan gee jy dit vir my. Ek sal antwoord as hulle jou weer bel. Ek weet hoe om met sulke mense te werk."
"Ag nee my engel, ek gaan nie nou my foon aanskakel nie. Ek wil nou eers die aand saam met jou geniet, en net van alles vergeet. Die druk by die werk is ook erg, en ek voel bietjie gespanne."
Retha verstaan, en los dit daar.
"Ek gaan gou vir ons 'n slaai maak wat ons by die vleis kan eet my skat, ek is nou weer by jou." Retha staan van haar stoel af op, en loop die kombuis binne. Dirk is besig by die vuur. Hy sit vinnig sy foon aan, en sit dit sag sodat sy nie sal hoor as die foon lui nie. Hy bel gou vir Mary terug.
"Vroumens! Wat soek jy van my! Los my uit, hoor jy my!" dreig hy haar.
"Of wat Dirk, gaan jy my weer aanrand soos jy laaste keer gedoen het? Wel , ek het nuus vir jou. Ek het getrek, en jy weet glad nie waar ek nou woon nie. En glo my, ek weet waar jy woon. Ek sal een of ander tyd by jou kom kuier. Jou oulike toekomstige vroutjie leer ken!" Sy lag hard in sy oor.
Dirk voel magteloos! Hoe kon hy so dom gewees het om haar na Retha se huis toe te bring!
"Mary, asseblief.... ek is jammer ek het jou so seergemaak, maar moet asseblief nie my verhouding kom opmors nie! Ek is lief vir hierdie vrou, en ek gaan met haar trou."
"Dirk my engeltjie, jy moes daaraan gedink het voordat jy my na haar huis toe geneem het. Ek het so bietjie gaan rondsnuffel in die nuwe vrou se lewe. En gesien dis nie jou huis nie, maar hare. Ook nie jou motor nie, maar hare! Ek sy is nogals ryk. Hmm... dalk moet ek bietjie met haar kom gesels, en haar die foto's wys van die aand toe jy my so aangerand het!"
"Jy kan nie bewys dat dit ek was nie Mary. Ek sal alles ontken, en vir haar sê jy praat nie die waarheid nie, en dat ek jou van geen kant af ken nie."
"Dirk, my liewe Dirk. Ek het my foon by my gehad toe ek in haar badkamer was. En raai wat? Ek het foto's van die badkamer geneem. Ek glo sy sal sekerlik haar eie badkamer herken!" Dirk is stomgeslaan! Hoe gaan hy hierdie vrou keer
om nie by Retha uit te kom nie! Hy sal haar vermoor as hy net weet waar sy bly!
"Engeltjie, is jy nog daar?" praat Mary met spot in haar stem.
"Mary, ek smeek jou, bly net weg van hierdie huis af. Wat wil jy van my hê?"
"Ek weet nog nie wat ek van jou wil hê nie Dirkie, maar ek sal weer met jou kontak maak. Intussentyd moet jy maar ligloop. Ek en jou aanstaande mag mekaar dalk net iewers raakloop."
"Wat bedoel jy Mary!"
"Ek weet hoe jou aanstaande lyk Dirk, ek het laat foto's neem van haar. Wie weet, dalk koop ons by dieselfde plek klere, of dalk kruideniersware of so iets."
"Ek waarsku jou Mary, bly weg van Retha af!"
Dirk hou die kombuisdeur dop om te sien wanneer Retha uitkom na die braai area toe, sodat hy vinnig sy foon kan afsit as sy uitkom..
"Totsiens my engeltjie, ons sal weer gesels!" groet sy hom met smeulende lekkerkry. Hy kan behoorlik hoor hoe sy lekkerkry oor sy verknorsing! Hy byt op sy tande, en druk sy foon met geweld dood. Hy stap kombuis toe, en skink vir hom 'n stywe drankie. Retha sien dit nie, want sy is buitentoe met die slaai. Hy sluk die drankie vinnig, en gooi vir hom nog een. Hy stap na buite.
"Het ek jou met iemand hoor praat my skat?"
"Nee my engel, ek het net 'n liedjie geneurie. Hier is niemand om mee te gesels nie. Behalwe nou dat jy terug is by my."
Retha gaan staan agter Dirk, en vryf oor sy skouers. Kom sit bietjie hier op die stoel, dan druk ek bietjie waar jy gespanne is. Hy gaan sit op die stoel, en Retha masseer sy skouers en rug. Dirk begin ontspan, en drink sy drankie stadig.
"My engel, het jy toe jou drankie geniet?" vra hy vir Retha.
"Om eerlik met jou te wees my skat - nee, ek hou nie van whiskey nie. Maar ek het dit klaar gedrink."
"Dis in die hak my engel, gee jy om as ek nog 'n laaste drankie drink?"
Retha kan sien hy is gespanne, en laat hom begaan. Dit kan hom dalk net laat ontspan.
Dirk stap kombuis toe, en skink weer vir hom 'n stywe drankie. Hy is so kwaad vir Mary! Hy wens hy kan weet waar sy bly, dan het hy persoonlik self met haar gaan afreken! Die klein snip!
Hy sit die vleis op die rooster, en gaan sit langs Retha.
"Ek wens ons kan bietjie weggaan my engel. Ek is redelik moeg."
"Ja, jy wou mos nie saam met my na die plaas toe gegaan het nie. Jy sou dit so geniet het Dirk. Maar ons kan seker die naweek wat kom, bietjie weggaan. Waar wil jy heen gaan?" Sy kyk na hom. Sy sien hy is gespanne, en sy gesig is stroef.
"Enige plek maar net nie by die huis nie my engel. Dalk bietjie bosveld toe."
"Dan maak ons so my skat. Ek sal bietjie later op die webtuistes gaan kyk waar ons heen kan gaan. Kan ek maar net bespreek, of sal jy eers die plek wil sien?"
"Nee my engel, ek gee regtig nie om nie. Kry jy maar net vir ons 'n lekker rustige plekkie, weg van mense af."
Dirk braai die vleis klaar, en hulle gaan binnentoe om te eet. Dirk is egter nie honger nie, en gooi vir hom nog 'n drankie.
Retha kyk hoe hy die ys in sy glas gooi, en voel diep ongelukkig. Hoekom sal hy nou vanaand so baie drink, wonder sy by haarself. Sy ken hom nie as 'n groot drinker nie.
"Dirk, ek weet jy is gestres, en ek weet nie regtig hoekom en waarom nie, maar is dit regtig nodig om so baie te drink?"
Dirk kyk na haar, en is dadelik vererg. "My engel, ek pla jou mos nie as jy jou koppie tee drink nie!? Nou hoekom het jy 'n probleem as ek 'n drankie drink?" Retha hoor sy stemtoon, en is op haar senuwees. Sy ken hom nie so nie! Dirk is erg aangeklam, en kom nie eens agter dat Retha kamer toe is nie.
Retha gaan sit op die kant van haar bed, en kyk na haar verloofring. Sy vee die lastige traan van haar wang af. Sy dra nog net een dag Dirk se verloofring, en sy begin al klaar te twyfel in hom! Sy wil met iemand praat, maar durf nie met Anette praat oor hierdie dinge nie.
Sy gaan tap vir haar badwater in, en voel meteens so onsettend eensaam. Sy haal haar verloofring af, en sit dit op die wasbak neer, en klim in die bad. Sy wou net ontspan, toe Dirk die badkamer inkom. Hy kyk na haar verloofring, en frons.
"Hoekom haal jy jou ring af Retha? Is die ring nie goed genoeg vir jou nie!"
Retha wil hom nog antwoord, dog hy val haar in die rede. "As jy nie meer met my wil trou nie, moet jy nou so sê!"
"Dirk! wat het in jou gevaar! Hoekom tree jy so teenoor my op?" vra sy met 'n klein stemmetjie. Dirk was sy gesig met koue water, en besef hy is besig om droog te maak.
"Ek is so jammer my engel! Ek het glad nie bedoel om so met jou te praat nie.... dis maar goed ons gaan 'n rukkie weg. Ek werk onder geweldige stres. Sal jy my asseblief vergewe vir my swak optrede?"
Retha kan sien hy is werklik jammer oor sy optrede, en vergewe hom sommer dadelik.
"Ek sê jou wat my skat. Kom klim hier in die bad, dan ontspan jy 'n bietjie. Ek is juis oppad om uit te klim, so jy kan lekker rustig in die bad lê." Sy klim uit die bad, en help Dirk om in die bad te klim.
Sy sit weer haar ring aan haar vinger.
"Sien my skat, ek haal my ring van my vinger af as ek bad, of in water werk. Ek pas nog altyd al my juweliersware so mooi op."
"Ek is jammer my engel...." Dirk kyk af na die water, en voel soos 'n hond. Retha is so 'n goeie vrou, en dan maak hy haar so seer!
"Hou nou op verskoning vra Dirk, ek verstaan jy is moeg en oorwerk. Geniet nou jou bad."
Dirk byt sy lip vas! Amper het hy haar gevra om vir hom 'n drankie badkamer toe te bring, maar hy kan sien sy is ontsteld oor sy drinkery. Dirk lê agteroor in die bad, en geniet die lekker groot hoekbad. Die jets is almal oopgedraai, en die water spuit teen sy rug en skouers. Hy hoop nie Mary kom maak moeilikheid hier by Retha se huis nie! Hy voel so magteloos. Hy was nog altyd in beheer van sy verhoudings, maar hierdie vrou is nou besig om handuit te ruk. Dirk lê en dink aan sy verlede, aan hoe hy al droog gemaak het, en besluit om te probeer om 'n beter mens te wees. Hy sluimer in, net toe Retha die badkamer instap.
"Dirk... my skat, wil jy nou selfmoord pleeg? Jou mond is al amper onder die water!" Dirk ruk sy kop op, en sit regop in die pad. Hy het dieselfde vir Mary in hierdie einste badkamer gevra! Hy het gevra of sy wil selfmoord pleeg om al die pille te wou drink! Hy klim uit die bad uit, en neem die handdoek wat Retha na hom uithou. "Dankie my engel. Jy is die beste ding wat met my kon gebeur het." Hy soen Retha op haar wang. "Nou kan ons sekerlik in die bed klim, ek is behoorlik moeg."
Retha maak hulle bed gereed, en vat haar rekenaar saam bed toe.
"En nou, hoekom vat jy die rekenaar saam bed toe my engel? Moenie vir my sê jy wil nou werk terwyl ons in die bed is nie!"
"Nee my skat, ek wil kyk waarheen jy en ek vir die naweek gaan. Dan bespreek ek sommer vir ons plek, en doen die oorbetalings. Dan is alles gedoen, en hoef ons oor niks te bekommer as ons daar land nie."
Hy lyk gelukkig met die besluit.
"Nou kom ons kyk waar gaan ons bietjie kan ontspan my amper vrou."
Retha glimlag vir hom, en gaan besoek 'n paar mooi plekkies op die internet. Hulle besluit op 'n bosveld tent in die Wildtuin. Amper soos 'n Safari tent.
"Dirk ek gaan môre middag 'n bietjie laat wees. Ek gaan gou na werk na Anette
toe. Sy wil graag my ring sien."
"Wil jy dan nie hê ek moet saam met jou gaan nie Retha?"
"Dirk, dis regtig nie nodig dat jy saamgaan nie. Dit gaan net vinnig wees, want sy en Wim het planne vir die aand. Hy voel nie baie gelukkig daaroor nie, maar los dit maar daar. Dis nie dat sy op hom gaan verneuk nie - of gaan sy dalk iemand anders sien? Die groen-oog monster raas behoorlik met sy kop!.
"Is jy seker jy gaan nie die wewenaar van die plaas opsoek nie my engel?"
"Dirk! is jy sowaar nog jaloers oor die wewenaar. Dis glad nie nodig nie, want ek weet nie eens waar hy bly nie. En jy kan my maar regtig vertrou."
"Ek vertrou jou my engel, ek vertrou jou." Sê Dirk half aan die slaap.
Retha sit haar bedliggie af, en wag vir die slaap wat moet kom.... maar klasvalkie het sekerlik van haar vergeet vanaand. Na 'n rukkie staan sy op. Dirk lê en snork dat die biesies so bewe. Retha gaan badkamer toe, en gaan soek 'n kopseerpil. Sy maak haar medisyne kassie oop, en kyk fronsend na die goed in die kassie. Sy kan sweer sy het nie haar kassie so ingepak nie.... maar dalk het Dirk na iets kom soek vir sy seer keel. Sy skuif van die botteltjies rond, opsoek na haar hoofpynpille. Retha tap die glas vol water om haar pilletjie mee te sluk, toe sy iets sien blink in die wasgoedmandjie. Sy frons, en haal die wasgoed uit die mandjie, sy haal die blink dingetjie wat onder in die mandjie lê, uit. Sy staan met 'n oorbel in haar hand wat sy van geen kant af ken nie! Retha wonder hoe die oorbel tussen hulle klere beland het. Sy sal 'n punt daarvan maak om Dirk môre uit te vra oor die oorbel. Sy voel alweer hierdie onsekerheid in haar
binneste! Waarmee is Dirk besig, en hoekom is hy so omgekrap net nadat hy 'n oproep gehad het langs die braaivleis vuur.
Sy klim in die bed, en nogsteeds ontwyk die slaap haar. Sy kyk na Dirk se slapende gesig. Sy het so lief geraak vir hierdie man, dat sy amper bang is sy kan hom verloor. Hy is nou wel lief vir sy drankie, en het gesê hy en sy vriende kuier naweke saam. Hulle het sekerlik ook lekker saam gedrink, al wil hy dit nie erken
nie.... Sy lê amper die hele nag en dink aan Dirk. Aan sy ongekende optrede teenoor haar gisteraand..
So baie vrae maal in haar kop rond, dat sy lateraan opstaan en vir haar 'n koppie tee gaan maak. Sy sit in die sitkamer en drink haar tee. Sy kyk na die oorbel in haar hand. Waar kan dit tog vandaan kom? Wonder sy. Sy sal eerste ding môre oggend vir Dirk vra waar die oorbel vandaan kom, en hy sal baie mooi moet verduidelik. Sy haat ontrouheid, en as hy so wil wees, moet hy maar liewers sy goed vat en loop.
Toe die eerste sonstrale op die horison verskyn, is Retha nogsteeds wakker. Sy het 'n erge kopseer, en is sommer lus en bel werk toe om te sê sy kom nie in vandag nie.
Sy besluit tog om dit te doen. Sy wil net 'n bietjie alleen wees.
Dirk kom by die sitkamer ingeloop, en mens kan sien die groot dors het hom alweer beet. "En nou my engel, hoe lank sit jy al hier binne.?"
"Ek kon nie slaap nie Dirk, toe kom sit ek maar hier en tee drink. Ek wou jou nie gepla het nie."
"Ai my engel! wat pla jou dat jy nie kan slaap nie? Is dit dalk iets wat ek gedoen het? want ek kan regtig nie veel van gisteraand onthou nie. Ek is jammer daaroor my engel."
"Kyk bo in die koskas, daar is iets wat jy kan drink om jou beter te laat voel."
"Dankie, wil jy ook daarvan hê my engel?"
"Nee dankie my skat, ek is nie dorstig vanoggend nie" sê sy met 'n glimlag.
Dirk maak klaar vir werk, maar Retha bly sit.
"En nou, maak jy nie klaar vir werk nie Retha?"
"Nee Dirk, ek gaan nie vandag kantoor toe nie. Ek is moeg, en het baie om oor na te dink. Ek wil ook 'n paar goedjies kry vir ons wegbreek naweek, en dan wil ek sommer by Anette 'n draai gaan maak. Dan hoef ek haar nie in die tyd te gaan sien wat jy by die huis is nie."
Dirk is erg bekommerd. Het hy nou sy hand oorspeel? wonder hy met 'n frons. Retha sien die frons, en wil sommer lag, maar sy hou haar in. Laat hy maar bietjie gestres wees. Hy wil mos so baie gedrink het! Sy kyk na hom, en besef
net hoe lief sy vir hom is, dis net die drank wat sy nie van hou nie.
"Moet ek nie ook nie dalk tyd afneem by die werk nie my engel. Ek wil jou nie graag alleen los as jy siek voel nie." Probeer Dirk sy kans om nie werk toe te gaan nie.
"Nee my skat, dis nie nodig nie. Ek het regtig 'n paar dingetjies wat ek moet doen, en ek wil 'n geldjie vir Anette gaan oorbetaal vir hulle huweliksreëlings. So, ek gaan besig wees."
Hy frons nogsteeds, en voel nie lekker om haar alleen te los nie! Sê nou maar net Mary daag hier op as hy nie hier is nie? Hy kan glo sy het 'n privaat speurder aangestel om hulle dop te hou, want hoekom het sy gesê sy het foto's van Retha.
"Dan ry ek maar my engel. Laat weet my maar as jy sleg voel, dan kom ek huistoe."
Net voor jy gaan Dirk..... ek kry hierdie oorbel in die wasgoedmandjie in ons badkamer. Weet jy dalk iets daarvan af?"
Dirk word koud tot in sy tone! "Gee bietjie hier laat ek sien hoe hy lyk?" vra Dirk. Hy neem die oorbel by haar, en skud sy kop heen en weer.
"Ek het geen idee waar die oorbel vandaan kom nie my engel. Is dit nie dalk die huishulp s'n wat sy dalk laat val het nie?"
Retha wonder nou ook of dit nie dalk die huishulp s'n kan wees wat sy per ongeluk laat val het nie.
"Ek sal haar maar vra as sy weer inkom. Dit sal eers in volgende week wees. Dirk, onthou my dat ek haar vra oor die oorbel, jy weet hoe vinnig kan ek dinge vergeet."
"Ek sal jou onthou my engel, maar dit kan net hare wees. Ek meen, niemand het vir ons kom kuier deur die week nie."
"Nee Dirk, ons het nie besoekers gehad nie, en jy was tog alleen by die huis die naweek wat verby is."
Retha sien Dirk af, en sy kan sweer sy ruik nogsteeds die drank aan hom van gisteraand.
HOOFSTUK NEGENTIEN
Dirk slaan teen die stuurwiel toe hy werk toe ry. Dit kan net Mary se oorbel wees! Sy het so wragtig die oorbel geplant, want hoe anders kom hy onder in die klere mandjie? Hy voel magteloos, want hy weet Mary gaan die lewe vir hom nog hel maak.
Dirk kom by die werk aan, en hy moet blaas.
"Meneer, blaas asseblief weer vir my."
Dirk se moed sak in sy skoene! Nie dit ook nog nie!
"Meneer, sal u asseblief saam met my kom."
Dirk gehoorsaam, en stap saam met die man na sy baas se kantoor toe.
Die sekuriteitsbeampte praat eers met Dirk se baas, toe roep Dirk se baas hom die kantoor binne.
"Dirk, jy is 'n hardwerkende man, hoekom gooi jy jou lewe weg deur jou te vergryp aan drank? Jy is ver oor jou limiet wat jy behoort te blaas. Het jy 'n laat aand gehad, of wat?"
"Ek is jammer meneer. Ek het my vriendin gevra om met my te trou - so ja, ek het dit bietjie gevier toe ek die verloofring aan haar vinger gesteek het."
"Baie geluk met die groot stap Dirk. Maar wat doen ons nou in hierdie geval? Jy weet dit was ons ooreenkoms en dis die beleid van hierdie maatskappy om elke oggend te toets vir drank. En soos ek genoem het toe ek jou aangestel het, sou enige persoon positief toets vir drank, hy simier afgedank sal word."
Dirk se kop pyn, en hy weet hy is in groot moeilikheid.
"Wel meneer, ek kan 'n dag se verlof insit..."
"Ongelukkig kan ek dit nie toelaat nie Dirk, jy het klaar aangemeld vir werk. Ek sal jou moet laat gaan. Dis nie vir my lekker nie, glo my, want jy is een van ons goeie werkers. Maar as ek jou laat bly, dan skep ek 'n president. Die sekuriteitsbeamptes weet nou alklaar jy is positief getoets vir drank. Plaas dat jy maar net ingebel het en verlof ingesit het vir die dag."
Dirk is sprakeloos! Hy het sopas sy werk verloor! Wat gaan hy vir Retha sê?
Sy baas stuur hom na menslike hulpbronne om vorms te voltooi, en daarna moet hy sy klok kaart aan hulle terugbesorg.
Dirk klim in sy motor en sit vir 'n hele rukkie voordat hy die motor aanskakel. Hy ry doelloos deur die stad, en gaan stop by die park. Hy klim uit sy motor en gaan sit op een van die bankies. Hy sak sy kop in sy hande. Hy weet nie wat hy vir Retha gaan sê nie! Hy is bang sy jaag hom uit haar huis, maar hy weet ook sy is lief vir hom, en sal dit nie sommer doen nie. Dirk wip soos hy skrik toe iemand op sy skouer tik.
Hy kyk op vas in Delia se ysblou oë. "Delia!"
"Middag Dirk, en hoekom sit jy hier met jou hande in die hare? Het jou flerrie toe deur jou gesien, en besef met wie en wat sy te doen het.?" Sy lag vermakerig.
Dirk staar net voor hom uit. Hy is nie nog lus vir Delia en haar beledigings nie. Dalk moet hy haar net heeltemal ignoreer, dan sal sy dalk loop. Maar Delia kom sit langs hom op die bankie. "Is jy nie bang Johan soek na jou nie Delia. Of hou hy ons dop vanaf 'n afstand?"
"Dirk, Johan is tien keer die man wat jy nog ooit probeer het om te wees. En weet jy wat, ek is nie meer bang vir jou nie. Daarom hoef hy my nie meer op te pas nie. Ek en hy staan op troue."
"Nou wat soek jy hier in die park Delia. Of soek jy nou net iets om my mee kwaad te maak."
"Dis my etenstyd Dirk, en ek kom stap gewoontlik hier in die park in my etenstye. Hier is baie mense wat dieselfde doen, en ek voel veilig hier. Ek het jou toevallig op die bankie sien sit. Is dit ook nou jou etenstyd dat jy so lekker kan leeglê die tyd van die dag?" vra Delia.
"Ja Delia, dis my etenstyd, en ek soek net bietjie rus vir my siel. So, ek sal dit waardeer as jy my nie verder pla nie."
Delia ken hom goed, en weet daar is fout.
"Is jy en daardie ander poppie wat ek in die restaurant gesien het nog saam?"
"Ja Delia" antwoord hy ongeduldig. "Ons is verloof, en sal sekerlik binnekort trou."
"O! goed vir jou! Sê my, het sy darem genoeg geld om vir jou te sorg as jy weer nie werk het nie?" vra sy spottend.
Dirk vererg hom en staan op van die bankie.
"Jy soek nou moeilikheid wat kon gebly het Delia! Hou nou op om met my te sukkel! Loop nou net!" Praat hy hard met haar.
Delia staan ook nou op.
"Ja laat ek eerder loop. Netnou dink die mense dalk net ek ken jou."
Dirk gryp haar aan die arm. "Wie dink jy is jy dat jy so van my praat!"
Delia probeer losruk, maar Dirk se vingers boor in haar bo arm in.
"Dirk, jy maak my seer! Laat los my, of ek gil!" roep sy uit.
Dirk laat los haar arm, en loop na sy motor toe.
"Ek gaan nog een of andertyd weer met jou verloofde kennis maak Dirk, en glo
my, ek gaan niks terughou nie! Ek gaan haar teen jou waarsku!" Roep Delia Dirk agterna.
Dirk byt op sy tande. Hy probeer hard om nie terug te draai en haar weer te gryp nie.
"Bly weg van my verloofde Delia! Dis 'n vriendelike waarskuwing. Ek is nie bang vir Johan nie, en ek het my maniere om jou by te kom!"
Hy klim in sy motor, en ry.
Delia vryf oor haar bo arm. Dis nogals seer waar Dirk haar aan haar bo arm vasgehou het. Sy is so bly sy is ontslae van hom! Sy kon die drank aan hom ruik, en wonder of hy nog regtig 'n werk het....
Retha doen inkopies vir die komende naweek wat sy en Dirk weggaan, en ontmoet Anette in 'n koffiewinkel vir middagete.
"Kom moeks, ek is al so nuuskierig om ma se ring te sien. Wys gou vir my!" Groet Anette haar ma in die koffiewinkel.
Retha lag gelukkig toe sy sien hoe Anette na die ring kyk.
"Ma moet seker hierdie ring verseker."
"Ja my kind, ek gaan dit laat waardeer. Oom Dirk en ek gaan bietjie weg vir die naweek, maar ek sal in volgende week die ring laat waardeer."
"Ag dis lekker ma, waar gaan julle heen?"
"Ons gaan bietjie Wildtuin toe my kind. Oom Dirk is bietjie oorwerk en gestres, so dis nodig om hom bietjie van die huis af weg te kry."
"Maar ma, hy het die ideale geleentheid gehad om saam met ons plaas toe te kom. Daar sou hy ook lekker kon rus."
"My kind, hy het ook maar dingetjies gehad om te doen, en hy het die mooiste struike vir ons geplant. So, dit was dalk goed hy was bietjie alleen by die huis." Sy vertel Anette egter niks van Dirk se humeurigheid en die oorbel wat sy in die badkamer gekry het nie. Sy vertel haar ook nie van gisteraand wat hy so baie gedrink het nie.
Anette en haar ma gesels verder oor Anette se troue wat nou vinnig nader kom.
Retha en Anette groet mekaar, en elkeen gaan hul eie rigting.
Retha gaan sny haar hare, en kry sommer vir hulle wegneem etes.
Sy pak al die pakkies uit toe sy by die huis kom, en drink 'n lekker koppie tee.
Sy hoor Dirk se motor buite, en stap uit om hom te ontmoet.
Dirk fluit toe hy uit sy motor klim.
"En vir wie het jy jou hare so mooi gemaak my engel? Jy lyk pragtig!"
"Middag my skat," groet sy hom met 'n warm glimlag.
"Jy weet mos dis net vir jou wat ek wil mooi lyk. Het jy lekker gewerk vandag?"
"Middag my engel, ja dankie. Maar werk was mos nog nooit lekker gewees nie!" Grap hy. Sy lag net vir hom. "Ja jong, maar wat kan ons doen. As ons nie werk nie, kan ons ook nie eet nie." Antwoord sy speels terug. Hy sal maar nie nou vir haar sê hy het sy werk verloor nie.
Na ete sit hulle voor die TV en gesels.
"En wat het jy alles vandag gedoen my engel?"
"Wel, ek het gaan inkopies doen vir ons wegbreek naweek. Toe het ek en Anette mekaar by 'n koffiewinkel gekry en net lekker gesels. Kan jy glo haar troue is
om die draai! Waar is die tyd heen. O ja, dan het ek ook gedink om volgende week my ring in te neem sodat hulle dit vir my kan verseker."
Weereens kry Dirk 'n skok! As sy maar net weet dat die ring nie eintlik waardevol is nie! Wat gaan vandag nog verkeerd loop?! wonder hy stilweg.
"Dink sal jy Vrydag bietjie vroeër by die werk kan afkry? Dan kan ons sommer vroeg al in die pad val. En nog 'n ding, jy neem jou motor ook sommer Vrydag in vir 'n diens, ek het dit klaar gereël. Al wat jy moet doen, is om die motor daar te kry."
"Dis reg my engel, ons kan so maak." Dirk is skielik nie meer lus vir gesels nie. Sy kop is te besig met alles wat vandag gebeur met hom gebeur het.
"Dirk? Ek het jou nou al twee keer dieselfde vraag gevra, en jy antwoord my nie!"
"Sjoe, jammer my engel, ek is so verdiep in die nuus op TV.... Wat het jy gevra?"
"Ek het gewonder of jy nie maar met die ander motor in die motorhuis wil ry nie? Hy staan net daar onder die seil. Dit was my oorlede man se motor. Dan kan ons maar dalk daaraan dink om jou motor te verkoop? Maar hulle moet eers jou motor regmaak. Dis nou as dit reg is met jou? "
Dirk is heel verras met haar aanbod, en kan dit nie weier nie. Hy het gesien die motor is nog in 'n baie goeie kondisie, en hy kan dan ook in styl ry!
"Dis reg met my engel, maar gaan Anette nie omgee as ek met haar pa se motor ry nie?"
"Nee my skat, sy sal nie omgee nie. Dis mos nie haar motor nie. "
"So.... leen jy vir my die motor, of is dit my motor?" vra hy versigtig.
"Ek gee vir jou die motor my skat. Ons gaan mos trou, en ek wil graag hê jy moet die motor vat. Hy is klaar betaal, so jy hoef nie nog te sukkel met paaiemente nie.
Ons kan net die motor op jou naam sit."
Dirk draai na haar toe, en druk haar dankbaar.
"Jy weet my engel," sê hy met 'n traan in sy oog. "Nog nooit het iemand so 'n groot geskenk vir my gegee nie! Baie dankie daarvoor!"
Retha sien die trane van blydskap en vee self 'n traan af. "Kyk nou wat doen jy Dirk!" Raas sy kamma. Hy neem haar in sy arms en soen haar teer. Hy kan nie glo wat sopas met hom gebeur het nie! Hy is in sy elemente oor sy nuwe motor.
"Dirk, jy sê dit sal nie 'n probleem wees om 'n bietjie vroeër van die werk af te
kom Vrydag nie?"
"Nee my engel, ek gaan sommer die dag afvat."
"Wonderlik! dan kan ons sommer vroeg ry. Ek sal net môre oggend die motorhawe bel om die diens van jou motor te kansselleer. Ons kan jou motor dan volgende week laat
diens. Trek sommer jou motor agter die huis in, dan hoef jy nie meer met hom te ry nie. Van vanaand af is die ander motor in die motorhuis joune."
Die volgende oggend maak Dirk gereed vir werk. Hy voel so half op sy senuwees. Wat gaan gebeur as Retha nou sal uitvind hy het nie meer 'n werk nie? Hy sal maar so normaal as moontlik probeer optree vandag. Môre is dit darem Vrydag. Dan is hy mos dag af!
Hulle drink gou koffie, en Dirk groet haar. "Ek wil gou gaan verlof insit my engel. Daar is nog baie werk vir vandag, so laat ek maar my ry kry."
Retha stap saam met hom na die motorhuis toe, en gee vir hom die ander motor se sleutels. Dirk glimlag vir haar, en sluit die motor aan. Hy is in sy skik met sy nuwe motor! En die tenk is vol petrol! Retha kyk die motor agterna toe hy die straat afry, en voel so 'n bietjie hartseer. Haar man het laas werk toe gery met die motor.....
HOOFSTUK TWINTIG
Retha ry ook werk toe. Sy is so besig met haar eie gedagtes, dat sy nie die motor sien wat haar agtervolg nie. Sy stop by die rooi robot, toe sy die skree van bande agter haar hoor. Sy kyk in haar tru spieëltjie, en sien hoe die motor agter haar hard rem trap om nie in haar vas te ry nie. Sy sit versteen en roer nie eens 'n spiertjie nie! Retha knyp haar oë toe, en wag vir die motor om agter in haar vas te ry. Genadiglik kry die persoon dit reg om nie in haar vas te ry nie. Retha se motor stol, en sy sukkel om hom weer aan die gang te kry. Sy het heeltemal te groot geskrik, en haar bene voel skoon bewerig. Sy hoor die klop aan die aan haar venster, en maak die venster stadig oop. 'n Mooi jong vrou staan en glimlag vir haar.
"Ek is jammer ek het jou so groot laat skrik mevrou! Ek het nou so amper agter in jou motor vasgery. In alles reg met mevrou?" vra die vrou met 'n swaar Engelse aksent.
"Ja dankie, alles is wel met my. Ek het net baie groot geskrik. My motor wil nie eens aansluit nie!"
"Kom ek sê jou wat mevrou, klim uit dan stop ek jou motor net hier voor by die koffie winkel, dan koop ek vir jou koffie. Jy kan nie in jou toestand nou verder ry nie."
"Baie dankie juffrou, maar ek is oppad werk toe, ek sal nie nou kan koffie drink nie."
"Ek kan sien jy lei bietjie aan skok mevrou, maar dis jou keuse of jy so wil ry."
Retha oorweeg haar voorstel, en besluit tog maar om eerder gou 'n koppie koffie te drink, of tenminste net 'n glas suikerwater.
Sy klim uit haar motor, en is te dankbaar dat die vrou aangebied het om haar motor vir haar te gaan parkeer. Daar is 'n verkeersophoping, maar Retha wil net by die koffiewinkel uitkom. Die vrou gee haar motorsleutels vir haar nadat sy die motor geparkeer het, en sê vir Retha om ook solank vir haar koffie te bestel, terwyl sy haar motor ook gaan parkeer.
Watter aangename mens is die vrou nie! Dink Retha.
"So ja! nou kan ek darem vir jou 'n koppie koffie koop vir die groot skrik!"
Mary stel haarself aan Retha voor. Retha glimlag vir Mary en stel haarself ook voor.
"Weet jy Mary, ek het nog nooit in my lewe so groot geskrik soos vandag nie! Toe ek die bande agter my hoor skree, toe weet ek hier kom 'n ding! Ek het net my oë toegedruk, want ek kon alklaar voel hoe jy my van agter af stamp!"
Mary glimlag vir Retha. "Toemaar Retha, gelukkig het ek mooi kop gehou, en alles is nou verby. Jy moet nou net probeer ontspan. Moet jy nie dalk jou werk skakel en noem jy gaan 'n bietjie laat wees nie?" Stel Mary voor.
Retha skakel gou haar baas en verduidelik wat gebeur het. Sy sug verlig.
"Hy verstaan darem Mary. Ek het 'n dierbare baas."
"Toe ek jou motor agter my hoor Mary, toe het daar so baie dinge deur my kop gegaan. My man is so paar jaar gelde oorlede..... hy het voor 'n motor beland, en kort daarna het hy gesterf."
"Retha! Dis so hartseer! Siestog, g'n wonder jy het vandag so groot geskrik nie. Het jy al sy dood verwerk Retha?"
Retha lyk nou sommer hartseer.
"Ja Mary, ek en my dogter het albei berading gekry..... maar dit het tyd geneem om alles te verwerk."
"En nou het ek die wond weer oopgeruk! Ek is so jammer!" Antwoord Mary.
"Nee wat Mary, moenie daaroor bekommerd wees nie. Ek het intussentyd 'n wonderlike man ontmoet, wat baie goed is vir my. Ons het in die week verloof geraak" glimlag sy.
"Dis wonderlike nuus Retha. Ken julle mekaar dan al lankal?"
"Eeh... ja en nee. Ons ken mekaar nou al 'n hele paar maande, maar somtyds is dit of ek maar nog baie onseker is oor hom. Hy is 'n geskeide man. Maar ons is lief vir mekaar Mary. Dit gaan seker 'n rukkie neem voordat ons gewoond is aan
mekaar. Maar tyd sal leer. Ons gaan juis hierdie naweek 'n bietjie weg. Ek glo hy het geweldige stres by sy werk. Ek kan duidelik sien hy is baie gespanne."
Mary is vir 'n rukkie stil en drink haar koffie.
“Waar is my maniere! Mary, het jy nie seergekry nie? Ek het jou nie eens gevra nie, jammer!”
Mary glimlag vir Retha. “Nee wat, ek het niks oorgekom nie, dankie Retha. Ek was so ingedagte, en toe ek myself kon kry, toe ry ek amper binne in jou kattebak vas!”Hulle kan nou lag oor die voorval wat plaasgevind het.
"Retha, dis dalk net goed dat jy hom beter leer ken voor die groot dag. Veral as jy twyfel." Retha se foon lui, en sy sien dis Dirk wat haar bel. "Verskoon my so 'n oomblik Mary, ek moet hierdie oproep neem."
"Alles reg met my Retha, wil jy alleen wees?"
Retha lag. "Nee, dis maar net my verloofde, jy is welkom om te bly sit. Ek moet in elkgeval ook aanstaltes maak om werk toe te gaan."
"Hallo my skat" Antwoord Retha haar foon.
"Hallo my engel, jy al by die werk?" vra Dirk.
"Jy sal nie glo wat amper met my gebeur het vanoggend nie my skat! Ek was so amper my motor kwyt."
"Wat!!! het iemand jou probeer kaap my engel!?" vra Dirk bekommerd.
"Nee, iemand het amper van agter in my vasgery, maar kon gelukkig betyds stilhou. Die dame en ek drink gou koffie, dan is ek oppad werk toe."
Dirk is te dankbaar dat Retha nie iets oorgekom het nie, en hulle lui af.
"Ag die mansmens!" Lag Retha gelukkig. "Hy is so bekommerd oor my. Wil net weet of hy my moet kom haal!"
Mary glimlag vir haar. "Ja, die liefde is mooi, maar ek moet nou gaan. Dit was lekker om jou te ontmoet Retha, en onthou my woorde, moenie oorhastig in 'n huwelik gaan voordat jy nie hierdie man beter leer ken het nie."
Met die staan Mary op, en gee haar telefoon nommer vir Retha.
"As jy lus is om weer een of andertyd koffie te gaan drink, is jy welkom om my 'n luitjie te gee. Opregte mense soos jy is maar min in hierdie lewe."
Retha gee ook haar nommer vir Mary, en hulle groet mekaar.
Mary voel skoon lighooftig toe sy in haar motor klim! Sy kry hierdie vrou so jammer. Sy het 'n hart van goud, en Dirk gaan haar stelselmatig vernietig.... daarvan is
sy seker! Maar hoe waarsku sy haar. Sy het gesien hoe gelukkig die vrou is, en wou nie haar babbel bars nie. Sy was oorgehaal om hierdie vrou alles van Dirk te vertel, maar sy sal dit op 'n volgende geleentheid doen. Nou was nie die regte tyd nie.
Retha bel gou vir Dirk toe sy by die werk aankom.
"Ek is darem veilig by die werk my skat!" Lag sy.
"Ek kon nie eens vanoggend my motor weer aan die gang kry toe hy by die verkeerslig gevrek het nie, maar gelukkig het Mary aangebied om my te help."
Dirk word yskoud. Sy het sopas gesê Mary het haar gehelp!"
"My engel, wie is Mary?" vra hy gemaak dom.
"Dis die vrou wat amper in my vasgery het my skat. Sy het aangebied om my motor vir my te gaan stop, en toe het ons saam gaan koffie drink om oor die ergste skok te kom. Sy is 'n aangename mensie. Pragtig en fyn gebou."
Dirk se keel is nou heeltemal droog.
"Engel, dis mos gevaarlik om sommer met enige vreemdeling te gaan koffie drink!" raas hy met haar.
"Ag Dirk! Sy voel vir my soos 'n ou kennis! Ons het te lekker gesels, en ek het haar ook van my oulike verloofde vertel. Maar ek moet jou nou groet, ek moet gou my verlof insit vir môre. Sy het in elkgeval vir my haar telefoon nommer gelos vir wanneer ons weer kan gaan koffie drink."
Hulle lui af, en Dirk is buite homself van woede!
"Wat probeer Mary met Retha doen. Sy gaan sy hele lewe deurmekaar krap, en hy is magteloos! Hy bel vir Mary.
"Mary, wat de hel probeer jy met Retha doen! Het ek jou nie mooi gevra om haar uit te los nie! Wil jy nou my hele lewe verwoes, of wat? Ek vra verskonning oor hoe ek jou behandel het, so, asseblief, los ons uit!"
Mary lag skor. "Dirk, ek vermoed een van my oorbelle het by 'jou' huis ager gebly. EK kry dit nerens nie. Sal jy dit 'n bietjie vir my soek?"
Dirk se bloed kook nou behoorlik.
"Jy het jou oorbel in ons wasgoedmandjie geplant en gehoop Retha kom daarop
af! En ja, die ding is by ons huis."
"Mooi so! Dink jy ek kan Retha vra om die oorbel vir my te hou, dan kry ek dit een of ander tyd by haar."
"Is jy nou heeltemal van jou kop af vroumens! Ek het vir haar gesê dis die bediende se oorbel. Weet jy Mary, ek berou die dag wat ek jou ontmoet het!"
"Wel my liewe Dirk, ek is in jou lewe, en jy gaan bitter moeilik van my ontslae raak. Jy het my baie seergemaak, en verneder. Ek glo nie ek het jou al heeltemal vergewe oor die blou oog wat jy my gegee het nie. En al die fisiese mishandeling wat ek maar net moes deurgemaak het met die tye wat jy by my gekuier het. Ek het gedink ek is lief vir jou, maar eintlik het ek jou maar net jammer gekry. Dit was g'n liefde nie! En dan het jy nog die vermetelheid gehad om my voor te skryf oor wie ek mag sien en wie nie! Jy maak my siek Dirk! Siek!"
"Mary, ek kan ook vuil speel! Los ons uit, of jy sal met jou lewe daarvoor boet..."
"Dreig jy my dalk Dirk?"
"Nee Mary, ek waarsku jou nou finaal, bly uit my lewe uit!" Hy druk die foon in haar oor dood. Al moet hy dan nou iemand huur om met haar af te reken, hy sal nie haar nonsens verder vat nie! Dirk bel vir Koos.
"My vriend, ek weet jy ken baie mense.... ek sukkel om Mary se mond gesnoer
te hou. Sy het al sover gegaan om met Retha kennis te maak! Sy gaan my verhouding met Retha heeltemal verongeluk! Ken jy dalk iemand wat haar mond vir my kan toemaak. Al is dit nou vir ewig."
"Wel Dirk, ek ken 'n paar manne wat dit sal doen, maar jy sal natuurlik moet opdok om dit te laat doen. Maar jy en Retha gaan mos weg vir die naweek? Gaan geniet jouself nou eers, en as julle terug is by die huis, dan gesels ons weer. Intussentyd sal ek kyk wat ek uitgerig kan kry."
"Nog 'n ding Koos, sy het mense wat Retha dophou, so wees maar uiters versigtig. Sy kan dalk agterkom as jy haar dophou."
Hulle lui af, en Dirk ry weer na die park waar hy gister gesit het. Hy wonder of Delia weer na die park toe sal kom vandag. Hy sal maar hier sit, todat dit amper tyd is vir hom om van die werk af te kom. Delia het nie vandag die park besoek nie, en hy is dankbaar daarvoor. Hy is nie lus vir haar giftige tong nie. Dis al wat hy nou nog nodig het, is 'n vrou wat die heeltyd in sy ore neul!
Later die middag ry hy terug huistoe. Hy sien Retha is al by die huis.
"Middag my engel" groet hy Retha toe hy by die deur ingestap kom.
"Hallo my skat, het jy darem lekker gewerk?" Vra Retha aan hom.
"Ja dankie my engel, ek is net bly die week is nou so te sê verby. Môre is ons op die pad, en ons kan net lekker ontspan."
Retha gaan aan om goedjies in te pak, en Dirk kom sit by haar in die kombuis.
"My engel, gee jy om as ek vir my iets saamvat om te drink? Dalk kan ek vir jou ook ietsie saamneem?"
"Nee my skat, jy is welkom om vir ons 'n bottel wyn saam te neem. Jy weet mos waarvan ek hou. Dis nie nodig dat jy teveel drank saamneem nie, want ons gaan mos om te ontpan my lief. "
"Ek sal dit nie oordoen nie my engel! Hou nou op met stres daaroor."
Retha antwoord nie daarop nie, sy weet wat in die week gebeur het, en is glad nie lus vir 'n herhaling daarvan nie.
Dirk ry bottelstoor toe, en koop vir Retha haar wyn, maar koop ook vir hom sy liter Whiskey. Sy hoef mos nie daarvan te weet nie, en hulle gaan mos eintlik op vakansie. So, hy mag mos maar 'n drankie saamneem om te geniet.
HOOFSTUK EEN EN TWINTIG
Vroeg die volgende oggend vertrek Dirk en Retha. Hulle albei is in 'n ontspanne luim, en geniet mekaar se geselskap.
"Jou meisiekind se troue is ook om die draai my engel. Is daar nog baie om te doen?"
"Nee my skat, dis maar mos nou net die troudag wat alles weer in rep en roer gaan wees. Sy het mense gehuur wat haar troue vir haar doen, so die spyseniering, onthaal en versier van die saal is alles ingesluit. In ons dae toe ons getrou het, moes ons maar self vir alles gesorg het. Vandag se jongmense het dit eintlik baie maklik. "
"En ons troue my engel, gaan jy dit self reël, of gaan ons iemand huur om dit te doen?" vra Dirk.
Retha voel gelukkig dat hy haar dit gevra het. Dit wys haar dat hy ook uitsien na hulle troue.
"Jong, ons sal maar nog sien daaroor. Kom ons kyk hoe werk dit met Anette se troue, dalk gebruik ons nog die selfde beplanner om ons troue te doen."
Dirk druk haar hand wat op sy been lê. "So, jy wil darem nog met my trou?" vra hy speels.
"Dit is nou 'n dom vraag Dirk!" lag sy. "Wat laat jou sulke dinge vra?"
"Ek grap net met jou my engel. Ek weet jy vind my uiters aantreklik, en dat jy absoluut mal is oor my!" Hulle lag nou lekker saam. "Wel, jy is amper reg daaroor my skat, ek is mal oor jou...." Retha buk oor na die bestuurskant, en soen
hom op sy wang.
"Jong vroumens! Jy sal laat ek die motor omgooi as jy so naby my kom met daardie begeerlike lippe van jou!"
Hulle stop by hulle bestemming, en stap na ontvangs toe. Retha betaal, en hulle ontvang hul sleutel. Sy is in haar skik om te sien hoe oulik en afgesonderd hulle plekkie is. En dis net groot genoeg vir hulle twee. Hulle pak die motor uit, en Retha gaan op een van die leunstoele sit. Dirk kom na haar toe met 'n glasie wyn in die hand, en 'n drankie in sy anderhand vir homself.
"Dankie Dirk, dit gaan heerlik smaak. Ek kry hoeka so warm." Sy sien Dirk het vir haar ys ook in haar glasie wyn gegooi, net soos sy daarvan hou. Sy wonder egter wat in sy glas is... maar vra nie. Hy het seker maar vir hom Whiskey saamgebring. Solank hy dit net nie weer misbruik nie. Hulle sit en luister na die geluide van die bosveld. Die Wildtuin is warm, en die sonbessies sing lui lekker. Retha voel sommer lomerig.
"Wil jy nou bietjie in die wildtuin gaan ry, of gaan ons eers ietsie maak om te eet Dirk?"
"Kom ons gaan ry maar eers 'n entjie, dan kan ons maar iets eet waar ons ookal stop. Onthou, jy is ook hier om te rus my engel, daarom gaan jy nie die heeltyd ager die kospotte staan nie."
Retha glimlag tevrede. "Nou maar goed, laat ons dan maar ry. Ons moet dalk net water saamvat my skat."
Dirk pak vir hulle 'n koelhouer, en pak genoeg ys in die houer om die water en koeldrank lekker koel te hou. Retha pak ook 'n mandjie met peuselhappies in. Hulle geniet die saamwees, en na 'n hele rukkie op die pad stop hulle by 'n watergat. Dirk maak die koelhouer oop, en gee vir Retha haar water aan. Hyself vat ook 'n botteltjie water. Retha sit met die verkyker, en verwonder haar aan die seekoeie hier voor hulle in die watergat. "My skat, ek het nog 'n verkyker saamgebring. Kyk op die agterste sitplek langs die kosmandjie lê hy."
"Dankie my engel, jy dink ook aan alles."
Retha weet nie of sy haar verbeel nie, maar sy ruik defenitief drank. Sy kyk na Dirk se botteltjie water, en sien dis nie net water wat in die botteltjie is nie! Sy is dadelik ontsteld.
"Ai Dirk! Is dit nodig om nou weer aan die drink te gaan? Jy het gesê ek hoef my nie oor jou te bekommer nie, en nou dit!"
"Kalmeer my engel! dis net 'n bietjie Whiskey! Dis mos nie dat ek nou dronk is nie. Jitte man, jy moet leer om te ontspan Retha."
Retha los dit daar, en wonder nou self of sy nie bietjie oordryf met die drank storie nie. Hy is mos 'n man, en is seker ook maar lus vir iets sterkers, veral as hy bietjie wegbreek van die werk en alles af.
"Ek is jammer my skat, ek sal nie weer aan jou karring oor jou drankie nie. Ek weet jy kan dit hanteer..." Sy glimlag liefies vir hom.
"Dankie engel, nou kan ek teminste myself geniet, sonder om te bekommer wanneer jy my gaan uithaal oor my drank."
"Sal ons vanaand braai, of wil jy eerder more aand braai? Die besluit is joune." vra Dirk aan Retha.
"Nee, kom ek sê jou wat my skat, hier voor by die volgende kamp is 'n heerlike restaurant..... ons kan sommer nou daar ietsie gaan eet, en vanaand maak ons net 'n lekker groot vuur, en geniet die stilte van die nag. Dan kan ons môre aand lekker braai." Stel Retha voor.
"Dis in die hak met my - my engel. Dan stop ons by die volgende kamp om iets te eet."
Dirk haal vir hom nog 'n botteltjie gedokterde water uit die koelhouer, en vra vir Retha of sy ook nog water wil hê, of koeldrank.
"Nee dankie my skat, ons is amper by die volgende kamp, en ek moet eers toilet toe!" Glimlag sy vir hom.
Dirk voel so gelukkig! Hier ry hy in 'n moderne pragtige motor met ligverkoeler aan, en die meisie wat hy mee wil trou. Hy dink aan Delia en Mary, en wonder wat hy in hulle gesien het. Hier het hy alles wat hy nog altyd wou gehad het.... en nog meer. 'n Vrou wat regtig vir hom lief is.
Dirk drink die botteltjie leeg voordat hulle by die volgende kamp kom. Retha het nog nie weer iets oor sy gedrinkery gesê nie, maar voel bietjie kriewelrig. Sy weet sy het gesê sy sal nie weer neul oor sy drinkery
nie, maar hy drink heeltemal te vinnig na haar sin.
Hulle stop by die volgende kamp. Dirk is in ʼn goeie bui. Hy glimlag van oor tot oor vir almal wat hulle teëkom en knoop geselsies met almal aan. Retha glimlag maar net vir hom. Sy weet hy is nie homself nie, want sy het gesien hoe vinnig hy die botteltjies gedokterde water gedrink het.
Retha besoek die kleedkamers, terwyl Dirk vir hulle ʼn tafel uitsoek om by te sit. Hy bestel ook vir hulle iets om te drink. Retha glimlag toe sy by hom gaan sit.
“Dis nou ʼn mooi kamp die, en hulle verkoop sowaar pap en vleis! Ek sien hulle is reeds besig om nou vleis te braai. Ek gaan vir my daarvan bestel Dirk. Het jy al gekyk wat jy wil eet?”
“Nee my engel, maar ek wil ook gou ʼn draaitjie gaan loop, dan sal ek na die spyskaart kyk.”
Dirk loop en die kelner bring vir haar ʼn glasie wyn en vir Dirk ʼn bier. Retha bestel vir haar sodawater met ʼn suurlemoenskyfie daarin. Sy hou daarvan om dit te drink as dit so warm is. Dirk kan maar die wyn drink. Sy weet nie hoeveel keer sy nog vir hom moet sê sy wil nie saam met hom drink nie!
Dirk kom sit weer en hy kyk na die spyskaart.
“Ek dink nie ek wil nou iets eet nie my engel. Dalk sal ek net iets bestel wat ek later by die kamp kan eet. Ek kry nou te warm om te eet.”
Die kelner bring Retha se sodawater en skink dit vir haar. Dirk kyk na die glas wyn en frons.
“Ek het dan vir jou wyn bestel my engel? Wil jy dan glad nie die tydjie saam met my in die Wildtuin geniet nie?!”
Retha wag totdat die kelner haar bestelling geneem het, toe sy Dirk reguit in die oë kyk.
“Dirk... ek sal dit waardeer as jy nie so met my praat voor ander mense nie! Jy het jou stem verhef, en jy laat my skaam kry. Ek geniet myself saam met jou, en ek het regtig nie nodig om drank te gebruik om myself te geniet nie.”
Dirk sluk vinnig die glasie wyn weg, en drink verder aan sy bier.
“Wel, as jy uitmis op ʼn lekker tydjie, is dit jou eie saak!”
Hy antwoord haar nie op dit wat sy gesê het nie, en Retha kan sien waarom nie. Hy is so besig om vir die meisie wat oorkant hulle sit, ogies te maak, dat hy nie eens bewus is van haar nie! Die meisie speel saam, en flirt openlik met Dirk.
Retha vererg haar, en sit haar glas hard op die tafel neer.
Dirk se kop ruk om na haar kant toe, en sy sien die ongeduld in sy oë.
“Ek praat met jou Dirk, maar jy is so met die meisie oorkant ons besig, dat jy my nie eens hoor nie!”
“Wat gaan aan met jou vroumens?!” vra Dirk hard.
“Ek sit mos hier by jou, en is nie naby die vrou nie. En om te kyk is mos nie ʼn sonde nie. Ek gaan mos saam met jou huistoe, en nié saam met haar nie! Of wil jy vir my sê ek mag nie na ander vrouens kyk nie?”
“Dirk, ek sal nie laat jy so met my praat nie! Stop dit nou, jy maak my skaam voor al hierdie mense.”
Hy lag hard uit sy maag uit. “Kry jy vir my skaam my engel? Ek is dan so ʼn aantreklike outjie. Hoekom sal jy vir my skaam kry?” Hy keer die kelner voor, en bestel vir hom nog ʼn drankie.
“Dirk asseblief hou net op om so vinnig te drink, kom ons ry eerder, dan kan ons by die kamp verder kuier.”
“Regtig Retha, sal jy saam met my kuier... ʼn drankie of twee drink?”
“Nee Dirk, ek bedoel ons kan sommer vanaand by die kampvuur sit en kuier. Jy weet, gesels en net mekaar geniet.”
“Hoe kuier mens sonder ʼn drankie Retha? Dis mos heeltemal onmoontlik!”
“Dirk jy het drank by die kamp, jy is mos welkom om iets by die kampvuur te drink.”
Retha vra dat hulle haar kos ook wegneem ete maak, en sy betaal die rekening. Sy wil net wegkom uit hierdie kamp! Sy het lanklaas in haar lewe so skaam gekry....
Dirk wil nog vir hom nog ʼn drankie bestel, dog Retha staan op en stap na die motor toe. Hy loop agter haar aan.
“Wil jy my nou wragtig net hier gelos het Retha?!”
“Nee Dirk, maar ek verkies om nou te ry. Ek wil by ons kamp uitkom, ek kry warm en is moeg.”
Sy het gelukkig die motor se sleutel wat op die tafel gelê het, geneem toe hy kleedkamers toe was. Retha klim agter die stuurwiel in.
Dirk staar in ongeloof na haar. Hy loop tot by die deur om dit oop te maak, maar Retha sluit haar deur.
“Jy is besig om my voor al hierdie mense te verneder Retha!” sis hy saggies by die venster. “Is ek nou nie goed genoeg om jou motor te bestuur nie?”
“Dirk, klim asseblief in die motor sodat ons kan ry. Jy kan bietjie rus. Jy het al die hele dag bestuur.”
Dirk besef hy gaan nie hierdie rondte wen nie, en klim maar ewe gedwee in die motor. Retha is hewig ontsteld, maar wys dit nie. Sy kan nie glo al hierdie dinge het nou
net gebeur nie! Sy kan ook nie glo Dirk gedra hom so sleg nie. En hy praat met haar net soos hy wil. Sy is baie na aan trane, maar hou dit terug. Sy bestuur rustig tot by hulle kamp, terwyl Dirk hom besig hou met sy gedokterde water. Retha is sommer lus om die volgende dag terug huistoe te ry. Sy sien nie kans vir ʼn dronk man nie..... sy het dit teveel gehad in haar verlede. Maar sy besluit om môre ernstig met hom oor sy drinkgewoontes te praat. Hulle ry die kamp in. Dirk pak solank vir hulle ʼn vuur vir later om aan te steek. Retha voel nie eens honger nie. Sy voel die knop in haar keel, en gaan badkamer toe. Sy kyk vir haarself in die spieël, en ʼn traan loop stil oor haar wang. Sy is diep teleurgesteld in Dirk. Hy gedra hom soos ʼn vark, en doen en sê dinge wat haar baie seer maak. Retha ruk soos sy skrik toe Dirk aan toilet deur hammer.
“Wat doen jy so lank hier binne my engel? Is jy dalk besig om met iemand anders op die internet te vry?”
Retha se mond val oop van verbasing! Wat laat hom dink sy is besig met haar foon?”
Sy maak die badkamer deur oop, en kyk in sy rooi oë vas. Hy is duidelik nie die Dirk wat sy leer ken het nie....
“Wat laat jou vir een oomblik dink ek is besig met my selfoon Dirk? Is dit wat jy van my dink? Dat ek besig is om op jou te verneuk? Hoe durf jy so laag van my dink?” vra Retha hartseer.
Dirk kom die badkamer ingestap en kyk rond. Hy is erg aangeklam.
“Waar is jou selfoon Retha?” bulder hy.
“My selfoon is in my handsak Dirk!”
“Jy lieg vir my vroumens!” Hy haal sy selfoon uit sy sak en bel haar nommer. Haar foon lui, maar hy kan nie hoor waar dit in die rondawel lui nie.
“Waar steek jy jou foon weg Retha, want ek hoor hom lui, maar nie in die rondawel nie!”
“Want dis omdat hy in my handsak in die motor is Dirk!” Sy wil by hom
verbykom, dog hy hou haar terug in die badkamer.
Hy gryp haar aan die arm, en trek haar dieper die badkamer in.
“Eina Dirk! Jy maak my arms seer! Wat probeer jy doen Dirk?” vra sy benoud.
Dirk weet duidelik nie wat hy doen nie, en val amper oor die toilet soos hy aan haar trek.
“Los my Dirk! Jy is dronk!” roep sy benoud uit.
“Jy gaan nerens heen nie vroumens! Jy verneuk op my, en nou steek jy jou foon weg. Seker bang ek sien met wie jy almal op die internet mee vry!”
“Dirk, ek belowe jou, vandat jy en ek op die internet ontmoet het, was ek nooit eens weer op daardie webtuiste gewees nie. Ek doen net my bank sake en eposse op die internet!”
“Ek glo jou nie Retha!” Hy stamp haar met geweld teen die deur vas, en Retha probeer met haar arm keer dat sy nie haar kop teen die muur stamp nie. Met die geweld wat sy die deur tref, voel sy die skiet pyn in haar lae rug. “Dirk! Hou op, jy maak my seer!” Snik Retha. “Nee Retha, jy kort al lankal ʼn goeie pakslae! Jy neul mos gereeld oor my drinkery! En ek kan my drinkery hanteer! Jy sal van vanaand af ophou om oor my drinkery te praat. Ek is ʼn volwasse man, en sal my nie deur enige vrou laat voor skryf hoe ek moet lewe nie. Verstaan ons mekaar!!??”
Retha sit in die hoekie van die badkamer en kyk hom bang aan.
“Vroumens! Ek praat met jou, gaan jy my nie antwoord nie!?”
“Dis reg Dirk, ek sal nie weer met jou praat oor jou drank gewoontes nie. Ek het geen reg om so met jou te praat nie, jy is immers ʼn volwasse mens wat sy eie keuses mag maak.”Retha hoor hoe sy tong sleep van die drank, en besef sy moet nou eerder mooi praat voordat hy haar weer aanrand. Haar rug pyn erg, maar sy sal nie ʼn woord daarvan sê nie. Sy wens net hy wil nou die badkamer verlaat, sodat sy kan opstaan.
Dirk gaan voor die toilet staan om sy blaas te ledig, dog sy korrel is heeltemal uit! Hy mors reg oor die toilet bak en begin te lag vir die dom ding wat hy doen. Hy maak alles nat rondom die toilet, en korrel sommer ook vir die muur agter die toilet. Retha kan haar oë nie glo nie! Hy maak van hierdie hele ding ʼn spelletjie! Retha staan vinnig van die vloer op. Maar Dirk wil haar weer terug hou.
“Dirk, as jy my liefhet, sal jy my nie so seer maak nie. Los my arm nou, dan kan ek gou vir ons ietsie gaan kry om te drink.”
Dirk glimlag nou breed. “Mooi so my engel! Jy leer vinnig. Lyk my ek moet meer gereeld so bietjie hard met jou wees, dan luister jy mooi na my!” Hy laat los haar arm, en Retha kan nie vinnig genoeg by die badkamer deur uit kom nie. Sy vryf oor haar gewrig waar hy haar vasgehou het. Sy voel die pyn in haar lae rug, maar haar arms pyn ook soos hy haar hardhandig hanteer het. Sy wil nie meer saam met hom wees nie! Maal dit in haar gedagtes. As hy haar nou so seer kon maak, is hy instaat tot iets groters! Wanneer gee hy haar ʼn blou oog! Sy is so
geskok, en weet nie regtig hoe om nou op te tree nie. Haar gewese man was nou wel ook lief vir sy drank, maar het nooit sy hande vir haar gelig nie. En sy glo as Dirk haar nou so behandel, sal hy dit in die toekoms weer en weer doen.
Sy drink sterk pyn pille om verligting aan haar lae rug te bring. Dirk kom uit die badkamer geslinger, en Retha staan naby die voordeur, reg om uit te kom as dit moet.
“En waar is my drankie my engel, of drink jy nou alleen?” vra hy sleep tong. “Dirk ek drink water, maar jy kan ook hiervan kry as jy wil.”
“Vir wat sal ek nou water drink as daar iets beters is om te drink my engel? Ek het gedink jy gaan vir ons ietsie gooi om te drink. Is dit nie wat jy in die badkamer gesê het nie?”
“Dirk, ek is jammer, maar ek gaan nie vir jou drank skink nie. Jy is meer as welkom as jy wil drink, maar ek gaan jou nie bedien nie.” Met die draai sy om, en stap na buite.
Dirk snork deur sy neus. Sy dink sy is die kat se snor! Verbeel jou, sy drink nie eintlik nie! “Ek is gewoond al my meisies drink saam met my!” Praat hy met homself terwyl hy vir hom nog ʼn drankie skink.
Retha het die vuur aangesteek, en kyk diep in die vlamme. Sy is doodstil, en is nie lus om na Dirk se dronk praatjies te luister nie. Hy in teendeel gesels of niks so ʼn rukkie terug gebeur het nie.
Retha wil so graag na die opelug film vertoning gaan kyk wat vanaand op die kampterein wys, maar sy sal dit nie eens aan Dirk noem nie. Sy sal haar dood skaam vir die man. Sy het baie om oor na te dink... sy glo nie hierdie verhouding gaan werk nie. Sy het gesien hoe haar man gedrink het, en tot sy dood toe, het hy nie minder gedrink nie. Dit het haar nog altyd gewalg, en hier sit sy sowaar weer met dieselfde probleem! Nee wat, sy sal die verhouding moet eindig, al is sy so lief vir hom.
Ja, sy het lief geword vir hom, maar besef ook nou dit gaan nie werk nie. Hy sal nie verander nie, dink sy hartseer. En dan beskuldig hy haar van ontrouheid! Dalk staan hy ager die deur, en nou soek hy haar daar..
“Wil jy vleisbraai my engel?” vra Dirk vir Retha.
“Nee dankie Dirk, ek is nie honger nie. Ons het mos besluit om nie vanaand te braai nie. Ons het weg neem etes saam gebring kamp toe.” Retha is kort af met hom, maar hy kom dit gelukkig nie agter nie.
“Wel, ek is nou lus vir ʼn vleisie op die vuur. Sal jy vir ons vleis gaan kry my engel?”
Retha voel baie geirriteerd met hom, maar gaan haal vir hom vleis om te braai. Sy het in elkgeval besluit sy wil môre huistoe gaan, al het sy vir die hele naweek betaal. Sy wil in die stilte van haar eie huis wees… en sy sal aan ʼn manier moet dink hoe om van Dirk ontslae te raak. Sy sien nie kans vir nog ʼn dronk dag saam met hom nie.
Dirk gooi die vleis op die vuur, en die lug word gevul met die heerlike geur van
vleisbraai. Retha besef sy is honger, maar is nie eens lus om die vleis te eet wat Dirk ge braai het nie. Sy wil niks van hom hê nie!!
Nadat hy vleis gebraai het, eet hy sommer so van die rooster af. Retha is verlig daaroor, want sy is nie lus om nog slaai of ʼn bykos te maak nie. Sy kan nie help om te sit en kyk hoe hy sy vingers aflek nie. Daar is niks verkeerd om jou vingers af te lek nie, maar ai, hy klink erger as ʼn vark! Dis seker omdat hy so dronk is, dat dit so sleg klink. Retha wens die aand om. Sy wil net huistoe gaan! Sy het so uitgesien na hierdie naweek, en nou kom bederf hy alles! Sy het gehoop hy is die regte man vir haar… Retha het ook besluit om die verlowing te breek. Hy kan maar sy ring hou. Hy moet ook vir hom ander bly plek soek. Retha wil graag gaan bad, maar is te bang om in die rondawel in te gaan. Sê nou maar net hy keer haar weer in die badkamer vas? Hy het nog nie ophou drink nie… Sy besluit maar om te wag todat hy gaan slaap, of net om kap van die baie drank, dan sal sy vinnig gaan stort. Dirk raak toe inderdaad op die rusbank aan die slaap, en Retha gaan stort vinnig.
Sy pak al haar goedjies maar weer in haar naweek tassie, en wil môre oggend as die sonnetjie sy kop uitsteek, huistoe ry. Sy weet nie hoe gaan Dirk se reaksie wees nie, maar hy sal haar nie teen haar sin hier hou nie. Hy kan maar nog bly, want sy het klaar vir die naweek betaal. Maar sy bly nie ʼn oomblik langer saam met hom hier nie.
Sy gooi hom toe met ʼn kombers, en gaan klim in die bed. Sy wil hom nie wakker maak nie, want sy weet nie wat sy reaksie sal wees as hy wakker word van so ʼn drink sessie nie. Sy besef maar alte goed dat sy hom hoegenaamd nie goed genoeg ken om met hom te trou nie! Retha huil haarself aan die slaap…
HOOFSTUK TWEE EN TWINTIG
Retha staan vroeg op, en sien dat Dirk nog in dieselfde posisie as gisteraand lê en slaap. Sy is besig om die motor te pak, toe Dirk wakker word. “Sjoe, waar sal hierdie erge kopseer vandaan kom? Eina!” Hy sit voor oor met sy kop in sy hande. “My engel, het jy dalk iets vir hierdie lelike kopseer van my? Ek dink ek het dalk koue op gedoen by die vuur gisteraand. Ons het mos vleis ge braai?”
Retha bring vir hom twee pyn pille. “En ʼn bietjie water my engel?” vra Dirk.
Sy gee vir hom water aan. Hy sluk die pille, en spoeg dit amper dat dit daar trek!
“Vir wat gee jy my van die water wat gemeng is met Whiskey Retha!?” vra hy vererg.
“Wel, jy het omtrent al die waterbotteltjies wat daar is, met jou drank gemeng Dirk. Wil jy hê ek moet aan elkeen proe om te sien watter een is skoon water?”
Dirk kyk na haar toe. Sy oë is bloedbelope van die baie drinkery.
“En vir wat is jy in so ʼn verkeerde bui vandag my engel?” vra hy heel onskuldig. Hy kyk om hom rond, en sien dat sy al hulle goed in die motor gelaai het.
“Ek het gedink ons bly tot Sondag hier my engel? Wat gaan aan? Hoekom het jy al ons goed dan gepak?”
“Ek wil huistoe gaan Dirk, vandag nog.”
“Het ek dan iets verkeerd gedoen om dit te verdien Retha! Praat net met my, en vertel wat het gebeur dat jy nou wil huistoe gaan. Ek het so uitgesien na die naweek, en nou dit!” Sê hy kwaai.
“Dirk, jy het my gisteraand baie seer gemaak. Ek verkies om vandag huistoe te gaan.”
Retha se rug pyn, en sy weet sy moet by ʼn dokter uitkom om daarna te kyk.
“Waar het ek jou seergemaak my engel!? Ek het jou nie geslaan nie.” Sy loop na hom toe en wys vir hom haar pols wat half blou is.
“Jy sê jy het my nie seergemaak nie? Nou dink jy ek het in die muur vasgeloop en myself so seergemaak? En dan praat ek nie eens van my rug wat seer is nie! Ek wil by die huis uitkom, sodat ek kan dokter toe gaan.”
Nou pyn Dirk se kop eers. Hoe dom was hy nie gewees nie! Dink hy by homself. Hy kan niks van af gister middag onthou nie. Hy het geen idée wat hy aan haar gedoen het nie!
“Ek is so verskriklik jammer my engel! Ek sal jou nooit doelbewus seermaak nie! Ek is te lief vir jou! Vergewe my asseblief?!? Dit sal nooit weer gebeur nie!”
“Dirk, maak klaar, ek wil ry asseblief.”
“My engel?”
Retha is nie lus vir sy mooi praatjies nie, en raak ongeduldig.
“Dirk, die pad is lank, en as ons nie nou ry nie, kom ons eers donker by die huis.”
“So, ek is darem nog welkom in jou huis?”
Sy draai om en vat haar handsak.
“Goed goed, ek wil net gou stort my engel, dan kan ons ry.”
Hy stort gou, en kan homself onder sy bas skop vir wat hy aan Retha gedoen het!
As sy hom nie vandag uit haar huis uit skop nie, dan is dit ʼn wonderwerk. Hy dink aan haar pols wat so blou is, en weet hy het behoorlik droog gemaak! Hy sal maar net baie mooi met haar praat, en haar belowe dat hy nie weer sal drink nie.
Dirk is besig om sy hare te borsel, toe hy haar stil figuur deur die kamer venster sien. Sy staar net voor haar uit… so na niks nie. Hy voel soos ʼn hond! Hoe kon hy so ʼn pragtige mens so seergemaak het! Hy ontmoet haar by die motor.
“My engel, ek is regtig jammer as ek jou seergemaak het. Dis nou fisies en geestelik. Maar kan ons nie asseblief maar nog vandag hier bly nie. Ek belowe jou ek sal nie aan drank vat nie. Ek wil net graag oopmaak waar ek verbrou het..”
“Dirk, ek is jammer, maar ek is in erge pyn. Ek wil dokter toe gaan. My lae rug is baie seer. Maar as jy nog wil bly, kan ons vir jou ʼn motor huur.”
“Ai my engel! Dink jy nou vir een oomblik ek sal laat jy alleen terug ry huistoe? Daarvoor is ek te lief vir jou. Kom, ek sal gou die rondawel sluit, dan ry ons.”
Retha klim agter die stuurwiel in. Dirk kom staan by haar deur en kyk fronsend na haar toe. “Wil jy nie hê ek moet bestuur nie my engel? Jy het dan erge rugpyn?”
“Dirk voel jy daarna om te bestuur? Ek kan sien jy is nog moeg na gisteraand se kuier.”
“Engel! Maak nou oop die deur, ek is instaat om te bestuur!” praat hy half ongeduldig met haar. Retha hoor die ongeduld in sy stem, en dit voel of haar keel wil toe trek! Waarin het sy haarself begewe? Sy ken nie hierdie nuwe Dirk nie, en sy glo ook nie sy wil hom ken nie!
“Dirk, ek sal tot by die hek bestuur, dan kan jy van daar terug huistoe bestuur. Kom klim in” sê sy vasbeslote om te bestuur.Dirk loop om die motor en skud sy kop in ongeloof! Sy vertrou hom nie eens om te bestuur nie! Hy besef hy is
behoorlik in die moeilikheid. Hy klim gedwee in die motor.Retha het skaars ʼn halfuur gery, toe is Dirk vas aan die slaap. Sy is lus en laai hom sommer hier in die middel van die Wildtuin af! Hy het alles kom bederf. Alles wat mooi moes wees, het hy staan en bederf. Sy is baie vies vir hom. Sy dink terug aan gisteraand in die badkamer. Hy het die hele badkamer vloer nat gemaak toe hy nie die toilet kon raak korrel nie. En toe maak hy nog ʼn grap daarvan en gedra hom soos ʼn vark! Sy vee die lastige traan van haar wang af. Hy is nie haar trane werd nie, dink sy hartseer. Sy kyk na haar gewrig en weer speel die gebeure van gisteraand voor haar af. Sy was nog nooit in haar lewe aangerand nie… en hier gebeur dit met die man wat sy lief geword het voor. Waarna toe is hy nog instaat, wonder sy stil.
Retha sit vir haar ʼn rustige geestelike CD op om na te luister. Dit bring altyd rustigheid as haar gemoed so swaar is. Na ʼn rukkie word Dirk wakker, en kyk om hom rond. “Ek dog ons is al uit die Wildtuin uit my engel. En hierdie hartseer musiek maak my depresief. Moet ons daarna luister?”
Retha sit die radio af, en draai haar venster af.
“Ek glo ons sal bietjie petrol bespaar as ons die vensters so ʼn bietjie oop los, en nie die ligverkoeler die heeltyd aansit nie.”
“Maar dis drukkend warm my engel!” kla Dirk. Dis warm lug wat by die vensters inkom. Hoe ver is ons van die naaste toilet af, ek moet ʼn draai loop.”
“Ons is amper by die Numbi hek, daar is ʼn toilet. Jy sal maar net moet uithou tot dan.”
Dirk bly maar stil, want hy hoor die ongeduld in haar stem. Hy draai hom maar weer om gemaklik te sit, en raak probeer om weer te slaap, maar sy nood is te groot.
“Engel, stop net gou hier voor, ek MOET nou my blaas leeg maak asseblief.”
“Maar jy weet ons mag nie in die Wildtuin uit die motor uit klim nie Dirk!”
“Wel, dan moet ek maar my blaas in hierdie leë botteltjie leeg maak.”
Retha stop lang die pad, en Dirk doen sy ding.
Mans het dit so gemaklik, dink Retha. Hier doen hy sy ding langs die pad, en ek moet maar wag tot by die volgende stop om toilet toe te gaan. Dirk klim terug in die motor.
“So ja, nou voel ek weer mens. Moet ek nie verder bestuur nie my engel. Ek het nou lekker gerus.”
Retha is dankbaar dat hy aanbied, en sy kan ook sien hy lyk beter as vanoggend. Sy vrees nie meer dat hy ʼn ongeluk sal maak nie.
“Ek sal dit waardeer, dankie Dirk.”
Hy klim weer uit, en sy skuif net oor na die asiers sitplek.
Sy maak haar gemaklik en sit haar kussing agter haar seer rug. Dirk loer na haar kant toe.
“Is jy gemaklik my engel? Is jou rug nog baie seer?”
“Ja Dirk, my rug is baie seer. Ek weet nie wat het jou besiel om my so hard te stamp nie.”
“Hoeveel keer moet ek nog vir jou sê ek is jammer my skat!? Ek weet nie wat in my gevaar het nie, maar dit sal nooit weer gebeur nie, vertrou my asseblief?”
Retha kyk na buite, sy is nie lus om hom te antwoord nie. Na ʼn rukkie sluimer sy in, en word met die ergste nagmerries wakker geruk. Sy het gedroom hoe Dirk haar fisies aanrand, en altwee haar oë toeslaan! Sy kyk verwilderd om haar rond, en snak na haar asem toe sy in Dirk se oë vaskyk!
Dirk frons toe hy sien hoe verwilderd sy is.
“En nou my engel? Wat is verkeerd? Het jy ʼn slegte droom gehad, of wat?” vra hy simpatiek. Retha kan haarself nie keer nie, en trane stroom nou oor haar wange.
Dirk stop langs die pad, en troos haar. Hy het nie woorde nie, hy weet net een
ding… Hy is verantwoordelik vir haar trane! ʼn Polisie Patrollie motor stop langs hulle, en die offisier wil weet of alles reg is met hulle. Retha is so desperaat dat sy amper vir die Polisieman vertel wat gebeur het, maar hou haarself in. Sy wil by die huis kom, en dan sal sy self met Dirk praat.
Dirk volg Retha se oë, en is bang dat sy iets vir die Polisieman sal sê, en antwoord vinnig dat alles in die hak is met hulle.
“Nou goed dan meneer, moet asseblief net nie uit julle motor klim nie, hier is leeus in die omgewing gewaar.”
“Nee meneer, ons is nie van plan om die voertuig te verlaat nie, ons weet dis teen die reëls om dit te doen. Maar my verloofde voel nou beter, so ons gaan verder ry.
Dankie vir julle belangstelling om te hoor of alles reg is met ons.”
Dirk ry verder, en Retha maak weer haar oë toe. Hy moet dink sy slaap, want sy is glad nie lus vir sy geselskap nie. Maar sy wil nie weer slaap nie, sy is te bang vir die nagmerries wat heel moontlik weer kan toeslaan.
Dirk stop by die hek waar hulle uit die Wildtuin moet gaan. Hy vat saggies aan haar arm. “My engel, jy kan gou die badkamers gebruik as jy wil. Dis nog ʼn entjie voordat ons by die huis is..”
Retha stap na die badkamers toe. Haar liggaam voel swaar. Sy is nie eens lus om
tot daar te loop nie. Sy beleef dieselfde gevoel as die dag toe Anette haar van haar pa vertel het! Sy besef sy is weer terug op die pad wat sy daardie tyd moes geloop het. Sy sal weer haar berader moet gaan sien, sy voel glad nie haarself nie. Retha sidder as sy dink wat Anette en Wim van al hierdie dinge sal sê! Maar besluit om hulle nie dadelik daarvan te vertel nie.
Dirk kry vir hulle koeldrank om te drink, en ietsie ligs om te eet, maar Retha is nie lus vir kos nie.
“Jy kan maar my toebroodjie eet Dirk, ek is nie honger nie.”
Dirk draai na Retha toe. “My engel, jy drink sterk pyn pille, daarom is dit nodig om iets te eet.”
“Dirk, die koeldrank is genoeg vir my. As ek nou iets moet eet, gaan dit my nog net meer naar laat voel.”
Dirk glimlag speels vir haar. “Is daar dalk ʼn broodjie in die oondjie dat jy so naar is my engel?”
Retha lag amper hardop vir hom, maar hou haarself in. Gelukkig kan sy nie meer swanger raak nie, en dis ook maar goed so. Om nou van hom swanger te wees, sou ʼn nagmerries gewees het…
Sy glimlag floutjies vir hom. “Nee wat, so gelukkig sal jy nie wees nie.”
Dirk kyk na haar met verwyt in sy oë.
“Sou jy nie ook graag ʼn kindjie van ons eie wou gehad het nie my engel?”
Om eerlik te wees, nee Dirk. Ek wag nou vir my klein kinders. Ek het my tyd gehad om kinders te kry. Kan jy jouself indink hoe erg dit moet wees om van voor af weer op te staan om babatjie te voer. Nee wat, ek is heeltemal te lief vir my slaap.”
“Is jy ernstig my engel… sou jy regtig nie ʼn kind by my gehad het as ons jonger was nie?”
“Dirk… ons hoef mos nou nie hieroor te praat nie. Waarom nou ʼn argument daaroor begin?”
Dirk voel afgehaal, maar los dit daar. Hy kan sien sy is nie lus om met hom te praat nie, en dit krap hom in ʼn mate om. Hy hét mos nou al vir haar verskoning gevra vir sy gedrag, hoekom sal sy nou aanhou om hom die koue skouer te gee!
Hulle ry in stilte terug huistoe. Hy wonder wat in haar kop broei. Sy praat net as hy iets vra, verder is sy doodstil. Hy voel half benoud dat sy hom gaan vra om te loop, want hy het nou geen werk meer nie, en waarheen sal hy gaan. Mary is nie meer ʼn opsie nie. Hy byt hard op sy tande. Hy weet nie wat hy gaan doen as dit moet gebeur nie! Koos is darem nog ʼn opsie…
HOOFSTUK DRIE EN TWINTIG
Na ʼn paar uur se ry stop hulle voor Retha se huis. Retha help om die motor af te pak. Net toe stop Anette hulle voor haar huis. Sy het gevra dat hulle ʼn oog oor die huis sal hou. “Dis nou ʼn verassing ma! Ek het nie geweet julle kom vroeër huistoe nie!?” groet Anette opgewonde.
“Middag my kind, ja dis baie warm in die Wildtuin die tyd van die jaar. Ek het maar besluit om huistoe te kom, want die kopseer wat ek kry in die hitte is te reg. Jy weet mos ek kry die hoofpyne as ek so warm kry.”
Anette kan aan voel iets is nie reg nie. Sy kyk na haar ma, en toe na Dirk. “Is alles reg ma?” vra sy met ʼn frons. “Ja my kind, ek sê mos die hoofpyne kry my ʼn bietjie onder.” Retha vee die lastige krul uit haar gesig, en Anette se mond val oop! Sy sien hoe blou haar ma se gewrig is!
“Wat het jy met my ma gedoen oom Dirk!!?” roep Anette hard uit.
“Wag nou my kind, ek sal verduidelik.” Wil Retha nog keer, dog Anette storm op Dirk af en slaan met haar vuiste teen sy bors. Wim gryp haar van agter af, en hou haar terug. Retha is sommer kwaad vir haarself omdat sy nie haar polse met iets bedek het nie!
“Jy het aan my ma geslaan! Ek het geen respek vir ʼn man wat sy hande vir ʼn vrou lig nie! Skree Anette vir Dirk. Wim moet haar nogsteeds vashou.
“Dit was ʼn misverstand tussen jou ma en my Anette. Dit het niks met jou uit te waai nie.” Antwoord Dirk haar. Nou is Wim woedend. “Oom Dirk, ek respekteer
ouer mense, maar jy sal níé so met my verloofde praat nie! Tannie Retha is alles reg met tannie? Het oom Dirk jou seergemaak?” vra Wim bekommerd. Dirk tree nou agteruit, weg van Wim af. Wim is ʼn groot man, en hy sal nie graag onder sy vuiste wil deurloop nie. Retha voel magteloos en verslae! Hoe gaan sy vir die kinders vertel die man wat sy
liefhet, het haar aangerand?”
“Dit was ʼn ongeluk Wim.”
“Ek verstaan nie tannie, was julle in ʼn ongeluk, of wat het nou regtig gebeur?” vra Wim. Retha se senuwees kan dit nie meer hou nie, en sy bars in trane uit. “Sien jy Wim, hy hét my ma seergemaak!!”Roep Anette ontsteld uit. Anette kom staan by haar ma, en neem haar in haar arms om haar te troos. Wim stap na Dirk toe.
“Ek dink dis beter dat oom maar jou klere pak en die tannie se huis verlaat. Ek gaan nie toelaat dat jy haar verder verniel nie.” Wim probeer sy bes om nie sy humeur te verloor nie. Hy voel of hy hierdie man kan vermorsel! Tannie Retha het al deur soveel hel gegaan in haar verlede, en nou sal hierdie lamsak haar ook verder wil verniel!
“Ek wil eers self met Retha praat Wim! As sy vir my sê ek moet gaan, dan sal ek loop, andersins nie. Ek is lief vir haar, en wil haar nie so verloor nie.” Anette sien hoe Wim se vuiste bal, en loop na hom toe. “My lief, laat hy dit self van my ma hoor.” Anette vat haar ma aan die arm en hulle loop tot by Dirk.
“Dis nou ma se kans om te sê wat ma dalk al die heeltyd bang was om vir Oom
Dirk te gesê het toe julle alleen was. Ons is nou by ma, en ma hoef nie meer bang en alleen te voel nie.” Anette kyk na Dirk, en Dirk kan voel hoe haar oë hom middel deur wil kyk. Hy weet hy het nou groot moeilikheid.
“My engel… ek het mos gesê ek is jammer! Ek is lief vir jou, en wil jou nie nou verloor nie! Asseblief, gee my nog ʼn kans!” Smeek Dirk. Niemand is bewus van die persoon wat oorkant die straat geparkeer staan en foto’s van die hele toneel neem nie.
“Dirk… ek dink ook dis beter dat jy maar gaan. Dalk voel ek oor ʼn paar dae beter, maar op die oomblik wil ek regtig alleen saam met my kinders wees. Ek is lief vir jou, maar jy het my baie seer gemaak.” Antwoord Retha hom. Dirk skud sy kop in ongeloof. “Wil jy nou regtig vir my vra om jou huis te verlaat my engel!? Ons is dan verloof!?” Retha haal die ring van haar vinger af, en gee dit terug aan Dirk.
“Nee regtig Retha! Luister jy nou eerder na jou kinders as na jou eie hart! Jy het my lief, en ons het al gepraat van trou!”
“Dirk, dis verby, jy kan die motor hou wat ek vir jou gegee het, want dit was ʼn geskenk van my… maar ek sal dit ook verkies dat jy nou jou goed gaan pak, en my huis verlaat.”
Anette hou haar ma die heeltyd vas, en wil nie van haar nie los nie. Sy kan sien haar ma voel nie lekker nie. Dirk laat val die verloofring op die grond en draai om huistoe. “Wat moet ek met die verdomde ring doen Retha? Dis jou ring, nie myne nie. Maak met hom net wat jy wil. Jy doen mos in elkgeval net wat jy wil.” Hy stap die huis binne om sy klere te gaan pak.
“Wim, ek dink ek moet my ma by die dokter uitkry. Ek wil hê hy moet haar deeglik ondersoek, en dalk vir haar iets gee om te kalmeer. Jy kan gou na haar gekyk het, maar ek sal graag wil hê jy moet na oom Dirk kyk, sodat hy nie my ma se besittings weg dra nie. Mens weet nooit waartoe hy nou instaat is nie. “Wag Anette, ek bel gou my kollega, hy kan gou na jou ma kyk.”
Wim skakel sy vernoot, en reël dat hy haar deeglik ondersoek. Hy vertel hom ook kortliks wat gebeur het.
“Goed my lief, ek het met Karel gereël. Hy sal jou ma deeglik ondersoek. Hy het dan ook genoem of ons nie maar ʼn aanranding saak by die Polisie wil gaan maak nie. Dis wanneer hy jou ma dalk harde tyd gee om van haar weg te bly, dan kan sy dalk ʼn beskermingsbevel teen hom kry. “Nee Wim, hou maar eers die Polisie hier uit. Laat hy net sy goed vat en loop. Ek gee nie om waarheen hy gaan nie, solank dit nie naby my is nie.” Keer Retha.
“Dan ry ek gou met my ma na Karel toe my lief, my selfoon is aan sou jy my soek. Ma, is ma seker oom Dirk moet die motor neem?”
“Ja my kind, wat kan ek doen, ek het dit vir hom gegee… toe ek nog gedink het alles gaan vir ons uit werk.”
Anette skud net haar kop. Haar ma is heeltemal te goed vir hierdie man! Hy verdien nie om haar pa se motor te vat nie. Maar sy kan nou niks daaraan doen nie, dis haar ma se besluit.
Hulle ry na Dr Karel se huis toe. “Ma, ons sal sommer vanaand by ma oorslaap. Ek wil nie hê ma moet nou alleen wees nie. En dalk kom oom Dirk terug, en dit
wil ons nie nou hê nie.”
Karel wag vir hulle voor sy huis. Hy help Retha uit die motor uit.
“Middag my tannie, hoe gaan dit met tannie?” groet Karel vriendelik. Hy sien dadelik die blou om haar gewrig en die spanning op haar gesig.
“Dit gaan goed dankie Karel, en jy?” groet Retha terug.
“Geen klagtes nie, dankie my tannie. Kom stap julle maar deur. Anette, jy ken mos die pad na die spreek kamers toe.
Karel ondersoek Retha deeglik. “Tannie, ons sal jou moet stuur vir x-strale vir die lae rug. Wil tannie vir my vertel wat gebeur het?”
Retha kyk weg. “As tannie nie kans sien daarvoor nie, sal ek verstaan. Ek moet maar net meer inligting kry wat ek vir die mense deur kan gee sodat hulle die regte x-strale kan neem.
Retha vertel hom alles, en Karel voel so hartseer vir Retha. Dat sommige mans hulle soos varke moet gedra!
“Tannie, ek sal jou vir ʼn paar dae wil opneem in die hospitaal. Ek wil mooi na jou rug kyk, en sommer net ietsie vir die spanning gee.” Anette kom die ondersoek kamer in. Sy het buite die ondersoek kamer vir haar ma gewag. “Is
alles wel met my ma Karel?” vra sy bekommerd.
“Ek wil jou ma vir ʼn paar dae in die hospitaal opneem Anette.” Anette trek hoorbaar haar asem in.
“Is dit dan so ernstig Karel!?” vra Anette geskok.
“Jou ma se lae rug het seergekry, en ek wil laat hulle x-strale neem daarvan. Dan wil ek haar ook bietjie behandel vir skok en spanning.”
Anette voel skielik duislig en gaan sit op die stoel langs haar ma. Karel is dadelik by haar. “Is alles reg Anette?” vra Karel. “Ja dankie Karel, dis seker maar net skok wat my so dronk laat voel. Ek sal daardie man met my eie hande vermoor!” praat sy sag met haarself.
Karel reël ʼn hospitaalbed vir Retha. “Ons gaan net gou ʼn paar goedjies vir my ma by haar huis kry Karel, dan bring ons haar hospitaal toe.”
“Dis in die hak Anette, laat weet my as julle by die hospitaal is. En stuur sommer groete vir Wim.
“Sterkte my tannie, ek sien julle dan ʼn bietjie later.”
Hulle klim in die motor, en Anette moet sukkel om haar trane terug te hou. Sy wil graag met haar ma praat, maar haar gemoed is te vol! Sy is so kwaad vir
Dirk, as sy hom nooit weer sien nie, is dit te gou. Retha sien Anette is erg omgekrap en probeer haar troos. “Anette, dis nie so erg nie my kind. Ek het dalk net die rus in die hospitaal nodig. Moet jou nou nie verder so opwerk nie.”
“Ma, oom Dirk het ma aangerand, en ma vra dat ek moet kalm bly? Ek is baie lus om Polisie toe te gaan. So ʼn man moenie die kans kry om ander vrouens ook aan te rand nie.”
“Nee los die Polisie hier uit Anette. Oom Dirk gaan mos nou nie meer by my bly nie, en ek wil hom ook nooit weer sien nie. Ek het lief geword vir hom, maar ek sal hier deur kom.” Sê sy hartseer.
“Belowe my net dat ma hom nie weer ʼn kans sal gee nie, asseblief? Sulke mans verander nooit nie. Wie weet…volgende keer kan hy ma dalk vermoor…”
“Nee my kind, ek sal hom nie weer in my lewe toelaat nie. Inteendeel, ek sal ook nie weer op ʼn kletskamer ingaan nie. Dis waar alles begin het. Ek sal my eerder besig hou met jou trou reëlings.” Anette glimlag deur haar hartseer. “Ek sal dit so waardeer moeksie, die troue is om die draai, en daar is nog heelwat om gedoen te word.”
Retha sit haar hand op Anette se hand en gee dit ʼn drukkie.
“Dankie dat jy op die regte tyd by my huis opgedaag het vandag Anette…. Anders sou ek dalk net vir oom Dirk nog ʼn kans gegee het. Ek het al klaar gewonder wat ek vir jou gaan sê as julle ons so vroeg by die huis moes kry.”
“Ma, ons het al deur baie dinge gegaan in die verlede. Ons het geleer om mekaar te vertrou, daarom moet ons nie geheime vir mekaar hê nie. Onthou dit wat ons by ons beradings sessies geleer het… Laat ons dit nou weereens toepas.”
Retha voel baie selfbewus. Sy voel so sleg dat al hierdie dinge gebeur het, en dat haar kind ook nou half betrokke is. Sy sal nie vinnig weer met ʼn man deurmekaar raak nie, daarvan is sy seker. En veral nie met iemand op die internet in ʼn kletskamer nie. Ander mense vind wel geluk op die manier, maar die noodlot het sy rug op haar gedraai in hierdie geval. “Ma, wil ma my vertel wat tussen julle gebeur het?” Retha huiwer vir ʼn oomblik. “Anette, oom Dirk is heeltemal te lief vir drank. Ek dink hy het ʼn drankprobleem.” “Ag my moeksie!” roep Anette uit. “Ma het somtyds so swaar gekry met pa wat so gedrink het… en nou dit.”
“Anette, oom Dirk het te veel gedrink toe ons by die Wildtuin aan gekom het. Hy het vir ons water in ʼn koelhouer gesit om saam te neem as ons in die Wildtuin rond ry.
Maar hy het sy water ge dokter met alkohol. Myne het hy skoon gehou, want hy weet ek hou nie van drank nie. Toe ons by die eerste kamp stop, het hy homself al sleg gedra… en hy kan ook nie sy oë van ander vrouens afhou nie. Ons het kos bestel by die een kamp, en hy het so handuit geruk, dat ek die kelner gevra het dat hy my kos ʼn weg neem ete sal maak. Ons het toe terug gery na ons kamp toe. Ek het maar verder bestuur, alhoewel hy nie baie daarvan gehou het nie. Maar ek het net geweet hy is nie
instaat om te bestuur nie. By die kamp aan gekom, het ons die motor uitgepak, en ek het badkamer toe gegaan. Die probleem het daar begin. Oom Dirk het my beskuldig dat ek op my foon besig is om op die internet met iemand te vry!”
“Ai ma! Wat het hom so laat dink?”
“Ek wens ek het geweet my kind. Ek was besig om my gesig te was, toe hy aan die deur hammer. Hy het in gekom, en my begin beskuldig. Hy het sy foon uit sy sak uit gehaal, en my foon gebel. Maar hy was verby dronk, en ek glo nie hy het besef wat hy op daardie oomblik gedoen het nie. Hy het my aan die arm gevat, en gesê ek is besig om vir hom leuns te vertel. Ek het hom gesmeek om my te los, want hy maak my seer. Hy het my met ʼn harde stamp teen die badkamerdeur vas gegooi. Ek moes mooi met hom praat om te kalmeer. Daarna is ek uit na buite.”
‘Ma… het hy al voorheen sy hande vir ma gelig?”
“Nee my kind, maar hy het al driftig geword as hy teveel gedrink het. Maar ek het nooit kon dink dit sou so ver gegaan het nie…”
“Toemaar my moeder, ma is nou ontslae van hom. Ek vra net weer, moenie dat hy probeer om ma sag te maak nie, want hy gaan dit probeer. Wat pa se motor betref… ek glo nie hy verdien om my pa se motor te kry nie. Ek soek hom ook nie naby ma nie, ook nie naby my troue nie.”
Retha bly stil. Sy het die motor as ʼn geskenk vir Dirk gegee.. hoe kan sy nou die motor van hom weerhou?
“Ma, ek het ma se verloofring opgetel toe oom Dirk hom op die grond gegooi het. Miskien moet ma die diamantjie vat, en vir ma ʼn hangertjie daarvan laat maak.”
“Nee my kind, ek dink nie ek wil enige iets van hom hê nie. Jy kan met die ring maak net wat jy wil, ek wil dit nie hê nie.” Anette los dit daar. Sy sal die ring in veilige bewaring hou, en as haar ma eendag anders voel, sal sy dit weer vir haar gee.
Hulle stop voor Retha se huis. Wim kom uitgestap. “Oom Dirk is reeds weg my lief, jy kan maar laat jou ma inkom.”
“Karel wil my ma laat opneem Wim… ons wil net gou ʼn paar goedjies vir haar inpak, dan moet ons haar hospitaal toe neem.”
“Is dit so ernstig!” Roep Wim ontsteld uit.
“Ek weet nie my skat, hy wil x-strale neem van haar rug, en behandel vir skok.”
Wim byt hard op sy tande. Hy moes sommer die oom na die Polisiestasie geneem het! As Anette net vir hom laat weet het hoe ernstig die aanranding was, sou hy nie geskroom het om hom te vat nie.
Anette help haar ma om ʼn tassie vir die hospitaal te pak. “Ma moenie bekommer oor die goed wat ma Wildtuin toe geneem het nie. Wim en ek sal dit ʼn bietjie later kom uitpak. Ons sal ook hier in die huis kom slaap, totdat ma uit die hospitaal is. Ek wil nie hê oom Dirk moet terugkom en dalk iets vat wat nie aan hom behoort nie. Hy is alklaar vort met pa se motor.” Sê Anette vies.
Wim kyk na Anette en skud sy kop heen en weer sodat Retha nie kan sien nie. Sy vang sy skimp, en verander die onderwerp. “Wil ma nie gou deur ma se tassie gaan en kyk of alles daar is wat ma nodig gaan kry nie?” Anette kyk om toe haar ma nie antwoord nie. Haar ma is nie meer in die kamer nie. Anette loop by haar ma se kamer uit, en kry Retha in die ander kamer waar van oom Dirk se klere in die klerekas was. Sy staan voor die kaste wat nou leeg is, en voel die heimwee in haar hart. Sy het hom regtig lief…. Liefgehad. Hoekom het hy dit aan haar gedoen! Sy vee die traan van haar wang af, en stap die kamer uit. Anette neem haar ma in haar arms en hou haar vir ʼn rukkie vas. Niemand sê iets nie.
HOOFSTUK VIER EN TWINTIG
Wim laai Retha se tassie in die motor, en Anette sit die huis alarm agter haar aan toe sy die deur sluit. Sy sal sorg dat hierdie man nie verder haar ma se lewe kom omkrap nie! “Dankie dat julle na die huis vir my sal kyk Wim, ek waardeer dit.”
“My tannie, dis nie moeite nie. Ons doen dit met die grootste liefde. Word tannie net vinnig beter.” Anette glimlag toe sy hoor hoe mooi Wim met haar ma praat. Retha word opgeneem, en Karel ontmoet hulle by Retha se hospitaalbed. “Ons gaan sommer dadelik x-strale neem van jou ma se rug Anette. Dan eers sal ons haar ietsie vir die pyn kan gee. Ons wil net kyk wat veroorsaak die pyn en ongerief. Maar julle hoef nie hier te bly nie, ons sal mooi na haar kyk.” Hy glimlag vir Retha.
“Ons sal maar ʼn bietjie by haar sit totdat hulle haar kom haal om die x-strale te neem Karel. Dis nou as dit reg is met jou.”
“Dis alles reg Wim, julle kan by tannie Retha sit totdat hulle haar kom haal. Ek sal julle laat weet wat die uitslag van die x-strale is sodra sy klaar is. Tannie weet mos nou dat ons tannie ʼn paar dae hier gaan hou, né?” vra Karel.
“Ja Karel, ek is bewus daarvan. Solank julle net die pyn in my rug kan verlig.” Anette en Wim kry nie baie tyd om by Retha te sit nie, toe kom haal hulle haar om x-strale van haar rug te neem.
“Sterkte my moeksie! En ons sien ma dan later vanaand met besoek tyd. Ons sal vir ma iets lekkers bring om te eet en iets om te lees.”
“Dankie my kind, moenie oor my bekommer wees nie, ek wil net nou rus.”
Anette en Wim ry terug na haar ma se huis toe. Hulle pak gou al die goedjies uit wat haar ma hulle saam geneem het Wildtuin toe. Anette sien al die waterbotteltjies en ruik daaraan. Sy kan nog van die drank in die botteltjies ruik! Sy kry haar ma so jammer.
Sy het so mooi reg gekom van die berading wat sy ontvang het, en nou dit! Sy hoop sy sien oom Dirk nooit weer in haar lewe nie.
Retha is moeg na al die x-strale wat van haar geneem is, en sy is in pyn. Die portier stoot haar terug na haar kamer. Gelukkig is sy in ʼn privaat kamer, sy verkies dit om nou alleen te wees. Karel kom sien haar met die uitslag van die xstrale.
“Tannie se x-strale wys tannie het Bursitas. Dis nou die vog sakkie in die heup wat inflimasie op gedoen het. Het tannie al voorheen las van lae rugpyn gehad?”
“Ja Karel, maar die pyn kom en gaan. Dit was net in die lae rug, maar my heup is ook seer. Dis net erger na die…. Naweek.”
“Dit genees nie vinnig nie my tannie. Ons sal tante binne aarse medikasie moet gee om die inflimasie te help genees. Maar dit gaan ʼn rukkie neem om ten volle te genees. Ons sal nou begin met die medikasie, en sommer iets vir die pyn gee. As tannie huistoe gaan, sal ek medikasie moet saam stuur, want soos ek genoem het, gaan dit ʼn rukkie neem voordat dit heeltemal gaan genees. Tannie moet ook probeer om eerder nie te lank regop te sit nie, lê maar solank tannie kan. Ek wil ook graag hê tannie moet met iemand gesels oor die naweek se gebeure. Sal tannie verkies om die selfde raadgewer te sien wat tannie voorheen gebruik het?” “Ja dankie Karel, ek sal eerder dieselfde persoon sien wat my voorheen gehelp het. Ek sien nie kans om my hart sommer vir enige iemand oop te maak nie.”
“Dis reg so tannie, dan sal die dame tannie Maandag deur die dag kom besoek.”
“Hoe lank wil jy my dan hier hou Karel?”
“Solank dit neem om tannie gesond te maak.” Hy knip oog vir Retha. “Ons wil nie te haastig wees met die inflimasie nie tannie. Wees tannie nou net rustig, en probeer ʼn bietjie slaap.”
Hy gee haar ʼn pyn inspuiting saam met haar ander medikasie. “Dit gaan tannie lekker rustig maak, en ʼn bietjie laat slaap. Geniet dit!” Retha voel sommer dadelik hoe die medikasie begin werk. Sy sluimer in…. net toe haar selfoon lui. Deur die newels beantwoord sy die foon. “Naand my engel…” Hoor sy Dirk se stem in die verte.
“Dirk?” vra sy geskok. “Wat wil jy van my hê? Hoekom bel jy my?”
“My engel! Ek is so jammer oor alles wat gebeur het. Sal jy dit ooit in jou hart vind om my te vergewe, asseblief? Ek is so lief vir jou, en kan nie sonder jou lewe nie!”
“Dirk, nou is nie die regte tyd om oor hierdie dinge te praat nie” antwoord sy hom lomerig. “Hoekom praat jy so snaaks my engel?” vra Dirk. “Want ek is in die hospitaal Dirk. Jy het my hier laat beland. Ek gaan jou nou groet, ek is moeg. En moet my nie weer bel nie, ek sal nie meer jou oproepe beantwoord nie.”
“Engel!!! Asseblief, gee my nog net een kans, asseblief?!” smeek hy.
“Dirk, ek is NIE jou engel nie, en los my nou uit dat ek kan slaap.”
“In watter hospitaal is jy Retha? Ek wil graag vir jou kom kuier. Ek wil vir jou wys ek is nie so ʼn slegte ou soos wat jou dogter sê ek is nie.”
“Jy bly weg van my en my kinders af Dirk!” net toe kom Karel haar kamer weer binne. Hy het gehoor hoe driftig Retha praat. Hy kyk na haar en frons. Hy neem die foon by haar… “Naand, met wie praat ek nou?” vra Karel.
“Wie is jy, en wat soek jy by my verloofde!!? Bulder Dirk in sy oor.
“Luister meneer, as jy nou verder my pasiënt lastig val, sal ek genoodsaak word
om die Polisie te skakel en hulle in te lig oor die aanranding op my pasiënt.”
Dirk is nou woedend en druk die foon dood. Hy sal wel uitvind in watter hospitaal sy is. Hy kon haar nie so seergemaak het dat sy hospitaal toe moes gaan nie! Hulle probeer hom net van haar af weghou! Maar hy het haar huis se sleutels, en sal na haar huis toe gaan as haar dogter nie daar is nie. Hy het geld nodig, en hy kan gou haar internet gebruik om van haar geld na sy rekening oor te plaas. Sy het gelukkig al haar wag woorde op die rekenaar gestoor, so dit sal nie moeilik wees om die oorplasing te doen nie.. Gelukkig het Koos gesê hy kan vir ʼn paar dae by hom bly. Dis sy enigste vriend, en hulle sorg altyd vir mekaar in tye van nood. Dirk ry sommer ook dadelik na Retha se huis toe, maar sien Anette hulle is nog daar. Hy hoop nie hulle gaan die heeltyd by die huis wees nie. Maar aan die anderkant, as Retha regtig in die hospitaal is, sal hulle haar besoek tyd gaan besoek! Dan sal hy sy kans waar neem… Hy glimlag in genome. Laat so ʼn brein eendag moet vrot, prewel hy saggies. Hy sal maar eers om die hoek parkeer, en kyk wanneer hulle ry. Dirk sien dis amper sesuur. Hulle behoort nou amper hospitaal toe te ry. Hy wag… Anette kom uit die huis geloop, en Wim sit die alarm aan en sluit die deur agter hom. Dirk glimlag breed. “Nou is dit my kans!” Hy wag dat hulle so vyf minute weg van die huis af is, toe hy na die huis toe loop. Hy het sy motor om die hoek gelos… net ingeval. Hy druk die aftandbeheer sodat die alarm moet af skakel en sluit die deur oop. Die volgende oomblik gaan die alarm af! Hy druk haastig die kode in die paneel wat hy ken, maar dit werk nie! Hulle moes die kode verander het! Hy hardloop na Retha se slaap kamer om te kyk of haar rekenaar op die plek is waar sy hom altyd bêre, maar hy is nie daar nie. “Waar sou sy die verdomde ding ge bêre het!” Wonder hy hardop. Sy tyd raak min om te soek want hy weet die sekuriteits maatskappy sal nou hier opdaag, en hulle sal sekerlik ook vir Anette inlig oor die alarm wat af gegaan het! “Vervlaks!” roep hy uit, en hardloop na sy motor toe. Net toe kom die Sekuriteits maatskappy daar aan, en kort op hulle hakke Anette hulle. Hy is net betyds by sy motor en sluit dit vinnig aan en ry vinnig van die toneel af weg. Weereens is hy nie bewus van die foto’s wat van die hele voorval geneem word nie… Nou is hy behoorlik in die sop. Hy het nie meer ʼn werk nie, en ook nie regtig ʼn plek om te bly nie. Hy kan nie vir altyd by Koos bly nie. Miskien moet hy maar die motor verkoop, en kyk of hy nie dalk ʼn kleiner tweede handse motor kan kry nie. Hy glo hy sal ʼn goeie prys op die motor kan kry. Maar dit tref hom soos koue water in die gesig toe hy besef hy het nie die motor se papiere by Retha gekry nie! Wat gaan hy nou doen om dit in die hande te kry… Hy sal maar
met Anette moet gaan praat en haar vir die motor se papiere vra.
Retha het mos vir hom die motor as ʼn geskenk gegee. Maar hy is ook maar ligtig vir Wim. Hy is ʼn groot man, en wil nie sommer met hom skoor soek nie.
“Dit kan net oom Dirk wees wat probeer het om in die huis te kom!” Roep Anette ontsteld uit. Die mense gaan deur die huis, en vind alles in orde. “Juffrou, weet u wie die moontlike oortreders kan wees? Vra die man haar. “ Ja meneer, dit kan heel moontlik my ma se gewese verloofde wees. My ma het vandag die verlowing verbreek. Ek glo hy het nog sleutels vir die huis.”
“Het die man al sy besittings uit die woning geneem juffrou?”
“Ja meneer, ek het hom selfs help pak.” Antwoord Wim.
“Die beste sal wees as u nou die slotte van die huis verander. Julle het gelukkig die kode van die alarm verander, anders sou julle dalk groot skade op gedoen het.”
Antwoord die beamte.
“Meneer, ons is oppad om my ma in die hospitaal te gaan besoek. Sal dit moontlik wees as u dalk net ʼn ogie oor die huis kan hou totdat ons terug is, asseblief? My verloofde sal môre eers die slotte kan vervang.”
“Dis in die hak juffrou, dis ons werk. Ons sal hier rond wees. Kan julle dalk vir ons ʼn beskrywing gee van die motor wat die man ry en hoe hy lyk?” Wim gee hom alles wat hy benodig, en hulle ry weer hospitaal toe.
“Kan jy glo oom Dirk wou by die huis inkom Wim!? Het hy gedink my ma is dalk alleen, of wat?”
“Stadig nou my skat, ons weet nie of dit hy is nie. Dalk is dit iemand anders wat by die huis probeer inbreek het.”
“Nee Wim, die voordeur het dan wawyd oop gestaan toe ons by die huis kom. Die sleutel het nog in die deur voordeur gehang! Ons weet nie of hy dalk nog sleutels van die agterdeur ook het nie.”
“Goed Anette, dan was dit hy gewees, maar kom ons hou dit nou eers stil vir jou ma. Sy hoef nie nou hiervan te weet nie. Dit gaan haar net verder ontstel.”
Anette stem in. Hulle stop by die winkel om vir haar ma vrugte en boeke te koop.
Retha is deurmekaar toe hulle by haar kom. Sy loer so deur haar een oog vir hulle, en glimlag. “Ai my kinders, dis so lekker om nie in pyn te wees nie.” Anette glimlag vir haar ma. “Ek kan sien ma voel al ʼn bietjie beter. Help die medikasie?” Retha groet nou ook vir Wim. “Ja my kind. Wat hulle ookal vir my gegee het, neem die pyn weg, en laat my lekker slaap.”
“Ag, dis goed om dit te hoor my moeksie! Hier is vir ma vrugte, en iets om te lees. Maar ek glo nie ma sal nou kan lees nie!” Lag Anette. Retha lag saam met haar. “Nee jong, ek kan nie eens alleen badkamers toe gaan nie, wat nog te sê boek lees!”
Hulle kuier ʼn rukkie by haar ma, toe die klokkie lui vir die besoekers om huistoe te gaan. “Ek het ma se selfoon herlaaier gebring, as ma se foon dalk al pap is.”
“Dankie my kind…. Ja, oom Dirk het my ook so ʼn rukkie terug gebel.” “Wat!!!” roep Anette veronwaardig uit. “Wat wil hy hê ma? Weet hy ma is in die hospitaal?”
“Hy weet ek is in die hospitaal, maar ek het vir hom gesê om my uit te los, en nie weer te bel nie.”
Retha maak haar oë toe, nie omdat sy wil nie, maar omdat die medikasie so sterk is. Anette vat haar ma se foon, en kyk wat Dirk se nommer is. Sy sit Dirk se telefoon nommer op haar selfoon, en sit haar ma se foon op die herlaaier sodat die battery kan vol raak. Sy soen haar ma saggies op haar voorkop. “Ons gaan nou ry my moeder. Ma moet vinnig gesond word, my troue is nou om die draai!” Retha se oë fladder oop. “Ek is jammer my kind, maar ek kan my oë nie oop hou nie. Dis sekerlik die medikasie…”
Wim groet ook nou vir Retha, en hulle vertrek. Retha raak sommer dadelik weer aan die slaap. Sy droom sy is alleen in die Wildtuin. Sy staan buite haar motor, en die leeus is reg rondom haar! Sy wil skree, maar daar kom nie ʼn geluid uit haar mond nie! Sy voel hoe sy sukkel om haar motor deur oop te kry, toe die een leeu haar bespring. Sy voel die dier se kloue in haar lae rug, en krul van die pyn.
“Mevrou, is alles reg hier by jou?” hoor sy ʼn stem vaagweg. Sy spartel en stoei nogsteeds met die leeu, en wil uitroep dat die stem haar tog net moet help met die leeu wat haar so aanval, maar sy kan nie! Sy huil nou kliphard, want sy voel so magteloos!
“Mevrou!”Iemand raak aan haar skouer, en skud haar saggies. Sy maak haar oë stadig oop, en sien die wit engel voor haar staan. “Is ek dan nou dood?” vra sy saggies.
“Nee Mevrou, jy het seker net ʼn nare nagmerries gehad. Ek het gehoor hoe Mevrou skree, en toe ek hier by Mevrou se bed kom, het Mevrou gehuil. Daarom het ek jou wakker gemaak” praat die suster saggies met haar. Die suster vat ʼn nat lappie, en vee Retha se gesig daarmee af. “Ek gaan gou vir mevrou ʼn koppie tee bestel om te drink. Is Mevrou lus om ietsie om te eet?”
“Nee dankie suster, maar tee sal lekker wees..” Retha is in erge pyn, en vra sommer die suster om vir haar iets te gee vir die pyn. Die suster bestel vir Retha haar tee, en gee haar ʼn inspuiting vir die pyn. Retha glimlag as sy aan haar droom dink.
Dis seker die pyn wat sy in haar rug gevoel het wat haar laat droom dat ʼn leeu haar aanval! Sy drink haar tee, en kyk na haar selfoon. Dis snaaks dat niemand haar al gebel het nie, dink sy met ʼn frons. Sy tel hoor foon op, en sien dit is heeltemal af gesit! Dis seker Anette se werk, dink Retha. Maar dis goed so, anders sal Dirk haar dalk net weer pla. Karel kom haar kamer ingestap. “En wat hoor ek dat tannie amper al die pasiënte wakker geskree het?” vra hy het ʼn glimlag om sy mondhoeke.
“Dit was maar net ʼn nare nagmerrie wat ek gehad het Karel. Toe maak die suster my wakker. Ek het gedink ek is dood, en dat hier ʼn engel in wit voor my staan!”
Hulle lag oor dit wat Retha sê. “Tannie, wat het jy gedroom wat jou so ontstel het?” Retha vertel hom van die droom. “Toe word tannie wakker met die erge rugpyn?”
“Ja Karel, dis nogals vir my vreemd dat ek droom van die leeu wat my aan die lae rug beet het, en al die tyd is dit regtig my rug wat so seer is.”
“Tannie, dis alles ook maar in die onderbewussyn. Dan het tannie ook die nare ondervinding in die Wildtuin gehad. Daarom is dit nodig dat jy jou berader sommer gou sien om al hierdie dinge te probeer verwerk.” Retha knik net met haar kop. Hy ondersoek haar gou, en neem haar bloeddruk. Die bloeddruk is bietjie hoog tannie, maar ek is seker dis van die pyn. Ons sal jou deur die nag monitor vir die hoë bloeddruk. Hy groet haar, en stap die kamer uit. Retha staar na die TV wat voor haar staan. Sy sien die beelde op die skerm, maar neem niks in nie. Retha val weer weg in ʼn diep slaap. Die keer sonder nagmerries.
Anette en Wim het vir hulle gaan klere haal om in Retha se huis te bly vir ʼn paar dae. “Anette, gee asseblief vir my die nommer van oom Dirk. Ek wil net gou met hom gesels.” Anette gehoorsaam, en gee vir hom die nommer. Wim skakel Dirk se nommer. “Hallo?” antwoord Dirk sy foon. “Naand oom Dirk, dis Wim wat praat.” “En wat wil jy van my af hê Wim?” vra Dirk ongeskik. Wim kan hoor oom Dirk is dronk. “Ek wil oom vra om nie weer kontak met tannie Retha te maak nie. Sy het nie nou nog spanning in haar lewe nodig nie.”
“Nou, wie gee vir haar spanning? Ek? Nee meneertjie, dis eerder daardie ongeskikte dogter van haar wat haar grys hare gee!” “Oom Dirk, ek kan hoor oom is dronk, en daarom sal ek nie aanstoot neem in dit wat jy nou gesê het nie. Maar wees gewaarsku, bly weg van tannie Retha en Anette af. Anders sal ons nogsteeds ʼn saak van aanranding teen oom oopmaak. Ons het genoeg bewyse teen oom.”
“Ja ja, ek hoor jou Wim. Ek sal nie weer vir Retha pla nie, ek soek net die motor wat sy my gegee het, se papiere.” “Het oom dan nie die papiere by tannie Retha gekry nie?” “Nee, sy het dit nie vir my gegee nie, en ek het dit nou nodig.”
‘Hoekom het oom dit nou so skielik nodig?” “Dis my saak Wim!”
“Oom dink nie daaraan om die motor te verkoop nie?” Daar heers ʼn rukkie stilte. “Wel, Retha het my uit haar huis geskop, en ek het geld nodig. Al wat ek nou kan doen is om die motor te verkoop. Dis tog my motor, en ek kan met hom doen net wat ek wil.” Wim voel hoe hy homself opwen! Hierdie man besit die vermoë om hom goed om te krap! “Oom Dirk, jou ou motor staan nog hier agter tannie Retha se huis. Hoekom kom haal oom hom nie, en dan verkoop oom hom nie? Die motor wat tannie Retha vir jou gegee het, was tog ʼn geskenk van haar gewees. Voel jy dan regtig so min vir tannie Retha, of was dit maar net oor die geld dat jy by haar in getrek het!?” Anette se mond hang nou oop. Sy het Wim nog nooit so kwaad gesien nie.
“Daardie stuk gemors sal my nie eers ʼn duisend rand in die sak bring nie Wim! Nee wat, ek sal die motor verkoop.” “En hoe wil oom dan by oom se werk uitkom sonder ʼn ryding.” Vra Wim. “Ek het gedink om die motor wat ek nou ry, te verkoop, dan kom haal ek my ou motor, en ry maar met hom rond.” Nou is Wim eers op gewen! Hy besef maar alte goed hierdie man het tannie Retha laat verstaan hy is lief vir haar, maar hy is net agter haar besittings en geld aan!”Ek gaan oom nou groet, ek wil eerder nie
verder met jou praat nie.” Dirk groet, en druk die foon dood. “Wat het oom Dirk gesê wat jou so ontstel my skat?” vra Anette. Wim vertel haar alles wat Dirk kwyt geraak het.
“So, hy het my ma maar net gebruik Dirk… Hy was nie regtig lief vir haar
gewees nie, anders sal hy nie vanaand gedrink het nie, en ook nie dit wat sy vir hom as ʼn geskenk gegee het, wil verkoop nie.” Anette voel diep hartseer vir haar ma! Haar ma is lief vir oom Dirk, en kyk hoe breek hy haar ma se hart!
“Hoe gaan ons dit vir my ma sê Dirk? Hoe gaan ons vir haar sê oom Dirk wil die motor verkoop wat sy hom as geskenk gegee het?” “My skat, kom ons gaan slaap nou eers, dis môre se probleem. Vandag het vir sy eie probleme gesorg.”Hy voel moeg, en wil net in die bed kom. Hy probeer om sy gedagtes van oom Dirk af te hou…. Hy sal dalk iets doen waarvoor hy nie verantwoordelik gehou sal kan word nie.
Anette rol rond. Sy kan nie aan die slaap raak nie. Dit voel vreemd om in haar ma se huis te slaap, en sy is bang… bang oom Dirk kan dalk deur die nag probeer om weer in die huis inkom. Sy wonder wat hy gesoek het. Hy het tog al sy klere en besittings saam met hom geneem. Sy het wel gesien hy het in haar ma se kamer rond gekrap, want alles was deurmekaar toe hulle by haar ma se huis aangekom het nadat die alarm af gegaan het. Sy sit haar bedlampie aan, en kyk in die kamer rond. Sy soek na iets…. Iets wat hy dalk heel moontlik nie in die hande kon kry nie. Of het hy gekry waarna hy gesoek het. Dalk het hy na die motor se papiere gesoek! Dink sy geskok.
Sy maak Wim wakker. “Ek dink ek weet Waarna oom Dirk so dringend gesoek het Wim. Ek dink hy het na die motor se papiere gesoek.” “Ai my engel, dit was ʼn lang dag gewees, kom ons praat môre hieroor, toe?” “Jammer ek het jou wakker gemaak Wim…. Ek is maar net bang.”
“Kom lê hier in my arm, dan hou ek jou styf vas. Niks en niemand sal jou seermaak nie my skat. Daarvoor sal ek sorg.” Anette lê in Wim se arm, en voel sommer al klaar beter. Wim sukkel om weer aan die slaap te raak. Hy dink hoe oom Dirk van Anette gepraat het, en is bang hy kan haar dalk op een of ander stadium seermaak. Hy dink aan ʼn plan hoe om met Dirk te probeer onderhandel, sodat hy weg kan bly van Anette en haar ma.
Wim staan met ʼn lelike hoofpyn op, maar noem dit nie aan Anette nie. Dit kan net van die min slaap wees, en natuurlik omdat hy aan so baie planne lê en dink het. Anette maak vir hulle koffie, en hulle gaan sit in die sitkamer.
“Kon jy darem weer aan die slaap raak nadat ek jou so wakker gehou het Wim?” vra Anette.
“Ek het so ʼn bietjie gesukkel om weer aan die slaap te raak my skat, maar dis niks om oor te bekommer nie.” “Ag, ek is jammer my lief, ek was maar net bang gewees. Ek weet ons het nou oom Dirk se sleutel ook, maar mens weet nooit of hy dalk nog een van die ander deure se sleutels by hom het nie.” “Ek sal vandag die slotte van die voor en agter deur vervang, en dan sommer ook die skuifdeur se slot. Dan sal jy sekerlik vanaand beter kan slaap” glimlag hy vir Anette. “Dan gaan ek gou onder die stort inspring Wim, dan kry ons die slotte voordat ons my ma by die hospitaal gaan besoek.”
Hulle maak gou klaar, en ry winkels toe. Anette kry vir haar ma vars vrugte en neute om saam te neem hospitaal toe. By die huis gekom, vervang Wim gou al die slotte.
Sy selfoon lui… “Wim wat praat, goeie môre.” Antwoord hy sy foon. “Wim, het jy al die motor se papiere by jou skoonma gekry?” vra Dirk sonder om hom te groet.
“Nee ek het nie oom Dirk. Ons was nog nie by die hospitaal om vir tannie Retha te gaan kuier nie. Net sy sal weet waar die motor se papiere is.”
“Nou laat weet my as jy die papiere het, sodat ek dit kan kom haal. Ek en my vriend sal ook vandag my ander motor by Retha se huis kom kry.”
“Ek sal verkies oom kom haal eers die motor wanneer ek en Anette by die huis is.” Dirk lag nou vir Wim. “Wat is verkeerd Wim, vertrou jy my nie alleen by my verloofde se huis nie?”
“Oom weet net so goed soos ek dat julle nie meer verloof is nie. En ons weet ook dit was oom wat gister hier by die huis was toe ons nie hier was nie. Jy het die huis se sleutels in die deur gelos toe oom weg gehardloop het vir wat oom ookal uit die huis gevat het!”
“Beskuldig jy my van huisbraak meneertjie!” skree Dirk.
“Oom het die sleutels van die huis in die deur se slot gelos. Net oom en Anette het spaar sleutels vir die huis. En Anette se sleutels is nog in haar besit!” Anette wys vir Wim om die foon dood te druk. Sy kan sien Wim is woedend, en oom Dirk is nie sy woede werd nie. Wim maak ook so en druk die foon in Dirk se oor dood. “Hiedie man is mal Anette! Ek weet nie hoe kon jou ma dit met hom uit gehou het nie. Hy dring nogsteeds aan op die motor se papiere.”
“Ai my engel, ontspan nou, en moenie jou so opwerk vir die man nie, hy is dit nie werd nie. Ons sal maar oop kaarte met my ma moet speel. Sy moet weet hy soek die motor se papiere, en wat die rede daarvoor is.” “Ja, ek het ook so gedink my skat, ons kan nie vir haar leuns vertel nie. Sy moet weet met watter tipe persoon sy te doen het. Ek hoop werklik waar nie sy dink ooit daaraan om hom terug te laat in haar lewe nie.” Sê Wim. “As my ma hom weer in haar lewe toelaat Wim… sal dit bitter moeilik wees om dit te aanvaar. Ek glo nie ek sal saam dit kan lewe nie.” Antwoord sy hartseer. “En ons troue is om die draai, en nou al hierdie dinge!” Wim neem haar in sy arms, en hou haar vir ʼn rukkie vas.
“Kom nou my engel, ons sal hier deurkom. Ons gaan nie toelaat dat hy ons lewe en troue bederf nie. Ek glo nie jou ma sal hom terug neem nie. Kom ons gaan besoek nou jou ma, besoektyd is amper verby.”
Anette en Wim sit voor Retha se bed. “Ons het vir ma lekker vars vrugte en neute gebring.” “Dankie my kind.”
“Het ma darem lekker geslaap?” vra Anette. “Ja die medikasie verlig die rugpyn, en maak my seer liggaam beter voel. Ek het gisteraand toe julle hier weg is, ʼn nagmerrie gehad.”
Sy vertel hulle van die droom. “Siestog my ma! Dit sal wel met die tyd beter word.” Antwoord Anette haar ma. “Dokter Karel het gesê ek sal van môre af weer my berader begin sien. Sy sal my sommer hier in die hospitaal kom sien.” Dis goed ma, en ma moenie sleg voel omdat ma haar weer moet sien nie. Sy is baie goed in wat sy doen.”
Daar is ʼn rukkie stilte, want Anette en Wim weet hulle moet met Retha praat oor die motor. “Ma, het oom Dirk ma nie weer gebel nie?” vra Anette. “Nee my kind, jy was slim gewees om my foon af te sit toe jy hom laat laai het, anders het hy my sekerlik weer gebel.” Retha kyk na Wim. Toe skraap sy al haar moed bymekaar…
“Ma, oom Dirk soek die motor se papiere wat man vir hom gegee het.” Retha frons. “Hoekom soek hy dit nou? Hy weet mos ek is in die hospitaal?” “Ma… hy wil die motor gaan verkoop. Hy sê ma het hom uit die huis geskop, so hy het nou nie ʼn plek om te bly nie, en ook nie geld nie.” Anette kyk af na haar hande wat op haar skoot lê. Sy wil nie die seerkry in haar ma se oë sien nie.
“So, dit het net al die tyd gegaan oor my geld en besittings, en nie oor my nie. Nou wil hy sowaar die geskenk wat ek vir hom gegee het, verkoop! Maar laat hy dit maar doen, want ek wil die motor nie weer sien nie. Dit sal my altyd aan hom en jou pa laat dink.” Anette hoor die seer in haar ma se stem. Sy vat haar ma se hand. “Ma, is ma seker ma wil vir hom die motor se papiere gee?” “Ja my kind. Ek wil net vra dat jy asseblief môre oggend eerste ding die versekering skakel, en die motor van my versekering afhaal. As daar iets met die motor gebeur, is dit sy verantwoordelikheid om daarna om te sien.” “Ek doen dit môre oggend vroeg vir ma. Waar is die motor se papiere ma? Ma sal seker ook ʼn brief moet skryf dat ma die motor aan hom gegee het as geskenk, anders sal hulle nie die motor op sy naam sit nie. Of as hy die motor wil verkoop, sal niemand die motor wil koop as dit nie op sy naam is nie.” Anette haal ʼn skryfblok uit, en gee dit vir haar ma. Haar ma neem dit, en skryf die briefie.
Sy verduidelik Anette waar die motor se papiere is. “Gee dit vir hom my kind, hy moet uit my lewe uit verdwyn. EK wil hom nooit weer sien nie! Hy het my net misbruik, en al die tyd het ek gedink hy is lief vir my!” “Ma! Asseblief, ontspan nou net.” Probeer Anette haar ma tot bedaring bring. Sy kan hoor haar ma is baie ontsteld. Sy is sommer woedend vir oom Dirk! Hoe kon hy haar ma se hart so gebreek het!?
“Wil ma hê ek moet ma se werk kontak, of gaan ma dit môre oggend self doen?” “Nee my skat, ek dink dis beter jy laat jou ma se werk weet dat sy in die hospitaal is.
Dalk ontstel hulle net jou ma.” Antwoord Wim. “Dankie Wim… ja Anette, ek sal dit waardeer as jy my werk in kennis sal stel dat ek nie die week by die werk gaan wees nie. Ek weet nie hoe lank Karel my hier gaan hou nie… en ek weet ook nie wat jy vir my baas gaan sê hoekom ek in die hospitaal is nie.” “Laat dit aan my oor ma. Ek sal noem dat ma se lae rug probleme gee. Dis mos die waarheid.”
Maandag oggend vroeg skakel Anette haar ma se versekering en kanselleer die motor wat op die versekering is. Sy voel in ʼn mate verlig dat dit afgehandel is. Nou net vir oom Dirk bel. “Môre oom Dirk.”
“Môre Anette, het jy nuus oor die motor se papiere?”
“Oom Dirk, my ma lê in die hospitaal oor jy haar so verniel het, en jy vra nie eens een keer hoe dit met haar gaan nie? So, jy het net nooit regtig vir my ma om gegee nie?” vra sy vies. “Hoe gaan dit met jou ma Anette? Wat is nou eintlik regtig fout met haar? Ek kan nie dink dat ek haar so seer kon maak dat sy in die hospitaal moes gaan lê het nie. Dalk was sy self dronk, en het oor haar eie voete geval en haarself beseer.”
“Hoe durf oom so van my ma praat!! Dis maar goed sy is ontslae van jou. Jy is ʼn slegte mens!” Sy druk sommer ook dadelik die foon dood. Sy wil nie een oomblik meer met hierdie man praat nie! Verbeel jou! Haar ma dronk!! Sy bel vir Wim by die werk.
“My skat, jy moet maar self met oom Dirk praat en hom van die motor se papiere vertel. Ek het nou net met hom gepraat, maar hy het my so kwaad gemaak, ek dink nie ek wil ooit weer met hom praat nie! Hy beweer my ma was dronk, en het self oor haar voete geval, en daarom is sy so beseer dat sy moes hospitaal toe gaan!”
“Is dit wat hy vir jou gesê het Anette?” “Ja Wim.. dis nie lekker om iemand so van jou ma te hoor praat nie.” Sê sy hartseer. “Toemaar my skat, ons weet mos jou ma is nie so ʼn persoon nie. Sy drink selde meer as ʼn glasie wyn. Maar ek sal hom bel, en inlig oor die papiere. Hy kan my iewers ontmoet, dan sal ek dit vir hom gee. Hy hoef nie na die huis toe te kom om dit te kry nie.” “Dankie Wim, wat sou ek sonder jou gedoen het..” sê Anette. Wim bel ook dan vir Dirk en reël
om hom na werk te ontmoet om die papiere te kry. “Kan ek dit nie nou by jou kom kry nie Wim?” “Oom Dirk, ons albei werk dan. Dis vir my onmoontlik om net sommer my spreek kamers met pasiënte net so te los om te gaan rond ry.” “Wel, ek kan dit by jou kamers kom afhaal Wim.” “Werk oom dan nie?” “hoekom al die vrae Wim, ek soek net die motor se papiere.”
“Nou goed dan oom. Jy weet waar my spreek kamers is, maar ek sal die papiere eers môre saam met my werk toe bring. Dan kan oom dit hier kom kry. ”
“Maar ek kan dit mos vanaand by julle kom haal Wim, dan hoef ek jou nie by die werk te kom pla nie.” “Oom Dirk, jy het nie mooi met Anette gepraat toe sy jou so ʼn rukkie terug gebel het nie. Sy wou reeds oor die motor se papiere met oom gesels het, toe jy so lelik van tannie Retha gepraat het. Sy wil oom nou glad nie sien nie.”
“Ag Wim, ek is jammer daaroor. Ek sal haar self om verskonning vra as ek haar weer sien. As ek die papiere het, sal julle my nie weer sien nie, ek belowe jou.” Wim dink so ʼn rukkie. “Goed oom Dirk, solank oom belowe om nie Anette te ontstel nie, kan jy die papiere vanaand kom haal. Oom kan my net bel, dan sal ek na buite toe kom, en vir jou die papiere gee.”
Dirk is opgewonde oor al die verwikkelinge.”Koos, my vriend, môre is ons ʼn paar rand ryker! Ek gaan vanaand die motor se papiere optel, en dan kan ons die motor môre gaan verkoop!” “Wel, dit moet gevier word pel!” roep Koos opgewonde uit. Hy het geweet Dirk sal ʼn plan maak, en hierdie keer het Dirk homself oortref om ʼn motor by ʼn vrou as ʼn geskenk te kry. Hy weet ook dit sal nie lank wees voordat Dirk weer ʼn ryk vrou raakloop wat eensaam is nie. Hy gooi vir hulle elkeen ʼn stywe drankie. “Op jou oorwinning my vriend!” Dirk neem die glas by Koos, en hulle sluk die drankie weg. Dirk trek ʼn gesig toe hy proe hoe sterk die drankie was. “Hemel Koos, wil jy my dood hê of wat! Ek het nog nie die motor se papiere nie, so jy kan my nie nou al doodmaak daarvoor nie!” grap hy. “Ag kom nou Dirk, jy gooi dan altyd die sterkes. Jy is gewoond
daaraan om sterk drank te drink. Dirk gooi vir hulle nog ʼn drankie. “Goed, ek het nou nie meer ʼn werk nie Koos, sal dit reg wees as ek so ʼn rukkie by jou bly.
Ek glo ek sal ʼn goeie prys vir die motor kry, dan kan ek ook bydra tot die huis houding.” “Dis reg my vriend, jy weet mos jy is welkom om so lank as wat jy wil, by my te bly.” Sê Koos.
Hulle kuier die hele dag op die bottel Whiskey wat Koos vir hulle gekoop het. “Jy moet later saam met my ry, dan gaan haal ons die motor se papiere, en dan ry jy met my ou motor terug hierna toe. Sien, ek wil die motor wat ek nou het, verkoop, en my oue maar weer ry.” Koos lag. “Jy het met jou as lekker in die botter geval né! Het jy nou al weer iemand ingedagte, of gaan jy maar eers ʼn bietjie rus?” vra Koos.”Ek het nog nie so ver gedink nie Koos, maar glo my, hulle is volop! Ek sal bietjie later op daardie kletskamer ingaan waar ek Retha ontmoet het, dan sal jy sien wat ek bedoel!” Hulle lag nou lekker saam…” Retha weet nie eens ek het my werk verloor nie Koos. As sy dit moes geweet het voordat ons Wildtuin toe gegaan het, het sy my sekerlik dan al gelos. Maar sy beweer mos nou ek het haar aangerand.”
“En het jy Dirk?” vra Koos nou meer ernstig. “Nooit nie Koos! Jy ken my mos nou al goed. Ek behandel my meisies met die grootste respek. Hoekom dink jy al die meisies val vir my?” hy glimlag nou breed. “Dis amper tyd dat ons na Retha se huis toe gaan Koos. Wim het gesê hy sal my bel sodra hy by die huis is.”
Wim bel vir Dirk om hom te laat weet hy is nou by die huis. Wim is bekommerd toe hy die foon neersit nadat hy met oom Dirk gepraat het. As hy homself nie verbeel het nie, het die oom dronk geklink…. En dan kan hy mos nie bestuur nie! Koos ry saam met Dirk en hulle stop eers by die drankwinkel om vir hulle bier te kry vir die pad.
“Vanaand is jy myne!” praat hy met die motor terwyl hy oor die stuurwiel vryf. Maar dis jammer ek moet jou môre weer verkoop, ek het net van jou begin hou.” Koos verstik amper aan sy bier toe hy hoor hoe Dirk met die motor praat. Hy lag nou kliphard vir Dirk.
“Ag nee my pel! Is jy nou besig om mal te raak? Jy is sowaar besig om met die motor te praat!” lag Koos. Dirk kan nie anders om nou saam met Koos te lag nie. “Jy weet
Koos, as hierdie motor kon praat….” “Mmmm… ek kan my dit net voorstel Dirk!” Hulle is nou albei lekker aangeklam, en mens kan dit aan Dirk se bestuurvermoë sien. Dirk
stop voor Retha se huis.
“Dirk, kan jy nog onthou hoe lekker het ons by die einste huis gekuier saam met daardie ander twee poppies.” “Sal ek dit ooit vergeet ou Koos! Dalk moet jy hulle in
die week bietjie na jou toe oornooi dan kuier ons weer ʼn bietjie lekker saam.” Stel Dirk voor. “Natuurlik kan ons dit doen Dirk. Die enetjie het al baie uitgevra oor jou.” Dirk klim uit die motor, en Wim loop hulle tegemoet. Wim groet die twee mans, en gee vir Dirk die motor se papiere, met ʼn brief wat noem dat hy die motor as geskenk by Retha gekry het. “Ek gaan sommer ook nou my ander motor neem Wim, dan is hy uit julle pad.”
Wim maak die hek oop, en Dirk trek die ander motor uit die erf. “Dankie Wim, sê maar groete vir Retha, en sê vir haar dankie vir die motor se papiere.” “Ek
maak so oom Dirk. Julle moet mooi terugry huistoe.”
Dirk ry voor, en Koos volg hom. Hulle stop saam by die robot. Dirk ref sy motor, en Koos speel saam. Die volgende oomblik trek Koos weg, en ry agter in Dirk se motor vas! Dirk se motor wip vorentoe, en stol. Dirk klim uit sy motor en is woedend! Nou wat nou Koos! Hoe kon jy nou agter my vasgery het!” vra hy vies. “Jammer my ou maat. Toe ons so ref toe gly my voet van die petrol af… en ja, die res is geskiedenis.” Hulle loop om die motor en sien daar is groot skade aan Dirk se nuwe motor.
Niemand sal hom nou so wil koop nie! Koos, niemand gaan hierdie motor so koop nie. Wat nou?”
“Ek het ʼn vriend wat hom vir jou sal reg maak Dirk, wees nou net rustig. Ek sal hom bel as ons by die huis kom.” Hulle ry stadig na Koos se huis toe. Dirk voel baie ongelukkig met Koos, maar wat kan hy doen. Hy gee vir hom plek om te bly, so hy kan niks aan hom doen nie. Hy slaan met sy hand teen die stuurwiel. Verdomp! Hy het nou gedink hy gaan môre die motor verkoop, dan kon hy darem weer vir homself gesorg het, en nou dit. Hulle stop by Koos se huis. “Dirk, het Retha nie versekering op die motor nie?” “Ha Koos jou doring! Ek glo sy het versekering, want sy het dekking op al haar eiendom. Nou moet ek weer met haar dogter kontak maak om te hoor wat ek kan doen om die motor te herstel.
Maar ek sal haar maar eerder môre bel, want ons moet nog eens verder vanaand die motor vier!” Hulle kuier, en later nooi hulle meisies oor om saam met hulle vrolik te wees. Die volgende oggend staan Dirk maar traag op. Hy haat dit om so te voel maar ja, dis dan so lekker om so saam met sy vriende te kuier! Dirk lui Anette se nommer.
“Môre Anette, hoe gaan dit?” Anette is skoon verbaas om te hoor hoe beskaafd oom Dirk met haar praat. “Môre oom Dirk, dit gaan goed, en self?” “Ek het nie klagtes nie, dankie. Wil net hoor hoe dit met jou ma gaan. Ek wil haar nie in die hospitaal bel nie… maar ek wonder maar hoe dit met haar gaan.” “Dit gaan goed met haar, dankie oom Dirk. Ek sal vir haar sê oom het gebel.” Anette wil nog groet, toe Dirk haar in die rede val. “Anette, weet jy dalk by watter plek is my motor verseker?” “Hoe bedoel oom nou, die motor wat my ma aan oom gegee het?” “Ja Anette, ek het gisteraand so ʼn klein ongelukkie met hom gehad, en toe gedink hy sal dalk op jou ma se versekering wees..” Anette kan nie anders om breed te glimlag nie! Nie omdat sy lekker kry nie, maar omdat haar ma so skerp was om die motor van die versekering af te haal. “Uhm jammer oom Dirk, maar jou motor is nie verseker nie..” “Wat!!!!” roep Dirk ontsteld uit. “Maar al jou ma se goed is dan verseker.” “Ja oom, maar die motor is mos nie meer hare nie. Sy het hom net gister van die versekering af gehaal. Sy het gesê oom kan die papiere kry, maar dan sal die motor nie meer op haar versekering wees nie.”
“Verdomp!” roep hy uit. “Ek groet oom nou, ek het ʼn vergadering wat ek moet bywoon.” Sy druk die foon dood. Dirk sit en kyk na die foon in sy hand. Hoe kon sy so laag gewees het om die motor van die versekering af te haal! Nou sit hy met ʼn stukkende motor! “Koos!” roep Dirk toe hy die gang af geloop kom.”Ons het nou ʼn groot probleem. Daardie vroumens het die motor gister van haar versekering af gehaal, so ek is nou heeltemal geneuk.”
Koos gee een lang fluit. “Nou is dit ʼn groot probleem. Ek sal gou een van my vriende bel. Dalk is daar tog iemand wat ons kan help om die motor te herstel.”Koos bel rond, en kry een van sy vriende wat later na die motor sal kom kyk. “Die vriend van my sê hy het dieselfde model motor as jy, maar hy het net parte vir sy motor nodig.
Miskien sal hy nog die motor by jou koop.” “Dankie Koos, nou kan ek bietjie ontspan. Ek weet regtig nie wat ek gaan doen as hy nie gaan belangstel in die motor nie.”
Anette bel vir Wim en vertel hom van die hele gedoente oor die versekering. “En oom Dirk bel jou sowaar daaroor!?” lag Wim. “Ja, en gelukkig het my ma net gister die versekering gestop. Nou wonder ek wat hy gaan doen. Maar dis gelukkig nie ons probleem nie. Dit wys jou net… die wiel draai.”
Anette en Wim gaan haar ma die aand besoek in die hospitaal, en Retha lyk sommer al heelwat beter. Haar berader het haar kom besoek vandag, en die medikasie vir haar rug laat haar ook sommer baie beter voel. Hulle het besluit om nie dadelik vir haar te vertel van Dirk se dinge nie. Laat sy maar eers beter word. “Het oom Dirk ma nie weer probeer bel nie?” Vra Anette haar ma. “Nee my kind, ek het mos vir hom gesê om my nie weer te pla nie. Gelukkig luister hy. Hy het mos nou sy motor en die se
papiere. Hy het hom seker al vandag verkoop.” Wim en Anette kyk na mekaar, maar sê niks vir Retha nie.
Hulle weet hy was gisteraand dronk toe hy sy ander motor ook kom haal het. Dis net sy verdiende loon dat die ongeluk plaas gevind het, dink Anette. Anette het vir Retha ʼn pragtige bos blomme laat aflewer. Dit helder sommer die hospitaal kamer op. “Dokter Karel het gesê as alles goed gaan kan ek darem Donderdag huistoe gaan.”
“Ag, dis wonderlike nuus ma! Ek kan nie wag dat ma moet huistoe kom nie. En is mos nie mal oor hospitale nie.” Retha glimlag vir haar dogter. “Ja, ek weet. Van die dag wat ons jou pa in die hospitaal gesien het, het jy so begin voel oor hospitale. En snaaks genoeg, jou aanstaande man is ʼn dokter!?” Hulle lag nou almal saam. “Ja ma, maar dit beteken nog nie ek hou van hospitale nie…”
HOOFSTUK VYF EN TWINTIG
Koos se vriend kom by hulle huis aan, en kyk na Dirk se motor. “Ja dis nou jammer hy is so lelik gestamp van agter, anders het ek hom sommer nou by jou gekoop.” “Maar ek kan jou afslag gee as jy die motor wil vat.”Bied Dirk die man aan. “Jong.. ek weet nie so mooi nie. Wat wil jy vir die motor hê?” Dirk gee vir hom die prys wat hy wil hê vir die motor. “Ek sê jou wat, laat ek vanaand hieroor besluit dan laat weet ek jou môre of ek hom gaan vat.” Dirk se moed sak tot in sy skoene! Hy het dringend die geld nodig, en nou wil die man nog hê hy moet tot môre wag vir ʼn antwoord!
“Is jy doodseker, dalk koop iemand dalk intussentyd die motor, dan is dit neusie verby vir jou.” Probeer Dirk vir ʼn laaste keer. “Wel, in daardie geval moes ek dan nie die motor of van die onderdele gekoop het nie. Maar ek sal jou môre laat weet of ek die motor gaan neem.” Hy groet, en vertrek.
Dirk is omgekrap. Hy wag tot half nege die aand, toe hy Retha bel. “Naand my engel, hoe gaan dit met jou?” vra hy vir Retha. “Naand Dirk, ek het jou mos mooi gevra om my nie jou engel te noem nie… dit gaan goed dankie, en jy?”
“Ek verlang na jou Retha, en wil graag vir jou kom kuier, maar die kinders hetmy gewaarsku om jou nie in die hospitaal te kom besoek nie.” “Dirk, dis verby tussen ons… ek wil hê jy moet vrede daarmee maak. Dit sal nie weer tussen ons werk nie.” Dis stil tussen hulle.
“Dirk?” “Ja Retha, ek is nog hier. Ek is so jammer!” Snik hy nou in haar oor. Retha kry hom baie jammer, maar haar berader het haar gewaarsku dat hy dalk sulke streke sal uithaal om haar sag te maak. “Dirk jy het ʼn goeie werk, en jy het nou ʼn ordentlike motor. Gaan aan met jou lewe…”
“Goed Retha, ek sal jou nooit weer lastig val nie. Maar ek wil jou net een guns nog vra…” “Vra maar Dirk, ek luister.”
“Retha, jy het my uit jou huis geskop, en ek sit sonder heenkome… daarom wil ek by jou hoor of jy nie vir my ʼn paar rand kan leen todat ek die einde van die maand my salaris kry nie. Dan kan ek jou terugbetaal. Onthou, jy het my die trekpas gegee..” “Hoeveel het jy nodig Dirk, en hoeveel kan jy my terug betaal?” Hy noem die bedrag,
en hou duime vas. “Dirk! Waar wil jy inboek dat dit jou so duur gaan uitwerk!?”
“Jy verstaan nie Retha, ek moet petrol hê om werk toe en terug te ry. En dan moet ek huurgeld en ʼn deposito en my eie kos voorsien.
Maar ek sal dit alles vir jou terugbetaal, ek belowe.” “En die motor wat jy wil verkoop Dirk? Het jy toe nie ʼn goeie prys vir hom gekry nie?” Dirk voel of hy in ʼn hoek vasgedruk is. “Eeh nee, ek dink nie ek gaan hom verkoop nie.” Is al wat hy oor die motor sê. “Goed Dirk, ek sal vir jou die geld leen, maar ek sal eers môre die oorbetaling kan doen. Anette moet eers my laptop hospitaal toe bring, dan kan ek dit doen.” Dirk is verheug. “Baie baie dankie Retha! Sien hoekom is ek so lief vir jou? Jy is altyd bereid om mens te help… ek gaan jou vreeslik mis meisiekind.” Retha voel hoe haar hart wil sag word en groet vinnig. Sy stuur dan ook vir Anette ʼn boodskap om die volgende dag haar laptop saam te bring voordat sy werk toe gaan.
Die volgende oggend vat Anette vir haar ma die laptop. “En wat wil ma so vroeg met ma se laptop maak? Ek hoop nie ma wil nou werk terwyl ma in die hospitaal is nie?”
“Nee my kind, daar is ʼn paar dingetjies wat ek op die internet moet doen.” “Ma…. Het oom Dirk ma nog nie gekontak nie?” “Ja my kind, hy het my gisteraand gebel, maar ons het nie lank gesels nie. Ek het sommer self die gesprek kort geknip.”
“Ma moet asseblief net mooi dink voordat ma hom weer in ma se lewe toelaat. Maar ek gaan nou moet groet, anders is ek laat vir werk.”
Retha groet Anette, en maak haar laptop oop. Sy wonder of sy die regte ding doen. Sy het die geld, maar gaan hy dit ooit aan haar terug betaal. Sy plaas die geld oor in sy rekening, en druk haar laptop toe, so al of sy nie wil erken sy het sopas vir hom ʼn klomp geld oorgeplaas nie. Sy bêre haar rekenaar, en lê terug in haar kussings. Sy voel meteens so hartseer. Hy het haar so misbruik en sy het al die tyd gedink hy is lief vir haar… selfs ʼn rukkie terug toe hy vir haar gesê het hy is lief vir haar, het sy hom nie geglo nie. Sy maak haar oë toe, en dink terug aan die tydjie wat hulle saam was.
Sy moes al lankal die rooi ligte gesien het. As hy begin het om ʼn ietsie te drink, kon hy nooit vanself ophou drink het nie. Hy het dit altyd laat handuit ruk. Sy dink aan die oorbel wat in haar wasgoed mandjie was net nadat sy van Wim se ouers af terug gekom het. Kan dit wees? Sou hy werklikwaar iemand in haar huis gehad het!?” Retha sit nou regop in haar bed. Sy het nog nie haar bediende oor die oorbel gevra nie, en sy kan onthou Dirk het die oorbel by haar geneem! So, sy kan nie eens nou haar bediende vra of dit haar oorbel was nie! En sy kan onthou hoe deurmekaar haar medisyne kassie was. Het die ander vrou in haar goed gekrap!?
“Ag Vader! hoe kon hy dit aan my gedoen het!” prewel sy saggies. Sy skud haar kop in ongeloof. Om teveel te drink is ʼn ding, maar om ander vrouens na haar huistoe te neem! Retha is nou so woedend, dat haar bloeddruk die hoogte inskiet. Die suster aan diens laat kom gou vir Karel. “Tannie, wat het nou gebeur dat jou bloeddruk so hoog is? Het iemand tannie gebel, of het iemand jou om gekrap?”
vra hy terwyl hy weer haar bloed druk neem.
“Dokter, ek het nou net aan iets gedink wat my baie omkrap.” “Tannie kan my maar Karel soos voorheen noem. Wil tannie met my daaroor praat?” Retha vertel hom waaraan sy gedink het. “Maar onthou nou tannie, jy het geen bewyse dat dit wel ʼn ander vrou se oorbel kon wees nie..” probeer hy haar troos. “Karel, die oorbel was nie goedkoop nie, en ek glo nie my bediende sal so iets dra nie.
En die feit dat hy die oorbel by my geneem het, wys jou net dat hy dit wou wegsteek, of ontslae daarvan geraak het.” Hulle gesels nog so ʼn rukkie, toe Retha se berader opdaag. Karel is bly daaroor, want hy kan sien Retha is ontsteld. Hy los hulle alleen.
Dirk glimlag van oor tot oor toe hy Koos se sitkamer binne loop. “En nou my vriend, het jy die Lotto gewen of wat?” vra Koos. “Nee, nog beter, ek het ʼn vrou wat my uit haar huis geskop het, en nogsteeds vir my sorg!” Hy wys vir Koos die sms wat wys die geld is in sy rekening oor betaal. Koos lag nou uit sy maag uit. “Hoe de hel kry jy dit reg om vroumense so te mislei? Jy het seker vir haar gesê jy sal haar die einde van die maand terugbetaal?” “Natuurlik het ek so gesê. Ek het vir haar gesê sy het my uit die huis uit geskop, so ek sit nou sonder ʼn dak oor my kop, en ook het ek nie iets om te eet nie.” “Wel Dirk, dan moet ons laat hulle gou jou motor reg maak. Jy wil seker nog die motor verkoop?” vra Koos. “Ja, laat ons hom gou inneem na die paneel kloppers toe, sodat ek kan ontslae raak van die ding.” “Maar as jy
nou die geld vat wat Retha vir jou gegee het Dirk, kan jy net sowel ook jou ander motor laat reg maak en hom eerder verkoop. Dan het jy nog ʼn ordentlike motor om mee te ry.” Sê Koos. “Nee wat Koos, ek sal nie soveel kry vir my ou motor nie. En ek het nou geld nodig.” Hulle vat die motor in sodat dit reg gemaak kan word. Koos se vriend wat na die motor kom kyk het die vorige aand, het ook laat weet hy stel nie meer belang in die motor nie. Intussentyd neem Anette haar ma se verloofring om dit te verseker. Sy moet eers ʼn waardasie sertifikaat daarvoor
kry. Sy neem dit na die juweliersware winkel, om dit te waardeer. Sy wag ʼn rukkie, toe die bestuurder van die winkel haar vriendelik kom groet.
“Goeie môre juffrou, ek neem aan hierdie is u ring?” Hy hou haar ma se ring na haar toe uit. “Nee dis my ma se verloofring gewees meneer. Ek wil dit verseker, en daarom moes ek eers die sertifikaat kom kry vir die waarde van die ring.
Die bestuurder trap ongemaklik rond. “Is daar iets fout meneer?” vra Retha bekommerd.
“Juffrou, hierdie ring is niks werd nie… ek is jammer, wie dit ookal vir jou ma gegee het, was baie slim gewees. Jy kan sien die ring is skoon gemaak, dis hoekom hy so mooi lyk, maar andersins is dit net silwer, en glad nie eens witgoud nie. En dis ook nie ʼn regte diamant nie, net ʼn gewone geboorte steentjie.”
Hy voel nou baie ongemaklik, want hy kan sien Anette se gesigs uitdrukking verander merkbaar. Sy word bleek in haar gesig. “Juffrou, kom sit hier op die stoel.”
Anette laat toe dat hy haar tot by die stoel lei. Sy gaan sit. Die klerk bring vir haar ʼn glas water. “Ek kan nie glo wat ek sopas gehoor het nie!” sê sy geskok. “Hy het my ma in alle opsigte mislei!” “Ek is so jammer om dit te hoor juffrou. Deesdae kan mens niemand meer vertrou nie. Ek hoop jou moeder vat hierdie man goed vas met sy goedkoop ring en al!” sê die bestuurder. Anette staan op vanaf die stoel.
“Glo my meneer, gelukkig is my ma ontslae van hierdie man. Ek het maar net
gedink ek sal die ring veilig vir haar bewaar todat sy dalk eendag besluit om die steentjie te kon gebruik. Dalk in ʼn hangertjie of iets… maar nou.” Sy glimlag vir die man wat voor haar staan. “Nou is my ma finaal van hom ontslae.” Die bestuurder loop saam met haar tot by die deur. “Jammer ek kon jou nie help nie juffrou, jy moet jou dag verder geniet.” Sy groet hom, en stap na haar motor. Dit voel of sy histeries wil lag! Oom Dirk is so ʼn groot leuenaar! Sy wil glo hy is ʼn gewoonte leuenaar. Terwyl sy by die verkeerslig staan, sien sy haar pa se ou motor verby haar ry! Sy sien Dirk bestuur, en die man wat gisteraand saam met hom by hulle huis was. Die motor se agterkant lyk maar sleg. Haar pa sal uit die dood uit opstaan as hy moet sien hoe die
motor lyk waarop hy so trots was! Sy wonder of oom Dirk ooit werk…. Hoe kry hy dit reg om hierdie tyd van die dag rond te ry. Volgens wat haar ma gesê het, kan hy nie in die dag in die dorp wees nie, aangesien sy werk dit nie toelaat nie. Maar hy kon dalk verlof ingesit het… Maar nou sardis nie meer haar ma se probleem nie.
Anette bel vir Wim en vertel hom die storie van die ring. Hy kan ook nie anders om net te glimlag nie. Hierdie oom Dirk het ʼn lat vir sy eie gat gepluk met al sy leuns! “Gaan jy jou ma van die ring vertel my engel?” vra Dirk. “Weet jy Wim, ons moet haar maar van die ring vertel, en ook dat hy die motor gestamp het. Anders vind sy dit een of andertyd uit, dan gaan sy ons kwalik neem omdat ons haar nie van die goed vertel het nie. Anette ry terug werk toe. Sy is so ontsettend bly oom Dirk is iets van die verlede.
Retha se kamer is nou al so vol blomme wat haar vriende vir haar gestuur het, dat sy wonder waar om alles te sit. Sy gesels gereeld met haar berader, en voel al stukke beter. Sy is bly haar oë het gou genoeg oop gegaan, anders sou sy vorentoe in haar lewe net swaar gekry het. Sy besef maar alte goed dat Dirk ʼn drankprobleem het, en hulp moet kry. Maar of hy dit ooit self gaan besef en erken, is ʼn ander storie… Later die middag kom Anette vir haar kuier. “Ma lyk goed vandag.” Glimlag Anette. “Ja
Anette, dr Karel kyk mooi na my, en my berader help ook baie. Ek is weer lus vir die lewe.” “Ma, daar is iets wat ma moet weet.” Retha sit nou regop in haar hospitaalbed. “Vertel maar Anette. Ek weet nie of iets my meer kan skok nie.”
Anette vertel haar ma van die motor en ook van die ring. Retha is geskok! Maar ook verlig. As sy nie haar berader se raad gevolg het nie, sou sy dalk nie nou so sterk gevoel het nie. Die man sou net meer en meer hartseer in haar lewe gebring het.
“Ai my kind, jy moet maar die ring weggooi. Ek wou hom in elke geval nie gehad het nie. En wat die motor betref… Dis maar sy verlies.” Sy sê egter niks van die geld wat sy aan Dirk oor betaal het nie. Sy besluit net dat sy nooit weer vir hom sal geld gee nie. Niks sal hy ooit weer by haar kry nie. Sy weet ook sommer sy sal nie weer haar geld sien nie, want hy sal dit nie aan haar terug betaal nie. Hy is ʼn kompulsiewe leunaar, en ʼn onbetroubare persoon. Sy sal hom nooit weer vertrou nie.
“Ma, ek kan sien ma is ontsteld, maar dis beter ek vertel ma al hierdie dinge, voordat ma dit dalk by iemand anders hoor..” “Nee my kind, ek is net baie bly jy is eerlik met my. Ek weet nou ek sal hom nooit weer vertrou nie. Hy is iets van die verlede.
Ek wonder waar het hy die ring gekry. Sekerlik by ʼn speelgoed winkel gekoop.” Anette glimlag vir haar ma se humor. “Ma hy verdien ma nie.”
Anette kuier nog ʼn rukkie by haar ma, voor sy huistoe ry.
Retha sit haar rekenaar aan, en gaan by die kletskamer in waar sy Dirk ontmoet
het. Sy wil kyk of hy nog in die kletskamer gesels. Tot haar verbasing sien sy hy is al klaar besig om met ʼn ander vrou te gesels! Sy sien ook dat die twee nie net gewoon gesels nie, maar heel ernstig klink! Sy gaan kyk op die vrou se profiel, en sien sy is ook ʼn weduwee. Sy sit en kyk na die twee se gesprek. Sy wonder of hierdie vrou weet wat op haar wag… maar sy weet nie of sy die vrou moet waarsku of wat nie. Maar sy besluit om maar heeltemal ontslae te raak van die kletskamer. Sy haal die kletskamer van haar rekenaar af. Van nou af kyk sy net vorentoe. Dirk het nie gras onder sy voete laat groei nie… hy het vinnig aan beweeg. Sy kloue is al redelik diep in sy nuwe slagoffer in geslaan. Sy kon dit aflei aan die gesprek wat hulle in die kletskamer gehad het. Sy voel redelik afgehaal om te dink hy het haar net misbruik. Maar sy sal nie weer in so ʼn strik trap nie, daarom sal sy wegbly van kletskamers.
HOOFSTUK SES EN TWINTIG
Retha word Donderdag uit die hospitaal ontslaan. Sy voel verlig om weer by haar eie huis te wees. Haar rug voel heelwat beter, en sy is nie meer so depresief nie. Wim en Retha het intussentyd by Wim se ouers gehoor of Retha nie vir ʼn paar dae op die plaas kan kom kuier nie. Hulle het ingestem, en kan nie wag om haar te ontvang nie.
Maar Anette moet nou eers by Retha hoor of sy bereid sal wees om ʼn paar dae soontoe te gaan. “Ma, daar is nog ʼn paar goedjies wat vir my troue gedoen moet word, en ma en my aanstaande skoonma kan dan lekker daaraan werk. Dit wat gedoen moet word, gaan hopeloos teveel vir ma wees om alleen te doen. Daarom het ons gedink ma het mos nou verlof, en ma en Wim se ma kom so goed oor die weg. Dalk sal die rustigheid van die plaas ook help om van binne te genees.”
“Dis nou ʼn lekker verassing Anette! Ek sal graag op die plaas wil gaan kuier. Ek het laas so lekker daar gekuier, ek wou dit nie sê nie, maar het gehoop ons gaan gou weer daar kuier. Weet Wim se ouers ek gaan kom kuier?” “Ja ma, hulle kan nie wag dat ma moet kom kuier nie. En dankie dat ma instem om te gaan. Dit vat
soveel druk vanaf my skouers. Ek het gewonder waar ek die tyd gaan kry om al die klein dingetjies te doen vir die troue, en daar kom ma tot my redding!” Retha glimlag. “Ek doen dit met die grootste plesier my kind. Een van die dae is dit jou troue… ek kan nie glo die tyd het so vinnig verby gegaan nie.” Anette laat weet haar aanstaande skoonouers dat haar ma ingestem het om oor te kom. Anette en haar ma vaar die winkels in, en koop al die nodig goed wat nog gemaak moet word vir die troue. Die dankie-sê kaartjies word gekoop, en die mandjies wat gebruik moet word om te vul met allerhande oulike geskenkies, word ook gekoop.
Nou is dit in haar en haar skoonma se hande om die geskenk mandjies vir die gaste op die troue reg te kry. Elke dankie-sê kaartjie moet ook aan die mandjie geheg word.
Hulle is pootuit toe hulle by die huis kom. “Ma, ons sal nogsteeds hier in ma se huis bly todat ma terugkom vanaf die plaas. Maar ek glo nie oom Dirk sal ma gou weer pla nie.” “Dankie my kind, ek sal dit waardeer. Nee, hy sal my nie weer pla nie, dit weet ek…” sê Retha half ingedagte. Anette sien hoe haar ma in die verte in staar.
“Wat pla, ma?” “Ek het gister in die kletskamer ingegaan waar ek oom Dirk ontmoet het. Ek het gesien hy is alklaar weer besig met ʼn ander vrou, ook ʼn weduwee.”
“So ʼn skurk! Ai ma, wil ma nie maar die kletskamer heeltemal van ma se rekenaar afhaal nie” “Ek het Anette, gister al. Hy moet nou net uit my pad uit bly. Dit help nie ek waarsku ander vrouens teen hom nie, want sy mond is te glad. Hy oortuig vrouens so maklik met sy mooi praatjies, dat ek nie gaan krap waar dit nie jeuk nie.”
Anette stuur die gesprek in ʼn ander rigting…
Die naweek breek aan, en Wim het voorgestel dat hy en Anette sommer saamry plaas toe. Retha ry wel met haar eie motor, want sodra sy klaar is met Anette se goed vir die troue, hoef Wim hulle haar nie te gaan haal op die plaas nie, en kan sy met haar eie motor huistoe ry.
Retha ry gou dorp toe om ʼn paar goedjies te kry wat sy nodig het vir die plaas. Net toe sy by die winkel wil uitstap, loop sy haar vas in Dirk en ʼn jong meisie. Hy hou haar hand vas. Dirk word bleek hy toe hy Retha sien, en los sommer dadelik die meisie se hand. Retha praat nie ʼn woord met hom nie, en stap net verby hom. Sy stap nahaar motor toe, en voel die knop in haar keel. Sy wil nie eens om kyk nie… sy wil nie sien hoe hy die meisie se hand vashou nie! Retha is dankbaar sy gaan plaas toe.
Sy wil nie vinnig weer in Dirk vasloop nie. Sy bewe liggies toe sy die pakkies in haar kattebak sit. Net toe praat Dirk agter haar.
“My engel!” Retha draai stadig om en kyk Dirk in die oë. “Hoe durf jy vir my “engel” en jy loop hand aan hand met ʼn meisie wat lyk of sy jou dogter kan wees! En ek het al vir jou gesê om nie vir my engel te sê nie!” “Goed Retha… maar die meisie, dis nie ernstig nie. Ek soek maar net vertroosting in die tyd wat jy my weg gesmyt het.”
“Dirk, waar is die motor wat ek vir jou gegee het?” Sy kyk rond in die parkeer area, en sien sy ou motor so ʼn entjie vanaf haar motor staan. “So… jy het wel die motor verkoop wat ek vir jou as geskenk gegee het… hoe kon jy?” “Nee Retha, hulle is besig om hom reg te maak. Ek was in ʼn ongeluk, en sal hom sekerlik in volgende week terug kry.” “Dirk, hoe kry jy dit reg om hierdie tyd van die dag in die dorp rond te loop? Werk jy dan nie meer nie?” “Uhm.. dis ʼn
lang storie Retha.”
Hy kyk af grond toe, en voel meteens skaam. Skaam om haar in die oë te kyk. Retha kyk na hom toe en glimlag. “Is jy nie bang jou jong bokkie sien jy staan hier met my en gesels nie?” “Ek sê jou mos sy beteken niks vir my nie!” Retha voel die vrees in haar vlam vat toe Dirk sy stem verhef. “Ek moet gaan Dirk, ek het nog dinge om te doen. En ja, ek weet jy gaan nie my geld vir my terugbetaal wat ek vir jou geleen het nie, so hou dit maar. Jy is in elkgeval werkloos.” Dirk word bloedrooi in sy gesig van woede! Hoe durf sy so met hom praat!” Hy wil nog met haar praat, dog sy klim in haar motor en ry weg. Hy kyk die motor agterna. So waar as wat hy leef sal hy sorg dat hy elke sent aan haar terug betaal wat sy vir hom geleen het. Retha kyk in haar tru spieëltjie en sien hoe hy haar motor agterna kyk. Sy sluk weereens aan die knop in haar keel. Sy het lief geword vir hom, so dit sal tyd neem om oor hom te kom… Retha pak so gou as moontlik vir haar klere in om plaas toe te gaan. Sy is bang sy verander van besluit. Nou dat sy weer vir Dirk gesien het… sy stem gehoor het. Retha wonder of sy hom nie nog ʼn kans moet gee nie. “Nee!, Hoeveel keer wil jy dan nog seerkry voordat jy gaan besef hy gaan nie by jou bly nie!” Raas sy hardop met haarself. Sy dink aan die jong meisie wat saam met Dirk was, en skud net haar kop. As sy maar net geweet het hy is ʼn losbol!
Wim ry voor Anette en haar ma plaas toe. Anette het besluit om saam met haar ma te ry, want sy gaan haar mis in die paar dae wat sy op die plaas gaan kuier. “My kind, ek het vanoggend vir oom Dirk raakgeloop by die winkels.” “En?” vra Anette. “Hy was saam met ʼn meisie wat amper jou ouderdom is.” “Nee!! Regtig ma? Wat sien meisies in die man?” Retha glimlag vir haar dogter. “Bedoel jy nou ek het swak smaak?” vra Retha tong in die kies. “Nee ma, ag ma weet wat ek bedoel. Ek is net so kwaad vir hom.
Ek het nie bedoel om ma te na te kom nie.” Retha lag nou vir Anette toe sy sien hoe ernstig haar kind is. “Anette, ontspan! Ek weet jy is kwaad vir hom, en jy mag maar so voel. Onthou net, een of andertyd sal jy hom moet vergewe. Dis wat die Here van ons verwag.” “Ek weet ma, maar dit gaan maar nog ʼn rukkie
neem om hom te vergewe.”
Anette dink aan Dirk, en wonder regtig wat vroumense in hom sien. En nou het hy ʼn jong meisie aan sy sy. Dan het hy nog ʼn verhouding met ʼn vrou in een of ander kletskamer! Nee wat, sy het genoeg gesien om te weet hierdie man is net moeilikheid. Hy speel met vroue se harte, en breek dit by dosyne. Dis net jammer haar ma is een van die vele vrouens wie se hart hy gebreek het… Anette gesels oor die troue om haar ma se aandag van Dirk af te lei.
“Ma-hulle gaan behoorlik besig wees met al die dankie-sê mandjies wat julle moet vul en versier. Maar ek glo ma gaan dit geniet.” “Ja my kind, ek hou daarvan om die tipe goed te doen. En ek sien natuurlik uit na die stilte van die plaas.”
Dit raak stil in die motor.. elkeen besig met hul eie gedagtes. Retha dink aan die keer toe hulle oppad plaas toe was. Sy het so gewens Dirk kon saam met haar gewees het vir die naweek, maar besef nou sy sou bitter skaam vir hom gekry het. In die Wildtuin het sy alreeds so skaam vir hom gekry, hoe sou sy nie haar vir hom geskaam het voor Wim se familie nie! Sy voel so hartseer. Sy wens sy het Dirk nooit ontmoet nie…. Na ʼn rukkie stop hulle voor die groot plaashuis met sy pragtige Kaapse gewels. Retha voel al klaar hoe die rustigheid van haar besit neem. Wim se ouers stap hulle tegemoet.
“Dis so lekker om jou weer te sien Retha!” groet Wilma, Wim se ma haar. “Dankie vir die uitnodiging om by julle te kan kom kuier Wilma. Ek sien so uit na die stilte van die plaas.” Wim kom ook nou aangestap, en groet Anette en haar ma. Hulle dra die bagasie na binne. Die aand braai hulle vleis, en hulle kuier gesellig om die braaivleis vuur. Retha kyk na die braaivleis vuur wat voor haar brand, en sy voel die brandpyn in haar hart. Sy dink terug aan die Wildtuin, en die vuurtjie waarom sy en Dirk gesit het. Maar dit is nou verby, en sy wil nie weer daaraan dink nie… Dis verlede tyd. Hy is sekerlik nou al redelik dronk en geniet seker sy nuwe geselskap, dink sy hartseer. Hy is ʼn goeie mens, as hy net
sy drinkery wou los, maar dis besig om sy hele lewe oor te neem.
“En waaraan sit jy so diep en dink?” vra Wilma onverwags hier langs haar. Retha glimlag. “Ek luister na die stilte van die omgewing. Ek het so ʼn rukkie terug ʼn jakkals gehoor roep.” “Ja, ons het redelik baie jakkalse hier rondom die plaas. Eintlik is hulle ʼn las, want ons skape loop gereeld deur soos hulle op die arme diere jag maak.” Antwoord Wilma.
Later die aand groet Retha almal, en gaan klim in ʼn lekker warm bad. Sy voel moeg… baie moeg. Dalk moet sy ʼn slaappilletjie drink vanaand. Sy hou nie van die goed nie, maar dr Karel het gesê sy hoef nie elke aand een te drink nie. Net ʼn halwe pilletjie as sy voel sy kan nie slaap nie. Sy klim in die bed, en voel hoe die moegheid oor haar spoel. Sy drink wel ʼn halwe slaappil en raak vinnig aan die slaap. Nagmerries laat haar in die middel van die nag verward regop sit. Sy kyk rondom haar, nie seker waar sy is nie. Sy wil eers paniekerig word, toe sy onthou sy is op Wim hulle se plaas. Retha staan op en gaan staan by die venster. Die maan is helder, en verlig die grasperk voor haar venster. Sy kyk na die sterre... hoe helder is die sterre nie hier op die plaas nie. ʼn ster verskiet, en Retha maak ʼn wens.... Sy klim weer in die bed, en raak rustig aan die slaap. Hierdie keer is haar drome rustig..
Die volgende oggend vroeg maak Anette haar wakker met ʼn lekker koppie tee en beskuit. “Ma darem lekker geslaap?” vra Anette. “Dankie my kind, ek het lekker geslaap.”
Sy wil haar nie vertel van die nagmerries nie. “Ma onthou nog die mense wat laas ook op die plaas kom kuier het toe ma hier was?”
“Ja Anette, dit was die wewenaar en nog ʼn klompie ander mense.” “Wel, ek hoop nie ma gee om nie, maar tannie Wilma het hulle weer oorgenooi om
vandag hier te kom eet.
Hulle gaan potjiekos maak.” “Nee my kind, ek kan mos nou nie inmeng nie. Ek is ook maar net ʼn gas op die plaas.” “Ek weet my moeder, maar ek wil nie hê ma moet dink ons wil die wewenaar aan ma opdring nie. Ek het glad nie geweet hy kom oor nie, maar hy is ʼn gereelde gas op die plaas.” Retha glimlag vir haar dogter. “Hou nou op om jou te bekommer Anette. Ons het die laaste keer so lekker gesels, en ek glo ons sal weer so lekker kan gesels die keer. En ek hoef nie skuldig te voel omdat ek met ʼn ander man gesels nie.” Anette glimlag vir haar ma. “Dis die gees ma. Ma hoef oor niks meer skuldig te voel nie.
Van nou af leef ma net een dag op ʼn slag!” Hulle gesels nog so ʼn rukkie, toe Anette haarself verskoon om reg te maak vir die dag. Retha stort gou, en sluit by Wilma hulle in die voorhuis aan. Almal groet, en Retha voel sommer welkom. Almal lyk so gelukkig... Hulle bespreek die dag se verrigtinge en almal is bereid om te help met iets.
Anette en haar ma sit in die kombuis en help om die groente te skil. Daar heers ʼn gesellige atmosfeer. Oom Willem, Wim se pa kom in die kombuis in gestap. “Die kole is nou reg om die pot op te sit.” Hy stap tot by tannie Wilma en gee haar ʼn soentjie op die wang. “Ek sien julle is almal so besig, kan ek dalk vir julle iets skink om te drink?” vra hy liefdevol vir sy vrou. “Ek het vir ons ʼn pot tee opgesit, dankie my man, ons sal later ʼn glasie wyn saam met julle geniet as die potjie eers aan die gang is.” Anette skink vir hulle tee, en Wilma en Retha gesels asof hulle mekaar al jare lank ken. Sy is so bly haar ma gaan vir ʼn rukkie hier kuier... dis net die regte medisyne vir haar. En tannie Wilma is maar alte bewus van wat met Retha gebeur het, maar praat glad nie daaroor nie. Sy weet Retha sal met haar praat as die tyd reg is. Die groente word afgespoel, en in bakke gesit. “Hoeveel mense het julle oorgenooi Wilma?” grap Retha. “Dit lyk of ons vir die hele dorp kosmaak.” Wilma lag te lekker vir Retha. “Jong, hierdie manne kan behoorlik eet, daarom sorg ek maar dat daar genoeg vir almal is. Gewoonlik bly daar van die pot oor, dan gee ons dit vir die werkers op die plaas. Hulle weet al as ons pot maak, kry hulle ook daarvan.”
“Dis ʼn pragtige gebaar Wilma.” Antwoord Retha. Die groente word buitentoe geneem, en die vleis ruik alte heerlik wat alklaar in die pot besig is om te braai. Die kampstoele is klaar reg gepak, gereed vir die vroue om net te ontspan. Dis al redelik laat middag, en daar word lekker gekuier rondom die potjie wat op die vuur is. Retha gesels ook nou lekker met die wewenaar. Sy voel glad nie skuldig om met hom te gesels nie. Hy is ʼn aangename man. Hy het wel vroeër die middag ʼn glasie wyn gedrink, maar drink nou koffie saam met die res van die geselskap.
Wilma is besig om die borde reg te sit, sodat elkeen homself kan help om in te skep. Wim is baie besorgd oor Retha. Hy knoop die heeltyd geselsies met haar aan, en sorg dat sy op haar gemak is. Anette sien dit, en dit voel of haar bors wil bars van trots! Sy het die beste verloofde in die hele wêreld gekry!
Na ete word daar nog hout op die vuur gegooi om die koue van die aand af te weer. Wim skink vir elkeen ʼn glasie sjerrie. Retha dink hoe sy baklei het om nie saam met Dirk iets te drink nie, en kyk hoe geniet sy nou die glasie sjerrie. Dis sekerlik omdat sy gesien het hoe hy drank misbruik het, wat haar so laat huiwer het om saam met hom iets te drink. Dit raak laat, en hulle besluit om verder in die huis te kuier. Skuins voor twaalf lui Retha se foon.... Sy hoor die foon in haar kamer lui, maar huiwer om dit te gaan beantwoord. Sy kan net aan een persoon dink wat haar hierdie tyd van die aand sal bel. “Ma... is dit ma se foon wat so lui?” vra Anette met ʼn frons. “Ja my kind, maar dis al laat, en daarom gaan ek dit nie beantwoord nie.” Verskoon my net gou, ek wil net die foon gaan afsit.” Retha stap na haar kamer toe, en sit haar foon af. Sy het gesien daar was omtrent tien oproepe wat deurgekom het terwyl hulle buite was... en almal is van Dirk se foon af. Sy wonder wanneer gaan hy haar nou uitlos. Sy stel nie belang om met hom te praat nie. Hoe gouer hy van haar vergeet, hoe beter.
Die Sondagoggend is Retha al vroeg wakker, en gaan stap ʼn entjie. Die lug is heerlik vars. Sy stap na die rivier net onderkant die plaashuis.
Die water spoel oor die klippe, en die druising van die water is kalmerend vir haar siel. Retha gaan sit op die bankie wat daar staan. Die voëltjies se gesels met mekaar is opgewonde, so asof iets goeds gaan gebeur... Retha word bewus van iemand wat agter haar staan. Sy kyk om, en sien die wewenaar staan agter haar met twee koppies in sy hande. “Môre Alwyn” groet sy vriendelik. “Môre Retha. Gee jy om as ek ook hier op die bankie by jou kom sit? Retha glimlag vir hom. ‘Wel, ek sien jy het vir ons koffie saam gebring, so jy is welkom om te sit.” Sy neem die koppie koffie by hom. “Dis nou ʼn heerlike verassing, dankie Alwyn. Die eende kom vinnig nader geswem, met die hoop dat hulle dalk iets te ete sal kry by Retha hulle. Alwyn gesels oor sy plaas, en die dam wat ook op sy plaas is. Hy noem dat daar die mooiste swane op die dam is, en nooi haar om eendag te kom kyk.
“Ek sal dit graag wil doen Alwyn, maar Anette en Wim se troue is nou eerste prioriteit.” “Ek verstaan heeltemal Retha. Ek glo sy gaan ʼn pragtig bruid wees.” Hulle stap terug na die plaashuis toe. Hulle word begroet met die heerlikste geure wat uit die kombuis uit kom. Ontbyt word bedien. Die res van die dag is almal maar redelik lui. Later die middag groet Anette en Wim haar ma. “Ons moet nou regtig ry ma, die pad is nog lank.... en ek wil so graag nog hier op die plaas saam met ma kuier.” “Ja my kind, ek wil ook graag hê julle moet langer bly, maar ry maar solank dit nog nie donker is nie.” Hulle groet mekaar. Retha gaan na haar kamer, om ʼn rukkie te rus.
Sy onthou dat haar foon nog af is, en skakel haar foon weer aan.
Die foon is skaars aan, toe hy lui. Sy sien dis Dirk, en wil eers nie die foon antwoord nie. Maar hy hou aan om haar te bel, en sy antwoord vererg haar foon. “Dirk, hoekom pla jy my so? Het ek nie vir jou gesê om my nie meer te kontak nie?” “Waar is jy Retha? Ek was by jou huis gewees, en daar is niemand nie. En dan tel jy nie jou foon op as ek jou bel nie!” Skree hy in haar oor. Retha byt hard op haar tande. Wie is hy om nogsteeds so met haar te praat! “Dirk, dit het niks met jou te doen waar ek is nie. Ons het niks vir mekaar te sê nie. Ek wens jy wil
dit in jou kop kry dat ons verhouding iets van die verlede is.”
“Maar jy het nog my verloofring Retha, dit beteken mos jy wil nog deel wees van my, want jy hou vas aan die ring.” Retha lag nou vir hom. “Die sogenaamde ‘ring’ wat jy vir my gegee het, het jy sekerlik iewers op ʼn vlooimark gekoop.” “Retha, ek het duur betaal vir daardie ring! Hoe kan jy nou sulke dinge vir my sê!” vra hy vies.
“Anette wou die ring laat verseker het – en wat sê hulle vir haar? Die ring is niks werd nie! Waar het jy die goedkoop ring gekry Dirk? Jy moes maar min van my gedink het om so iets vir my te gee.... As jy maar net eerlik met my was Dirk, maar jou hele lewe is een groot leun.”
“Jy weet Retha, Anette was nog altyd in my pad gewees. Sy het van die oomblik wat ek haar ontmoet het, die lewe vir my moeilik gemaak! Sy maak nou net weer stories op om my sleg te laat lyk.” “Dirk, is jy nou klaar, want ek gaan nie toelaat dat jy so van my dogter praat nie. En ek het dinge om te doen.” “Soos wat Retha, is daar dan al ʼn ander man in jou lewe?” vra hy nukkerig. “Dirk ek is op Wim hulle se plaas. Ek help met die reëlings van Anette se troue. So, as jy my sal verskoon, die mense wag vir my in die sitkamer.”
“Retha... is daardie wewenaar ook weer daar? Is dit hoekom jy op die plaas is. Jy kon nie vinnig genoeg van my ontslae raak om by die wewenaar te wees nie!”
“Ek groet jou nou Dirk, moet my nie weer bel nie.” Sy druk die foon dood. Sy sal nie weer toelaat dat hy haar so ontstel nie. Haar foon lui weer, maar sy stel haar foon sodat sy net Anette se oproepe sal kan neem. Dirk is nou eers woedend. Wat soek sy op die plaas! Sy het laas van die wewenaar gepraat, en nou kry sy die geleentheid om hom beter te leer ken! Hy neem ʼn groot sluk uit sy glas.... hy wonder of Anette hulle Retha se huis gaan oppas...
HOOFSTUK SEWE EN TWINTIG
Die tydjie wat Retha op die plaas deurgebring het, gaan vinnig verby. Retha neem afskeid van Wilma en Willem. “Baie dankie vir julle gasvryheid Wilma. Ons sal mekaar dan weer by die troue sien.” Retha ry terug huistoe. Sy voel weer lus vir die lewe. Haar kind se troue kom nou vinnig nader. Oor ʼn maand is sy ʼn getroude vrou! Die tyd het behoorlik gevlieg. Gelukkig hoef sy nie te bekommer oor watter tipe mens haar skoonseun gaan wees nie, want sy kry die beste skoonseun waarvoor sy kon gevra het.
Retha stop voor haar huis. Dit voel snaaks om weer by die huis te wees. Sy het net uit die hospitaal gekom, toe is sy plaas toe. Sy begin haar vryheid geniet. Retha bedank Wim en Anette omdat hulle na haar huis gekyk het.
“Weet jy Anette, ek dink ek gaan maar my bedanking by die werk insit. Ek sien nou eers hoe lekker dit is om so rond te ry en te kuier!” “Is ma nou ernstig?” vra Anette. “Ja my kind, na jou troue wil ek bietjie gaan toer... die wêreld verken. Ek het nie nodig om te werk nie, ek het dit maar net gedoen om myself besig te hou.
En oom Alwyn het my gevra om een of andertyd na sy plaas toe te kom. Hy wil my sy swane wys.” Retha sien nie hoe Wim vir Anette knipoog nie.
“Dis te lekker ma! Wanneer gaan ma dan vir oom Alwyn kuier op sy plaas?” “Ek wag eers tot na julle troue, daar is nog teveel dinge om te doen. Ek wil net môre oggend ingaan werk toe, en solank my bedanking insit.”
“Dis ʼn groot besluit ma, is ma seker ma wil dit doen. Ma werk al so lank vir die maatskappy... gaan ma nie vervelig raak by die huis nie?” “Ek sal nie vervelig raak nie Anette, ek het klaar hieroor gedink. Ek wil ook bietjie laat lê in die oggende wanneer ek nie lus voel om op te staan nie. En ek wil ook graag nou my eie ding doen.” Hulle gesels nog so ʼn rukkie, toe Wim begin aanstaltes maak om na sy eie woonplek toe te gaan. “Is ma seker ma gaan veilig wees so op ma se eie? Moet ons nie vanaand ook oorslaap hier by ma nie?” vra Anette bekommerd. “Ek sal veilig wees, dankie my kind. En ek sal laat weet as hier probleme is....” Wim en Anette groet haar, en Anette sit met ʼn frons op haar voorkop. “En nou my skat, hoekom frons jy so?” vra Wim. “Het jy gesien hoe goed lyk my ma. Sy het weer kleur in haar wange, en sy lyk weer lus vir die lewe. Ek hoop nie oom Dirk het iets daarmee te doen nie...”
“Ai my skat, ons wou mos reeds gehad het sy moet beter word, daarom is sy plaas toe. Ek dink die buitelewe en skoon lug het haar goed gedoen. Hou nou op bekommer, en wees eerder bly sy is beter.” Anette kan nie help om sommer liewer te word vir hierdie amper man van haar nie. Hy is so ʼn blymoedige mens.... “Dis waar my engel, ek gun haar die beterskap.”
Anette en Wim is besig om die gastelys deur te werk, en te beplan waar gaan wie sit by die troue. “Ek wonder nou hoe gaan ons met my ma maak Wim. Oom Dirk sou saam met haar troue toe gekom het... maar nou weet ek nie hoe en wat om te doen nie. Sy kan nie alleen by die troue opdaag nie.” “Mmmm... ek dink ek het ʼn oplossing hiervoor my skat. Ons kan mos vir oom Alwyn vra of hy by haar sal sit aan die hooftafel. Ek het gesien hulle gesels lekker die naweek wat verby is.” “Ek en my ma drink môre middag
juis koffie, dan sal ek haar vra. Intussen kan ons dit dan so aanteken.”
Anette ontmoet haar ma die volgende dag vir koffie. “Middag ma, jitte, maar ma lyk pragtig vandag!” Retha glimlag verleë. “Ag, ek het maar net my hare bietjie gekleur.
Die grys hare het begin oorneem!” “Wel, die kleur pas ma uitstekend. Ek sien ma het ook ʼn bietjie laat sny aan die lengte.” “Jy weet mos hoe sukkel ek met hitte Anette, die hare in my nek het te lank geword. Maar nou voel ek sommer ʼn ander mens.” “Mmm... ek wonder wat sal oom Alwyn sê as hy ma nou sien!” Retha bloos bloedrooi!
“Nou wat laat jou sulke dinge sê Anette! Oom Alwyn is net ʼn goeie vriend... en ons gesels lekker met mekaar. Hy verskil so baie van oom Dirk.”
“Ma hoef nie te verduidelik nie, ek grap net met moeks. Wat ek wel wil weet.... en ma het die volste reg om die voorstel af te skiet as ma nie daarvan hou nie.” Retha wag, maar Anette huiwer vir ʼn oomblik. “Ek wag my kind, wat is dit?”
Wim en ek het gewonder of ons maar vir oom Alwyn kan vra om saam met ma aan die hooftafel by die troue te sit. Oom Dirk sou mos saam met ma troue toe gekom het... maar dinge het mos nou verander.” Retha neem ʼn slukkie van haar koffie. “Dit is reg met my Anette. Hy is ʼn goeie vriend, en ek weet tenminste hy sal hom gedra op julle troue. Ek sal my nie vir hom skaam nie.” Retha glimlag vir haar dogter toe sy die verligting op haar gesig sien.
“Jy moet leer om te ontspan my kind! Die lewe bestaan nie net uit probleme nie!”Anette stik amper aan haar koffie toe sy hoor hoe opgewek haar ma is. “Nee wag ma, die kuier op die plaas het ma beslis goed gedoen!” “Onthou jy het vir my gesê - “Ma moet nou net een dag op ʼn slag lewe” Wel, ek het dit begin toepas.” Anette is so opgewonde vir haar ma! Sy kan sien haar ma het nie op ʼn hopie gaan sit toe sy van oom Dirk se streke uitgevind het nie. Sy het sterker uit hierdie lewensles uitgestap.
“Ma... ek is so trots op ma...” sy sluk aan die knop in haar keel. Haar oë is vol trane. “Dankie my meisiekind, net die wete dat ek lewe en self besluite kan maak, maak dit die moeite werd om my uit te strek na voor en los te maak van die verlede. Net soos die Bybel ons leer..”
“Dan is ek bly ma keur dit goed om saam met oom Alwyn aan tafel te sit. En dit sal vir my ʼn groot eer wees as ma my die kerk sal inbring.” Nou is dit Retha se beurt om aan die knop in haar keel te sluk.
Dis ʼn spesiale oomblik tussen ma en dogter... daar heers ʼn stilte tussen hulle, maar hul albei is so bewus van mekaar se liefde vir mekaar.
“Natuurlik sal ek jou graag die kerk wil inbring my kind, hoe dan anders?” “Ma, daar is van my vriendinne wat al alleen die kerk binne gestap het as gevolg van ʼn pa wat of oorlede is, of die ouers wat geskei is. Daarom is dit vir my so ʼn groot voorreg dat ma dit vir my sal doen.” “Is daar nog enige iets wat ek vir jou kan doen my kind. Jou tydjie raak nou min as juffrou!” “Nee dankie ma, alles is nou gereël. Ek kan nie aan nog iets dink wat gedoen moet word nie. Nou kan ons maar net die dae aftel...” Retha dink aan die kombuistee wat nog voorlê wat sy vir Anette reël, dan is haar grootste kopseer agter die rug. Sy wil hê dit moet ʼn aand wees wat haar dogter nie sal vergeet nie.
Anette betaal die rekening, en hulle groet mekaar. Anette weet nog nie dat oom Alwyn haar ma nou gereeld bel nie... en Retha wil dit so hou.
Die dae gaan nou vinnig verby, en gelukkig het Retha nie weer van Dirk gehoor nie. Sy voel soos ʼn ander mens, en Alwyn is die oorsaak daarvan. Hy het een dag besigheid in haar dorp kom doen, en hulle het saam gaan koffie drink. Retha het sy geselskap so geniet... en sy glo ook hy geniet haar geselskap. Op ʼn dag ontvang sy ʼn oproep van ʼn anonieme nommer. Sy antwoord haar foon, wat sy
nie gewoonlik doen met anonieme oproepe nie. ʼn Vrou met ʼn hees stem groet haar in engels. “Retha, onthou jy my
nog?” vra die vrou aan die anderkant van die foon. “Mary? “Ja, dis ek Mary. Retha... het jy nie lus om saam met my ʼn koppie koffie te gaan drink nie?” vra Mary.
“Jong Mary, ek kan jou my adres gee as jy dalk hier by my huis wil kom koffie drink. Ek is nou bietjie vas, en kan nie nou inry dorp toe nie.” “Dis reg met my Retha, dan sien ek jou nou.” Mary lui af sonder om Retha se adres te vra, maar Retha kom dit nie eens agter nie. Haar kop is besig met Anette se troue, en alles wat nog gedoen moet word...... Na ʼn rukkie hoor sy ʼn klop aan haar voordeur. Sy maak die deur vir Mary oop.
“Middag Mary! Ag dis so lekker om jou weer te sien!” Sy nooi Mary haar huis binne. “Mary het vir Retha ʼn mooi potplant saamgebring en gee dit vir Retha. “Dis pragtig, baie dankie Mary. Maar wat het jou laat besluit om my weer te ontmoet Mary?” Mary kyk om haar rond....”Retha, ek wil hê jy moet mooi na my luister. Ek het iets om vir jou te sê. Al wat ek vra, is dat jy my kans sal gee om klaar te praat...” Retha sit nou op die punt van haar stoel. Sy kan nie verstaan hoekom hierdie vrou nou so ernstig is nie. “Moet ek nie gou eers vir ons gaan koffie maak nie Mary?” Nee Retha, laat ek eers die dinge van my hart af kry, dan kan jy besluit of jy nog vir my koffie wil gee.” Retha sit agtertoe in haar stoel.
“Goed Mary, ons ken mekaar nog nie so goed nie, maar ek kan sien iets pla jou baie. Ek luister.”
“Retha, jy was vir ʼn naweek nie by jou huis nie, en Dirk het my oorgenooi na jou huis toe.” Retha word yskoud waar sy sit.
“Mary, het ek reg gehoor! Was jy in my hier in my huis gewees?! “Ja Retha, maar ek belowe jou, ek het nie geweet dit is jou huis gewees nie. Onthou jy toe ek amper in jou vasgery het..? Wel, ek moes jou op ʼn manier ontmoet.”
Retha se mond hang behoorlik oop soos sy na Mary luister.
“Ek wou jou al lankal gekontak het Retha, maar jy was nooit tuis gewees nie.” “Mary, ek weet nie wat jy van my wil hê nie, maar jy kan Dirk met die grootste plesier vir jou vat. Hy is ʼn loslappie, en gaan jou ook seermaak soos hy my seergemaak het.” “Retha, ek stel glad nie belang in Dirk nie.”
Retha is nou op haar senuwees. Wat wil hierdie vrou van haar hê, wonder sy. Maar asof Mary haar gedagte kan lees, praat Mary met haar. “Retha, ek soek niks van jou af nie. Ek is nie hier om jou enige iets te vra nie, behalwe om weg te bly van Dirk af.” Retha is sprakeloos.
“Mary, ek het nie meer kontak met Dirk nie. Hy het my mishandel en sy drinkgewoontes staan my nie aan nie.” Mary maak haar handsak oop, en haal ʼn oorbel uit. Sy hou dit na Retha toe uit. Retha vat dit by Mary... en besef dis die oorbel wat in haar wasgoedmandjie was! “Mary! Waar kry jy die oorbel!?”
“Die oorbel is die oorbel wat ek in jou wasgoedmandjie geplant het Retha. Ek het gehoop as daar ʼn ander vrou in Dirk se lewe was, sy daarop sal afkom, en hom uit die huis uit sal skop. Hy het vir my leuns vertel, en gesê die huis is syne, en ook die motor wat hy gery het. Maar ek was in jou badkamer, en het in jou medisynekassie gesien hy is besig om leuns te vertel. Jou naam was op die pille botteltjies, en daarom het ek aangeneem daar was ʼn ander vrou in sy lewe.” Retha is nogsteeds sprakeloos. Mary vroetel weer in haar handsak, en haal ʼn pak
foto’s uit. Sy gee dit vir Retha. Retha kan haar oë nie glo nie! Voor haar is foto’s wat haar tot in haar siel skok! Sy sien dis foto’s van Mary, maar sy is erg aangerand. Sy het ʼn blou oog, en haar gesig is gekneus. Haar liggaam is ook oortrek met hale en blou kolle.
“Dit Retha, is Dirk se werk. Hy het my hier in jou badkamer aangerand. My mond het so gebloei soos hy my geslaan het.... ek weet nie hoe hy die badkamer skoon gekry het nie. Daar was bloed orals. O ja, hy het ook jou badkamer deur oopgebreek. Jy kan maar gaan kyk, hy het die slot vervang. Dis toe dat ek my oorbel in die wasgoedmandjie laat val het...” Nou kan Retha nie meer haar trane keer nie. Sy huil kliphard oor die foto’s wat sy deurblaai. Daar is tot foto’s van haar waar Dirk haar hardhandig behandel het! “Ek is so jammer Mary!” snik Retha. “Hoekom is jy jammer my hartjie? Ek wou jou beskerm het van hierdie monster, daarom het ek al hierdie foto’s geneem. Ek was bang jy gaan my nie glo as ek jou al hierdie dinge vertel nie. Ek het op die badkamer se grond gesit met ʼn kous in my mond toe jy gebel het. Dirk het vir jou vertel hy kon nie dadelik die foon beantwoord het nie, omdat hy in die tuin besig was om plante in die tuin te sit. My hart het vir jou gebloei, want ek het gehoor hoe mooi hy met jou gepraat het. Hy het ook so met my op ʼn stadium gepraat... mooi, sag en liefdevol.” Retha se snikke het bedaar, en sy vee oor haar gesig.
“Ek is jammer omdat hy jou so verniel het Mary! Kyk hoe het jy gelyk. Hy is erger as ʼn barbaar!” “Retha, nou weet jy al hierdie dinge. Dis jou besluit of jy hom weer in jou lewe gaan toelaat. Ek het daarteen besluit. Hy sal nie weer sy hande vir my lig nie – nooit weer nie.”
“Hy het vir my in die begin van ons verhouding gesê hy is getroud, maar van sy vrou vervreemd. Ek was so geskok om ʼn paar dae daarna uit te vind dat hy nog nie eens ʼn egskeiding begin het nie. Al het hy gesê hy is in die proses om van haar te skei.... so dit was nie jy nie Mary?” “Nee Retha, maar ek wil nie eens weet hoe hy sy vrou moes mishandel het nie. Retha gaan maak vir hulle tee.
“Mary, ek is so dankbaar jy het met my kom gesels. Daar was ʼn tydperk toe ek gedink het ek sal hom weer ʼn kans gee... maar dankie tog jy het so baie omgegee. Maar ek verstaan nog nie hoekom jy dit vir my gedoen het nie?” Mary sit haar koppie neer. “Retha, ek het ʼn speurder aangestel wat hom orals volg. Ek waarsku al die vrouens wat op sy pad kom. Maar die laaste poppie wat hy mee te doen gehad het... wel sy is dood.” “Wat!!!!” roep Retha geskok uit. “Ja Retha, in sy dronkenskap het hy haar verwurg. Die bure het die stoeiery gehoor, en die Polisie gebel. Hulle het Dirk net daar in hegtenis geneem.”
“Dis hoekom ek nie meer oproepe van hom kry nie. Hy het my knaend gebel.. en toe raak dit stil.”
“Sien dit as ʼn seën Retha. Dit kon jy of ek gewees het wat aan sy hand gesterf het.” Retha ril merkbaar. “Ek was bekommerd dat hy vandag sou borgtog kry, want sy saak het weer vandag voorgekom. Ek was bang hy maak met jou kontak , of kom hier by jou huis aan. Daarom dat ek jou so wou dringend waarsku.”
“Ek weet nie hoe ek jou genoeg kan bedank vir hierdie inligting nie Mary. Dankie ook dat jy soveel vir my omgee om my teen die barbaar te beskerm. Hy is nou in die regte plek. Hy hoort agter tralies.” Retha stap saam met Mary na haar motor toe.
“Toe hy hier by my ingetrek het, het ek hom nogals jammer gekry Mary. Hy het so ʼn ou stukkende motor gery, toe gee ek hom my oorlede man se motor. Ons was op daardie stadium so verlief en verloof gewees....”
“Hy was ʼn gelukkige man om ʼn motor by jou te kry Retha. Maar ons weet nou hy is net ʼn fortuinsoeker, en ʼn moordenaar.”
“Ek glo hy het sekerlik al lankal die motor verkoop Mary. Jy moes sien die ring wat hy vir my gegee het! Dit was nou my kamma verloofring.”
“Hoekom sê jy jou kamma verloofring Retha?” Retha vertel haar die storie rondom die ring wat Anette wou verseker. Nou lag Mary en Retha dat die trane loop. “Ek is bly ons kon hierdie dinge uitgepraat het Retha. Ek kan nou die speurder laat gaan. Ek ken mense in die gevangenis wat my in kennis sal stel sodra Dirk dalk regkry om borg te kry. Maar ek sal jou laat weet as daar enige nuus is oor hom.” Hulle groet, en Retha stap die huis binne. Sy weet nie wat om met al hierdie inligting te doen nie.
Aan die eenkant is sy verlig dat Dirk haar nie gou weer sal pla nie.
HOOFSTUK AGT EN TWINTIG
Die naweek van Anette en Wim se troue breek aan.
Almal is in rep en roer. Haar rok is van die sagste sy en satyn gemaak. Retha help Anette om haar trourok aan te trek. Sy sluk aan die lastige knop in haar keel. Haar dogter lyk sprokie mooi. Die trourok beklemtoon haar fyn middeltjie en klok dan wyd af na onder. Haar grimering is pynloos netjies gedoen. Retha kyk op haar horlosie.
“My kind, dis amper tyd om jou aan Wim oor te gee.... maar ek wil vir jou sê.. jy sal altyd my dogtertjie bly. Ek is lief vir jou, en is so trots op jou. Jy het ʼn sukses van jou lewe gemaak ten spyte van so baie dinge wat in jou lewe verkeerd geloop het.”
“Ma gaan nou dat ek huil!” Sy druk haar ma saggies. “Dankie vir al ma se liefde, dankie dat ma my ma is. Ek is net so trots op moeksie.” Daar is ʼn sagte klop aan die deur. Haar strooimeisie kom ingestap. “Jy lyk so mooi Anette! Ek het lanklaas so ʼn pragtige bruid gesien! Maar ons moet nou gaan, die motor wag vir jou.” Dankie vriendin, ek voel vandag soos ʼn prinses, want ek gaan met my prins trou.” Retha gaan staan voor Anette en sit die sluier oor haar gesig. “Dis so volmaak... alles aan jou is so volmaak en prentjie mooi Anette. Kom, laat ons jou bruidegom nie langer laat wag nie”.... Hulle stop voor die ou klipkerkie teen die heuwel, en Retha en die strooimeisie help Anette uit die motor uit. Anette haal diep asem toe sy al die motors sien. Sy is half op haar senuwees. Retha sien dit, en stel haar gerus.
“Dis amper verby my kind... dan is jy mevrou.”
Die troumars begin speel, en Retha hak by Anette in.... saam stap hulle die by die kerk se gangetjie af. Voor by die kansel lig Retha Anette se sluier op en soen haar saggies op haar mond. Sy gee Anette oor aan Wim. Wim kan nie sy oë van Anette af hou nie! Sy lyk asemrowend mooi vir hom. Die predikant merk dit op, en grap met Wim.
“Wim, wat is jou antwoord hierop?” vra die predikant. “Uhm.... jammer dominee, wat het jy gevra?” Die gaste lag in ʼn ligte luim saam met die dominee.
Toe die bruidspaar klaar foto’s geneem het, ontmoet hulle die gaste by die onthaalsaal. Die saal is pragtig versier. Almal staan op toe die bruidspaar ingestap kom.
Retha voel so trots op haar dogter. Sy kan sien hoe gelukkig is die twee
jongmense. Sy kyk na Alwyn.... hulle oë ontmoet, sy glimlag vir hom, en hy beantwoord haar glimlag.... Wie weet wat die toekoms vir hulle twee inhou...